18 Oktober
Liewe vriend,
Wanneer jou lyf of jou hart seer is, is God nie ver nie — Hy sit reg langs jou bed. Hier is God se Woord net vir jou.
Tema: God genees en help
Teks: “Die Here sal hom bystaan in sy siekte. As hy siek is, sal U hom genees.” (Ps. 41:4)
- Jy behoort aan God, en Hy red dié wat aan Hom behoort. (Ps. 119:94)
- God gee om vir jou hele mens — jou lyf, jou gevoelens en jou hart.
- Bid vandag vir iemand wat siek is, en stuur vir hulle ’n boodskap.
- As jy self sukkel, vertel vir God en vir iemand wat jy vertrou — jy hoef dit nie alleen te dra nie.
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat U naby is as ek swak voel — maak my en dié vir wie ek lief is, gesond en sterk.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


