12 Oktober
Liewe Vriend
Jy staan nie alleen voor die dinge wat jou bang maak nie — God staan reg langs jou. Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.
Tema: God staan by jou
Teks: “Die Here help hulle en Hy bevry hulle, Hy bevry hulle van die slegte mense en red hulle, want hulle skuil by Hom.” (Ps. 37:40)
• Omdat jy God se pad soek, is jou lewe veilig in sy hande. (Ps. 119:45)
• God help, Hy bevry en Hy red — drie beloftes vir elkeen wat by Hom skuil.
• As iemand jou afknou of boelie, hoef jy dit nie alleen te dra nie; vertel vir God en vir ’n grootmens.
• Stuur vandag in elke moeilike oomblik vir God ’n kort gebedjie.
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat U my help en beskerm — ek skuil vandag by U.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


