Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 16 Oktober 2026 – Doen God se wil

16 Oktober

Liewe vriend,

Die lekkerste lewe is nie om altyd jou eie kop te volg nie, maar om te doen wat God wil hê. Hier is God se Woord, net vir jou, vir vandag.

Tema: Doen God se wil

Teks: “Om u wil te doen, my God, is my een begeerte, u woord is my hele lewe.” (Ps. 40:9)

  • God hou jou in die lewe omdat Hy jou liefhet. (Ps. 119:88)
  • God se wil is nie ’n swaar las nie; dis die pad waarop jy regtig kan leef.
  • Vra vandag voor jy ’n besluit neem: “Wat sal God hiervan dink?”
  • God se Woord gee rigting vir elke deel van jou lewe — skool, vriende en jou toekoms.

Gebed:

Liewe Vader, dankie vir u goeie plan vir my — gee my ’n hart wat graag u wil doen.

In die Naam van Jesus Christus, die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.