Stof tot nadenke: Seëninge…

Lofwaardig is die God en Vader van ons Here Jesus Christus! Dit is Hy wat ons in Christus geseën het met elke geestelike seëning in die hemel.
Eff. 1: 3

Elkeen van ons se persepsie van seëninge is verskillend. Volgens die Supertaal internet tuisblad, beteken dit ‘dit is God wat Sy guns oor iets uitspreek; Goddelike bystand, ‘n heilswens’. Hulle reken ook dat dit is tot mens se voordeel en bring voorspoed en geluk. Elkeen van ons is uniek, soos ons deur God reeds in die moederskoot bestem is om te wees. Ons idees oor wat ‘geluk’ en ‘voorspoed’ bring verskil, na aanleiding van ons uiteenlopende persoonlikhede, waartoe ons gevorm is. Geluk en voorspoed word dikwels gemeet aan die hier en nou. Die oombliklike genieting, aanvaarding en alles word so dikwels gekoppel aan rykdom en aansien.

Hierdie persepsies van ons oor seëninge, verskil egter hemelsbreed met wat die Bybel vir ons voorhou. Die seën van God word dikwels deur reën en strome van lewende water beskryf. (“Ek sal hulle en die gebied rondom my heuwel tot ‘n seën maak. Ek sal die reënbuie op hulle tyd laat val; dit sal die reënbuie wees wat seën bring.” (Eseg. 34: 26-); (“Want Ek sal water uitgiet op dorre aarde, waterstrome op droë grond. Ek sal my Gees uitgiet op jou nagelag, en my seën op jou nakomelinge. Hulle sal groei soos gras, soos rivierwilgers langs waterstrome.” (Jes. 44: 3-4); (“Geseënd is die man wat op die Here vertrou, en wie se vertroue die Here is. Want hy sal wees soos’n boom wat by die water geplant is en wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in ‘n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie.” (Jer. 17: 7-8); (“Want grond wat die reën indrink wat telkens daarop val, en ‘n bruikbare oes voortbring vir hulle om wie se ontwil dit bewerk word, ontvang God se seën.” (Heb. 6: 7)).
.

Hy wil hê dat dit met ons goed moet gaan (“Die Here sal jou seën en jou behoed; die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.” (Num.6: 24-26)), maar daar is ook heelwat verwysings na wat ons vir ander mense moet beteken, sodat die seën van die Vader ook na ander kan versprei. Ook sy belofte aan Abraham het ingesluit dat hy en sy volk tot seën vir ander sal wees. (“Betoon meelewing met die behoeftes van die heiliges; lê julle toe op gasvryheid. Seën julle vervolgers: ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie.” (Rom. 12: 13-14); (“Betoon meelewing met die behoeftes van die heiliges; lê julle toe op gasvryheid. Seën julle vervolgers: ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie.” (Rom. 12: 13-14); (“Ek sal hulle en die gebied rondom my heuwel tot ‘n seên maak. Ek sal die reënbuie op hulle tyd laat val; dit sal die reënbuie wees wat seën bring.” (Eseg. 34: 26-); (“Maar Ek sê vir julle wat luister: Julle moet julle vyande liefhê en goed doen aan die wat vir julle haat. Seën die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig.” (Luk. 6: 27-28)).

Die grootste seëning wat ons as mens kon ontvang het, was dat Jesus Christus vir ons sondes kom sterf het, sodat ons die seëninge van God nie sal verbeur nie (“God het, nadat Hy sy Dienskneg Jesus laat opstaan het, Hom heel eerste na julle gestuur om julle te seën, deurdat Hy elkeen van julle sal laat wegdraai van julle booshede.” (Hand. 3: 26); (“Amen, Ek sê vir julle: Wie die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal beslis nie daar ingaan nie. Hy neem hulle toe in sy arms en seën hulle terwyl Hy sy hande op hulle lê.” (Mark. 10: 15-16); (“So noem ook Dawid die mens geseënd vir wie God regverdiging toereken, sonder werke: “Gelukkig is hulle wie se wettelose dade vergewe, en wie se sondes bedek is; Gelukkig is die mens vir wie die Here die sonde hoegenaamd nie toereken nie.”” (Rom. 4: 6-9)). Hierdie grootste seëning van alle tye bring vrede in ons gemoed (“Want Ek sal water uitgiet op dorre aarde, waterstrome op droë grond. Ek sal my Gees uitgiet op jou nageslag, en my seën op jou nakomelinge. Hulle sal groei soos gras, soos rivierwilgers langs waterstrome.” (Jes. 44: 3-4); (“Geseënd is die man wat op die Here vertrou, en wie se vertroue die Here is. Want hy sal wees soos ’n boom wat by die water geplant is en wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in ‘n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie.” (Jer. 17: 7-8)). Dis alleen in DIe Vader, die Seun en die Heillige Gees waar ons krag vandaan kom, omdat ons met geestelike seëninge (Eff. 1: 3) geseën is deur Jesus Christus se kruisiging, opstanding, Heilige Gees uitstorting en Hemelvaart.