“Deur die doop is ons dus saam met Hom in die dood begrawe, sodat net soos Christus deur magtige heerlikheid van die Vader uit die dood opgewek is, ook ons só ‘n nuwe lewe kan lei.”
Rom. 6: 4
Nuwe lewe is ‘n konsep wat ons as so dikwels met die geboorte van ‘n mens assosieer. Daardie klein lewetjie wat in hierdie wêreld aankom. Ons, as ouer mense, besef so dikwels hoe ‘n moeilike pad moontlik vir hierdie nuwe lewetjie hier op aarde wag. Ons kyk ons vas in die hier en nou. Die aardse bestaan, sonder God. Dis wanneer ons so dikwels miskyk hoe wonderlik God dit vir ons gewil het. Dat ons die nuwe lewe in Christus mis kyk. Christus waarborg vir ons die lewe as ons op God vertrou, soos ‘n kind op sy ouers vertrou, en soos wat die voëls van die hemel op God vertrou vir elke ding wat hulle nodig mag hê (“Daarom sê Ek vir julle, moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle sal eet, of oor wat julle sal drink, of oor julle liggaam, wat julle sal aantrek nie. Is die lewe dan nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? Let op die voëls van die hemel: Hulle saai nie en hulle maai nie, en hulle versamel niks in skure nie. Tog sorg julle hemelse Vader vir hulle. Is julle nie meer werd as hulle nie? Wie van julle kan deur hom te bekommer, een el by sy lewe voeg?” (Matt. 6: 25-27)).
Lees meer “Stof tot nadenke: Nuwe Lewe”
