Stof tot nadenke: Wie is in Beheer?

“Ek is die Here, Ek het die reg lief, Ek haat roof en misdaad. In my trou sal Ek my volk gee wat Ek beloof het, Ek sal ‘n ewige verbond met hulle sluit.”
Jes. 61: 8

Ons is in die laaste, sewende en groot lydensweek, wat ons herinner aan die week voor Jesus Christus se kruisiging. Vir Christus was dit ‘n donker week, want Hy het geweet wat op Hom wag. Hy wat as die Seun van God spesiaal gestuur is na hierdie aarde, om as mens vir ons sondes te sterf. Dit was in God se raadsplan so beskik. Hierdie week wil ek kyk na van die mense wat uitgestaan het in die laaste week van Jesus Christus se mense bestaan.

Lees meer “Stof tot nadenke: Wie is in Beheer?”

Stof tot nadenke: Struikelblokke

“Wie een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ‘n maalklip van ‘n donkie om sy nek gehang word en hy wegsink in die dieptes van die see. Wee die wêreld as gevolg van die struikelblokke. Struikelblokke sal onvermydelik kom, nogtans, wee die mens deur wie die struikelblokke kom.”
Matt. 18: 6-7

Baie kras woorde uit die mond van Jesus Christus, maar Hy het dit met oortuiging gesê en bedoel. Hy wat mens geword het om vir ons sondes te sterf. Hy het gesien hoe mense vir mekaar struikelblokke op hulle pad kom sit. Hy wat as Seun van God ook geweet het wat in mense se harte is, en wat hulle ware bedoelings is. Hy wat weet dat vir die reines van hart, alles rein is, maar vir die besoedeldes en ongelowiges is niks rein nie (“Vir die reines is alles rein, maar vir die besoedeldes en ongelowiges is niks rein nie, want hulle verstand en hulle gewete is besoedel” (Tit. 1: 15)).

Lees meer “Stof tot nadenke: Struikelblokke”

Stof tot nadenke: Gawes

“Ons het gawes wat van mekaar verskil, volgens die genade wat aan ons gegee is…”
Rom. 12: 6

Elkeen van ons het gawes ontvang, wat deur God aan ons gegee is. Dit is nie noodwendig van die begin van ons bestaan reeds in ons besit nie. Deur ons lewenspad wat God vir ons gewil het, word elkeen van ons in uniekheid geskep, net soos deur die pottebakker elke unieke klei eindproduk vorm op die pottebakkerswiel. Elkeen van ons word dus voorberei om deel van God se koningkryk te word, en elkeen van ons het ‘n spesifieke doel, daar gestel deur die genade en God gegewe gawes, wat ons langs die pad ontvang. Dit laat mens met die vraag: “Nou wat is my gawes? Hoe weet ek waar God wil hê ek moet inpas in Sy raadsplan? Waar wil God hê ek moet my gawes gebruik? Hoe weet ek wanneer om my gawes te gebruik?”

Lees meer “Stof tot nadenke: Gawes”

Stof tot nadenke: Geloof, Genade en Gewete

“Hou vas aan die geloof en behou ‘n goeie gewete. Omdat sommige hulle gewete onderdruk het, het hulle geloof skipbreuk gely”.
1 Tim. 1: 19

Waar kom ons vermoë vandaan om ‘n goeie gewete te hê? Hoe behou ons ‘n goeie gewete? Paulus verseker ons in 1 Tim. 1: 19, dat ons geloof en ons gewete gekoppel is. Dis wanneer ons geloof tot niet gaan, wat ons gewete ook by die deur uitvlieg. Dan onderdruk ons ons gewete, en redeneer dat die dinge wat ons doen goed en reg is. Dis dan wat dit waar word van mense dat hul gewete toegeskroei is (“Hierdie dwaalleraars is skynheilige leuenaars wie se gewete toegeskroei is. ” (1 Tim. 4: 2)). Ons moet ons nie besig hou met verdigsels en eindelose geslagregisters nie, aangesien die dinge aanleiding gee tot twis en verwydering (“Hulle moet hulle nie met verdigsels en eindelose geslagregisters besig hou nie. Sulke dinge gee eerder aanleiding tot twisgesprekke as dat dit die vorming bevorder wat God deur die geloof gee. Die doel van hierdie opdrag is om liefde te wek wat uit ‘n rein hart, ‘n goeie gewete en ‘n opregte geloof kom.” (1 Tim. 1: 4-5)). Mense sonder gewete het duidelik teen Christus besluit (“Wie die goeie voor oë het, soek aanvaarding, maar wie kwaad nastreef – dit haal hom in.” (Spr. 11: 27); “…en met elke vorm van goddelose misleiding vir hulle wat verlore gaan, omdat hulle nie die liefde vir die waarheid aanvaar het om verlos te kan word nie. ” (2 Tes. 2:10)). Daar is dus ‘n duidelike konneksie tussen geloof en ‘n mens se gewete.

Lees meer “Stof tot nadenke: Geloof, Genade en Gewete”

Stof tot nadenke: Waarop moet ons let?

“Maar julle geliefdes, moet die dinge onthou wat die apostels van ons Here Jesus Christus voorheen reeds vir julle geleer het. Hulle het vir julle gesê: “Daar sal in die laaste dae mense wees wie se lewe deur hulle eie goddelose begeertes beheers word, en hulle sal met julle die spot dryf.””.
Jud. 1: 17-18

Hoe weet ons wie is vals leraars en mense wat nie saam met God wandel nie? Hoe verstaan ons die listige tonge wat die waarheid so maklik kan verdraai deur fyn woord nuanses? Waarop moet ons bedag wees? Waarteen moet ons waak? Wie kan ons nog in hierdie dae na luister en glo wat hulle verkondig? In Jud. 1 word hierdie mense redelik duidelik beskryf. (“Maar hierdie mense praat lasterlik oos dinge waarvan hulle geen kennis het nie. Hulle is soos verstandlose diere: al waarvan hulle kennis het, is hulle natuurlike drange, en juis dit is hulle ondergang. Verskriklik sal hulle lot wees, want hulle het dieselfde pad as Kain geloop, vir geld het hulle dieselfde bedrog as Bileam gepleeg, soos Korag het hulle in opstand gekom, en dit was hulle ondergang. Hulle besoedel julle liefdesmaaltye met hulle skaamtelose uitspattighede en sorg net vir hulleself. Hulle is wolke wat geen reën bring nie en deur die wind verby gewaai word. Hulle is bome wat selfs in die seisoen nog geen vrugte het nie, wat ontwortel en morsdood is. Hulle is woeste golwe van die see; hulle laat hulle skande soos skuim opspat. Hulle is sterre wat uit hulle baan geslinger is. God hou vir hulle plek gereed in die duister dieptes, waar hulle ewig sal bly. Dit is oor hierdie mense dat Henog, wat van die sewende geslag na Adam was, geprofeteer het. Hy het gesê: “Kyk, die Here kom met sy duisende heilige engele en Hy sal oor almal oordeel. Hy sal al die goddelose dinge wat hulle in hulle goddeloosheid gedoen het, en oor al die lasterlike dinge wat hulle teen Hom gesë het”. Hierdie mense kla gedurig en is altyd ontevrede met hulle lot. Hulle leef net volgens hulle eie begeertes, praat groot en sê vleiende dinge van mense om daaruit vir hulleself voordeel te trek” (Jud. 1: 10-16)). Is daar iemand wat jy herken uit hierdie bybelboek van Judas. Dan het jy reeds ‘n blik waarop jy bedag moet wees wanneer jy mense ontmoet, en weet dat jy versigtig moet trap om diesulkes, want Jesus Christus het ons geleer en ons reeds duisende jare gelede getoon waarteen ons moet waak (Jud.1: 17-18).

Lees meer “Stof tot nadenke: Waarop moet ons let?”

Stof tot nadenke: Lydenstyd, ondersteuning en uitbou.

“Julle, geliefdes, moet egter voortgaan om julle lewe te bou op julle allerheiligste geloof. Bid altyd deur die krag van die Heilige Gees. Bly in die liefde van God. Vestig steeds julle verwagting op die barmhrtigheid van ons Here Jesus Christus wat die ewige lewe aan julle sal gee”.
Jud. 1: 20-21

Dit is reeds die tweede week van die kerklike Lydenstyd, waar ons herinner word aan Jesus Christus se werk hier op aarde, wat Hy onder leiding van God die Vader kom voltooi het. Ons is reeds besig om onsself voor te berei vir die herdenking van Christus se kruisdood, wat die middelpint is van ons geloof en die verlossing van ons sondes. Ons moet egter waak daarteen dat ons onsself nie blindstaar teen hierdie lydenstyd nie, want Jesus Christus het reeds die verlossing gebring. Hy het reeds duisende jare gelede die dood oorwin. Ons moet eerder onsself beywer om die uitbou van die koninkryk, deur die wêreld te wys hoe die liefde van God, die Vader, deur die Verlosser, Jesus Christus, en die bystand en krag van die Heilige Gees, ons lewens verryk en vreugde en omgee verskaf. Dan sal ons ook soos Paulus voorskryf in Hand 20: 35 (“Deur my voorbeeld het ek in elke opsig vir julle gewys dat ons hard moet werk sodat ons die armes kan help. Onthou die woorde van die Here Jesus. Hy het self gesê: Om te gee, maak mens gelukkiger as om te ontvang”) hard moet werk aan die uitbou van die Koninkryk.

Lees meer “Stof tot nadenke: Lydenstyd, ondersteuning en uitbou.”

Aswoensdag

Valentynsdag op Aswoensdag.
Aswoensdag is die merker in ‘n Christen en die kerk se lewe dat die begin van lydenstyd aangebreek het. Ons betree ‘n nuwe seisoen in die kerklike jaar waar ons nader aan die kruis beweeg. Hierdie jaar val Aswoensdag en Valentynsdag op dieselfde dag.

Lees meer “Aswoensdag”

Stof tot nadenke: Wie se aanvaarding?

“Hy het gekom na wat syne was en tog het sy eie mense Hom nie aanvaar nie. Maar aan almal wat Hom aanvaar het, het Hy die reg gegee om kinders van God te word – hulle wat in sy Naam glo”.
Joh. 1: 11-12

Elkeen van ons soek aanvaarding. Hetsy of dit van ons ouers, broers, susters, eggenote, vriende of kollegas in die werksplek, is. Ons wil aanvaarbaar wees sodat ons deel van die menslike soiale sisteem kan wees. Is dit haalbaar? Is mense bereid om elkeen van ons te aanvaar soos wat ons is? Soos wat God ons gevorm het deur ons lewe en op die lewenspad waarop Hy ons begelei het? Wat is dit wat ons aanvaarbaar maak vir mense? Is dit wat ons het in die vorm van goed en finansieële onafhanklikheid? Die groote en aansig van jou huis? Die klere wat jy kan bekostig, ter wille van ewigdurende veranderde modegiere? Die motor wat jy ry?

Lees meer “Stof tot nadenke: Wie se aanvaarding?”

Stof tot nadenke: Eensgesindheid?

“En mag God, die bron van alle standvastigheid en bemoediging, gee dat julle eensgesind onder mekaar sal wees soos Christus Jesus dit wil hê. Dan kan julle almal eensgesind uit een mond lof toebring aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus”.
Rom. 15: 5-6

Wat beteken dit vir elkeen van ons om eensgesind te wees? Is dit vir ons moontlik om te alle tye eensgesind te wees? Laat ons ons weg lei van dit wat regtig belangrik is, deur mense wat verskuilde agendas het? Deur mense wat daarvan hou om die menslike geslag op te deel en in klein benoude dosies met naamplaatjies aan te bêre? Deur mense wat die leuen tot ‘n fyn kuns vervolmaak het? Of is ons besig om die punt van eensgesindheid heeltemal te mis, deur ons menslike idees van wat dit beteken?

Lees meer “Stof tot nadenke: Eensgesindheid?”

Stof tot nadenke: Getrou in geloof

“Daarop het die toesighouers en satrape (provinsiale goewerneurs in die ou Persië) na ‘n rede vir ‘n aanklag teen Daniël gesoek in verband met die koninkryk, maar hulle kon geen rede of fout vind nie, omdat hy betroubaar was. Geen nalatigheid of fout is by hom gevind nie.”
Dan. 6: 5

Hoe getrou is ons in ons geloof? Dwaal ons maklik af na die verleidings en aanvalle van hierdie wêreld? Of sal daar van ons gesê kan word soos van Daniël, dat ons betroubaar is? Waar het Daniël se betroubaarheid so duidelik uitgekom? Dit vind ons in Dan. 6: 11 (“Toe Daniël te wete kom dat die bevelskrif (om die Koning alleen te aanbid) geskryf is, het hy sy huis binnegegaan. Hy het in sy bovertrek oop vensters gehad in die rigting van Jerusalem; en hy het drie keer op ‘n dag daar op sy knieë gegaan, gebid en voor God lof uitgespreek, soos hy voorheen gedoen het.”). So het hy aan sy hele wêreld gewys dat hy aan God getrou sal bly, ten spyte van die moontlike gevolge.

Lees meer “Stof tot nadenke: Getrou in geloof”

Stof tot nadenke: Op watter stoel sit jy?

“Dit het Ek vir julle gesê, sodat julle in My vrede mag vind. In die wêreld ervaar julle swaarkry, maar hou moed. Ek het reeds die wêreld oorwin”
Joh. 16: 33

In hierdie wêreld is daar baie teenstrydighede. Daar is woede en kwaadpratery. Daar is mooi praat, vleitaal en leuens; en daar is direkte aanvalle. Daar is baie afleidings en daar is baie mense en dinge wat mens weglei van die waarheid van Christus af. Daar is mense wat spog met hulle boosheid soos duidelik uit Ps. 52: 3-4 blyk (“Waarom spog jy oor ‘n bose daad, krygsheld? God se troue liefde is die hele dag daar. Jou tong beplan vernietiging, soos ‘n skerp skeermes, jy wat bedrog pleeg”) en in Spr. 17: 4 maak Salomo ons bewus daarvan om op die uitkyk vir boosheid te wees (“’n Kwaaddoener gee aandag aan lippe vol boosheid; ‘n leuenaar spits sy oor vir ‘n tong vol vernietiging”). Die Psalmdigter waarsku ook teen die leuen (“Maar hulle het Hom probeer oorreed met die mond en het vir Hom bly lieg met die tong” (Ps. 78:36)).

Lees meer “Stof tot nadenke: Op watter stoel sit jy?”

Stof tot nadenke: Na wie se stem luister ons?

“En nou vertrou ek julle toe aan God en sy woord van genade, Hy wat die mag het om op te bou en aan julle onder almal wat geheilig is, ‘n erfenis te gee. ”
Hand. 20: 32

Dr Frans Hancke se preek van 7 Januarie 2023 het dit so mooi gestel: “Ons moet God hoor asemhaal; so naby moet ons aan God leef.” Dis alleen wanneer ons in God se teenwoordigheid leef dat ons so naby aan Hom kan wees dat ons daagliks sy asemhaling kan hoor. Soos Christus dit so mooi stel in Luk. 8: 21 (“Wie na die woord van God luister en dit gehoorsaam, hulle is my moeder en broers.”) en Luk. 11: 28 (“Ja, maar waarlik gelukkig is hulle wat die woord van God hoor en dit onderhou”).

Lees meer “Stof tot nadenke: Na wie se stem luister ons?”

Stof tot nadenke: ‘n Nuwe Seisoen

“Ek laat blindes gaan op ‘n weg wat hulle nie ken nie; op paaie wat hulle nie ken nie, laat Ek hulle loop. Ek maak duisternis voor hulle lig, die ongelyk plekke maak Ek gelyk. Dit is die beloftes – Ek voer dit uit, Ek laat dit nie na nie. ”
Jes. 42: 16

Baie van ons is reeds in ons herfs en wintersjare, maar die aarde lê nog bar en daar is gedurig kinders en jongmense wat nog in hulle lente en somers-jare leef. Die verandering van ons lewensjaar seisoene is iets waaraan ons nie kan verander nie, al het soveel mense die begeerte om hier op aarde vir ewig te kan lewe. In die kerjaar is ons in die tyd van Epifanie. Dis die tyd van 6 Januarie tot die laaste Sondag voor Aswoensdag. Dit is ‘n tydperk wat aandui op die koms van Jesus Christus, en dit poog om ons te herinner aan die lewe van Christus, vanaf Sy kinderdae tot en met Sy lydenstyd. Dit begin by die Wyse manne se besoek aan die krip in Bethlehem, waar die Betlehemster ons herinner aan die belofte van God wat deur Jesaja (Jes 46:16) reeds voorspel is. God se beloftes is vas, Hy voer dit uit en Hy sal dit nie nalaat om te gebeur nie.

Lees meer “Stof tot nadenke: ‘n Nuwe Seisoen”

Stof tot nadenke: Lewe in God se Liefde

“Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! En dit is ons ook. Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat hulle Hom nie leer ken het nie.”
1 Joh. 3: 1

Hoe kan ons in die liefde van God leef? Kan ons teen ons sondige natuur in geborge raak in die liefde van God? Is dit selfsugtig van ons om in die liefde van God te leef? Of moet ons liewer vra hoe kan ons nie in God se liefde leef nie? 1 Joh. 3: 1 bevestig weereens die liefde wat God vir ons het, sodat ons Sy kinders genoem kan word. In Joh. 1: 12 hoor ons duidelik “Maar aan almal wat Hom aanvaar het, het Hy die reg gegee om kinders van God te word – hulle wat in sy Naam glo.” Ons kan dus elkeen ‘n kind van God wees deur in Jesus Christus te glo. Dit is egter nie gebaseer op ‘n voorgee glo nie. Elkeen van ons sal self weet hoe opreg ons geloof in God die Vader, die kruis-offer van Jesus Christus en die teenwoordigheid van die Heililge Gees is. Dit is dus ‘n persoonlike ervaring en belewing.

Lees meer “Stof tot nadenke: Lewe in God se Liefde”

Stof tot nadenke

“Moenie bang wees nie. Kyk ek bring vir julle ‘n goeie boodskap wat vir die hele volk ‘n bron van groot vreugde sal wees: Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid as Verlosser gebore, Christus die Here”
Luk. 2: 10-11

Reeds in Jesaja belowe God aan ons dat ‘n seun aan ons gegee gaan word, vir die uitbreiding van Sy heerskappy (“Want ‘n kind is vir ons gebore, ‘n seun is aan ons gegee. Die heerskappy is op sy skouer. Hy word genoem: Wonderbare Raadgewer, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Vir die uitbreiding van heerskappy en vir vrede sonder einde,…” (Jes. 9: 5-6)). Hierdie belofte word waar in die geboorte van Jesus Christus, soos deur die engel aan Josef verskyn het en hom weereens aan hierdie belofte herinner het. (“Sy sal geboorte gee aan ‘n seun, en jy moet Hom Jesus noem, want Hy sal sy volk van hulle sonde verlos” (Matt. 1: 21)). Johannes verseker ons dat God vlees geword het en onder ons kom woon het (“En die Woord het vlees geword en onder ons kom woon, en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos die unieke Seun van die Vader – vol genade en waarheid.” (Joh. 1: 14))

Lees meer “Stof tot nadenke”

Stof tot nadenke: Christus se Vrede

“Vrede laat Ek julle na – my vrede gee Ek julle. Ek gee dit nie vir julle soos die wêreld dit gee nie. Laat julle harte nie ontsteld en bang wees nie”
Joh. 14: 27

Jesaja wat reeds die koms van Jesus Christus voorspel het, het onder andere vir Christus die Vredevors genoem. (“Want ‘n kind is vir ons gebore, ‘n seun is aan ons gegee. Die heerskappy is op sy skouer. Hy word genoem: Wonderbare Raadgewer, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Vir die uitbreiding van heerskappy vir vrede sonder einde, sal hy op die troon van Dawid en oor sy koninkryk wees, om dit te vestig en te ondersteun deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Die ywer van die Here, heerser oor alle magte, sal dit doen” (Jes. 9: 5-6)). Die vraag ontstaan oor hoe lyk hierdie vrede wat Christus vir ons sou bring? Ons as mens het altyd ons eie menslike perspektiewe en verstaan nie noodwendig presies wat God se bedoeling is met die vrede wat God vir ons wil bewerkstellig nie.

Lees meer “Stof tot nadenke: Christus se Vrede”

Stof tot nadenke: Wat gee ons vreugde?

“Die koninkryk van God is tog nie ‘n saak van kos en drank nie, maar van geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees”
Rom. 14: 17

Wat is dit wat elkeen van ons vreugde verskaf in hierdie aardse lewe van ons? Ons vind ons tydelike vreugdes, wat dikwels nie juis langdurig is nie, in allerhande aardse plesiertjies. Ons hou van fees vier, familie en vriende om ons hê. Baie van ons vind ons vreugde daarin om alles wat ons wil hê te kan koop en te geniet. Maar bring dit regtig ware en blywende vreugde. Die blydskap met hierdie aardse dinge is so dikwels van kortstondige duur. Die oomblik wat die nuutheid van daardie lank begeerde ding oorgewaai het, bly ons agter met nog ‘n hol kol…wat ons so dikwels met ‘n volgende item probeer vul, wat ons dink ons gelukkig sal maak; maar doen dit regtig?

Lees meer “Stof tot nadenke: Wat gee ons vreugde?”

Stof tot nadenke: Waarop hoop ons?

“Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot Sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo”
Eff. 1: 18-19

In ons jong dae is ons hoop so dikwels op die materiële en aardse dinge ingestel as gevolg van selfsugtige redes. Dinge wat dikwels deur ouers aangewakker word, bewustelik of onbewustelik, omdat dit so moeilik is om die onsienbare dinge aan ‘n kind te verduidelik. Ons hoop om gelukkig te wees; om bekendheid te verwerf; om baie ryk te wees; om beter af te wees as die meeste mense om ons; om slim te wees; om geleerdheid te kry. Wanneer jy in ‘n opregte christelike huis groot word, word jy reeds vroeg in jou lewe blootgestel aan die genadegawe van hoop wat daar is in die geloof. In 1 Kor. 13: 13 (”En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie, en die grootste hiervan is die liefde”) word hoop, saam met die geloof en die liefde as die drie belangrikste gawes van ‘n Christen uitgewys deur Paulus. Dis in hierdie wete dat ons ook moet begin besef dat ons as kinders ‘n lewenspad gehad het om te loop wat ons by volwassenheid moet uitbring, soos Paulus so mooi gestel het in 1 Kor 13: 11 (“Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind. Maar noudat ek ‘n man is, is ek klaar met die dinge van ‘n kind”). Ons moet ook so groei in die hoop in ons harte.

Lees meer “Stof tot nadenke: Waarop hoop ons?”

Stof tot nadenke: Koninkrykstyd en Danksegging

“…maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe oes. Laat ons daarom nie moeg raak om goed te doen nie,…”
Gal. 6: 8-9

DIe Kerklike jaar word opgedeel na aanleiding van die genadegawes wat God vir ons gegee het. Tans is ons in die Koninkrykstyd wat net na Pinkster begin en eindig teen die einde van November. Soos die naam van die tyd aandui gaan dit oor die heerskappy van die drie-enige God (Skepper, Verlosser en Trooster). In die tyd voor die Hemelvaart het Christus die evangelie van die koninkryk aan die apsostels verkondig, sodat Hy hulle kon stuur om die evangelie te gaan verkondig. (Matt 24: 14 “Hierdie evangelie van die koninkryk sal oor die hele wêreld verkondig word as getuienis vir al die nasies”); ook in Mark. 13:10 “En die evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word” en in Luk 4: 43 s136 Christus “Ek moet ook in die ander dorpe die evangelie van die koninkryk van God verkondig, want daarvoor is ek gestuur”

Lees meer “Stof tot nadenke: Koninkrykstyd en Danksegging”

Stof tot nadenke: Luister en doen

“Maar wie diep in die volmaakte wet van vryheid inkyk en daaraan hou, sal gelukkig wees in wat hy doen, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n doener.”
Jak. 1: 25

Ons wonder dikwels of dit geloof alleen is wat ons red. Is dit voldoende om net volkome te glo dat Jesus Christus my Verlosser is? Dit is duidelik deur die hele boek van Jakobus, waarin hy briewe gestuur het vir die twaalf stamme in Diaspora, dat ook hulle soms met hierdie vraag geworstel het. Jakobus maan hulle egter telke male dat om net te glo nie voldoende is nie. In Jak. 2: 4 vra Jakobus “Wat baat dit broers, as iemand sê dat hy geloof het, maar hy het nie dade nie?” en in Jak. 2: 20 “Wil jy weet, o nietige mens, dat geloof sonder dade nutteloos is?”, in Jak. 2: 24 “Julle sien dus dat ‘n mens op grond van dade regverdig verklaar word, en nie deur geloof alleen nie.”, en in Jak. 2: 26 “Want net soos die liggaam sonder asem dood is, só is die geloof sonder dade dood.”

Lees meer “Stof tot nadenke: Luister en doen”