23 November
Almal het ’n plek nodig waar hulle veilig voel – God wil daardie plek vir jou wees. Hier is God se boodskap, vir jou, vir vandag.
Tema: Veilig in sy woord
Teks: “By U skuil ek, U beskerm my, in u woord stel ek my vertroue.” (Ps. 119:114)
- God maak jou hart bly wanneer jy na Hom verlang. (Ps. 86:4)
- God is nie net ’n veilige plek nie; Hy beskerm jou ook elke dag.
- Jou vertroue in sy woord hou jou staande as mense jou teleurstel.
- Skryf vandag ’n Bybelvers op ’n kaartjie en hou dit in jou sak of skooltas.
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat ek by U kan skuil – ek vertrou op u woord.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


