Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 26 November 2026 – God is naby

Dagstukkies April

26 November

Selfs as jy Hom nie kan sien nie, is God nader as jou asem. Hier is God se Woord vir jou vir vandag.

Tema: God is naby

Teks: “U is by my, Here, alles wat U gebied het, staan vas.” (Ps. 119:151)

  • Saam met God kan jy elke dag met vreugde deur die lewe stap. (Ps. 116:9)
  • God is nie ver in die hemel en vergeet van jou nie – Hy is by jou.
  • Alles wat Hy belowe het, staan vas; jy kan daarop bou.
  • Stop vandag drie keer en sê in jou hart: “U is by my, Here.”

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U naby my is – laat ek u teenwoordigheid heeldag voel.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 25 November 2026 – God se Woord gee lig

Dagstukkies April

25 November

Wanneer jy nie verstaan wat aangaan nie, kan God se Woord soos ’n lig aanskakel. Hier is God se boodskap, net vir jou, vir vandag.

Tema: God se Woord gee lig

Teks: “Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan dié wat nog onervare is.” (Ps. 119:130)

  • God belowe om jou te red en jou sy hulp te laat beleef. (Ps. 91:16)
  • Jy hoef nie ’n kenner te wees om die Bybel te verstaan nie – God gee insig aan elkeen wat vra.
  • As jy deurmekaar is oor ’n keuse, soek lig in God se Woord.
  • Vra vandag vir iemand wat meer weet as jy om ’n moeilike vers vir jou te verduidelik.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat u woord lig bring – gee my insig vir vandag.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 24 November 2026 – Hoop wat nie teleurstel nie

Dagstukkies April

24 November

Ander mense kan jou soms teleurstel, maar God hou altyd sy woord. Hier is God se Woord net vir jou.

Tema: Hoop wat nie teleurstel nie

Teks: “Laat my vas staan soos U beloof het, dat ek kan lewe, dat ek nie teleurgestel sal wees in my verwagting nie.” (Ps. 119:116)

  • Al gebeur daar baie slegte dinge rondom jou, hou God sy hand oor jou. (Ps. 91:7)
  • God se beloftes is die vaste grond waarop jy kan staan.
  • Hoop in God is nie net wens nie, maar vertroue in Iemand wat getrou is.
  • Bid vandag oor iets waarop jy al lank wag, en hou aan hoop.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U my nooit teleurstel nie – laat my vasstaan in U.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 23 November 2026 – Veilig in sy woord

Dagstukkies April

23 November

Almal het ’n plek nodig waar hulle veilig voel – God wil daardie plek vir jou wees. Hier is God se boodskap, vir jou, vir vandag.

Tema: Veilig in sy woord

Teks: “By U skuil ek, U beskerm my, in u woord stel ek my vertroue.” (Ps. 119:114)

  • God maak jou hart bly wanneer jy na Hom verlang. (Ps. 86:4)
  • God is nie net ’n veilige plek nie; Hy beskerm jou ook elke dag.
  • Jou vertroue in sy woord hou jou staande as mense jou teleurstel.
  • Skryf vandag ’n Bybelvers op ’n kaartjie en hou dit in jou sak of skooltas.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat ek by U kan skuil – ek vertrou op u woord.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 22 November 2026 – Soet soos heuning

Dagstukkies April

22 November

Sommige dinge proe so lekker dat jy meer wil hê – so is God se Woord. Hier is God se Woord, net vir jou, vir vandag.

Tema: Soet soos heuning

Teks: “Hoe aangenaam is u woord, soeter as heuning in die mond.” (Ps. 119:103)

  • God help jou en gee vir jou uitkoms – ander sal sien hoe goed Hy vir jou is. (Ps. 86:17)
  • God se Woord is nie droog of vervelig nie; dit gee kos vir jou siel.
  • Hoe meer jy daarvan “proe”, hoe lekkerder word dit.
  • Probeer vandag ’n Bybel-app of ’n leesplan, en lees elke dag ’n klein stukkie.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat u woord so soet is – gee my ’n honger daarvoor.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: “Aanhouer of Afkoeler?”

”…as ons aanhou volhard, sal ons ook saam met Hom regeer; as ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën;…“

(2 Tim. 2: 1220)

In hierdie lewe het elkeen van ons al mense ervaar of dit self ervaar dat wanneer ons die Here vind ons vurige vegters vir Jesus Christus is; daar is egter menige mense wat na ‘n tyd afkoel, en totaal verwyder word van God. Dit kan vergelyk word met die handewerk van glasblasers. Die meesterstuk is pragtig en ongeëwenaar, terwyl die mislukking in glasblaas werk te vinnig afgekoel het.

Net so kan mense wat Jesus Christus se Evangelie of aanhouers wees vir die Evangelie of hulle kan te vinnig afkoel, en verlore vir God wees.

Afkoeler?

Daar is ook ‘n aantal afkoelers wat ons in die Woord van God vind. Daardie terugdraai van Lot se vrou, het haar in ‘n steenpilaar laat verander. Sy wou nie die sondige lewe agterlaat nie. Die aanloklikhede van Sodom en Gemorra het haar in ‘n afkoeler verander. Demas, ‘n entoesiastiese Paulus navolger, het afgekoel en die huidige wêreld liewer gekry as die evangelie. Telkens is dit die vashou aan hierdie wêreld en die aardse besittings wat ons laat afkoel vir Christus.

Hoe dikwels het die Israeliete nie afgekoel as dinge vir hulle ongemaklik geword het nie. Telkens moes die Here sy volk vergewe en hulle weereens vurig maak om Hom te aanbid. Maar alte vinnig het menige van hulle weer afgekoel.

Ons word dus daarop gewys dat ons moet aanhou en volhard in ons geloof in God die Vader, Jesus Christus, die Seun, en die Trooster, die Heilige Gees.

Teksverse:

“Verdrukking en benoudheid wag vir elke mens wat aanhou kwaad doen, eerstens vir die Jood maar ook vir die Griek. Maar heerlikheid, eer en vrede wag vir elkeen wat die goeie doen, eerstens Jood, maar ook vir die Griek.” (Rom. 2: 9-1020);

“Want as ons willens en wetens aanhou sonde doen, nadat ons kennis van die waarheid ontvang het, bly daar nie meer ‘n offer vir ons sondes oor nie.” (Heb. 10: 2620);

“En as hulle nog aanhou dink het aan daardie land waaruit hulle weggetrek het, sou hulle geleentheid gehad het om terug te keer; maar nou hunker hulle na ‘n beter een, ‘n hemelse een. Daarom skaam God Hom nie vir hulle om hulle God genoem te word nie,…” (Heb. 11: 15-1620);

“Sorg dat julle aanhou groei in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus. Aan Hom behoort die heerlikheid, nou en ook tot op die dag van die ewigheid.” (2 Pet. 3: 1820);

“Baie vals profete sal verskyn en hulle sal die mense mislei. En omdat die wetteloosheid sal toeneem, sal baie se liefde afkoel. Wie egter volhard tot aan die einde, dié sal verlos word.” (Matt. 24: 11-1320);

“...want Demas het my verlaat; Hy het die huidige wêreld liefgekry, en na Thessalonika vertrek,…” (2 Tim. 4: 1020)

Aanhouers?

Hoe is dit vir ons mooontlik om te volhard? Aanhouers te word? Ons ken die Afrikaanse gesegde: ‘Aanhouer wen’ baie goed. Kan ons dit in ons eie krag doen? Verseker nie. Dit is ‘n genadegawe van God. God is getrou. Sy woorde is waar. Hy sal gestand sy woord hou.

Ons moet net altyd ons oë gerig hou op God se liefde en Jesus Christus se volharding, wat vir ons die verlossing gebring het. Ons moet volhard en vorentoe kyk na die beloofde hemelse ewige lewe. Laat ons nie toelaat dat die wêreldse plesiertjies ons van God afkeer, en van ons afkoelers maak nie. Laat ons met oorwinning die finale wenstreep oorgaan vir die Vader wat ons so liefhet, en ons sal help deur enige moeilike tye. Laat ons aanhouers word, en die naam van ‘kind van God’ waardig wees!

Teksverse:

“Maar wat nou? As sommige ontrou geword het, maak hulle ontrouheid God se getrouheid ongedaan? Hoegenaamd nie. Al is elke mens vals, laat God waaragtig wees. Soos daar geskrywe staan, “sodat U reg bewys kan word deur u woorde, en U sal wen wanneer U oordeel.” (Rom. 3: 3-420);

“God is nie ‘n man dat Hy sou lieg nie, en nie ‘n mensekind, dat Hy van plan sou verander nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, sou Hy praat en dit nie gestand doen nie?” (Num. 23: 1920);

“Deur die Here vertrou ons dat julle ook dit doen, en sal aanhou doen, wat ons julle beveel het. Mag die Here julle harte rig op die liefde van God en die volharding van Christus.” (2 Thes. 3: 4-520);

“Here, God van ons voorvaders Abraham, Isak en Israel, bewaar dit vir ewig as die gesindheid van die gedagte in die harte van U volk. Rig hulle harte op U,…” (1 Kron. 29: 1820);

“Elkeen wat uit God gebore is, doen nie meer sonde nie, omdat God se saad in hom bly, en hy kan nie meer sonde doen nie, omdat hy uit God gebore is. Hieraan is dit duidelik wie kinders van God…is.” (1 Joh. 3: 920)

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 21 November 2026 – God se Woord staan vas

Dagstukkies April

21 November

In ’n wêreld waar alles so vinnig verander, is daar een ding wat altyd vasstaan. Hier is God se boodskap net vir jou.

Tema: God se Woord staan vas

Teks: “U woord, Here, staan vir altyd vas in die hemel. U trou is van geslag tot geslag; U het die aarde gemaak, en dit staan vas.” (Ps. 119:89-90)

  • God los jou nie in die hande van mense wat jou kwaad wil doen nie. (Ps. 37:33)
  • Neigings kom en gaan, maar God se Woord bly altyd waar.
  • God se trou strek oor geslagte – van jou oupa en ouma tot by jou.
  • Vra vandag vir ’n ouer persoon hoe God aan hulle getrou was.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat u woord en u trou altyd vasstaan – ek bou my lewe daarop.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 20 November 2026 – Deur God gemaak

Dagstukkies April

20 November

Jy is nie ’n toevallige ongeluk nie – God het jou met sy eie hande gevorm. Hier is God se Woord vir jou vir vandag.

Tema: Deur God gemaak

Teks: “Met u eie hande het U my gemaak, my gevorm; gee my insig, dat ek u gebooie kan verstaan.” (Ps. 119:73)

  • Wie deur die Here geseën word, het ’n toekoms by Hom. (Ps. 37:22)
  • God het jou uniek gemaak – jou voorkoms, jou talente en jou persoonlikheid.
  • Omdat Hy jou gemaak het, weet Hy ook presies wat jy nodig het.
  • Sê vandag vir God dankie vir een ding omtrent jouself waarvan jy hou, al is dit soms moeilik.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U my gemaak het – gee my insig om U te volg.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 19 November 2026 – God doen net goed

Dagstukkies April

19 November

God is nie net goed op papier nie – Hy doen elke dag goeie dinge. Hier is God se boodskap, net vir jou, vir vandag.

Tema: God doen net goed

Teks: “U is goed en U doen goed; leer my u voorskrifte.” (Ps. 119:68)

  • God belowe dat dié wat nou swaarkry, eendag sy seën sal geniet. (Ps. 37:11)
  • Alles wat God doen, kom uit sy goeie hart.
  • Omdat Hy goed is, kan jy vertrou dat sy lesse ook goed vir jou is.
  • Doen vandag iets goeds vir iemand sonder dat hulle hoef te weet dit was jy.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U goed is en goed doen – leer my om soos U te wees.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 18 November 2026 – Die aarde is vol liefde

Dagstukkies April

18 November

Kyk vandag mooi rond: van die sonsopkoms tot die sterre vertel alles van God se liefde. Hier is God se Woord net vir jou.

Tema: Die aarde is vol liefde

Teks: “Die aarde is vol van u troue liefde, Here. Leer my u voorskrifte.” (Ps. 119:64)

  • God is so magtig dat Hy selfs oorloë oor die hele aarde kan laat ophou. (Ps. 46:10)
  • God se liefde is nie skaars nie – die hele aarde is daarmee gevul.
  • Hoe meer jy van God leer, hoe meer sien jy sy liefde oral raak.
  • Gaan vandag ’n paar minute buite en sê dankie vir wat jy sien.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat u liefde oral is – leer my om dit raak te sien.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 17 November 2026 – Troos in moeilike tye

Dagstukkies April

17 November

Wanneer niks lekker is nie, is daar steeds een plek waar jy troos kan kry. Hier is God se boodskap, vir jou, vir vandag.

Tema: Troos in moeilike tye

Teks: “Dit is my troos in my ellende: dat u belofte my in die lewe hou.” (Ps. 119:50)

  • Net God is jou regte veilige plek – by Hom is jy altyd welkom. (Ps. 43:2)
  • God se beloftes is soos ’n anker wat jou vashou in ’n storm.
  • As jy sleg voel, lees ’n belofte uit die Bybel en hou daaraan vas.
  • Stuur vandag vir iemand wat swaarkry ’n bemoedigende Bybelvers.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat u beloftes my troos – hou my vas in moeilike tye.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 16 November 2026 – Maak my oë oop

Dagstukkies April

16 November

Soms lees jy iets tien keer, en dan skielik sien jy dit – mag God vandag so jou oë oopmaak. Hier is God se Woord, net vir jou, vir vandag.

Tema: Maak my oë oop

Teks: “Maak my oë oop dat ek die kragtige werking van u wet ervaar.” (Ps. 119:18)

  • God hou jou vas en laat jou altyd by Hom bly. (Ps. 41:13)
  • Die Bybel is nie net ’n ou boek nie – God praat vandag nog daardeur.
  • Vra God elke keer voor jy lees om jou oë oop te maak.
  • Lees vandag ’n kort gedeelte stadig en vra: “Wat sê God hier vir my?”

Gebed:

Liewe Vader, dankie vir u kragtige woord – maak my oë oop om dit te verstaan.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 15 November 2026 – Meer werd as rykdom

Dagstukkies April

15 November

Mense jaag dikwels geld en goed na, maar daar is ’n skat wat nog meer vreugde gee. Hier is God se boodskap net vir jou.

Tema: Meer werd as rykdom

Teks: “Om volgens u verordeninge te lewe, gee my meer vreugde as al die rykdom van die wêreld.” (Ps. 119:14)

  • Die bietjie wat jy saam met God het, is meer werd as al die rykdom van die wêreld. (Ps. 37:16)
  • God se Woord gee ’n vreugde wat geld nie kan koop nie.
  • Rykdom kan jou ’n rukkie gelukkig maak, maar God se wil gee jou lewe.
  • Wees vandag dankbaar vir wat jy het, eerder as om te dink aan wat jy nie het nie.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat u woord meer werd is as alle rykdom – laat dit my vreugde wees.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: “Wanneer ons God toelaat… “

”Toe sê Jesus vir hom: “Glo jy omdat jy My gesien het? Gelukkig is hulle wat nie gesien het nie, en tog tot geloof gekom het.””

(Joh. 20: 2920)

Laat God toe…

Die lewe is soveel meer as die beperkte 70+ jaar van ons aardse bestaan. Wanneer ons alleen fokus op wat ons hier en nou het, verloor ons die visie van wat God vir ons beplan het. Die onsterflike dinge soos liefde, reinheid, onselfsugtige diens en offerhande openbaar vir ons net ‘n klein blik op wat God vir ons tot in ewigheid beplan.

God het dit vir ons deur Jesus Christus kom moontlik maak om deur geloof verder as hierdie tydelike, verganklike wêreld te kan sien. Wanneer ons God toelaat om totale beheer oor ons lewe te neem. Wanneer ons ons volle afhanklikheid in sy hande plaas. Wanneer ons besef dat ons tot niks instaat is in hierdie lewe nie. Dis wanneer ons in die bewussyn kan leef van die onsienlike. Dan besef ons dat die grootste skat op aarde nie die gawes van God is nie, maar God self. Dan kan ons meer en meer groei in kennis en begrip van Hom.

Teksverse:

“Maar soos wat daar geskryf staan: “Wat die oog nie gesien het, die oor nie gehoor het, en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie – dit het God voorberei vir diegene wat vir Hom liefhet.”” (1 Kor. 2: 920);

“Maar ek sal vir die Here op die uitkyk wees, ek sal bly wag op die God wat my verlos. My God sal my hoor.” (Miga 7: 720);

“Ek wag op die Here; my hele wese wag, en op sy woord vestig ek my hoop. My hele wese wag op my Heer, meer as wagte op môre, ja, wagte op môre.” (Ps. 130: 5-620);

“Ek sal wag op die Here, wat sy gesig verberg vir die huis van Jakob; ek sal op Hom bly hoop.” (Jes. 8: 1720);

“Maar jy, na jou God moet jy terugkeer. Lê jou toe op troue liefde en wat reg is, en wag altyddeur op jou God.” (Hos. 12: 720);

“Op my wagpos wil ek gaan staan; ek wil stelling inneem op die vestingmuur, op die uitkyk wees om agter te kom wat Hy vir my gaan sê….”(Hab. 2: 120)

Die verandering in mens se lewe

So baie mense is bang om beheer van hulle lewe te verloor. Ons wil so graag die uitkomste in en om ons beheer. Indien dit is hoe jy redeneer, weet net dat jy jou vaskyk in die hier en nou. Dis die verganklike, aardse bestaan, waar ons so dikwels te bang is om aan te beweeg. Jy sien nie die volle prentjie van wat God ook vir jou wil wys en laat beleef, tot in ewigheid, nie.

Om ten volle aan Good oor te gee, het ‘n baie praktiese implikasie. Dis wanneer jy met nuwe fokuspunte na alles om jou begin kyk. Dis asof die skille, van jare, van jou oë afval; en jy ‘n wyer en ryker uitkyk op die lewe en die ewigheidsperspektief kry. Dis wanneer jy beter insig in die bedoeling van die Woord van God, en wat Jesus Christus hier op aarde vir ons kom doen het, kry. Dan sien ons uit na wat op ons wag!

Teksverse:

“Van die vroegste tye af het niemand dit gehoor nie, daarvan verneem nie, het geen oog ‘n god gesien nie, buiten U, wat optree vir dié wat op Hom wag.” (Jes. 64: 420);

“Vertrou te alle tye op die Here, want die Here, die Here is ‘n ewige rots.” (Jes. 26: 420);

“Die Here ontbloot sy heilige arm voor die oë van al die nasies. Al die uithoeke van die aarde ervaar die verlossing deur ons God.” (Jes. 52: 1020);

“Vertrou op die Here met jou hele hart – op jou eie insig moet jy nie staatmaak nie.” (Spr. 3: 520)

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 14 November 2026 – Leef volgens sy woord

Dagstukkies April

14 November

Die beste lewe is nie altyd die maklikste nie, maar dit is die een wat met God se Woord saamloop. Hier is God se Woord vir jou vir vandag.

Tema: Leef volgens sy woord

Teks: “Dit gaan goed met dié wat onberispelik lewe, dié wat wandel volgens die woord van die Here.” (Ps. 119:1)

  • God se liefde en trou pas jou elke dag op. (Ps. 40:12)
  • Dit gaan goed met dié wat God se pad loop – nie omdat hulle perfek is nie, maar omdat God hulle lei.
  • Onberispelik lewe beteken nie jy maak nooit ’n fout nie, maar dat jy eerlik en opreg leef.
  • Kies vandag een ding uit God se Woord en doen dit.

Gebed:

Liewe Vader, dankie vir u woord wat my lei – help my om daarvolgens te leef.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 13 November 2026 – U is my God

Dagstukkies April

13 November

Daar is niks so kragtig as om te sê “U is my God” en dit regtig te bedoel nie. Hier is God se boodskap, net vir jou, vir vandag.

Tema: U is my God

Teks: “U is my God, U wil ek loof; my God, u grootheid wil ek besing.” (Ps. 118:28)

  • God se liefde en trou bly by elkeen wat Hom erken. (Ps. 36:11)
  • God is nie net ’n God nie – Hy wil jóú God wees.
  • Om God te loof, is om sy grootheid raak te sien en dit hardop te sê.
  • Sing of luister vandag na ’n lied wat sê hoe groot God is.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U my God is – ek wil u grootheid vandag besing.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 12 November 2026 – Leef en vertel

Dagstukkies April

12 November

Jou lewe is ’n storie wat God skryf – en dit is die moeite werd om te vertel. Hier is God se Woord net vir jou.

Tema: Leef en vertel

Teks: “Ek sal nie sterwe nie, ek sal lewe en van die dade van die Here getuig.” (Ps. 118:17)

  • As jy op die Here vertrou en op sy pad bly, sal Hy jou weer laat opstaan. (Ps. 37:34)
  • God het jou nie net gered om te lewe nie, maar ook om van Hom te vertel.
  • Jou getuienis hoef nie groot of dramaties te wees nie – vertel net wat God vir jou beteken.
  • Deel vandag iets wat God in jou lewe gedoen het, byvoorbeeld in ’n boodskap aan ’n vriend.

Gebed:

Liewe Vader, dankie vir die lewe wat U my gee – gebruik my om van U te vertel.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 11 November 2026 – Krag en beskerming

Dagstukkies April

11 November

Voor jou dag vandag begin, onthou wie jou kragbron is. Hier is God se boodskap, vir jou, vir vandag.

Tema: Krag en beskerming

Teks: “Die Here is my krag en my beskerming. Dit is Hy wat my gered het!” (Ps. 118:14)

  • God is groot en Hy doen magtige dinge – Hy alleen is God. (Ps. 86:10)
  • Jou krag kom nie net uit oefening, slaap of kos nie, maar uit God.
  • God is nie net jou krag nie, maar ook jou beskermer en Redder.
  • As jy vandag moeg word, sê stil vir jouself: “Die Here is my krag.”

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U my krag en beskerming is – ek steun vandag op U.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 10 November 2026 – God hoor en bevry

Dagstukkies April

10 November

As jy vasgekeer voel, onthou: een gebed kan die deur oopmaak. Hier is God se Woord, net vir jou, vir vandag.

Tema: God hoor en bevry

Teks: “In my nood het ek na die Here geroep, die Here het my gebed verhoor en my bevry.” (Ps. 118:5)

  • Die Here doen wonders vir dié wat aan Hom getrou is, en Hy hoor jou as jy roep. (Ps. 4:4)
  • Nood is ’n uitnodiging om na God te roep, nie om weg te hardloop nie.
  • God verhoor nie net gebed nie – Hy maak jou ook vry.
  • Skryf vandag ’n gebed neer oor iets wat jou vasgevang laat voel.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U my hoor as ek roep – maak my vry van wat my vashou.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 9 November 2026 – Sy liefde eindig nooit

Dagstukkies April

9 November

Batterye word pap, data raak op en vakansies eindig – maar God se liefde raak nooit op nie. Hier is God se boodskap net vir jou.

Tema: Sy liefde eindig nooit

Teks: “Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!” (Ps. 118:1)

  • Daar is geen god soos die Here nie – niks kan met sy werk vergelyk word nie. (Ps. 86:8)
  • God is goed – nie net soms nie, maar altyd.
  • Sy liefde vir jou hang nie af van hoe goed jou week was nie.
  • Sê vandag vir drie mense iets goeds oor God.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat u liefde nooit eindig nie – ek loof U omdat U goed is.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.