Afkondigings 22 – 29 November 2026

Sondag 22 November 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 7:11-17 (2020 vertaling).
  • Die tema van die prediking is:Bly ‘n bietjie langer.
  • Christus die Koning Sondag.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale Offer vir Kankervereniging by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Laaste LEEFKerk vir 2026 – Ds Charné Viljoen.

Woensdag 18 November 2026:

  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Alle belangstellendes welkom. Marida – Epos Kontak.

Donderdag 26 November 2026:

Bloedskenk 26 Nov NG Kerk Groot-Brakrivier
Bloedskenk 26 Nov NG Kerk Groot-Brakrivier
Groenewaldfonds NG Kerk Groot-Brakrivier
Groenewaldfonds NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 29 November 2026 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Leon Cronje.
  • Eerste Advent Sondag.
  • GEEN Kleuterkerk & Kategese.
  • Spesiale Offer vir Up with Downs-Skool by die deure.
  • Tee in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal
  • LEEFKerk hervat weer in 2027.
  • Kerssangdiens om 19:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Kom geniet na die diens ’n koppie tee en iets te ete.
Kerssangdiens NG Kerk Groot-Brakrivier
Kerssangdiens NG Kerk Groot-Brakrivier
Kerssangdiens Gasvryheidsbediening NG Kerk Groot-Brakrivier
Kerssangdiens Gasvryheidsbediening NG Kerk Groot-Brakrivier
Omgee Kersprojek NG Kerk Groot-Brakrivier
Omgee Kersprojek NG Kerk Groot-Brakrivier
Kersliedere in die Park - 13 Desember 2026 1600 NG Kerk Groot-Brakrivier
Kersliedere in die Park – 13 Desember 2026 1600 NG Kerk Groot-Brakrivier

KERKRAADSVERGADERING

Tydens die kerkraadsvergadering gehou op 17 November 2026 is die volgende persoon as kerkraadslid verkies:

Voorsitter Gasvryheidsbediening: Aletta de la Harpe.

Afrikaans 2020-vertaling met luukse bruin verwerkte leeromslag in medium druk.

U is welkom om die volle Bybeluit-verkoping katalogus by die kerkkantoor te kom besigtig en ook u bestelling deur die kantoor te plaas teen 27 Nov (aflewerings-kostes word dan verdeel deur die aantal persone wat bestel).

Bybel 2020 Vertaling NG Kerk Groot-Brakrivier
Bybel 2020 Vertaling NG Kerk Groot-Brakrivier

Nuwe Lidmate 2026:

Julius & Charmain Pagel van Bloemfontein: Blok 16 (Hersham)

Baie welkom by ons gemeente.

“Toe het Jesus weer met hulle gepraat en gesê: ‘Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal beslis nie in die duisternis leef nie, maar sal die lig van die lewe hê’” (Joh. 8:12 Afr20).

Verjaarsdae

Verjaarsdae Week 48 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 48 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Amina Willighagen - Hartenbos NG Kerk Groot-Brakrivier
Amina Willighagen – Hartenbos NG Kerk Groot-Brakrivier

Bedieninge

Getuienisbedieing Behoefte vir bed en matras NG Kerk Groot-Brakrivier
Getuienisbedieing Behoefte vir bed en matras NG Kerk Groot-Brakrivier
Kersliedere in die Park - 13 Desember 2026 1600 NG Kerk Groot-Brakrivier
Kersliedere in die Park – 13 Desember 2026 1600 NG Kerk Groot-Brakrivier

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Korea

Suid-Korea beleef ‘n ernstige krisis wat geestesgesondheid betref en het een van die hoogste selfdoodsyfers ter wêreld. Stygende lewenskoste en die voortslepende spanning met Noord-Korea dra by tot die las. FEBA Korea saai uit op 13 radiostasies en 14 herhalerstasies, en hou luisteraars geselskap met bemoediging wat in die evangelie gewortel is. Die programme lei nie-gelowiges na Christus en spoor ook louwarm Christene aan om ernstig te raak oor hul geloof.

Ons gebed vir die week:Bid dat FEBA Korea se evangeliese uitsendings die Lig na donker gedagtes sal bring en verlore skape na hul Herder sal lei.

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)

  • Erediensbediening:
    • Kry die skakel na die YouTube Erediens van 22 November 2026,gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Getuienisbediening:
    • Die nuutste nuusbrief van Michelle oor haar terugkeer na die Oekraïne Is beskikbaar.
  • Bybelstudiereekse:
    • ‘Splitsekondes met God’ is ‘n heerlike begin vir elke dag.
    • Die weeklikse Stof tot Nadenke se tema is “Aanhouer of afkoeler?”.
  • Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed,is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:  
FNB tjekrekening
Rek Nr.  530 831 865 11
Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Een antwoord op “Afkondigings 22 – 29 November 2026”

Kommentare is gesluit.