21 November
In ’n wêreld waar alles so vinnig verander, is daar een ding wat altyd vasstaan. Hier is God se boodskap net vir jou.
Tema: God se Woord staan vas
Teks: “U woord, Here, staan vir altyd vas in die hemel. U trou is van geslag tot geslag; U het die aarde gemaak, en dit staan vas.” (Ps. 119:89-90)
- God los jou nie in die hande van mense wat jou kwaad wil doen nie. (Ps. 37:33)
- Neigings kom en gaan, maar God se Woord bly altyd waar.
- God se trou strek oor geslagte – van jou oupa en ouma tot by jou.
- Vra vandag vir ’n ouer persoon hoe God aan hulle getrou was.
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat u woord en u trou altyd vasstaan – ek bou my lewe daarop.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


