Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 18 November 2026 – Die aarde is vol liefde

18 November

Kyk vandag mooi rond: van die sonsopkoms tot die sterre vertel alles van God se liefde. Hier is God se Woord net vir jou.

Tema: Die aarde is vol liefde

Teks: “Die aarde is vol van u troue liefde, Here. Leer my u voorskrifte.” (Ps. 119:64)

  • God is so magtig dat Hy selfs oorloë oor die hele aarde kan laat ophou. (Ps. 46:10)
  • God se liefde is nie skaars nie – die hele aarde is daarmee gevul.
  • Hoe meer jy van God leer, hoe meer sien jy sy liefde oral raak.
  • Gaan vandag ’n paar minute buite en sê dankie vir wat jy sien.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat u liefde oral is – leer my om dit raak te sien.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.