Sendingnuus: Oekraine – Reni Gebedsbrief – November 2026

Liewe vriende en familie

Gister was dit twee jaar gelede wat ons die nuus gekry het.

Ek was in Pretoria toe Janneman my bel en vir my se dat Mari-Alena maag kanker het. 

Daardie oomblik speel oor en oor in my kop. Die skok. Die ontnugtering. Ek moes net so gou moontlik die eerste vliegtuig Kaapstad toe neem. Dit was reeds aand en die laaste vlug was ‘n uur later. Dit was ‘n wonderwerk dat ek dit betyds op daardie vlug gemaak het. My meisiekind. My enigste dogter. 

Dit voel asof ek vir twee jaar my asem opgegou het. Asof ek hierdie rolercouster ride oorleef het, met die Here se groot genade. Soms kan ek dit nog self nie glo nie. Sy is weg. Maar wanneer die gedagte my so oorweldig, soek ek vir Jesus in hierdie prentjie. Wanneer ek na Hom kyk, kry ek vrede. Vrede wat alle verstand ten bowe gaan en ek kan in Hom rus vind met die gedagte. Ek gaan vir haar en Ockert weer sien. Ek huil deeste meer en makliker. Sommer vir enige iets en enige herinnering. Dit is seker goed en genesend. Ek skilder en probeer skryf, wanneer ek daarvoor kans sien. My herstel na die gedeeltlike knievervanging gaan baie goed. Ek is so dankbaar! 

Ek dink al die afgelope paar dae aan hierdie skrif. En ek kry soveel rus daarin. As ons aan die Here vashou deur al hierdie beproewinge is dit kosbaarder as enige iets op hierdie aarde. 

“Daarin verheug julle jul, al word julle nou — as dit nodig is — ‘n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge, sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus.”

1 PETRUS 1:6,7

“In this you rejoice greatly, even though now for a little while, if necessary, you have been distressed by various trials, so that the genuineness of your faith, which is much more precious than gold which is perishable, even though tested and purified by fire, may be found to result in [your] praise and glory and honor at the revelation of Jesus Christ. Though you have not seen Him, you love Him; and though you do not even see Him now, you believe and trust in Him and you greatly rejoice and delight with inexpressible and glorious joy,”
1 Peter 1:6-8 AMP

En dan gee die Here vir ons geskenke groter as dit waaroor ons kan droom! Ek het die wonderlikste nuus in jare ontvang! Na soveel verlies, seën die Here my! Ek gaan ouma word! Cilliers, my tweede oudste en Tatyana, verwag ‘n baba! Prys die Here! My eerste kleinkind word DV in Junie in New Zeeland gebore. Dit is die kosbaarste geskenk denkbaar ek ek huil van vreugde! 

Bid asseblief saam vir die Here se perfekte wil. Ek wil graag begin volgende jaar terug keer na Reni, as dit die Here se wil is. Bid asseblief saam vir Sy voorsiening vir ‘n vliegkaartjie na Oekraïne. Bid asseblief vir my persoonlike finansies. 

Gemeentes en vriende wat vir my en Ockert vir soveel jare ondersteun het, moes ongelukkig ophou. Ek is oneindig dankbaar vir al die jare se voorsiening en weet dat die Here op ander maniere sal sorg. Soos al die jare leef ek in geloof. Die Here ken elke behoefte. 

Uit Reni kry ek nuus. Mense in Oekraine is moeg. Fisies moeg, geestelik moeg. Moeg om elke dag en nag na ‘n bunker te gaan. Te hoop dat jou huis of woonstel nie deur ‘n drone of missiel getref gaan word nie. Min slaap en steeds elke dag gaan werk. Die lewe in Oekraine gaan aan, onder die moeilikste omstandighede denkbaar!

Dit gaan goed met die gemeente. Die leiers is so getrou en elke bediening gaan voort. Hoe hulle dit doen, weet ek nie altyd nie, maar onder die moeilike omstandighede gaan die lewe aan. Hulle is positief dat die oorlog dalk in die nuwe jaar gaan eindig. Hulle praat van ooreenkomste om nie die energie bronne te teiken nie. Die kragopwekkers van die kerk, coffee shop en kleuterskool hardloop elke dag. Ten minste R2500 per dag vir petrol om die kragopwekkers aan die gang te hou. Al het ons hout vir die kleuterskool, het ons krag nodig om die verhittingstelesel se pomp aan die gang te hou. Die winter le voor. Ons bid, vir ‘n matige winter. Ons bid dat Rusland nie die krag sentrales sal tieken nie. Ons bid dat daar vrede sal kom. Ons het hoop.

Meeste Sondae bring Edik woord terwyl ek nie daar is nie. Edik is Yura en Zina se aangenome seun wat na geboorte deur sy ma in ‘n boks gelos is by mense se voordeur. Niemand weet wie sy ouers is nie. Hoe wonderbaar is die Here! Dat ‘n baba wat oppad was na ‘n kinderhuis in Oekraine nou woord bring en vertel van die Here se groot liefde en gehade! 

Bid asseblief vir die bou van die Ark kinderhuis. Ons het niks verder die jaar as die fondasie gekom nie. Ons moet nou ‘n bunker ook bou volgens wet. Dit is die Here se grond en Hy sal voorsien. Ons vertrou Hom. Deur die jare het ons gemeente 24 kindertjies soos Edik gered en in gesinne geplaas. Nou na die oorlog, glo ons dat die Here baie meer kindertjies in ons sorg wil sit. 

Elke week is daar een of twee begrafnisse in Reni van Soldate wat in die oorlog gesneuwel het. Elke dag sterf daar glo 1000 soldate tussen Rusland en Oekraine. Wat doen ‘n mens as jy ‘n jong seun het of jou man moet gaan veg? Mark, een van ons leiers se seun is nog nader aan die grens gestuur, asook Alexei wat jare gelde in ons kerk gered is en wat in Enough, ons film gespeel het. Hy veg ook nou nader aan die grens met Rusland. Ons bid vir die Here se beskerming. 

Raduga kleuterskool. Ek kry amper daagliks foto’s en video’s van Olga, die hoof van Raduga. Hoe kosbaar is elkeen van die kindertjies! Bid asseblief saam vir die Here se voorsiening vir Raduga en vir ‘n borg vir elke kindjie. 

Baie dankie dat julle intree en saam bid. Dankie virjulle ondersteuning en dat julle hierdie pad saam met my stap. Dankie vir elke boodskap en boemoediging. Die Here is so goed en getrou. 

Michele Potgieter
Reni, Ukraine

https://www.zeffy.com/en-GB/donation-form/donate-to-lovereni

Michele Potgieter

🌿Projekte rekening:

Standardbank,
Lynnwood Ridge tak (met kode 012445),
rekeningnommer 014330067 
in die naam Nuwe Dag

🌿My persoonlike besonderhede:

Capitec
MRS M POTGIETER
Savings Account Number: 1554335599
Branch: 470010
 SWIFT/BIC code (CABLZAJJ)
 International Sort/Routing/Clearing Code: 470010
Account number/IBAN: 1554335599