Stof tot nadenke: Stryd en samewerking…

“Ek pleit by julle, broers, in die Naam van ons Here Jesus Christus, dat julle almal eenstemmig sal wees, en dat daar nie verdeeldheid onder julle sal wees nie, maar dat julle volkome eensgesind mag wees, met dieselfde denkwyse en dieselfde oortuiging.”
1 Kor. 1: 19

Stryd en samewerking is een van die dinge wat almal van ons mee sukkel. Enige teenstand, of ander gedagtegang, of werkwyse, of lewenswyse word so dikwels as persoonlik aanvalle beskou. Alhoewel dit nie die bedoeling van ‘n ander persoon is nie, word daar oombliklik ‘n verdedigings posisie ingeneem, om enige ander gedagtes uit die weg te ruim. Dit is dikwels nie regtig enige aanval op jou as persoon nie, maar bloot vanuit ‘n ander persoon se perspektief. In die film August Rush, stel die hoof karakter dit so mooi, wanneer iemand hom vra: “Are you thinking what I am thinking.” en die seun, sonder twee gedagtes, dadelik antwoord: “No, I am thinking something else.”

Lees meer “Stof tot nadenke: Stryd en samewerking…”

Stof tot nadenke: Menslike perspektiewe…

“Toe Jesus opkyk en sien dat daar ‘n groot skare na Hom op pad is, sê Hy vis Fillipus “Waar sal ons brood te koop kry om hierdie mense te laat eet? Hy het dit egter gsê om hom te toets – self het Hy immers reeds geweet wat Hy wou doen. Fillipus het Hom geantwoord: “Tweehonderd denarius se brood is nie genoeg om vir elkeen ‘n stukkie te laat kry nie. Een van sy dissipels, Andreas, die broer van Simon Petrus, sê vir Hom: “Hier is ‘n seun wat vyf garsbrode en twee visse het, maar wat is dit vir so baie mense. ”
Joh. 6: 5-8

Vanuit ons menslike perspektiewe is dit so dikwels om geen uitkoms te sien nie. Wie van ons sou kon sien wat Christus beplan het? Wie van ons se geloof sou sterk genoeg wees om te dink dat soveel mense gevoed kan word met die bietjie wat daar beskikbaar is, en dat mens nie ‘n groot klomp geld nodig het nie? Wie van ons sou gedink het om die bietjie wat ons het aan te bied in die versameling, en voed van die skares mense? Dit het na ‘n totale onmoontlikheid gelyk vanuit die menslike perspektief. Jesus Christus het geweet dat dit deel van God se plan was om Sy almag te toon, en Hy het uit die vyf garsbrode en die twee visse genoeg kos vir die skare voorsien, sodat daar nog oor gebly het (“Toe die mense die teken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is waarlik die Profeet wat na die wêreld sou kom. Toe Jesus besef dat hulle op die punt staan om Hom met geweld te kom gryp met die doel om Hom koning te maak, het Hy weer teen die berg opgegaan, net Hy alleen.” (Joh. 6: 14-15)). Ons reageer so dikwels vanuit ons menslike perspektiewe op die totaal verkeerde manier. Ons verstaan nie altyd die doel van enige gebeure nie. Jesus moes letterlik vlug van hierdie menslike perspektiewe van dit wat mense geken het in aardse koninkryke.

Lees meer “Stof tot nadenke: Menslike perspektiewe…”

Stof tot nadenke: Vreugde en Vrede…

“Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!”
Rom. 15: 13

‘n Vraag “Is ons te bang om na die stem van die Heilige Gees te luister?”, het my laat wonder hoekom ons dan bang sal wees? Kan ons bekostig om nie na die stem van die Heilige Gees te luister nie? (“Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons sy grootheid prys.” (Eff. 1: 14)). Die stem van die Heilige Gees is die enigste wat ware vreugde kan gee en ook ‘n vrede (Rom. 15: 13) wat alle verstand te bowe gaan (“Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. ” (Eff. 3: 19); (“En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. ” (Fil. 4:7)). Die bang moet dus

Lees meer “Stof tot nadenke: Vreugde en Vrede…”

Stof tot nadenke: Keuses…

“Toe het Jesus vir sy dissipels gesê: “As iemand My wil navolg, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg. Want wie sy lewe wil red, sal dit verloor, maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind.”
Matt. 16: 24-25

Deur mens se hele lewe word jy voor keuses geplaas. Waar jy heen moet gaan, wat jy moet aantrek, wie jy in jou lewe moet toelaat of nie, watter beroep jy moet kies, ‘n lewensmaat wat jy moet kies, wat jy nodig het om gemaklik en met aansien te leef. Al hierdie keuses neem ons lewens totaal in beslag, sodat ons, so dikwels, die heel belangrikste en enigste noodsaaklike keuse in die lewe miskyk. Soveel mense soek op die verkeerde plek na die Ewige Lewe, maar met die persepsie dat dit hier op aarde moet wees. Hier waar hulle hulself kan verdrink in die aardse plesiertjies…sonder die besef dat dit alles net tydelik is. Vir hierdie kort rukkie wat ons op aarde gegun word. Ek het eenmaal raak gelees: “In this life, nothing is more certain than death.”, wat na ons aardse bestaan verwys het. Dit maak nie saak watter aardse besluite mens neem nie, ons is almal oppad na hierdie seker vleeslike dood. Dit is hoekom dit so belangrik is watter keuses ons hier en nou maak!

Lees meer “Stof tot nadenke: Keuses…”

Stof tot nadenke: Luister, dink daaroor, doen en praat…

“As iemand dink dat hy godsdienstig is en nie sy tong kan beheer nie, mislei hy homself; so ‘n mens se godsdiens is vergeefs.”
Jak. 1: 26

In my verlede was die motto “If you can’t say something nice, don’t say it” (uit die hand vertaal in Afrikaans: “As jy nie iets mooi kan sê nie, bly stil”) in my ingedril. Groot was my verstomming toe ek, wat in ‘n baie beskutte, dog streng ouerhuis groot geword het, die eerste keer met iemand te doen kry wat presies die teenoorgestelde uitgeleef het. ‘n Mens wat juis praat wanneer die woorde soos ‘n lem deur ‘n ander kan sny. Wanneer sulke nydige of kwetsende woorde mens tref, word jy woordeloos gelaat. Daar is nie antwoorde reg, wanneer mens so beskermend grootgeword het nie. Miskien ook maar goed, want wanneer ons die Bybel deursoek na raad teen hierdie soort van aanvalle op jou lewensbestaan, besef mens dat dit ook die beskermende hand van God se Heillige Gees is wat jou beskerm en bewaar om aan die tong vrye teuels te gee

Lees meer “Stof tot nadenke: Luister, dink daaroor, doen en praat…”

Stof tot nadenke: Daardie ander wang…

“Julle het gehoor dat daar gesê is: “’n Oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand. Maar Ek sê vir julle : Julle moet julle nie teen ‘n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe.”
Matt. 5: 38

Ons eerste raksie wanneer iemand kwaadwillig iets teen ons doen of sê, is om wraak te neem. Wanneer iemand jou gedurig teister, hof toe sleep, of kwaadwillige praatjies teen jou praat, voel dit soms of mens nie anders kan as om teerug te slaan, te veg of terug kwaadwillige praatjies te versprei nie. Tog is dit duidelik in die Bybel dat dit die een ding is wat jy nie moet doen nie. Daar is hierdie wonderlike voorbeelde wat mens kan navolg, en wat jou staande hou in die mees ongunstigste omstandighede.

Lees meer “Stof tot nadenke: Daardie ander wang…”

Stof tot nadenke: Besig?… Besig met wat?

“Wie kan Hy tog wees dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?”
Mark. 4: 41

Ons is so besig in hierdie lewe. Besig om aardse skatte te versamel. Besig om te oorleef in ‘n wêreld wat nie vriendelik is, of jou noodwendig met oop arms ontvang nie. Besig om alles moontlik te doen om deur familie, vriende, kennisse en selfs onbekendes aanvaar te word. Ons is besig om te werk in die kerk en die gemeenskap. Maar die groot vraag is, is ons besig met die regte dinge?

Vandag wil ek vir Salomo gebruik as vooreeld. Salomo was van jongs af beskou as ‘n man wat in diens van God geywer het (“Salomo het sy liefde vir die Here betoon deur alles te doen wat Dawid, sy pa, hom voorgeskryf het.” (1 Kon. 3: 3); (“Here my God, U het my koning gemaak in my vader Dawid se plek, maar ek is nog jonk en onervare en ek moet regeer oor die volk wat deur U uitgekies is, ‘n groot volk, te veel om te tel. Gee my die gehoorsaamheid aan U dat ek u volk sal regeer en in alles insig sal hê, want wie kan uit homself hierdie groot volk van U regeer!” (1 Kon. 3: 7)).

Lees meer “Stof tot nadenke: Besig?… Besig met wat?”

Stof tot nadenke: Wat is in die skatkamers van jou hart?

“’n Goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die goeie skatkamer van sy hart, en ‘n slegte mens bring die slegte voort uit die slegtheid wat in hom is; want waar die hart van vol is, loop die mond van oor.”
Luk. 3: 45

In vandag se tyd weet ons dat die hart die middelpunt van ons vleeslike mense bestaan vorm, en waarsonder ons nie kan leef nie. Ons wonder soms waar ons gedagtes en ervaringe gestoor word in hierdie menslike bestaan. Waar kom die vinnige emosionele reaksies vandaan in veg of vlug situasies. Dit is egter duidelik uit Lukas 3 en Mattheus (“Hoe kan julle iets goeds sê as julle sleg is? Want waar die hart van vol is, loop die mond van oor. Die goeie mens bring uit die goeie skatkamer goeie dinge na vore, en die slegte mens bring uit die slegte skatkamer slegte dinge na vore. Ek sê vir julle, van elke onbesonne woord wat mense kwytraak, sal hulle op die dag van oordeel rekenskap moet gee.” (Matt 12: 34-36)) dat ons goeie en slegte ‘harte’ het, met ander woorde ons skatkamers van ons harte is gevul met of goeie of slegte dinge.

Lees meer “Stof tot nadenke: Wat is in die skatkamers van jou hart?”

Stof tot nadenke: God se inslag in Christus se geboortelyn

“Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van Sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heillige Gees wat nuwe lewe gee.”
Tit. 3: 5

Ons verstaan nie altyd die ervarings wat ons op die lyf loop en wat soms selfs traumatiese lewensveranderinge in ons lewens teweeg bring nie. Dit is dikwels eers wanneer mens terugkyk na enige sulke ervarings dat mens besef dat dit dui op die inslag van God in ons lewens. Vandag wil ek kyk na soortgelyke gebeure, vir daardie tyd se lewensstyl en aanvaarde standaarde, wat die voorgeslag lewens lyn van Christus bepaal het. Ons weet dit kon net die inslag van God in daardie mense se lewens gewees het wat die gebeure so laat plaasvind het.

Lees meer “Stof tot nadenke: God se inslag in Christus se geboortelyn”

Stof tot nadenke: Hoe bly ons staande?

“”Elkeen dan wat hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel, kan vergelyk word met ‘n verstandige man wat sy huis op rots gebou het . Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en tog het dit nie ingestort nie, want die fondament was op rots.”
Matt. 7: 24-25

Elke dag ervaar een van ons dat ons wêreld om ons ineenstort. Of dit ‘n geliefde is wat sterf, oorloë wat vernietigend om mens woes, politieke toutrekkery wat lyk of alles om mens ineen gaan stort, of soms net klein veranderinge in mens se lewe, maar wat vir elkeen persoonlik na onmoontlike veranderinge lyk. Dis dan wanneer die vraag oor ‘Hoe bly ons staande in hierdie omstandighede?’, by ons opkom. Ons soek vertroosting en sekerheid in elke situasie.

Lees meer “Stof tot nadenke: Hoe bly ons staande?”

Stof tot nadenke: Die Achilles heel van die mens…

“Kyk hoe groei die lelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie, maar Ek sê vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie. 28 As God die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre in die vuur gegooi word, só mooi maak, hoeveel te meer sal Hy julle versorg, julle kleingelowiges!“)
Luk 12: 27-28

Die mens se Achilles heel, van die vroegste tye af, was hul oorskatting van eie belangrikheid. Daardie gedagte dat jy onmisbaar is, dat niemand anders kan doen wat jy doen nie. Die oomblik dat mens roem en bekendheid verwerf, begin jy glo dat dit jou toekom. Dat dit al jou harde werk is; dat dit jou hoë intelligensie is; dat dit jy is wat maak dat jy goed is in elke ding wat jy regkry met sukses; dat jou vermoë uit jouself kom. Dit is hierdie persepsie van mense wat hulle telkemale tot ‘n val laat kom, want hoogmoed sal val, waarsku die Bybel ons, dikwels (“Op hoogmoed volg ondergang, op selfverheffing volg die val. Liewer eenvoud saam met nederiges as om saam met hoogmoediges van roof te lewe.” (Spr. 16: 18-19); “Hoogmoed bring ‘n mens tot ‘n val; nederigheid bring eer.” (Spr. 29: 23)).

Lees meer “Stof tot nadenke: Die Achilles heel van die mens…”

Stof tot nadenke: Onder leiding van die Heilige Gees

“Tonge asof van vuur, het aan hulle verskyn, verdeel en op elkeen van hulle neergedaal. En almal is vervul met die Heilige Gees.”
Hand. 2: 2-3

Ons herdenk nou die Uitstorting van die Heillige Gees. Hierna kon die apostels en dissipels spontaan begin getuig het. Hulle wat voorheen ongeletterd en vissermanne was, het die lewensveranderde ervaring beleef, nadat hulle vir drie jaar saam met Jesus Christus geleef het en by Hom geleer het (“By daardie selfde geleentheid het Jesus deur die Heilige Gees dit uitgejubel: “Ek prys U, Vader, Here van Hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg het en dit aan eenvoudiges bekend gemaak het. Ja, Vader, so was dit u genadige bedoeling. ” (Luk. 10: 21); (“Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees!” (Joh. 20:22)). Hulle het ook dikwels nie verstaan presies wat Hy vir hulle gesê het nie. Met hierdie uitstorting van die Heilige Gees, kon hulle egter skielik beter verstaan, en het met oortuiging die Evangelie van Christus verkondig, waar hulle ookal heen gegaan het (“’En dit sal in die laaste dae gebeur,’ sê God: ‘Ek sal my Gees op alle mense uitstort – julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongmense sal visioene sien, en julle ou mense sal drome droom…” (Hand. 2: 17)).

Lees meer “Stof tot nadenke: Onder leiding van die Heilige Gees”

Stof tot nadenke: Die nabyheid van God

“Maar wat my betref, die nabyheid van God is vir my goed. Ek het my Heer, die Here, my skuilplek gemaak, sodat ek van al u werk kan vertel.”
Ps. 73: 28

Ons herdenking van Hemelvaart is agter die rug. Ons is nou in hie herdenkingstyd tussen die Hemelvaart en die uitstorting van die Heillige Gees, waarna menige apostels en dissipels spontaan begin getuig het. Tog voel ons mense dikwels asof God nie na aan ons is nie. Ons wil ook die doringbos ervaring of die Sinaiberg ervaring hê wat Moses gehad het toe hy direk met God gepraat het, al kon hy God nie sien nie (“Moses het gesien daar is ‘n doringbos aan die brand, maar dié doringbos word sowaar nie verteer nie. Toe dink Moses, ek moet afdraai, sodat ek na hierdie buitengewone verskynsel kan kyk. Waarom brand die doringbos dan nie uit nie? Toe die Here sien dat hy afgedraai het om dit van nader te bekyk, het God na hom geroep uit die doringbos: “Moses! Moses!” Hy het geantwoord: “Hier is ek!” Toe sê die Here: “Moenie nader kom nie. Trek jou sandale van jou voete af, want die plek waarop jy staan, is heilige grond.” (Eks.3: 2-5); (“’Die Here, die God van julle voorvaders, die God van Abraham, Isak en Jakob, het aan my verskyn en gesê: “Ek gee noukeurig aandag aan julle en aan wat julle in Egipte aangedoen word”…” (Eks. 3: 16)). Elkeen van ons wens soms dat ons daardie soort van ervarings kan beleef, net soos Thomas wat eers vir Jesus wou gesien het na die opstanding, voordat hy kon glo.

Lees meer “Stof tot nadenke: Die nabyheid van God”

Stof tot nadenke: Kan ons die haat hanteer?

“As die wêreld julle haat, onthou: Hy het My voor julle gehaat. As julle aan die wêreld behoort het, sou die wêreld julle as sy eiendom liefgehad het. Omdat julle egter nie aan die wêreld behoort nie, maar Ek julle uit die wêreld uitgekies het, daarom haat die wêreld julle.”
Joh. 15: 18-19

Die lewe is maklik wanneer mense jou aanvaar en liefhet. Wanneer jy in ‘n liefdevolle huis grootgeword het, is die begrip van haat een waarvan jy weet, maar waarmee jy nie in die alledaagse lewe gekonfronteer word nie. Dis daar ver, dis iets wat slegs onder afvalliges bestaan. Dit is egter deel van hierdie lewe so seker soos die suurstof wat ons inasem. Dis eers wanneer mens daarmee in aanraking kom dat jy die werklikheid daarvan besef. Ek is baie jare gelede hieraan blootgestel. Ek het ‘n vertrek ingestap en is met naakte haat ontvang. Daardeur kom mens tot die besef dat dit ‘n werklikheid is. Haat is ‘n emosie wat die ontvanger daarvan laat besef dat daar iemand is wat letterlik van hom of haar ontslae wil raak, en kan jou voete onder jou uitruk, letterlik en figuurlik.

Lees meer “Stof tot nadenke: Kan ons die haat hanteer?”

Stof tot nadenke: Wonders en tekens

“Here, U is my God! Ek wil U prys en U Naam loof! U het wonders gedoen; dinge wat U lankal besluit het, het U volgens plan uitgevoer. ”
Jes 25: 1

Wanneer mens na die definisie van ‘n wonderwerk/wonder/tekens gaan kyk, word dit beskryf as ‘n verassende en welkome gebeurtenis, wat nie in wetenskaplike terme of natuurwette verklaar kan word nie. Dit is gebeure wat ons nie kan verstaan nie, of as onbegryplik ervaar. Dit word dus as die ingryp van ‘n goddelike wese beskou. Dit is buitengewone, hoogs onwaarskynlike gebeurtenisse wat verwelkom word met verligting en vreugde en word as ‘n goddelike ingryping beskou wat in ons menslike aangeleenthede manifesteer of in die skepping van God.

Lees meer “Stof tot nadenke: Wonders en tekens”

Stof tot nadenke: Waarop steun ons?

“Wat help dit ‘n mens as hy die hele wêreld as wins verkry, maar homself verloor of te gronde gaan.”
Luk. 9: 25

Elkeen van ons leun of steun op iemand of iets in hierdie wêreld. As kinders is ons vertroue ten volle op ouers, hetsy of hulle liefdevol is of nie. Later begin mens draai na vriende, familie, eggenote, werksplekke, kollegas, aansien, rykdom, aanvaarding deur mense, eie krag in sterkte of verstandelike vermoëns. Selfs verslawing van enige aard en dwelmgebruik neem toe omdat mense dink dat dit hulle kan steun in moeilike tye. So dikwels staan mens teleurgesteld wanneer jy na die vernietigende resultate in nabetragting kyk. Niemand kyk na hierdie wêreld deur dieselfde oë as jy nie. Elkeen se lewenservarings en ondersteunings bronne was en is verskillend. Mense is so dikwels ingestel op hulle manier van dink en doen, dat hulle nie ‘n ander se manier van doen, eienskappe en gawes kan verstaan of raaksien nie. Prediker stel dit so goed: “Ek het gesien dat al die inspanning en al die kundigheid waarmee gewerk word, naywer is van die een teenoor die ander. Ook dit is sinloos en ‘n gejaag na wind. Die dwaas vou sy hande en vernietig homself. ‘n Handvol rus is beter as ‘n dubbele hand vol inspanning, en ‘n gejaag na wind.” (Pred. 4: 4-6). Wanneer mens na die wêreld kyk wonder mens wanneer gaan mense besef dat hulle in ‘n herhalende siklus van vernietiging leef, omdat hulle nie die enigste bron van steun en krag kan of wil ontdek nie!

Lees meer “Stof tot nadenke: Waarop steun ons?”

Stof tot nadenke: Wat is ware geluk?

“Gelukkig is mense wie se krag in U lê!”
Ps 84: 6

Almal van ons soek deur ons hele lewe daarna om gelukkig te wees. Ons dink as ons maats ons sal aanvaar, sal ons gelukkig wees; as ons mooi is, soos die tydskrifte ons wys, sal ons gelukkig wees; as ons deur mense geliefd is, sal ons gelukkig wees; as ons in ‘n pragtige huis met al die toebehore leef, soos die media en advertensieborde ons wys, sal ons gelukkig wees; as ons die vinnigste motor ry of as ons die rykste is, sal ons gelukkig wees. Maar helaas, die geluk wat aardse goed vir ons bring is van korte duur, en dan soek ons weer verder na nog iets wat ons gelukkig kan maak, maar dit voel altyd asof dié geluk net altyd buite ons bereik is. Miskien is dit omdat ons gedurig op die verkeerde plekke na geluk soek!

Lees meer “Stof tot nadenke: Wat is ware geluk?”

Stof tot nadenke: “Hoe glo ons?”

“Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif së: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. Hiermee het Hy na die Gees verwys, want die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang…”
Joh. 7: 38-39

Hoe glo ons? Wie kan ons glo? Waarin moet ons glo? Is die vrae wat by mens opkom deur jou hele lewe. Mense het ander agendas as wat hulle voorgee om te hê, Mense bedrieg mekaar en vertel leuens oor ander. Alles terwille van wat vir hulle belangrik is. Maar dan verseker Jesus Christus ons dat ons die Waarheid sal kan eien en weet waarin, en wie om te glo (“Jesus het vir hom gesê: Ek is die weg en die waarheid en die lewe.” (Joh. 14: 6); (“”Wanneer die Voorspraak kom wat Ek vir julle van die Vadder af sal stuur, die Gees van die waarheid, wat van die Vader uitgaan, sal Hy oor My getuig.”” (Joh. 15: 26)). Selfs die apostels het hiermee gesukkel. Hulle wat saam met Jesus Christus geleef het en Hom die beste geken het van almal hier op aarde. Ook tussen hulle was daar verskille van opinies, maar dit alles is en word gevoed deur die belange van die eie ek (“Ek is nie gesteld op die eer wat mense bewys nie, maar Ek ken julle en Ek weet dat julle nie liefde vir God in julle het nie. As iemand anders in sy eie naam kom, sal julle hom aanvaar. Hoe kan julle ook in My glo terwyl julle gesteld is op die eer wat julle van mekaar ontvang en nie die eer soek wat van die enigste God af kom nie?” (Joh. 5: 41-44); (“Die vrou het vir Hom gesê: “Meneer, gee vir my van daardie water, sodat ek nie weer dors sal kry en hier hoef te kom water haal nie.’” (Joh. 4: 15))!

Lees meer “Stof tot nadenke: “Hoe glo ons?””

Stof tot nadenke: “Dit is Volbring! “

“Dié wat afgode maak, staan almal verleë, teleurgestel in hulle verwagting, hulle kom bedroë daarvan af. Maar Israel word deur die Here gered met ‘n blywende redding. Hulle sal nie verleë staan nie en nooit teleurgestel word nie.”
Jes. 45: 16-17

Dis Paasnaweek, en ons staan in herinnering aan wat Christus vir ons gedoen het; ons wat sondig en nietig is. God se plan vir die kruisiging en lyding van Christus is reeds duisende jare voor die tyd uitgespel in Jesaja 54. Die Here het geweet dat ons as mens nie die straf kan dra nie, omdat ons nie vlekkeloos is nie. Maar Hy het ons, wat sy skepsels is, so lief gehad, dat Hy bereid was om ons des ondanks te red! (“1 Wie sal ons glo as ons hiervan vertel? Wie sal die mag van die Here hierin kan raaksien? 2 Die dienaar was soos ‘n loot wat voor ie Here uitspruit, soos ‘n wordtel skiet in die droë grond. Hy het nie skoonheid of prag gehad dat ons na hom sou kyk nie, nie die voorkoms dat ons van hom sou hou nie. 3 Hy was verag en deur die mense verstoot, ‘n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie geken nie. 4 Tog het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra.

Lees meer “Stof tot nadenke: “Dit is Volbring! “”