Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 19 November 2026 – God doen net goed

19 November

God is nie net goed op papier nie – Hy doen elke dag goeie dinge. Hier is God se boodskap, net vir jou, vir vandag.

Tema: God doen net goed

Teks: “U is goed en U doen goed; leer my u voorskrifte.” (Ps. 119:68)

  • God belowe dat dié wat nou swaarkry, eendag sy seën sal geniet. (Ps. 37:11)
  • Alles wat God doen, kom uit sy goeie hart.
  • Omdat Hy goed is, kan jy vertrou dat sy lesse ook goed vir jou is.
  • Doen vandag iets goeds vir iemand sonder dat hulle hoef te weet dit was jy.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U goed is en goed doen – leer my om soos U te wees.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.