Stof tot nadenke: “Aanhouer of Afkoeler?”

”…as ons aanhou volhard, sal ons ook saam met Hom regeer; as ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën;…“

(2 Tim. 2: 1220)

In hierdie lewe het elkeen van ons al mense ervaar of dit self ervaar dat wanneer ons die Here vind ons vurige vegters vir Jesus Christus is; daar is egter menige mense wat na ‘n tyd afkoel, en totaal verwyder word van God. Dit kan vergelyk word met die handewerk van glasblasers. Die meesterstuk is pragtig en ongeëwenaar, terwyl die mislukking in glasblaas werk te vinnig afgekoel het.

Net so kan mense wat Jesus Christus se Evangelie of aanhouers wees vir die Evangelie of hulle kan te vinnig afkoel, en verlore vir God wees.

Afkoeler?

Daar is ook ‘n aantal afkoelers wat ons in die Woord van God vind. Daardie terugdraai van Lot se vrou, het haar in ‘n steenpilaar laat verander. Sy wou nie die sondige lewe agterlaat nie. Die aanloklikhede van Sodom en Gemorra het haar in ‘n afkoeler verander. Demas, ‘n entoesiastiese Paulus navolger, het afgekoel en die huidige wêreld liewer gekry as die evangelie. Telkens is dit die vashou aan hierdie wêreld en die aardse besittings wat ons laat afkoel vir Christus.

Hoe dikwels het die Israeliete nie afgekoel as dinge vir hulle ongemaklik geword het nie. Telkens moes die Here sy volk vergewe en hulle weereens vurig maak om Hom te aanbid. Maar alte vinnig het menige van hulle weer afgekoel.

Ons word dus daarop gewys dat ons moet aanhou en volhard in ons geloof in God die Vader, Jesus Christus, die Seun, en die Trooster, die Heilige Gees.

Teksverse:

“Verdrukking en benoudheid wag vir elke mens wat aanhou kwaad doen, eerstens vir die Jood maar ook vir die Griek. Maar heerlikheid, eer en vrede wag vir elkeen wat die goeie doen, eerstens Jood, maar ook vir die Griek.” (Rom. 2: 9-1020);

“Want as ons willens en wetens aanhou sonde doen, nadat ons kennis van die waarheid ontvang het, bly daar nie meer ‘n offer vir ons sondes oor nie.” (Heb. 10: 2620);

“En as hulle nog aanhou dink het aan daardie land waaruit hulle weggetrek het, sou hulle geleentheid gehad het om terug te keer; maar nou hunker hulle na ‘n beter een, ‘n hemelse een. Daarom skaam God Hom nie vir hulle om hulle God genoem te word nie,…” (Heb. 11: 15-1620);

“Sorg dat julle aanhou groei in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus. Aan Hom behoort die heerlikheid, nou en ook tot op die dag van die ewigheid.” (2 Pet. 3: 1820);

“Baie vals profete sal verskyn en hulle sal die mense mislei. En omdat die wetteloosheid sal toeneem, sal baie se liefde afkoel. Wie egter volhard tot aan die einde, dié sal verlos word.” (Matt. 24: 11-1320);

“...want Demas het my verlaat; Hy het die huidige wêreld liefgekry, en na Thessalonika vertrek,…” (2 Tim. 4: 1020)

Aanhouers?

Hoe is dit vir ons mooontlik om te volhard? Aanhouers te word? Ons ken die Afrikaanse gesegde: ‘Aanhouer wen’ baie goed. Kan ons dit in ons eie krag doen? Verseker nie. Dit is ‘n genadegawe van God. God is getrou. Sy woorde is waar. Hy sal gestand sy woord hou.

Ons moet net altyd ons oë gerig hou op God se liefde en Jesus Christus se volharding, wat vir ons die verlossing gebring het. Ons moet volhard en vorentoe kyk na die beloofde hemelse ewige lewe. Laat ons nie toelaat dat die wêreldse plesiertjies ons van God afkeer, en van ons afkoelers maak nie. Laat ons met oorwinning die finale wenstreep oorgaan vir die Vader wat ons so liefhet, en ons sal help deur enige moeilike tye. Laat ons aanhouers word, en die naam van ‘kind van God’ waardig wees!

Teksverse:

“Maar wat nou? As sommige ontrou geword het, maak hulle ontrouheid God se getrouheid ongedaan? Hoegenaamd nie. Al is elke mens vals, laat God waaragtig wees. Soos daar geskrywe staan, “sodat U reg bewys kan word deur u woorde, en U sal wen wanneer U oordeel.” (Rom. 3: 3-420);

“God is nie ‘n man dat Hy sou lieg nie, en nie ‘n mensekind, dat Hy van plan sou verander nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, sou Hy praat en dit nie gestand doen nie?” (Num. 23: 1920);

“Deur die Here vertrou ons dat julle ook dit doen, en sal aanhou doen, wat ons julle beveel het. Mag die Here julle harte rig op die liefde van God en die volharding van Christus.” (2 Thes. 3: 4-520);

“Here, God van ons voorvaders Abraham, Isak en Israel, bewaar dit vir ewig as die gesindheid van die gedagte in die harte van U volk. Rig hulle harte op U,…” (1 Kron. 29: 1820);

“Elkeen wat uit God gebore is, doen nie meer sonde nie, omdat God se saad in hom bly, en hy kan nie meer sonde doen nie, omdat hy uit God gebore is. Hieraan is dit duidelik wie kinders van God…is.” (1 Joh. 3: 920)