Skep asem vir vandag: 16 September 2025

Dagstukkies April

16 September

My gebed is dat jy vandag sal beleef hoe die Here voor jou uitgaan. My wens is dat jy ervaar hoe Hy jou in alles wat jy moet doen lei. Vind krag uit God se Boodskap vir vandag.

Tema: Volg die Here.

Teks: “Die Here julle God gaan voor julle uit …” (Deut. 1:30)

  • Die Here gaan altyd voor jou uit en maak die pad glad en gereed.
  • Net soos Hy die Israeliete gehelp en geseën het, sal Hy ook jou help en gelukkig maak.
  • Volg Sy leiding. Doen wat Hy vra. Luister na Sy stem. Sien Sy rigting raak.
  • Geniet die geluk, rustigheid en vrede wanneer jy die Here volg.

Gebed

Vader, gee my Goddelike wysheid sodat ek sal doen soos U sou gedoen het as U vandag hier was. In die Naam van Jesus Christus die Here Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 15 September 2025

Dagstukkies April

15 September

My wens en gebed is dat jy vandag innerlike krag sal kry om sterk te staan. Hier is God se Woord vir vandag.

Tema: Staan sterk teen beïnvloeding.

Teks: “Moenie vir mense bang wees nie.” (Deut. 1:17)

  • God is sterk, kragtig en almagtig. Jy is Sy kind en het Sy eienskappe.
  • Leef hierdie karaktertrekke elke dag uit – veral wanneer jy onder druk kom.
  • Elke dag bied geleenthede om vir God te kies, ongeag wat ander sê of van jou verwag.
  • Wanneer jy die Here God volg, bring dit werklike vryheid in jou gemoed.

Gebed

Vader, maak my innerlik sterk en gee my dapperheid sodat ek U sal volg. In die Naam van Jesus Christus die Here Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 14 September 2025

Dagstukkies April

14 September

Tema: Trek niemand voor nie

Teks: “Moenie partydig wees as julle ‘n saak verhoor nie, luister na klein en groot.” (Deut 1:17)

  • Ware integriteit behandel alle mense gelyk, ongeag hulle status of posisie.
  • God roep ons om regverdig te wees en niemand voor te trek nie.
  • Jou karakter word getoets in hoe jy mense behandel wat niks vir jou kan doen nie.
  • Regverdigheid en onpartydigheid wen die respek en vertroue van ander.

Gebed

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 13 September 2025

Dagstukkies April

13 September

Tema: Leef onder die beheer en seën van God se Gees

Teks: “Hy het Josua… die hande opgelê…” (Num 27:22-23)

  • God gee Sy gesag aan diegene wat onder die leiding van Sy Gees leef.
  • Jy het ook Goddelike gesag omdat jy ‘n kind van ons Vader is.
  • Leef met selfvertroue, wetende dat God se Gees jou lei, toerus en bemagtig.
  • Onder God se gesag kan jy positief optree en ‘n verskil maak.

Gebed

Liewe Vader, ek gee myself in U hande sodat U my kan leer om met Goddelike gesag op te tree.In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 12 September 2025

Dagstukkies April

12 September

Tema: Stap agter die Here aan

Teks: “Moses het gedoen wat die Here hom beveel het…” (Num 27:22)

  • Sukses en ware geluk in die lewe hang af van gehoorsaamheid aan God se wil.
  • Selfs wanneer God se opdragte moeilik is, bring gehoorsaamheid vrede, rustigheid en geluk.
  • In alle areas van jou lewe – politiek, huwelik, werk, finansies, verhoudings – is gehoorsaamheid ‘n vereiste.
  • God is goed, daarom is Sy diepste wens dat dit met jou ook goed gaan.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my lei, maar help my om U stem duidelik te hoor.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 11 September 2025

Dagstukkies April

11 September

Tema: Kry ‘n mentor vir jou lewe, of wees ‘n mentor

Teks: “Maar hy moet altyd die priester Eleasar raadpleeg …” (Num 27:21)

  • Selfs die sterkste leiers het mentors nodig – niemand weet alles nie.
  • Wysheid kom deur die raad van Godvresende mense te soek.
  • Soos jy groei, word jy geroep om ander te mentor en te lei.
  • Goddelike advies deur ‘n mentor help jou om suksesvol te leef.

Gebed

Liewe Vader, help my om ‘n mentor vir my lewe te aanvaar of om ‘n Gees-beheerde mentor vir iemand te wees.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 10 September 2025

Dagstukkies April

10 September

Tema: Wees rustig oor die toekoms

Teks: “Neem vir Josua seun van Nun, ‘n man op wie my Gees is, en lê hom die hande op.” (Num 27:18)

  • God voorsien altyd die regte persoon op die regte tyd.
  • Die Heilige Gees gebruik mense wat onder Sy beheer is.
  • Jy hoef nie bekommerd te wees oor wat gaan gebeur nie – God het dit alles beplan.
  • Leef ook onder die leiding van die Heilige Gees sodat Hy jou kan gebruik.

Gebed

Liewe Vader, help my om sensitief te raak vir U leiding, o Gees van God.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 9 September 2025

Dagstukkies April

9 September

Tema: Dink altyd aan ander mense

Teks: “Dan moet U, … iemand oor hierdie volk aanstel … sodat die volk van die Here nie soos skape sonder wagter sal wees nie” (Num 27:15-17)

  • Ware leierskap dink aan ander se behoeftes, selfs bo jou eie teleurstelling.
  • Liefde vir ander oorwin persoonlike pyn en frustrasie.
  • Soek die beste vir mense, selfs wanneer jy nie meer vir hulle daar sal wees nie.
  • Mense wat onselfsugtig en vir ander omgee, sal geluk ervaar.

Gebed

Liewe Vader, help my om spesifiek op dit wat van ander mense goed is, te fokus.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 8 September 2025

Dagstukkies April

8 September

Tema: Jou optrede het gevolge

Teks: “Klim op teen die Abarimberg uit en bekyk die land wat Ek aan die Israeliete gee” (Num 27:12)

  • Elke keuse wat jy maak het langtermyn gevolge vir jou lewe.
  • Selfs ‘n goeie leier soos Moses het geleer dat sy optrede gevolge het.
  • Besluit vandag om presies te doen wat God van jou verwag. Geniet Sy vrede. Hy sal jou gelukkig maak.
  • Wees bewus dat jou besluite van vandag jou môres en oor-môres sal beïnvloed.

Gebed

Liewe Vader, ek het U nodig om my te help om elke oomblik so te kies soos U dit verwag.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 7 September 2025

Dagstukkies April

7 September

Liewe…

My wens en gebed is dat jy vandag ‘n instrument van vrede en versoening in ander se lewens sal wees. Hier is die boodskap van die Bybel net vir jou vir vandag.

Tema: Wees ‘n vredemaker

Teks: “… omdat hy vir die eer van God opgekom het en vir die Israeliete versoening gebring het” (Num 25:12)

  • As jy vrede maak en versoening tussen mense bring, eer jy God.
  • Verstaan jy dat jou eie optrede die verskil kan maak tussen konflik en vrede.
  • God seën brugbouers tussen Hom en ons, en tussen mense onder mekaar.
  • Jy is God se kind – jy is ‘n vredemaker en iemand wat versoening bring (2 Kor 5:18-20).

Gebed: 

Liewe Vader, gee my genade en hulp sodat ek ‘n vredemaker kan wees.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 6 September 2025

Dagstukkies April

6 September

Liewe…

My wens en gebed is dat jy vandag in vrede en rus sal leef, wetende dat die Here volledig vir jou sorg. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Woon en werk rustig voort

Teks: “Wie kan in die lewe bly as die Here dit nie so bepaal nie?” (Num 24:23)

  • Jou lewe is veilig in God se hande – niemand kan jou skade aandoen sonder dat Hy daarvan weet nie.
  • Moenie in vrees leef oor dinge wat buite jou beheer is nie. Hy is in beheer en Hy sal vir jou sorg!
  • God het die laaste sê oor alles wat jou raak.
  • Die Here sal vir jou sorg. Wees elke oomblik bly dat jy die Here ken (Ps. 37:4).
  • Stel jou lewe elke dag in Sy hand – Jy ontvang ‘n pragtige deel van die Here bly (Ps. 16:6; 37:5-6).
  • Juig tot eer van die Here! Leef met vrede! Wees rustig en dankbaar!

Gebed:

Liewe Vader, baie dankie dat ek veilig in U hande is en dat U vir my sorg.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 5 September 2025

Dagstukkies April

5 September

Liewe…

My wens en gebed is dat jy vandag duidelik die stem van die Heilige Gees sal hoor en volgens Sy leiding sal leef. Hier is die Woord spesiaal net vir jou.

Tema: Laat die Gees jou gedrag bepaal

Teks: “en toe hy opkyk …, het die Gees van God oor hom gekom,…” (Num 24:1)

  • Moet nooit die veranderende krag van die Heilige Gees onderskat nie.
  • Hy wys jou wat God se wil is.
  • Die Heilige Gees stel intens in jou lewe en hart belang.
  • Luister aandagtig na Sy stem. Doen wat Hy jou vandag lei om te doen.
  • ‘n Gees-beheerde lewe is die geheim van ‘n suksesvolle en gelukkige lewe.

Gebed: 

Liewe Vader, help my om te hoor en te luister sodat ek slegs volgens die wil van die Heilige Gees sal optree.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 4 September 2025

Dagstukkies April

4 September

Liewe…

Ek hoop jy geniet groot gesondheid. My wens en gebed is dat jy vandag sekerheid sal hê oor God se wil en Sy seën wat oor jou lewe uitgestort word. Hier God se Woord vir jou.

Tema: Ken die wil van die Here

Teks: “Bileam het nou al geweet dat die Here vir Israel wil seën,…” (Num 24:1)

  • Die Vaderhart van God wil goeie dinge in jou lewe te laat gebeur.
  • Ken Hom in alles wat jy doen, Hy sal jou lewe reg laat uitwerk (Spr. 3:6).
  • Hy is goed – onder druk en uitdagings maak hy jou steeds gelukkig.
  • Moenie dat omstandighede jou fokus van God se goedheid wegneem nie.
  • Leef gelukkig! Leef met Hoop!

Gebed:

 Liewe Vader, help my om seker en oortuig te wees van U goeie wil vir my lewe.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 3 September 2025

Dagstukkies April

3 September

Liewe…

My wens en gebed is dat jy vandag sal ervaar hoe die Here jou oorvloedig seën, veel meer as wat jy gevra of gedink het. Hier is God se Boodskap spesiaal vir jou vandag.

Tema: Die Here gee meer as wat nodig is


Teks: “Die Here het toe ‘n wind gestuur en dit het kwartels van die see se kant af aangebring,…” (Num 11:31)

  • Jy het rede om bly te wees. Hou aan om God se vreugde en liefde uit te straal.
  • Sy voorsiening oortref altyd jou verwagtinge en behoeftes.
  • Waar jy eers onmoontlikhede gesien het, sal jy God se wonderwerke raaksien
  • Die Here se oplossings is dikwels groter en beter as wat jy kan voorsien.
  • Kyk met nuwe oë na jou lewe en sien God se oorvloedige seëninge raak.
  • Prys Sy Naam!

Gebed:

 Liewe Vader, gee my die genade om altyd te glo dat U die onmoontlike moontlik kan maak.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 2 September 2025

Dagstukkies April

2 September

Liewe…

My wens en gebed is dat jy vandag sal sien hoe die Here die onmoontlike moontlik maak – maak jou oë oop hiervoor. Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.

Tema: Onmoontlik? Nie by God nie! Hy doen die ONMOONTLIKE

Teks: “Maar die Here het vir Moses gesê: Dink jy Ek het nie mag nie?…” (Num 11:23)

  • Die probleme wat jy sien, is oplossings vir die Almagtige God – dit lê buite jou vermoë.
  • Geen situasie is te groot of te ingewikkeld vir die Here om te hanteer nie.
  • God spesialiseer daarin om onmoontlike omstandighede tot moontlikhede om te keer.
  • God spesialiseer daarin om onmoontlike omstandighede oorwinnings te maak.
  • Jou probleme van gister en vandag is die platform vir God se wonderwerke van vandag en môre

Gebed: 

Liewe Vader, gee my die geloofsoë om te sien hoe U die onmoontlike moontlik maak.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 1 September 2025

Dagstukkies April

1 September

Liewe…

My wens en gebed is dat jy vandag die ondersteuning en hulp van die Here sal ervaar wanneer jy dit die meeste nodig het. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Die Here ondersteun jou altyd

Teks: “Bring vir my sewentig van Israel se leiers… Ek sal dan afkom en daar met jou praat(Num 11:16-17)

  • God is die Alwyse en weet alles (Jes. 55:8-9).
  • Hy verstaan jou uitdagings en bied praktiese ondersteuning deur ander mense in jou lewe te plaas.
  • Wanneer jy oorweldig voel, maak God nuwe deure en geleenthede oop wat jy nie verwag het nie
  • Jy hoef nie jou hartseer, probleme, laste en uitdagings alleen te dra nie – Hy voorsien op die regte tyd helpers wat jou ondersteun.
  • Vertrou dat die Here vandag deure sal oopmaak wat tot groot troos, sukses en deurbrake sal lei

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U ondersteuning in my lewe voorsien wanneer ek dit nodig het.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 31 Augustus 2025

Dagstukkies April

31 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is vir die tye wanneer jy ongelukkig is oor jou verantwoordelikhede. Hier is God se Woord vandag vir jou.

Tema: Ongelukkig oor jou verantwoordelikhede

Teks: ” Waarom behandel U my so sleg …. dat U die verantwoordelikheid van hierdie volk op my gelaai het” (Num 11:11)

  • Jy kom dikwels in situasies waar jy voel asof die verantwoordelikhede te groot is. Jy wil dan nie meer daarmee aanhou nie.
  • Die Here sal jou nooit alleen los nie – byt vas!
  • Hy sal jou vandag en in die toekoms hierdeur dra.
  • Dit sal weer beter gaan.
  • Wees positief. Wees opgewekte en leef met hoop!

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my vashou en help om ‘n sukses van my opdrag te maak. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 30 Augustus 2025

Dagstukkies April

30 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is dat jy saam met God die pad sal stap. Hier is God se Woord vandag vir jou.

Tema: Stap saam met God die pad…

Teks: “Dit het sleg gegaan met die volk, en hulle het die Here daaroor verwyt…” (Num 11:1)

  • God beskerm jou, versorg jou en hou jou altyd veilig – Hy laat dit met jou goed gaan.
  • Wanneer jou optrede tot ‘n slegte gevolg lei, waarom is jy dan vir Hom kwaad – Hy is dan net goed vir jou.
  • Vandag, wanneer jy probleme ondervind, soek eerder by die Here hulp.
  • Hy sal jou daaruit help en die pad saam met jou stap.

Gebed

Liewe Vader, help my om U te vertrou dat U my uit al my nood sal help. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 29 Augustus 2025

Dagstukkies April

29 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is dat die Here jou vrede sal gee. Hier is God se Woord vandag vir jou.

Tema: Die Here sal jou vrede gee

Teks: “Die Here sal… aan julle vrede gee!” (Num 6:26)

Die Here gee jou vrede.

Wanneer jy die Here dien, kom jy vry van onvrede, onrus en gevegte.

Dan word jy ‘n vredemaker. Leef in vrede en soek vrede.

Dink twee keer voordat jy praat of iets doen. Kies vir vrede.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat met U aan my kant, ek die magtigste vyand vandag en môre kan oorwin. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.