Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 21 Januarie 2026

21 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag selfbeheersing oefen! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: “Afhanklikheid” vernietig jou en ander mense

Teks vir vandag: “Te veel wyn laat jou nonsens praat. Sterk drank maak jou rumoerig. Dit is slim van jou om nie dronk te word nie.” Spr. 20:1 (Die Boodskap)

  • Alkohol en verslawende middels verswak jou vermoë om goeie besluite te neem.
  • Dit sal ook jou verhoudings en werk seermaak en groot skade aan doen.
  • God het jou geroep om jou liggaam en gedrag te beheer.
  • Baie mense het hulle getuienis, werk, verhoudinge en geleenthede verloor omdat hulle beheer aan verslawing afgestaan het.
  • Uiteindelik sterf jy weens jou gebrek aan dissipline en selfbeheer (Spr. 5:23).
  • Kies om altyd in beheer van jouself te bly.
  • Staan sterk en wees deur jou keuses en gedrag in beheer van jou lewe!

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag wysheid te hê in hoe ek met alkohol omgaan en om altyd in beheer van myself te bly.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.