14 Januarie
Liewe vriend
Mag jou woorde vandag ander opbou! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:
Tema: Spreek lewe en wees positief
Teks vir vandag: ‘n Gelowige se woorde kan vir ander mense baie beteken. Hy trek self ook voordeel daaruit. Slegte mense kan nie genoeg van geweld kry nie.” Spr. 13:2 (Die Boodskap)
- Jou woorde het die krag om lewe of dood te bring – kies vandag om met jou woorde lewe te skenk (Deut. 30:19).
- Kies lewe deur jou woorde, dan sal jy en jou nageslag gelukkig wees en voluit leef (Deut. 30:19).
- Wanneer jy ander bemoedig en opbou, ontvang jy self ook die geluk, vrede en vreugde van positiewe verhoudings.
- Fokus vandag spesifiek op ten minste drie mense wat jy met jou woorde kan opbou en bemoedig.
Gebed
Liewe Vader, help my om vandag my woorde met wysheid te gebruik sodat dit ander kan opbou en U Naam kan verheerlik.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


