18 Januarie
Liewe …
Mag jy vandag tevrede wees met wat jy het! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:
Tema: Kies eerste vir vrede en geluk in jou lewe
Teks vir vandag: “Eerder met min klaarkom en gelukkig wees, as om oorvloed te hê en heeltyd te baklei.” Spr. 17:1 (Die Boodskap)
- Ware rykdom word nie gemeet in wat jy het nie, maar in die vrede en liefde wat in jou huis en plek heers.
- God maak ‘n huis en plek gelukkig waar daar eenheid en vrede is, – al is daar min materiële besittings.
- Moenie deur jou gejaag na meer geld, status en aansien jou verhoudinge met mense, veral jou gesin en familie, laat skade kry nie.
- Wees vandag dankbaar vir wat jy het. Werk daaraan om vrede in jou plek te bevorder.
Gebed
Liewe Vader, help my om vandag tevrede te wees met wat ek het en om vrede en harmonie in my huis en plek te koester.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


