Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 16 Januarie 2026

16 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag selfbeheersing oefen! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Selfbeheersing getuig van innerlike krag

Teks vir vandag: ‘n Sagte antwoord laat die woede bedaar. Skerp woorde maak mense woedend. ‘n Gelowige se woorde getuig van kennis… Wie sy humeur kan beteuel, is sterker as die sterkste mens. Wie sy drange en emosies kan beheer, is magtiger as baie magtiges” Spr. 15:1; 16:32 (Die Boodskap)

  • Mense sal jou seermaak, ander kan jou by die werk onder druk plaas. Ja, spanning en konflik kan jou onwaardig laat optree.
  • Selfbeheersing is ‘n vrug van die Heilige Gees (Gal. 5:22) – vra Hom om jou vandag te help om kalm te bly.
  • ‘n Sagte antwoord het die krag om konflik te ontlont, vrede en rus te bring. Dit kan jou in beheer van die situasie plaas.
  • Beheer jou tong wanneer jy kwaad is, al is dit bitter moeilik om te doen (Jak 3:5-6).
  • Byt jou tong vas voordat jy praat as jy kwaad is. Dink eers en tel jou woorde.
  • Wees vandag doelbewus om rustig te reageer, al voel jy baie anders. Leef in vrede en wees gelukkig.

Gebed

Liewe Vader, gee my vandag die krag om myself te beheer en met sagtheid te reageer, selfs wanneer ander my provokeer.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.