Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 31 Januarie 2026

31 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag die betroubare Woord van God in jou hart vashou! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: God se woorde en Woord is betroubaar – glo dit!

Daar is baie dinge wat jy nie sal verstaan nie, maar een ding is seker – God se Woord is volkome betroubaar en jy kan daarop reken.

Teks vir vandag: “Wie kan die Here deurgrond? Wie het al ooit hemel toe gegaan en weer teruggekom? Dit is onmoontlik om Hom volledig te ken… Elke woord van die Here is waar. Jy kan daarop reken…” Spr. 30:4 (Die Boodskap)

  • Wat vir mense slim en wys is, is eintlik by God dom en dwaas (1 Kor 1:19-20).
  • God se Woord is jou anker in ‘n wêreld vol onsekerhede – dit is die een ding waarop jy altyd kan staatmaak
  • Eindig hierdie maand deur jou lewe op die vaste fondament van God se Woord te bou.
  • Elke belofte en woord wat die Here deur Sy Woord aan jou gemaak het, sal waar word (Jes. 55:11).
  • Volg Hom hierin. Stap agter Hom aan. Prys Sy Naam. Wees bly en opgewonde.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U Woord volkome betroubaar is en dat ek in ‘n onsekere wêreld op U beloftes kan reken.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.