Skep asem vir vandag: 28 Augustus 2025

Dagstukkies April

28 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is dat die Here jou sal hoor. Hier is God se Woord vandag vir jou.

Tema: Die Here sal jou hoor

Teks: “… die Here sal julle gebede verhoor…” (Num 6:26)

  • God is nie doof nie. Hy dra nie oorpluisies of gehoorstukke nie. Sy gehoor is fyn en uitstekend.
  • Hy hoor en verhoor elke gebed – selfs joune ook.
  • Neem vrymoedigheid en maak al jou begeertes aan Hom bekend.
  • Wag op Hom. Sien raak hoe Hy verhoor. Jy sal sien dat Sy antwoord beter is as wat jy op gehoop het.
  • Loof Hom en prys Hom.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat ek van nou af weet dat U al my gebede ook verhoor. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 27 Augustus 2025

Dagstukkies April

27 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is dat die Here nie jou foute teen jou sal hou nie. Hier is God se Woord vandag vir jou.

Tema: Die Here sal jou genade gee

Teks: ” Die Here sal… julle genadig wees…” (Num 6:25)

  • Soms dink jy dat jou foute en sonde te veel is. Soms voel dit asof die Here jou vergeet het.
  • Die Here vergewe en gee genade. Dit is Sy besigheid. Hy doen dit oor en oor.
  • Die Here hou nie boek van die kwaad nie. Daar is nie ‘n einde aan Sy liefde nie – alles net vir jou.
  • Maak vandag jou hart oop vir God se liefde en genade.
  • Aanvaar dit en wees vry! Leef vry!

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat ek in Christus volle vryspraak en genade van my sonde kry. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 26 Augustus 2025

Dagstukkies April

26 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is dat die Here jou sal help. Hier is God se Woord vandag spesiaal vir jou.

Tema: Die Here sal jou help

Teks: “Die Here sal tot jou redding verskyn…” (Num 6:25)

  • Die Here sien jou.
  • Hy waarborg dat Hy jou uit elke probleem sal red.
  • Jy is nooit in doodloopstrate nie. Sy redding is by jou en wag ook om die draai.
  • Maak jou oë oop vir die redding en uitkoms wat jy vandag gaan kry.

Gebed

Liewe Vader, gee my vertroue en geloof om te weet dat U my vandag sal red. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 25 Augustus 2025

Dagstukkies April

25 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is dat die Here jou veilig sal hou. Hier is God se Woord vandag vir jou.

Tema: Die Here sal jou veilig hou.

Teks: “Die Here sal… julle beskerm…” (Num 6:24)

  • Jy is baie keer blootgestel aan fisiese, emosionele en geestelike gevare.
  • Moenie bang wees nie. Vandag hou die Here jou deur al hierdie dinge steeds veilig.
  • Hy kyk met deernis na jou. Hy sien jou deur al hierdie gevare en probleme steeds raak.
  • Maak vandag jou hart, gemoed en fisiese lewe oop vir Sy beskerming.
  • Leef met blydskap en oorgawe.

Gebed

Liewe Vader, help my om te glo dat U my in alles sal beskerm.

In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 24 Augustus 2025

Dagstukkies April

24 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is om te weet dat die Here vir jou sal sorg. Hier is God se Woord vandag vir jou.

Tema: Die Here sorg

Teks: “Die Here sal jou seën…” (Num 6:24)

  • Die Here se goedheid is meer as wat jy kan verstaan of dink.
  • God die Almagtige draai Sy gesig na jou toe en kyk na jou – in groot liefde.
  • Hy sorg vir jou. • Hy beskerm jou, Hy is teenwoordig by jou en gee aan jou vrede.
  • Ontvang dit met jou hele hart en ‘n oop gemoed.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my elke dag seën en versorg.

In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 23 Augustus 2025

Dagstukkies April

23 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is om te doen soos die Here vra. Hier is God se Woord vandag vir jou.

Tema: Doen soos die Here lei

Teks: “Die Israeliete het presies gedoen soos die Here vir Moses beveel het.” (Num. 2:34)

  • Almal sien dat God getrou en betroubaar is.
  • Daarom gee jy jouself aan God oor. Doen wat Hy vra.
  • Wanneer die Gees van God jou beheer, is jy Sy vriend. Doen soos Hy lei.
  • So is jou lewe ‘n getuienis.
  • Elke keuse vandag word eers aan God oorgegee.
  • Doen soos Hy vra en jou lei  volg Hom!

Gebed:

 Liewe Vader, baie dankie dat U my lei in wat ek moet doen.

In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 22 Augustus 2025

Dagstukkies April

22 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is om uit te staan vir die Here. Hier is God se Woord vandag vir jou.

Tema: Staan uit vir die Here

Teks: “Die Israeliete moet kamp opslaan, elkeen by sy vaandel, by sy familieteken.” (Num. 2:2)

  • Elke stam of familie se vaandel het duidelik gewys wie hulle is  almal het hulle so uitgeken.
  • Hardloop jou lewenswedloop deur op Jesus te konsentreer. Hou Hom gedurig in gedagte (Heb. 12:1-2).
  • Hy is jou vaandel en voorloper.
  • Elke keuse en elke besluit word geneem soos Hy dit sou geneem het  maak soos Hy sou doen.
  • God se Gees maak jou nuut. Laat Hy aan die stuur staan van alles wat jy sê, dink of doen (Gal.5:16).

Gebed:
Liewe Vader, help my dat almal deur my lewe kan sien ek is U kind.

In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 21 Augustus 2025

Dagstukkies April

21 Augustus

My wens vir jou is dat jy tyd van orde by God sal vind. Hier is die Woord vir jou.

Tema: Skep orde

Teks: “Hulle moet die kamp rondom die tent van ontmoeting opslaan, so ‘n entjie daarvandaan.” (Num. 2:2)

  • God is nie ‘n God van wanorde nie, maar van orde (1 Kor. 14:33). Uit chaos skep Hy orde en ritme(Gen. 1).
  • Is jou lewe deurmekaar en vol wanorde? God is die antwoord!
  • Deur Sy Gees bring Hy orde, rus en vrede. God bring nuwe hoop  ‘n nuwe verwagting.
  • Gryp elke geleentheid aan om weer sin, betekenis en orde te kry.
  • Begin nuut! Begin voor! Begin weer leef.

Gebed:

Liewe Vader, dankie vir die orde en nuwe lewe wat U my gee.

In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 20 Augustus 2025

Dagstukkies April

20 Augustus

Ek bid dat jou oë elke dag sal begin raaksien hoeveel wonderwerke God doen. Hier is Sy Woord vandag vir jou.

Tema: Onmoontlik? Nie vir God nie! Kyk na Sy wonders.

Teks: “Voor jou hele volk gaan Ek magtige dade doen wat nog nooit tevore op die hele aarde onder enige nasie gedoen is nie. Die hele volk by wie jy is, sal sien wat Ek, die Here, doen.” (Eks. 34:10)

  • Jy kan nie onmoontlike dinge doen nie  net God kan.
  • Jy moet die onmoontlike aan God oorlaat.
  • Moet nooit die kragtige dade van die Here in jou lewe onderskat nie.
  • Hy kan magtige, kragtige en bonatuurlike dinge doen  ook vir jou.
  • Verwág Sy wonderwerke vandag in jou lewe  sien hierdie wonderwerke raak.
  • Aan Sy liefde is geen einde nie (Ps. 136:1).

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U steeds vandag wonderwerke doen. Dankie dat U steeds die onmoontlike moontlik maak.

In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 19 Augustus 2025

Dagstukkies April

19 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is om te weet: Jy hoef dit nie alleen te doen nie. Hier is God se Woord vandag.

Tema: Jy hoef nie alleen te wees nie

Teks: “Moses het toe vinnig gebuig in eerbied en gesê: ‘As ek U goedgesindheid geniet, Here, moet

U saam met ons wegtrek.'” (Eks. 34:8-9)

  • Alles op die aarde is die Here s’n. Waarom sal jy dan sonder Hom jou lewe aanpak?
  • Sy genade sal jou dra en ondersteun.
  • Maak seker dat jy vandag alles saam met die Here aanpak.
  • Laat Hom vandag saam met jou en by jou wees.
  • Loof die Here, want Hy is goed. Aan Sy liefde is geen grense nie (Ps. 136:1).

Gebed:

Liewe Vader, baie dankie dat U liefde ook vandag saam met my gaan.

In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 18 Augustus 2025

Dagstukkies April

18 Augustus

My wens en gebed vandag vir jou is dat jy die Here van “meer-as-een-kans” leer ken. Hier is ‘n spesiale boodskap uit God se Woord vir jou.

Tema: Die Here van tweede kanse

Teks: “Terwyl Hy by Moses verbygaan, roep die Here: ‘Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou.'” (Eks. 34:6)

  • Voel jy soms moeg vir die lewe?
  • Knak jou knieë dikwels onder die druk en verantwoordelikhede van die lewe? (Matt. 11:28).
  • Kom na God toe wat vir mense omgee en jou graag wil help (Eks. 34:6).
  • Jy kan vandag op Hom reken. Hy bly getrou.
  • Hy is jammer vir jou. Hy is geduldig met jou (Eks. 34:7).
  • By Jesus sal jou hele lewe weer sin en betekenis kry (Matt. 11:28).
  • Die genade wat God jou aanbied, is al wat jy nodig het.

Gebed:


Liewe Vader, baie dankie dat U vir my sin in hierdie lewe gee.

In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 17 Augustus 2025

Dagstukkies April

17 Augustus

My wens en gebed vir jou is dat jy die krag van die onsigbare God in aksie sal sien. Hier is ‘n boodskap uit die Bybel vir jou.

Tema: Glo in die krag van die onsigbare God

Teks: “Vir My kan jy nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie.” (Eks. 33:20)

  • Jy kan swak, moeg en afgemat voel. Tog dien jy ‘n kragtige en sterk God.
  • Alles in die lewe  die goeie en die slegte  kan jy weens die krag van Jesus oorkom (Fil. 4:13).
  • Daarom sal die Almagtige God vandag vir jou in alle omstandighede krag en moed gee.
  • Wees bly en opgewonde hieroor!

Gebed:

 Liewe Vader, dankie vir U wonderlike krag wat U vandag vir my gee.

In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 16 Augustus 2025

Dagstukkies April

16 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is om te weet dat die Here genade gee. Hier is God se Woord vandag vir jou.

Tema: Die Here gee genade

Teks: “Die Here het vir Moses geantwoord: ‘Ook wat jy nou gevra het, sal Ek doen. Ek is jou goedgesind en Ek ken jou op jou naam.'” (Eks. 33:17)

  • Moenie jou eie planne maak nie. Soek God se planne. Volg Sy wil.
  • Maak seker dat jy niks sonder die Here se duidelike leiding aanpak nie.
  • Die Here verhoor jou gebed en gee wat jy Hom gevra het.
  • Die Here ken jou op jou naam en is jou goedgesind (Jes. 49:16).
  • Elke goeie ding en volmaakte geskenk kom van Hom af.
  • Loof Hom! Dank Hom! Prys Hom!

Gebed:
Liewe Vader, dankie dat U elke situasie in goeie, volmaakte dinge verander.

In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 15 Augustus 2025

Dagstukkies April

15 Augustus

Ek hoop dat jy iemand sal word wat vir ander mense sal begin omgee. Geniet die boodskap van God vandag.

Tema: Smeek vir ander mense by God

Teks: “As U my goedgesind is, onthou tog hierdie nasie is U volk” (Eks 33:13)

  • Hou aan en aan en aan om God vir genade te smeek. Pleit vir jouself en ander mense.
  • Dit is belangrik om tot Hom te roep. Hy is die eerste en laaste, die enigste bron wat kan help.
  • Sy genade is beskikbaar, ongeag jou foute of die omstandighede waarin jy is.
  • Wanneer jy aanhoudend die regte dinge te doen, sal jy ook God se seëninge soos waterstrome oor jou voel vloei.     Jy sal baie gelukkig wees.

Gebed 

Liewe Vader, dankie dat U vir ander mense en ook vir myself omgee. In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 14 Augustus 2025

Dagstukkies April

14 Augustus

Ek hoop tog so dat jy ook hartseer word oor jou verkeerde optrede, foute en sonde. Hier is God se boodskap net vir jou.

Tema: Belydenis en verandering

Teks: “Toe het die volk … getreur en geen juwele gedra nie” (Eks 33:4)

  • Die Here ken elke aspek van jou lewe – niks is vir Hom weggesteek nie.
  • Die regte soort van hartseer, bring jou terug na God toe (2 Kor 7:10).
  • Hierdie berou gee jou ‘n nuwe en ware lewe wat met God en ander mense reg is (2 Kor 7:10).
  • Roep tot God vir hulp. Dit is die regte ding om te doen. HY hoor jou en beantwoord jou hulproep.
  • Leef nou vry. Leef nou gelukkig. Leef nou met hoop. Wees nou nuut.

Gebed 

Liewe Vader, dankie dat U my hartseer sien en van my sonde en foute vry maak. Dankie dat ek nou weer nuut is.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 13 Augustus 2025

Dagstukkies April

13 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is dat jy sal weet dat God jou baie lief het. Vandag se boodskap uit die Bybel is net so spesiaal as gister se boodskap – net vir jou.

Tema: Verander jou woede en aggressie in seën

Teks: “Toe het die Here daarvan afgesien om die ramp… oor Sy volk te bring” (Eks 32:14)

  • Hoe geseënd is jy nie: Weet dat God jou baie lief het en vir jou omgee.
  • As jy vra, verander Hy Sy besluit en gee Sy seën in plaas van straf – vir jou, ook vandag.
  • Hy het jou in die palm van Sy hand – niemand sal jou uit Sy versorgende en seënende hand ruk nie (Joh. 10:28).

Gebed 

Liewe Vader, baie dankie dat U ook aan ons genade gee.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 12 Augustus 2025

Dagstukkies April

12 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is dat jy die Here sal vra dat jy nes Hy nie sal aanhou om in woede te leef nie. Hier is ‘n baie, baie spesiale en besonderse gedagte uit die Bybel vandag vir jou.

Tema: Laat God jou woede in genade verander

Teks: “Laat U toorn bedaar en wees U volk genadig…” (Eks 32:11)

  • Bid vir mense en jouself sodat God slegte situasies in goeie omstandighede sal verander.
  • God is ‘n goeie God wat mense help (Eks 34:6).
  • Hy kry mense jammer en is geduldig met jou – daarom kan jy Hom vra om jou te help (Eks 34:6).
  • Vertrou op Sy genade, selfs wanneer jy fouteer, want Hy vergeet alles wat jy verkeerd doen (Eks 34:7).
  • Dit is vandag die regte ding om te doen indien jy vir God hulp vra.

Gebed 

Liewe Vader, dankie dat U vol van liefde en genade is. Dankie dat U my foute vergeet. In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 11 Augustus 2025

Dagstukkies April

11 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is dat jy vandag weer en weer, oor en oor vir die Here God se wil sal kies. Hier is ‘n gedagte uit God se Woord vandag vir jou.

Tema: Hou aan om vir God te kies

Teks:“ Klim van hierdie berg af, want jou volk… het iets vreesliks gedoen…” (Eks 32:7)

  • Die Here die Alwyse God se planne vir jou is om met hoop en verwagting die toekoms binne te gaan.
  • As jy op jou eie die toekoms wil binnegaan, vernietig jy jouself, ander mense en selfs die wêreld.
  • Stap in al jou keuses agter die Here God aan, selfs al vat dit soms tyd om Sy rigting te ontdek.
  • Die uitdagings rondom jou is geen struikelblok vir Hom nie.
  • God is volmaak en gee net die beste. Hy is goed vir jou – wees rustig en tevrede (Ps. 50:2).

Gebed 

Liewe Vader, dankie dat U volmaakte geskenke aan my gee, al sien ek nie meer hoop nie. In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 10 Augustus 2025

Dagstukkies April

10 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is om op te staan en binne God se wil te bly leef. Hier is ‘n spesiale gedagte uit God se Woord vandag vir jou.

Tema: Kies vir die Here

Teks: “Toe die volk sien dat Moses talm… het hulle om Aäron saamgedrom en vir hom gesê:

‘ Kom, maak vir ons ‘n god…’” (Eks 32:1)

  • Soms voel dit asof die Here nie naby jou is nie.
  • In sulke tye besluit jy dikwels om op jou eie besluite te neem, sonder om die Here te raadpleeg.
  • Onthou: Die Here is nie ver nie! Hy wag vir jou! Hy wil luister en hoor! Hy wil help!

(Jes. 59:1).

  • Selfs al voel jy swak en moeg, jy dien ‘n Almagtige God wat altyd sterk is.
  • Wag geduldig op Hom. Hy gaan alle goeie gawes en volmaakte geskenke vir jou gee.
  • Hy is getrou! Wees gelukkig!

Gebed 

Liewe Vader, dankie dat U altyd naby my is, al voel dit nie vir my so nie. Dankie dat U getrou bly.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 9 Augustus 2025

Dagstukkies April

9 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is om vergifnis aan mense uit te deel. Lees God se Woord vir vandag en laat dit jou motiveer tot goeie dade. 

Tema: Vergewe! Vergewe! Vergewe!

Teks: “Vergewe tog hulle sonde…” (Eks 32:32)

  • Moenie in God se krag en liefde vir jou twyfel nie.
  • Jesus het vir jou by die Vader ingetree en vergifnis vir jou sondes gekry.
  • Aanvaar dit en begin elke dag van voor af ander mense ook te vergewe.
  • God vergewe jou waar jy verkeerd doen, NET SOOS jy mense vergewe wat nie teenoor jou reg optree nie (Matt 6:12).
  • Leef so dat mense kan sien jy het hulle vergewe.
  • Rus in God se vrede.

Gebed 

Liewe Vader, gee my ‘n nuwe lewe en laat ek vergewe soos U vergewe. In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.