Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 11 Julie 2026 – Jy sal die jaar staande kan bly

Dagstukkies April

Julie — Josua en Rigters

11 Julie

My gebed is dat jy hierdie jaar staande sal bly, wat ook al oor jou pad kom. Ontvang vandag hierdie troos uit God se Woord.

Tema: Jy sal die jaar staande kan bly

Teks: “Moenie vir hulle bang wees nie. Ek gee hulle in jou mag oor. Nie een van hulle is teen jou bestand nie.” (Jos. 10:8)

  • Vir slegte nuus hoef jy nie bang te wees nie — jou hart kan rustig wees, want jy vertrou op die Here. (Ps. 112:7)
  • Die Here belowe dat Hy jou geloofsplanne sal laat slaag, selfs deur wonderwerke.
  • Soms is daar dinge wat jou wil afbreek — spanning, gesinsprobleme, finansiële druk, uitdagings by die werk, politieke onsekerheid, gesondheidsprobleme of seer in ’n verhouding, om maar net ’n paar te noem.
  • Niks hiervan is te groot vir Hom nie. Die Almagtige God van wonderwerke gee oorwinning, sodat jy in vryheid kan leef.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat niks teen my kan standhou wanneer U aan my kant is nie.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 10 Julie 2026 – Geloof vra ook aksie

Dagstukkies April

Julie — Josua en Rigters

10 Julie

Mag jy vandag die moed hê om met geloof ’n plan te maak en ’n besluit te neem. Neem die boodskap van die Bybel vandag ernstig op.

Tema: Geloof vra ook aksie

Teks: “Maar toe die inwoners van Gibeon hoor wat Josua met Jerigo en Ai gedoen het, het hulle ’n slim plan gemaak …” (Jos. 9:3)

  • Mag die Here vir jou gee wat jou hart begeer en al jou planne laat slaag. (Ps. 20:5)
  • Partykeer staan jy voor ’n deur wat lyk asof dit nooit sal oopgaan nie.
  • In sulke tye het jy geloof, vertroue in Hom en gehoorsaamheid nodig.
  • God gee jou die wysheid en die moed om te waag, sodat jy kan slaag.
  • Moenie bang wees om nuut te dink en dan op te tree nie — dít is wat geloof in aksie beteken.

Gebed

Liewe Vader, dankie vir die moed om te waag.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 09 Julie 2026 – Wag eers, doen dan

Dagstukkies April

Julie — Josua en Rigters

9 Julie

My gebed vir jou vandag is ’n hart wat geduldig op die Here kan wag. Hier is die Woord van God vir vandag.

Tema: Wag eers, doen dan

Teks: “Die manne van die stad het haastig klaargemaak en hulle het Israel vroeg die môre tegemoet getrek vir die veldslag.” (Jos. 8:14)

  • Stel jou hoop op die Here en wag rustig op wat Hy sê — Hy is die wag werd. (Ps. 130:5)
  • God wil jou herstel en jou weer op die been bring.
  • Hy doen dit wanneer jy stil raak en met wysheid na Sy Gees luister.
  • Moenie haastig wees nie. Wag ’n oomblik, luister na Sy stem en doen dán wat Hy sê.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my altyd weer ’n nuwe kans gee.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 08 Julie 2026 – Skep weer moed

Dagstukkies April

Julie — Josua en Rigters

8 Julie

As jou moed vandag dalk op ’n laagtepunt is, wil ek jou herinner: die Here is naby. Leef met die hoop en troos wat jy vandag uit Sy Woord ontvang.

Tema: Skep weer moed

Teks: “Die volk se moed is gebreek, en Josua … het tot die aand toe … voor die ark van die Here gelê …” (Jos. 7:5–6)

  • Die Here trek jou uit die put op en laat jou weer op vaste grond staan — jou voete kry weer vastigheid. (Ps. 40:2–3)
  • Wanneer jou moed gebreek is, is die Here daar om jou weer op te tel.
  • ’n Terugslag hoef nie die storie van jou lewe of jou identiteit te word nie.
  • God weet presies wat jy nou nodig het en Hy sal jou wys wat om te doen.
  • Soms kom die antwoord nie dadelik nie. Soms moet jy ’n bietjie wag. Dit sal kom. Weet dit. Glo Hom. Vertrou Hom. Leef in hoop.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat ek altyd by U leiding kan vind.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 07 Julie 2026 – Jy sal weer bo kom

Dagstukkies April

Julie — Josua en Rigters

7 Julie

Mag jy elke dag, elke oomblik en elke sekonde voluit leef! Hier is ’n wonderlike boodskap net vir jou.

Tema: Jy sal weer bo kom

Teks: “Net die prostituut Ragab mag lewe … want sy het die verkenners … weggesteek.” (Jos. 6:17)

  • Die Here help die nederiges op — buig laag voor Hom, en Hy lig jou op. (Ps. 147:6)
  • Daar is iets besonders aan ’n mens wat bereid is om nederig voor God en mense te wees.
  • Juis dáár, in nederigheid, tel die Here jou op na plekke wat jy nooit gedink het jy sou bereik nie.
  • Wees geduldig en leef vol verwagting — ’n nuwe seisoen wag vir jou.

Gebed

Liewe Vader, gebruik my om die wêreld ’n beter plek te maak.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 06 Julie 2026 – Toe deure gaan oop

Dagstukkies April

Julie — Josua en Rigters

6 Julie

My gebed is dat jy die hoop waarmee jy die jaar begin het, vandag met iemand anders sal deel. Neem die boodskap van die Bybel persoonlik vir jou lewe aan.

Tema: Toe deure gaan oop

Teks: “Jerigo was gesluit en verskans teen die Israeliete; niemand het uitgegaan of ingekom nie.” (Jos. 6:1)

  • Roep na God, want Hy is die Een wat alles vir jou goed laat afloop — Hy maak op Sy tyd ’n pad oop. (Ps. 57:3)
  • Soms voel dit of elke deur voor jou toe is en of niks wil beweeg nie.
  • Maar geen geslote deur kan God se plan vir jou keer nie — Hy maak op Sy tyd ’n pad oop.
  • Moenie bang of moedeloos word nie. Bly glo, want die lewende Here sorg dat Sy plan vir jou waar word.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U toe deure vir my oopmaak.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 05 Julie 2026 – Die Here is by jou

Dagstukkies April

Julie — Josua en Rigters

5 Julie

Mag jy vandag onthou dat jy nie alleen veg nie — die Here self veg vir jou. Ontvang hierdie boodskap en laat dit jou troos.

Tema: Die Here is by jou

Teks: “Nee,” sê die man, “ek is die aanvoerder van die leër van die Here. Daarom is ek hier.” (Jos. 5:14)

  • Die Here is by jou; daarom hoef jy nie bang te wees nie — niks wat ’n mens doen, kan jou van Hom wegneem nie. (Ps. 118:6)
  • Partykeer is jy moeg gesukkel en onseker oor wat om te doen.
  • Dan probeer jy met jou eie planne uit die probleem kom en met jou eie krag jou probleme oorwin — en raak jy net nóg moeër.
  • Onthou: ons God wat oorloë wen, wen ook jóú gevegte. Stap agter Hom aan en vertrou Hom.

Gebed

Liewe Vader, ek loof U omdat U elke geveg namens my oorwin.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 04 Julie 2026 – Hou moed.

Dagstukkies April

Julie — Josua en Rigters

4 Julie

Vandag wil ek jou herinner aan al die kere wat God jou reeds deurgedra het. Ontvang vandag Sy spesiale Woord vir jou.

Tema: Hou moed

Teks: “… daarom is hierdie klippe … ’n blywende herinnering daaraan.” (Jos. 4:7)

  • Die Here hét al groot dinge vir jou gedoen — dink daaraan, onthou dit en wees bly. (Ps. 126:3)
  • Jou geloofslewe is nie net ’n fotoalbum of ’n versameling herinneringe van lank gelede nie.
  • Wat God in die verlede vir jou gedoen het, kan en sal Hy weer doen.
    Hou moed en moenie twyfel nie — dieselfde Here wat jou tot hier gehelp het, sal jou ook verder dra.

Gebed

Liewe Vader, laat my lewe ’n lewende getuienis van U almag wees.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 03 Julie 2026 – Verwag die beste.

Dagstukkies April

Julie — Josua en Rigters

3 Julie

Ek bid dat jy vandag, selfs wanneer jy nie weet wat om te doen nie, met verwagting na God sal kyk. Hier is ’n boodskap uit die Bybel.

Tema: Verwag die beste

Teks: “… want môre gaan die Here wonders doen tussen julle.” (Jos. 3:5)

  • Bly vol vertroue dat jy die goedheid van die Here gaan sien — vandag, môre en elke dag van jou lewe. (Ps. 27:13)
  • Soms weet jy nie wat die volgende stap is nie — en dit is ook goed so.
    Juis daar waar jy vasgeval voel, wil die Here vir jou uitkoms gee.
  • Hy is die God van wonderwerke. Vertrou Hom en bly hoopvol — Hy maak ’n pad waar jy nie een kan sien nie.
  • Glo dat Hy die onmoontlike moontlik maak.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U uitkoms gee, juis wanneer ek vasval.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 02 Julie 2026 – ’Wees eerlik.

Dagstukkies April

Julie — Josua en Rigters

2 Julie

My wens vir jou vandag is eenvoudig: Mag mense altyd weet dat hulle op jou woord kan staatmaak. Die Woord saai hierdie boodskap in jou hart.

Tema: Wees eerlik

Teks: “… sal ons julle goed behandel en ons woord hou.” (Jos. 2:14)

  • Die Here verbly Hom in die mens wat reg lewe en met sy hele hart die waarheid praat — wees vandag so iemand. (Ps. 15:2)
  • As jy iets belowe, kom dit na — dít is wat eerlikheid in die praktyk beteken.
    Eerlikheid en integriteit is kenmerke van ’n Christusgelowige.
  • Die Heilige Gees help jou om reg en opreg op te tree. Laat jou lewe ’n stille getuie wees van die nuwe lewe in Christus.

Gebed

Liewe Vader, maak my ’n eerlike en opregte mens op wie ander kan staatmaak.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 01 Julie 2026 – ’n Nuwe begin om aan te gryp.

Dagstukkies April

Julie — Josua en Rigters

1 Julie

Ek dink vandag aan jou en bid dat hierdie nuwe jaar vir jou ’n vars, nuwe begin sal wees. Neem hierdie Woord van God vandag met jou saam.

Tema: ’n Nuwe begin om aan te gryp

Teks: “… ons sal gaan waar U ons ook al stuur.” (Jos. 1:16)

  • Vra die Here elke môre om vir jou die pad te wys wat jy moet loop — Hy is getrou en Hy sal jou lei. (Ps. 143:8)
  • God ken jou lewe deur en deur — Hy weet presies waar jy nou staan en wat voorlê.
  • Hy stuur ook mense oor jou pad om jou te help, en Hy wil jou gebruik om ander te help waar hulle dit nodig het.
  • Sê vandag vir Hom: “Ek sal gaan waar U my stuur.” Jy hoef nie die hele pad vooruit te sien nie — neem net die volgende tree in geloof.

Gebed

Liewe Vader, dankie vir al die seëninge wat U vir my gee. Lei my hierdie jaar net waar U wil hê ek moet wees. In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 30 Junie 2026 – Gaan praat dinge mooi uit.

Dagstukkies April

30 Junie

Vandag wil God jou help om gebroke verhoudings reg te maak. Hier is vandag se geestelike saad uit God se Woord.

Tema: Gaan praat dinge mooi uit.

Teks: “As iets tussen jou en iemand anders skeef loop, gaan praat dit mooi uit…” (Spr. 25:9 – Die Boodskap)

  • By God ontmoet liefde en trou mekaar, en vrede en geregtigheid kom bymekaar uit. (Ps. 85:11)
  • Wanneer iets tussen jou en iemand anders skeefloop, is dit altyd beter om dit reguit en rustig met daardie persoon self uit te praat as om met ander oor hom te praat.
  • Moenie wag dat ’n klein probleem groot word nie; gaan maak dit reg terwyl dit nog maklik is om te herstel.
  • Om vrede te maak, verg dikwels die eerste tree; vra die Here vandag vir die moed om daardie eerste tree te gee.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U self na ons toe kom om vrede te maak. Help my om vandag gebroke verhoudings met liefde en eerlikheid reg te maak.

In die Naam van Jesus Christus, ons Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 29 Junie 2026 – Staan op vir wat reg is..

Dagstukkies April

29 Junie

Vandag nooi God jou om nie stil te bly waar onreg gebeur nie. Hier is God se boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Staan op vir wat reg is.

Teks: “Moenie net toekyk hoe mense onregverdig behandel word nie. Doen iets. Moenie toelaat dat hulle lewe verwoes word nie. Stop dit!” (Spr. 24:11 – Die Boodskap)

  • Help die armes en die magteloses; staan op vir dié wat verdruk en benadeel word. (Ps. 82:3)
  • Om stil te bly wanneer iemand onregverdig behandel word, is om onreg toe te laat — God roep jou om iets daaraan te doen.
  • Jy hoef nie die hele wêreld te verander nie; selfs een woord of een daad ten goede kan iemand se lewe verander.
  • Vra die Here vandag vir moed om op te staan vir wat reg is, ook wanneer dit makliker sou wees om weg te kyk.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U ’n God van geregtigheid is. Gee my die moed om op te staan vir dié wat nie vir hulleself kan praat nie.

In die Naam van Jesus Christus, ons Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 28 Junie 2026 – Beskerm die weerloses.

Dagstukkies April

28 Junie

Vandag wil God jou wys hoe na aan Sy hart die weerlose mense is. Kry nou die Bybel se sterk anker vir hierdie nuwe dag.

Tema: Beskerm die weerloses.

Teks: “Respekteer ander se eiendom. Moenie weerlose mense soos weeskinders uitbuit nie. Die Here is hulle helper. Hy sal vir hulle sorg.” (Spr. 23:10 – Die Boodskap)

  • God self is ’n Vader vir die weeskinders en ’n beskermer van dié wat niemand het om hulle te help nie. Hy is jou Vader; daarom moet jy hulle ook beskerm en help. (Ps. 68:6)
  • Die Here let mooi op hoe jy mense behandel wat hulleself nie kan beskerm nie; dit is vir Hom baie belangrik dat jy reg teenoor hulle optree.
  • Om iemand uit te buit wat swakker is as jy, is nie net verkeerd teenoor daardie mens nie, maar ook teenoor God self.
  • Soek vandag maniere om eerlik te wees, ander se besittings te respekteer en die swakkes te beskerm eerder as te benadeel.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U die Helper van die weerloses is. Help my om altyd eerlik, regverdig en beskermend teenoor ander te wees.

In die Naam van Jesus Christus, ons Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 27 Junie 2026 – Vergewe dié wat jou seergemaak het.

Dagstukkies April

27 Junie

Vandag wil God jou hart vrymaak deur jou te leer om te vergewe. Hier is die Bybel se riglyn vir jou lewe vandag.

Tema: Vergewe dié wat jou seergemaak het.

Teks: “Iemand wat sy humeur in toom hou, is slim. Wie dié vergewe wat hom beledig, word deur almal gerespekteer.” (Spr. 19:11 – Die Boodskap)

  • So ver as wat die ooste van die weste af is, so ver verwyder God jou sonde van jou af. (Ps. 103:12)
  • Om te vergewe beteken nie dat wat gebeur het reg was nie — dit beteken jy kies om die bitterheid los te laat.
  • Wanneer jy aan iemand wrok hou, dra jy self die swaarste las; vergifnis maak juis jou eie hart weer lig.
  • Dink vandag aan hoeveel God jou al vergewe het, en vra Hom om jou te help om dieselfde vir ander te doen.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my altyd weer vergewe. Help my om vandag los te laat en die mense te vergewe wat my seergemaak het.

In die Naam van Jesus Christus, ons Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 26 Junie 2026 – Gee vir ander en wees gelukkig.

Dagstukkies April

26 Junie

Vandag wil God jou hart oopmaak vir die nood van ander mense. Vat hierdie goeie lig uit die Bybel vandag saam met jou.

Tema: Gee vir ander en wees gelukkig.

Teks: “Iemand wat mense se nood raaksien, ervaar blydskap. Hy wat vir armes omgee, is ’n gelukkige mens.” (Spr. 22:9 – Die Boodskap)

  • Dit gaan goed met jou as jy aan die armes dink; die Here self sorg vir jou in jou eie moeilike tye. (Ps. 41:2)
  • Wanneer jy iemand in nood help, ontvang jy self iets kosbaars terug — ’n diep blydskap wat van God af kom.
  • Jy hoef nie ryk te wees om te gee nie; selfs ’n klein daad van omgee kan iemand se hele dag verander.
  • Kyk vandag mooi rond, want daar is altyd iemand naby jou wat jou hulp, jou tyd of net jou vriendelikheid nodig het.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my ryklik seën. Help my om vandag ander se nood raak te sien en met ’n blye hart te gee.

In die Naam van Jesus Christus, ons Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 25 Junie 2026 – Kies vrede bo voortdurende rusie.

Dagstukkies April

25 Junie

Vandag wil God vir jou wys hoe kosbaar ’n rustige en vredevolle lewe is. Hoor hoe God se Woord nou reguit met jou praat.

Tema: Kies vrede bo voortdurende rusie.

Teks: “Dit is beter om eenkant en alleen te bly as by mense wat graag stry en die lewe moeilik maak.” (Spr. 21:19 – Die Boodskap)

  • Kyk hoe goed en hoe mooi is dit wanneer mense in vrede en eensgesindheid saamleef. (Ps. 133:1)
  • Mense wat altyd wil stry, tap jou energie, krag en vreugde — dit is nie verkeerd om jou afstand van hulle te hou nie.
  • Soms is die wysste keuse om stil weg te stap eerder as om by elke rusie betrokke te raak.
  • Kies vandag doelbewus jou geselskap en jou omgewing, want vrede in jou hart begin by die mense rondom jou.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U vir my innerlike vrede gee. Help my om die rustige pad te kies en weg te bly van onnodige rusies.

In die Naam van Jesus Christus, ons Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 24 Junie 2026 – Niemand is volmaak nie.

Dagstukkies April

24 Junie

Vandag wil God jou herinner dat niemand volmaak is nie en dat Sy genade vir jou genoeg is. Kyk nou na wat die Bybel vandag vir jou sê.

Tema: Niemand is volmaak nie.

Teks: “Wie is sonder sonde? Wie kan sê dat hy altyd aan die goeie dink? Wie doen altyd die regte dinge op die regte tyd?” (Spr. 20:9 – Die Boodskap)

  • Wees my genadig, o God, in u groot liefde; vee al my sonde skoon weg. (Ps. 51:3)
  • Niemand kan voor God sê dat hy nog nooit verkeerd gedoen het nie; ons almal struikel en het Sy vergifnis nodig. (Rom. 3:23-24)
  • Dit hou jou nederig as jy onthou hoeveel God jou reeds vergewe het, want dan oordeel jy ander minder hard.
  • Bring vandag jou foute eerlik na God toe; Hy is altyd gereed om te vergewe en jou weer skoon te maak.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my sonde vergewe en my elke dag nuut maak. Help my om nederig te bly en ook ander genade te gee.

In die Naam van Jesus Christus, ons Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 23 Junie 2026 – Hou jou humeur in toom.

Dagstukkies April

23 Junie

Vandag wil God jou leer om kalm te bly, selfs wanneer ander mense jou wil omkrap. Hier is vandag se geestelike saad uit God se Woord.

Tema: Hou jou humeur in toom.

Teks: “Iemand wat sy humeur in toom hou, is slim. Wie dié vergewe wat hom beledig, word deur almal gerespekteer.” (Spr. 19:11 – Die Boodskap)

  • Die Here self is geduldig en stadig om vir jou kwaad te word; Hy is vol liefde en goedheid teenoor jou. (Ps. 103:8)
  • Wanneer iemand jou kwaad maak, is dit nie swakheid om kalm te bly nie — dit is juis ’n teken van ware krag en diep selfbeheersing.
  • ’n Mens wat sy woorde en sy humeur kan beheer, sê later nooit dinge waaroor hy spyt is nie.
  • Vra die Here vandag om jou te help om eers stil te raak en diep asem te haal voordat jy reageer.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U self so geduldig met my is. Help my om vandag my humeur in toom te hou en kalm te bly.

In die Naam van Jesus Christus, ons Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 22 Junie 2026 – Insig maak die lewe ryk.

Dagstukkies April

22 Junie

Vandag nooi God jou om te ontdek hoe ’n lewe naby Hom jou ryker maak. Hier is God se boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Insig maak die lewe ryk.

Teks: “’n Gelowige se lewenstyl verryk ’n mens. Insig verleen kwaliteit aan die lewe.” (Spr. 19:8 – Die Boodskap)

  • As jy nie die raad van slegte mense volg nie, maar elke dag oor die Here se raad nadink, is jy soos ’n boom wat by water geplant is. Dan dra jy vrug, en alles wat jy aanpak, loop goed af. (Ps. 1:1-3)
  • ’n Lewe wat naby God geleef word, is nooit leeg nie — dit word ryklik gevul met vrede, doelgerigtheid en ’n innerlike vreugde wat geen geld kan koop nie.
  • Insig is vir jou meer werd as besittings, want dit help jou om die regte keuses op die regte tyd te maak en bewaar jou van baie onnodige hartseer.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat ’n lewe naby U my ryk maak met die dinge wat werklik saak maak. Gee my vandag die insig om reg te leef en die lewe ten volle te geniet.

In die Naam van Jesus Christus, ons Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.