30 Januarie
Liewe vriend
Mag jy vandag ‘n lerende houding hê! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:
Tema: Moenie hardkoppig wees nie
Teks vir vandag: ‘n Hardkoppige mens wat nooit na ander luister nie, sal hom nog lelik vasloop.” Spr. 29:1 (Die Boodskap)
- Wanneer jy hardkoppig is, is jy trots en blind vir jou eie foute en tekortkominge. Die meeste mense leef so, selfs gelowiges en Christenleiers ook.
- God gebruik mense om jou reg te help en te lei – moenie té trots wees en nie na hulle luister nie.
- Elke keer wat jy weier om na raad te luister, word jou hart harder en is dit moeiliker om jou lewe te verbeter.
- Wie aanhou om hom / haar teen goeie advies en hulp te verset, sal iewers tot ‘n val kom (Spr. 29:1b 1983-vertaling).
- Wees vandag oop om van ander te leer, om raad te ontvang en om dinge weer reg te stel, selfs as dit jou ongemaklik maak.
- Geniet dan God se vrede, vreugde en geluk.
Gebed
Liewe Vader, breek vandag die hardkoppigheid in my hart en maak my nederig genoeg om na ander te luister en van hulle te leer.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


