Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 26 Januarie 2026

26 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag vrede vind met wat jy nie verstaan nie! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Jy kan God nie verstaan nie

Teks vir vandag: “Die Here is baie groot. ‘n Mens verstaan nie alles wat Hy doen nie. ‘n Mens kan alles ondersoek en bestudeer. Baie dinge bly vir hom ‘n geslote boek.” Spr. 25:2 (Die Boodskap)

  • Jy hoef nie alles te verstaan om God te vertrou nie – vertroue is om Hom te glo al maak dinge nie sin nie.
  • God se manier om dinge te doen is heeltemal anders en beter as jou manier. Die wyse hoe Hy dink groter, beter, wyser en anders as jou gedagtes en planne (1 Kor 1:27-28).
  • Party van God se planne sal jy eers na jou dood verstaan – wees tevrede met dit wat Hy jou nou wys.
  • Jy hoef nie alles te weet of te verstaan nie. Laat Sy “onverstaanbaarheid” eerder jou bewondering vir God laat toeneem. 
  • Soek dus Sy wil en planne elke oomblik vir jou lewe. Hy maak die onmoontlike moontlik!

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag U te vertrou, al verstaan ek nie alles nie. Help my om rus te vind in die wete dat U in beheer is.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.