15 Januarie
Liewe vriend
Mag jy vandag wysheid gebruik om te bou! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:
Tema: Behou jou goeie reputasie en integriteit
Teks vir vandag: ‘n Mooi lewe kan deur dom optrede vernietig word. Dit is soos Wysheid wat ‘n mooi huis met moeite bou. Dan kom dwaasheid en breek dit af.” Spr. 14:1 (Die Boodskap)
- Moenie met jou toekoms speel nie!!!
- Jou integriteit, reputasie, verhoudings en getuienis is kosbaar – dit kan deur een dom besluit en optrede op die spel geplaas word.
- Dit neem lank om vertroue en ‘n goeie naam te bou, maar net sekondes om dit te vernietig.
- Wees ekstra versigtig om niks te doen wat kan afbreek maak aan wat God besig is om in jou lewe te bou nie.
- God wil hê jy moet ‘n goeie naam opbou wat vas bly staan – gebruik daarom Sy wysheid in elke besluit.
- Bou jou toekoms op tot iets wat mooi, goed en positief is.
Gebed
Liewe Vader, help my om vandag wys te leef en te beskerm wat U in my lewe besig is om te bou.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


