Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 17 Januarie 2026

17 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag jou planne aan God toevertrou! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Beplan in geloof

Teks vir vandag: ‘n Mens maak baie planne, maar die Here besluit of dit suksesvol sal wees of nie… Elke mens beplan sy lewe, maar alles hang van die Here af.” Spr. 16:1, 9 (Die Boodskap) lees ook Spreuke 19:21; 21:1

  • Dit is reg om te beplan en jou beste doen, maar bly afhanklik van God vir die finale uitkoms.
  • Jou planne moet altyd onderworpe wees aan God se wil – Hy sien die groter prentjie.
  • Wanneer dinge nie loop soos jy beplan het nie, vertrou dat God besig is met iets beters. Wag dan eers.
  • Begin vandag deur jou planne in gebed aan God voor te lê en Sy leiding te vra. Stap agter Hom aan. Doen Sy wil.
  • Moet jou nie aan mense steur nie. God bepaal wat gebeur. Wees rustig, tevrede en gelukkig.

Gebed

Liewe Vader, ek lê vandag al my planne in U hande en vertrou dat U sal besluit wat die beste vir my is.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.