Skep asem vir vandag: 6 Oktober 2025

Dagstukkies April

6 Oktober

My wens is dat jy vandag sal verstaan dat God jou spesifieke roeping en take gee. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Die Here gee vir jou hulp


Teks: “Gee vir Josua sy opdragte, praat hom moed in en gee hom raad…” (Deut. 3:28a)

  • God het jou nie doelloos geskep nie – Hy het ’n belangrike plan met jou lewe wat net jy kan uitvoer.
  • Jou roeping kan in die werkplek, familie, gemeenskap of bediening wees – alles is ewe belangrik.
  • Moenie die “klein” take verontagsaam nie – dikwels gebruik God dit om jou voor te berei vir groter dinge.
  • Vertrou dat die Here jou alles sal gee wat jy nodig het om jou roeping suksesvol uit te voer.

Gebed

Liewe Vader, help my om elke dag met doelgerigtheid te leef en my roeping te voltooi.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 5 Oktober 2025

Dagstukkies April

5 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal weet die Here veg jou gevegte. Hier is God se spesiale Boodskap net vir vandag.

Tema: Die Here hanteer jou probleme


Teks: “Moenie vir hulle bang wees nie. Die Here julle God sal vir julle veg(Deut. 3:22)

  • Die Here het jou altyd gehelp, daarom hoef jy nie bang te wees nie.
  • Die Here is groter as alle gevare – persoonlik, finansieel, politiek, jou werk of selfs jou gesondheid.
  • Staan terug en vertrou Hom dat Hy alleen alles sal oorwin.
  • Leef met vrede omdat jy weet jy is nie alleen in die stryd nie – Hy veg saam met jou.

Gebed

Liewe Vader, gee my vertroue in U dat U elke geveg vir my sal oorwin.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 4 Oktober 2025

Dagstukkies April

4 Oktober

My gebed is dat jy vandag sal onthou dat dieselfde God wat in die verlede gehelp het, steeds vir jou sal sorg. Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.

Tema: Vertrou die Here


Teks: “Ek het destyds vir Josua gesê: ‘Jou twee oë het nou alles gesien wat die Here julle God met daardie twee konings gedoen het'” (Deut. 3:21)

  • God herinner jou aan al Sy wonderwerke en magtige dade – Hy wil hê jy moet dit onthou.
  • Neem vandag tyd om te dink aan hoe die Here jou al gehelp het – maak ’n lys van Sy getrouheid.
  • Die Here van toe is steeds die Here van vandag en môre – Hy verander nooit nie (Heb. 13:8).
  • Moenie bang wees vir uitdagings, probleme, hartseer en geleenthede nie.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U vir my omgee en my elke dag help.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 3 Oktober 2025

Dagstukkies April

3 Oktober

Ek hoop dat jy vandag wysheid sal ontvang en ook goeie raad aan ander sal kan gee. Hier is God se Boodskap vir vandag.

Tema: Gee mekaar goeie raad


Teks: “Gee vir Josua sy opdragte, praat hom moed in en gee hom raad…” (Deut. 3:28c)

  • Moses moes vir Josua advies gee sodat hy as leier kon slaag – mentorskap is belangrik.
  • Wees oop om advies van Geesvervulde mense te ontvang – God gebruik hulle om jou te lei.
  • Gee ook aan ander mense goeie, Bybelse advies sodat hulle ook sukses kan behaal.
  • Jou wysheid en ervaring kan ander help om suksesvoller te wees in hulle verhoudinge.
  • Jou wysheid en ervaring kan ander help om suksesvoller te wees op alle terreine van hulle lewe.
  • Leef met vreugde en verwagtinge!

Gebed

Liewe Vader, laat ek U Geesvervulde advies met oop arms vandag ontvang en uitdeel.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 2 Oktober 2025

Dagstukkies April

2 Oktober

My gebed is dat jy vandag moed sal kry en ook ander sal bemoedig. Hier is God se spesiale Boodskap net vir jou.

Tema: Praat mekaar moed in


Teks: “Gee vir Josua sy opdragte, praat hom moed in en gee hom raad…” (Deut. 3:28b)

  • Die Here verstaan jou onsekerhede.
  • Wanneer jy bang is of jy iets moet doen, onthou: die Here help jou elke oomblik.
  • God gebruik jou om ander mense moed in te praat – wees vandag ’n bron van bemoediging.
  • Soek ook self bemoediging by ander gelowiges – God werk deur mense om jou te versterk.
  • Wees opgewonde oor wat wag! Leef met moed! Die Here versterk jou!

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my die moed gee om elke dag se uitdagings te kan hanteer.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 1 Oktober 2025

Dagstukkies April

1 Oktober

My wens is dat jy vandag sal verstaan dat God jou spesifieke opdragte gee en jou toerus om dit uit te voer. Hier is die Here se Woord vir jou.

Tema: Die Here gee vir jou take


Teks: “Gee vir Josua sy opdragte, praat hom moed in en gee hom raad…” (Deut. 3:28a)

  • Die Alwyse Here gee aan jou spesifieke take en verantwoordelikhede.
  • Jou opdragte verskil van ander mense s’n – dit is uniek vir jou situasie, ouderdom en verhoudinge.
  • God roep jou om elke taak wat Hy aan jou gee met oorgawe aan te pak en dit tot Sy eer uit te voer.
  • Moenie die klein of groot take wat Hy jou gee onderskat nie – alles is belangrik in Sy oë.
  • Wees dankbaar dat Hy jou gebruik. Wees rustig, die Gees lei jou. Wees bly dat Hy jou raaksien!

Gebed

Liewe Vader, maak my oë oop sodat ek elke taak tot U eer kan uitvoer.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 30 September 2025

Dagstukkies April

30 September

My wens en gebed is dat jy vandag sal weet dat die Here elke geveg vir jou voer en dat jy in vrede kan leef. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Die Here hanteer jou probleme

Teks: “Moenie vir hulle bang wees nie. Die Here julle God sal vir julle veg.” (Deut. 3:22)

  • Omdat God altyd in die verlede gehelp het, hoef jy nie bang te wees nie.
  • Die Here is groter en sterker as alle vyande, uitdagings of moeilikhede wat jy sal teëkom, of dit jou persoonlike lewe, gesin, finansies, werk of enige ander area raak – laat Hy dit hanteer.
  • Staan terug en vertrou dat Hy alleen alles vir jou sal oorwin.
  • Leef met vrede! Leef met vertroue! Leef met hoop! Wees net rustig en vertrou Hom!

Gebed

Vader, gee my vertroue in U dat U elke geveg vir my sal oorwin.

In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 29 September 2025

Dagstukkies April

29 September

My wens en gebed is dat jy vandag sal vertrou dat die Here jou net so sal help soos Hy jou in die verlede gehelp het. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Vertrou die Here

Teks: “Ek het destyds vir Josua gesê: ‘Jou twee oë het nou alles gesien wat die Here julle God met daardie twee konings gedoen het.'” (Deut. 3:21)

  • God herinner Sy volk aan al Sy wonderwerke en magtige dade van die verlede.
  • Neem tyd om te dink aan die wonderwerke wat die Here ook al reeds vir jou gedoen het.
  • Die Here van toe is steeds dieselfde Here wat vandag en môre vir jou omgee (Heb. 13:8).
  • Moenie bang wees vir uitdagings nie – Hy sal steeds sorg.

Gebed

Vader, dankie dat U vir my omgee en my elke dag help.

In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 28 September 2025

Dagstukkies April

28 September

My wens en gebed is dat jy vandag sensitief sal wees vir ander mense se behoeftes en hulle sal help waar jy kan. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Gee vir ander ook om

Teks: “Julle moet saam met julle volksgenote trek totdat die Here ook aan hulle, soos aan julle, ‘n veilige woonplek gegee het…” (Deut. 3:20)

  • Selfs nadat sommige stamme hulle seëninge ontvang het, moes hulle ander help.
  • Dit is belangrik om vir ander mense om te gee, selfs wanneer jy reeds geseën is.
  • God verwag van ons om ander te help wat nog wag vir hulle deurbrake.
  • Wees vandag ’n seën vir iemand wat jou hulp nodig het.

Gebed

Vader, maak my sensitief om mense te help wat oor my pad kom en gehelp moet word.

In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 27 September 2025

Dagstukkies April

27 September

My wens en gebed is dat jy vandag beheer sal oorneem oor jou probleme met God se hulp en krag. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Neem beheer oor

Teks: “Toe het die Here vir my gesê: ‘Moenie vir hom bang wees nie…'” (Deut. 3:2)

  • God het Sy volk aangesê om nie bang te wees nie – Hy sou hulle vyande aan hulle oorlewer.
  • Net so is die Here ook by jou betrokke en help Hy jou om probleme te bowe te kom.
  • Hy stel jou in staat om beheer oor jou uitdagings te neem.
  • Vertrou dat die Here die krag het om jou te help oorwin.

Gebed

Vader, maak my geestesoë oop sodat ek in beheer van my teenspoed kan kom.

In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 26 September 2025

Dagstukkies April

26 September

My wens en gebed is dat jy vandag sal besef dat God aan jou kant meer is as almal wat teen jou mag wees. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: God aan jou kant is meer as almal

Teks: “Vandag bring Ek skrik en vrees vir jou oor al die volke op die aarde.” (Deut. 2:25)

  • Dit maak nie saak hoe klein jy is nie – as God aan jou kant is, is niks teen jou opgewasse nie.
  • Groot, sterk en belangrike dinge kan nie teen God se krag staan nie.
  • Vandag kan jy alle uitdagings, probleme en teleurstellings in die oë staar.
  • Hy wat by jou is, sal jou help om selfs die grootste probleme te oorwin – wees vry! (Ps. 91:10).

Gebed

Vader, dankie dat ek met U by my alle probleme en krisisse kan oorwin.

In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 25 September 2025

Dagstukkies April

25 September

My wens en gebed is dat jy vandag sal weet dat jy altyd genoeg sal hê omdat die Here vir jou sorg. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Jy sal altyd genoeg hê

Teks: “… en het julle niks kortgekom nie.” (Deut. 2:7)

  • Omdat God Sy volk altyd raakgesien het, het Hy gesorg dat hulle nooit iets kortgekom het nie.
  • In goeie en slegte tye voorsien Hy in alle lewensbehoeftes en noodsaaklikhede.
  • Net so sal die Here ook altyd in jou behoeftes voorsien.
  • Jy sal vandag nie iets kortkom nie – Hy sorg vir jou. Glo dit! Leef met vreugde!

Gebed

Vader, dankie dat ek kan weet dat U altyd in my lewensbehoeftes voorsien.

In die Naam van Jesus Christus die Here.AmenJesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 24 September 2025

Dagstukkies April

24 September

My wens en gebed is dat jy vandag sal weet dat die Here jou altyd sien en jou nooit alleen laat nie. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Die Here sien jou altyd raak

Teks: “… Hy het sy oog oor julle gehou in hierdie groot woestyn.” (Deut. 2:7)

  • Selfs in die moeilikste woestyn-tye is jy nooit alleen nie.
  • God hou altyd Sy oog op jou – in goeie en slegte tye sien Hy jou raak (Ps. 113:5).
  • Hy sien jou ook in jou huidige situasie raak.
  • Omdat Hy jou sien, sal Hy ook vir jou help.

Gebed

Vader, dankie dat U my altyd raaksien. Help my om te glo en te vertrou dat U vir my vandag sal sorg.

In die Naam van Jesus Christus die Here.Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 23 September 2025

Dagstukkies April

23 September

My wens en gebed is dat jy vandag sal sien hoe die Here jou voorspoedig maak, selfs tydens moeilike tye. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Die Here maak jou voorspoedig

Teks: “Die Here het julle voorspoedig gemaak…” (Deut. 2:7)

  • Selfs in die woestyn het God Sy volk voorspoedig gemaak – jy kan Hom vertrou.
  • Hoewel jy deur moeilike tye gaan, maak God jou steeds gelukkig.
  • Maak jou oë oop! Sien die geluk wat die Here gee raak!
  • Leef positief en in geloof, wetende dat Hy jou vandag en môre voorspoed gee.

Gebed

Vader, gee my genade om raak te sien hoe U my altyd voorspoedig maak.

In die Naam van Jesus Christus die Here.Amen
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 22 September 2025

Dagstukkies April

22 September

My wens en gebed is dat jy vandag moed sal hê om God se onmoontlike planne te volg. Vind geloof en hoop uit God se Woord vir vandag.

Tema: Waag!!!

Teks: “… moedig hom aan, want dit is hý wat Israel die land in besit sal laat neem…” (Deut. 1:38)

  • God seën en beloon Josua se geloof – Hy word die nuwe leier wat die volk die land Kanaän sal inlei.
  • Om die onmoontlike aan te pak verg moed en geloof in God wat die onmoontlike moontlik maak.
  • Die beloning kom dalk nie dadelik nie, maar met tyd kom God se sukses – wees net geduldig. Jy sal bly wees dat jy Sy pad volg, selfs wanneer dit moeilik is.
  • Leef met hoop, moed, geloof en verwagting!

Gebed

Vader, maak my gewillig, bekwaam en dapper genoeg om te glo dat U die onmoontlike moontlik maak.
 In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 21 September 2025

Dagstukkies April

21 September

Mag jy vandag die beloning ontvang omdat jy aan God se wil gehoorsaam is. Kry krag vir die dag uit God se Woord.

Tema: Beloning wag op gehoorsaamheid.

Teks: “Net Kaleb… en jou assistent Josua sal ingaan…” (Deut. 1:36-37)

  • Kaleb en Josua het geglo dat God Sy beloftes kan en sal nakom.
  • Hulle het geglo dat God die onmoontlike moontlik kan maak.
  • Geloof dat God die onmoontlike moontlik maak, bring groot beloning op aarde – jy sien God in aksie op maniere wat jy andersins nooit sou sien nie.
  • God beloon diegene wat Sy wil soek en doen.
  • Kies vandag om die regte dinge te doen sodat jy God kan leer ken as die Een wat die onmoontlike moontlik maak.

Gebed

Vader, gee my moed om te glo dat U die onmoontlike moontlik maak.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 20 September 2025

Dagstukkies April

20 September

My wens en gebed is dat jy vandag sal soek na God se planne vir jou lewe. Hy het die oplossings voordat jy dit vind. Hier is God se Boodskap vir vandag.

Tema: Die Here beplan jou beste oplossings.

Teks: “… wat op die pad voor julle vooruit gegaan het om kampplekke vir julle uit te soek” (Deut. 1:32b)

  • God weet alles, daarom weet Hy ook wat die beste vir jou is.
  • Hy het reeds die beste planne en oplossings vir jou lewenspad en uitdagings gemaak.
  • Vandag sal jy voor keuses staan – kies God se planne bo jou eie idees.
  • Soek God se wil en voer dit onverskrokke uit; dit sal jou gelukkig maak.
  • Leef gelukkig!

Gebed

Vader, help my om die geloof te hê om U oplossings te soek en dit uit te voer.

 In die Naam van Jesus Christus die Here

Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 19 September 2025

Dagstukkies April

19 September

My gebed is dat jy sal leer om die Here werklik te vertrou en nie jou eie planne te maak nie. Hier is God se Boodskap spesiaal vir vandag.

Tema: Vertrou die Here.

Teks: “Maar tog het julle nie julle vertroue in die Here julle God gestel nie” (Deut. 1:32a)

  • Elke probleem en uitdaging is ’n geleentheid om te glo en te vertrou dat God jou sal help.
  • Te dikwels maak jy jou eie planne. Die beter opsie is om op God se leiding en uitkoms te wag.
  • Die lewe is vol probleme en uitdagings, tog is God groter as alles.
  • Begin om in ware geloof te vertrou dat die Here jou elke keer sal lei en help.

Gebed

Vader, leer my om eerder vir U te wag as om my eie planne te maak.

In die Naam van Jesus Christus die Here

 Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 18 September 2025

Dagstukkies April

18 September

My wens is dat jy vandag terug sal kyk op jou lewe en die getroue God wat altyd hulp gee, helder sal sien. Vandag se boodskap uit God se Woord is hier om jou te bemoedig.

Tema: Die verhaal van jou lewe is ’n verhaal van God wat geluk bring.

Teks: “Julle het in die woestyn ondervind hoe die Here julle God … julle tot hier toe … gedra het” (Deut. 1:31)

  • Wanneer jy moedeloos raak, kyk terug en sien hoe God jou in die verlede gehelp het.
  • Net soos Hy jou deur vorige “woestyntye” gelei het, sal Hy jou ook nou lei.
  • Die verhaal van jou lewe is vol van God wat ingryp en help.
  • Die God wat jou gister gehelp het, help jou vandag en sal jou môre ook help.
  • Leef met vrede en gemoedsrus!

Gebed

Vader, baie dankie dat U rus in my gemoed bring. In die Naam van Jesus Christus die Here Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 17 September 2025

Dagstukkies April

17 September

Mag jy weet dat die Here jou nooit los nie en in elke moeilike uitdaging saam met jou gaan. God se Woord is daar om jou vandag moed te gee.

Tema: Die Here sal jou saak hanteer.

Teks: “Die Here julle God … sal vir julle veg” (Deut. 1:30)

  • Die Here is voor jou, agter jou, langs jou, bo jou en onder jou.
  • Die Here God is oral en kan al jou uitdagings hanteer en oorwin.
  • Elke emosionele, fisiese of geestelike stryd word deur Hom saam met jou geveg.
  • Selfs wanneer jy alleen en swak voel, is die Here by jou en dra Hy jou.
  • Geen probleem is te groot vir Hom nie.

Gebed

Vader, baie dankie dat U alles van my hanteer en dat ek vanuit U hand kan leef. In die Naam van Jesus Christus die Here

Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.