Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 24 Januarie 2026

24 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag tevrede wees met wat genoeg is! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Geniet die lewe met wat jy het

Teks vir vandag: “Moenie jou vir geld afsloof nie. Wees slim genoeg om te weet wanneer jy genoeg het.” Spr. 23:4 (Die Boodskap)

  • God wil hê jy moet werk en vooruitgaan.
  • Hy wil egter nie hê dat jy jou gesondheid, sin vir goeie waardes en goeie verhoudings ter wille van geld en aansien prysgee nie.
  • Die jaag na rykdom, eer en aansien kan jou verblind en jou van die werklike belangrike dinge in die lewe laat wegdryf.
  • Tevredenheid is ‘n vrug van die Heilige Gees (Gal 5:22). Dank eerder vir God die Vader vir al die dinge wat jy het (Eks 20:17 – 10de gebod; Ef. 5:20; Kol. 3:16).
  • Toets vandag jou prioriteite en maak seker dat geld, rykdom en besittings nie onder die boonstes tel nie.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag wysheid te hê om te weet wanneer genoeg, genoeg is en om nie my lewe vir geld weg te gooi nie.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.