19 Januarie
Liewe vriend
Mag jy vandag vir ander leef en nie net vir jouself nie! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:
Tema: Selfsug vernietig jou verhoudinge
Teks vir vandag: ‘n Selfsugtige mens wat net vir homself leef, soek altyd na ‘n rede om die rug vir sy mense te draai.” Spr. 18:1 (Die Boodskap)
- Selfsug verblind jou en maak dat jy net jou eie behoeftes en begeertes kan sien.
- God het ons gemaak om saam met ander mense te leef – ons is sosiale mense. Isolasie is gevaarlik vir jou geestelike groei.
- Wanneer jy net vir jouself leef, mis jy die geluk van ware verhoudings en saamwees met ander mense.
- Maak vandag ‘n doelbewuste keuse om aan iemand anders te dink en iets vir hulle te doen.
- Leef sag teenoor ander mense. Maak jou hart oop vir mense. Geniet so God se liefde, vrede en geluk!
Gebed
Liewe Vader, breek vandag die selfsug in my lewe en help my om opreg vir ander om te gee en diensbaar te wees.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


