Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 25 Januarie 2026

25 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag versigtig wees met wie jy meng! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Wees versigtig met wie jy tyd deurbring en meng

Teks vir vandag: “Moet niks van slegte mense wil hê nie. Moet onder geen omstandighede met hulle bevriend raak nie. Hulle dink net aan verkeerde dinge. Hulle sê verskriklike goed.” Spr. 24:1-2 (Die Boodskap)

  • Moenie meng met mense wat slegte dinge doen, dink of sê nie – hulle sal jou aftrek en jou lewe vernietig (Spr. 24:2 1983-vertaling).
  • Die mense met wie jy tyd deurbring, beïnvloed jou meer as wat jy dink – kies hulle versigtig.
  • Slegte geselskap bederf ‘n goeie karakter, goeie gedrag (gewoontes) en ordentlike optrede (1 Kor 15:33).
  • God roep jou om in die wêreld te wees, maar nie deel van die wêreld se sonde te word nie.
  • Beskerm jouself deur afstand te hou van slegte invloede.
  • Kies Christenvriende en mense met goeie karakter en positiewe invloed.

Gebed

Liewe Vader, gee my wysheid om die regte vriende te kies en die moed om weg te bly van mense wat my van U sal afdraai.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.