13 Januarie
Liewe vriend
Mag jy vandag oop wees vir God se onderrig! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:
Tema: Wees leerbaar
Teks vir vandag: “Wie die lesse van die lewe ernstig opneem, is slim. Wie uit sy foute leer, leer die kuns van die lewe ken. Wie na geen raad luister nie, is dom.” Spr. 12:1 (Die Boodskap)
- God gebruik jou lewenservaring (waarvan jou foute deel van is) om jou te leer en te vorm – leer daaruit.
- Jy is leerbaar wanneer jy raad en advies ontvang en dit is ‘n teken van wysheid, nie van swakheid nie.
- Mense wat dink hulle weet alles, is “halsstarrig” en bly vasgevang in hulle eie blindekolle en beperkinge.
- Maak vandag ‘n keuse om oop te wees vir regstellings, advies en raad van ander wat wys is.
- Dank God die Heilige Gees dat Hy die God van alle wysheid is. Ontvang Sy lesse en leef gelukkig!
Gebed
Liewe Vader, maak my vandag nederig genoeg om uit my foute te leer en oop genoeg om na goeie raad te luister.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


