1 Februarie
Liewe Vriend
Mag jy vandag die vreugde van God se teenwoordigheid ervaar! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:
Tema: Ware geluk begin by God
Teks vir vandag: “Lewensgeluk begin by liefde vir die Here. Sonder liefde is daar geen lewensvreugde nie.” Spr. 1:7 (Die Boodskap)
- Daar is geen groter blydskap as om saam met die Here God te leef nie – begin elke dag in Sy teenwoordigheid (Ps 16:11).
- Ware, blywende geluk vind jy nie in dinge, prestasie of mense nie, maar in jou ware verhouding met God.
- Respek vir die Here is die fondament waarop ‘n gelukkige en vol lewe gebou word.
- Maak vandag tyd om God se liefde en teenwoordigheid te ervaar en te beleef deur stil voor Hom te wees.
Gebed
Liewe Vader, help my om vandag my geluk en vreugde in U teenwoordigheid te vind en nie in die wêreld se valse beloftes nie.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


