Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 29 Januarie 2026

29 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag die vrede van ‘n skoon gewete ervaar! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: ‘n Skoon gewete bring rus en vrede vir jou.

Teks vir vandag: ‘n Ongelowige se slegte gewete laat hom onrustig voel. Hy is soos iemand wat weghardloop, al jaag niemand hom nie. ‘n Gelowige ervaar kalmte. Hy is soos ‘n leeu in ‘n veilige skuilplek.” Spr. 28:1 (Die Boodskap)

  • ‘n Skoon gewete is een van die grootste gawes wat jy jouself kan gee – dit bring vrede en rus.
  • Wanneer jy reg leef, hoef jy nie oor jou skouer te kyk nie. Dan hoef jy nie bang te wees vir die gevolge van jou gedrag nie.
  • Bid en vertrou God vir kalmte in krisistye.
  • Leef so dat jy elke aand met vrede, rustigheid en gelukkig kan slaap omdat jy voor God reg leef.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag reg te leef sodat ek die vrede van ‘n skoon gewete kan ervaar en in U rus kan leef.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.