23 Januarie
Liewe vriend
Mag jy vandag jou integriteit bo rykdom stel! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:
Tema: Beskerm jou reputasie
Teks vir vandag: ‘n Goeie naam is beter as geld. Ander se liefde is kosbaarder as groot rykdom.” Spr. 22:1 (Die Boodskap). Lees ook Prediker 7:1
- Jou karakter en reputasie is iets wat jy daagliks bou deur klein keuses, integriteit en konsekwente optrede.
- Geld kan verlore gaan, maar ‘n goeie naam bly voortgaan selfs daar wanneer jy nie meer leef nie – na jou dood.
- Selfs na jou dood onthou die nageslag jou voorbeeld en tipe reputasie.
- Mense se vertroue en respek verdien jy nie met geld nie, maar met integriteit, eerlikheid, vriendelikheid, liefde en hardwerkendheid.
- Maak vandag besluite wat jou goeie naam sal beskerm en jou getuienis sal versterk.
Gebed
Liewe Vader, help my om vandag my integriteit te beskerm en ‘n goeie naam op te bou deur reg te leef.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


