Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 28 Januarie 2026

28 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag nederig wees oor die toekoms! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Jou toekoms is onbekend

Teks vir vandag: “Moenie te seker oor môre en oormôre wees nie, want jy weet nie wat in die toekoms gaan gebeur nie.” Spr. 27:1 (Die Boodskap). Lees ook Jakobus 4:13-15

  • Die toekoms behoort aan God – maak planne, maar hou hulle met ‘n oop hand voor Hom.
  • Erken en onthou dat jy nie in beheer is nie, maar jy elke dag van God se genade afhanklik is (Matt 6:30, 34).
  • Leef vandag ten volle. Moenie veronderstel dat môre gewaarborg is nie.
  • Sê daarom eerder: “As die Here wil en ek môre leef, sal ek dit of dat doen!”– dit wys dat jy erken dat Hy in beheer is.(Jak 5:15).

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag oor die toekoms nederig te wees. Laat ek erken dat elke dag ‘n geskenk van U genade is.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.