Madagaskar: Nuusbrief 19 Maart 2023

Dries and I celebrated our 25 years wedding anniversary during the week. But for one of those years, all had been spent in Madagascar. We were basically newly weds when we set out for the mission field. Some might think this to have been a double stress ; getting used to married life as well as settling into a new country. I think that in the end, married life did not nearly present so many challenges as coping with full time missionary life.

Lees meer “Madagaskar: Nuusbrief 19 Maart 2023”

Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 35

VISIO DIVINA #35

Deel 1

Teen die muur van ‘n kerk, die St Clement in Tahull, Spanje, is ‘n ikoon uit 1123 nC. Die hand binne ‘n sirkel word die “Dexteria Dei” (Latyn vir die “Regterhand van God”) genoem. Soos Psalm 118:16 sê, “Die regterhand van die HERE is hoog gelig; die regterhand van die HERE doen kragtige dade.”

Dit is nie ‘n vuis nie; nie ‘n afwysende, veroordelende hand nie. Dit is ‘n uitnodigende hand. “Kom na My toe”, nooi die hand. ‘n Eenvoudige ikoon, maar met soveel betekenis! Die hand kom vanuit ‘n “Groot Wit Niks” – ‘n onbekend, misterieuse ruimte. Tog is wit die kleur van reinheid en lig. Om die wit sirkel is ‘n band van koninklike purper; asof dit ons teen die helder lig moet beskerm. Dan volg die blou sirkel – die kleur van die hemel; gevolg deur ‘n sirkel van rooi: die kleur van bloed. Die kleur van liefde.

Deel 2

TEKSVERS:

Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie. Ek en die Vader is een.” (Hand 10:29-30).

Ons Lydensreis raak al hoe korter; tree vir tree kom ons nader aan Palmsondag; die begin van die Heilige Week; die week wat uitloop op die “dag van chaos” en die “dag sonder woorde.”

Deesdae voel dit vir my asof ons in die “Tyd van Chaos” leef. (Was dit al ooit anders?) Terwyl ek hierdie dagstuk skryf, is die nuusblaaie vol van politici se dreigemente om die land tot stilstand te bring. Gaan daar geweld uitbreek, of sal alles vreedsaam verloop? As die chaos nie hierdie keer uitbreek nie; wanneer gaan dit? Is dit nie onvermydelik gegewe die chaos van armoede en magsmisbruik nie? Soos wat die chaos daardie week in Jerusalem ook moes uitbreek nie. Jesus het dit geweet – hy het drie maal sy dood met die dissipels bespreek. Maar sou hulle ooit die impak van die chaos kon begryp?

Waaraan die “Dexteria Dei”-ikoon ons herinner is dat – midde hierdie chaos (wat die wêreld nog nooit ontsien het nie) – word ‘n hand uitgesteek. ‘n Hand wat jou intrek na ‘n plek van rus. ‘n Hand wat jou moeë en (soms) beangsde siel aanraak. ‘n Hand wat troos en versterk. Dit is dieselfde hand tot wie Jesus gesê het, “Vader, in U hande gee ek My gees.” (Luk 23:46). Ons mag dit ook doen.

GEBED:

Maak my ‘n getroue medewerker, my Here, tot U koninkryk kom.


John Rutter n.a.v. Numeri 6:22-24

Op Dag 35 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na ‘n verwerking van die Britse komponis, John Rutter n.a.v. Numeri 6:22-24. Wat my veral bygeval het, is die kunswerk op die video – so gepas as ‘n hand wat na ons uitgesteek word.

Bannier-van-NG-Weltevreden1
Ontwikkel en saamgestel vir die NG Kerk Weltevreden

Kopiereg: Dr. R.M. Bezuidenhoudt
Hierdie reeks ‘Visio Divina‘ word deur Kopiereg beskerm.
Geen gedeelte van hierdie reeks mag gedupliseer of herversprei word sonder die eksplisiete goedkeuring van die outeur: Dr. R M Bezuidenhout nie.

Indien hierdie reeks u geïnspireer het kan u haar bediening finansieel ondersteun deur die volgende skakel te volg:
https://ronellbezuidenhout.co.za/steun

Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 34

VISIO DIVINA #34

Deel 1

Hierdie skildery van Jorge Cocco (sien ook #32) en die ikoon van Jesus, die Pantokrator (#31) loop hand-aan-hand. Jesus het herhááldelik sy volgelinge daarop voorberei dat Hy gaan sterf, maar hulle moes nie ontsteld wees nie – vir ‘n kort rukkie sal Hy weggaan, en dan sal Hy weer terugkeer, “sodat julle ook kan wees waar Ek is” (Joh 14:5). Die Pantokrator kom beslis terug!

Maar wanneer kom U? Die dissipels wou dit weet; óns ook. Elke nou en dan maak iemand ‘n voorspelling, asof hulle “inside info” het. Tog sê Jesus, “(niemand) weet op watter dag en uur dit sal gebeur nie” (Matt 24:36; 25:13). Dit is waaroor hierdie gelykenis (en die skildery van Jorge Cocco) gaan: Hou julself gereed – want, sowaar, daar gaan ‘n dag kom waar ons uitoep, “Hier kom die bruidegom! Gaan hom tegemoet!” (Matt 25:6).

Is jou lampie vol olie?

Deel 2

TEKSVERS:

Leef in verwagting dat die dag van God kom en beywer julle daarvoor … om vlekkeloos en onberispelik voor God, en in vrede met Hom, te lewe” (2 Pet 3:12-14).

Dit is vanselfsprekend dat iemand wat die vraag hoor (“Is jou lampie vol olie?”) hulself sou afvra, maar hoe weet ek of my lamp vol olie is? Wie sê ek is nie dalk een van die onverstandige meisies oor wie die gelykenis van Jesus vertel nie? Is dit nie ‘n vraag waaroor ons almal wonder nie?

Die wonderlike is dat Jesus direk na die gelykenis van die 10 jong meisies wat wag op die koms van die Bruidegom (Matt 25:1-13); dadelik oorgaan en vertel wat God se verwagtinge is (Matt 25:14-46). Nes die dissipels is ons ook die tussentydse mense, en van súlke mense verwag God net één ding: soos Jesus die gebrokenes om Hom versorg het, wees julle nou, in die tussentyd, die versorgers. Wees met ander woorde wie Jesus was. Soek die plekke op wat Jesus sou opsoek. Doen die dinge wat Jesus sou doen. Of eenvoudig gestel: volg die voorbeeld wat Hy vir julle nagelaat het. Net dit. Niks meer nie. Niks minder nie.

Daarom het Jesus – heel aan die begin van sy prediking –vertel hoe leef mense wat die koninkryk van God dien: die barmhartiges; die vredemakers; die wat opstaan vir reg en regverdigheid; die wat van God afhanklik is (Matt 5:3-12). Dit is die geseëndes. Hulle is gevul met die Heilige Gees. Hulle lampe is altyd vol. Dit is hulle wat bid, “laat U koninkryk kom.”

GEBED:

Maak my ‘n getroue medewerker, my Here, tot U koninkryk kom.


Russiese “Otche Nash” (Onse Vader) – uitgevoer deur die kwintet , “Olga Vocal Ensemble”.

Op Dag 34 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons (net soos op Dag 32 met Jorge Cocco se kunswerk) na die Onse Vader. Maar, in plaas van ‘n Afrikaanse weergawe, luister ons na ‘n Russiese “Otche Nash”; uitgevoer deur die kwintet , “Olga Vocal Ensemble”.

Bannier-van-NG-Weltevreden1
Ontwikkel en saamgestel vir die NG Kerk Weltevreden

Kopiereg: Dr. R.M. Bezuidenhoudt
Hierdie reeks ‘Visio Divina‘ word deur Kopiereg beskerm.
Geen gedeelte van hierdie reeks mag gedupliseer of herversprei word sonder die eksplisiete goedkeuring van die outeur: Dr. R M Bezuidenhout nie.

Indien hierdie reeks u geïnspireer het kan u haar bediening finansieel ondersteun deur die volgende skakel te volg:
https://ronellbezuidenhout.co.za/steun

Lydenstyd: “Visio Divina” 5de Sondag in Lydenstyd

VISIO DIVINA #33

Vyfde Sondag in Lydenstyd

Deel 1

Omdat ek vandag meer as een foto wil plaas, is daar drie stukke wat ek aanstuur:

Dit is juis die spieëlbeeld-skildery van Jorge Cocco (#32) wat my aan hierdie spieëlbeeld-ikoon laat dink. Dit word “Jesus Pantokrator” genoem: Jesus, die Heerser oor alles. Die ikoon hang in ‘n klooster in Sinaï en dateer uit 6.n.C. Danksy ‘n argeologiereis in 1938 het dit bekendheid in die Weste verwerf. Vandag sien ‘n mens in vele katedrale – bo teen die plafon – soortgelyke ikone.

Dit is die verstommendste kunswerk – sou jy die ikoon middeldeur sny is dit twee verskillende gesigte, een van ‘n jonger man, en een van ‘n ouer man. Dit beeld die twee nature van Jesus uit: gelyktydig God en gelyktydig mens.

Voordat jy voortgaan, kyk of jy die verskille kan sien.

Deel 2

Hier kan jy sien, die linkerkantste helfte (met die tipiese seën-teken van die handposisie) is van ‘n jonger man. Sy oë kyk tot diep in jou siel. As jy jou hand so hou dat jy net die oë sien, is dit ‘n deernisvolle, direkte kyk: Jesus sien jou raak. Hierdie kant beeld Jesus, die mens, uit – – gebore as verlosser ook van jóú.

Die regterkantste gesig van ‘n ouer man met ‘n boek in sy hand het opgetrekte wenkbroue Wat sou dit kommunikeer? Selfs die oogposisie kyk wyer. Hierdie kant beeld Jesus uit as die regter wat sal kom om te oordeel. Die Een voor wie almal sal buig.

Deel 3

TEKSVERS:

Nou wag die oorwinnaarskroon vir my, die lewe by God. Op die dag dat Hy weer kom, sal die Here, die regverdige Regter, dit vir my gee, en nie net vir my nie, maar ook vir almal wat met verlange uitsien na sy koms” (2 Tim 4:8).

Die woord “Pantokrator” word gewoonlik in die Bybel net met God vereenselwig: God, die Almagtige. Tog bring die profeet Jesaja reeds die boodskap: die Seun wat gebore sal word,“…sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. … Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd” (Jes 9:5-6).

Oor Homself het Jesus so getuig: “Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit.  Al die volke sal voor Hom bymekaar gebring word, en Hy sal die mense van mekaar skei … Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit,.. (Matt 25:31-34).

Intussen oefen ons om in die koninkryk van God te leef. Daagliks. Ons oefen deur die geringstes te versorg. Ons oefen om barmhartig en genadig te wees. Ons oefen om lief te hê en ons medemens te dien (Matt 25:35-40).

Vandag kan ons uitroep: Die Pantokrator kom!

GEBED:

Almagtige God, Heerser oor die heelal – dankie dat ek U Naam ken; en U my naam ken.

­­­­­­­­­­­­———-

“Oorwinningslied” – Piet Smit saam met die Drakensbergse Seunskoor.

Op Dag 33 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na die “Oorwinningslied” soos opgeneem deur Piet Smit saam met die Drakensbergse Seunskoor.

Bannier-van-NG-Weltevreden1
Ontwikkel en saamgestel vir die NG Kerk Weltevreden

Kopiereg: Dr. R.M. Bezuidenhoudt
Hierdie reeks ‘Visio Divina‘ word deur Kopiereg beskerm.
Geen gedeelte van hierdie reeks mag gedupliseer of herversprei word sonder die eksplisiete goedkeuring van die outeur: Dr. R M Bezuidenhout nie.

Indien hierdie reeks u geïnspireer het kan u haar bediening finansieel ondersteun deur die volgende skakel te volg:
https://ronellbezuidenhout.co.za/steun

Stof tot nadenke: Kinders van die Vader

“Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg. Sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel.”
Matt. 5: 44-45

In die Lydenstyd weet ons dat God se offer in Jesus Christus ons vrymaak van die sonde. Die vraag wat is my reaksie op wat God vir my gedoen het. Die bergpredikasie in Matt. 5 het ‘n baie lang lys van toepaslike dinge waarmee ons ons aanvaarding van Christus se offer kan uitleef. Dit is nie so maklik om Christus te volg in ‘n sosiale wêreld, waar mamon aan die orde van die dag is nie. Waar mense oënskynlik floreer terwyl hulle God en sy voorskrifte negeer.

Lees meer “Stof tot nadenke: Kinders van die Vader”

Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 32

VISIO DIVINA #32

Deel 1

Jorge Cocco, die kunstenaar uit Argentinië, het ‘n hele reeks kunswerke oor Jesus se gelykenisse geskilder, o.a. die onbarmhartige skuldeiser. Daar is net drie mense in hierdie kunswerk; die middelste figuur is ‘n duplikaat van mekaar. Eers is hy knielend voor die heerser (in blou); en dan is hy weer die een wat ‘n trappie hoër sit as die een wat voor hom pleit.

Daagliks maak ons ook keuses of ons met genade wil optree, en of ons iemand van genade gaan weerhou. Ons maak almal daagliks die keuse of ons iemand gaan vergewe al dan nie. Soms vra dit dat jy jouself in die spieël van ‘n kunswerk soos hierdie sal raaksien om uit te pluis aan watter kant jy jouself bevind.

Deel 2

TEKSVERS:

“Moes jy nie jou mededienskneg ook barmhartig wees soos ek jou ook barmhartig gewees het nie?” (Matt 18:33).

Jesus het al ‘n tweede keer sy dood aangekondig (Matt 17:22-23), maar hoe min het die dissipels regtig verstaan. (Hulle stry dan selfs oor wie die belangrikste in die koninkryk sal wees – 18:1). Hoe min het selfs Petrus verstaan as hy later vir Jesus vra: “Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe maal toe” (18:21). Die Wet van Moses het gesê, drie keer. Ek wonder of Petrus gedink het dat Jesus hom sal komplimenteer dat hy self antwoord, “sewe maal?” Is sewe dan nie die volmaakte getal nie; wat meer is nodig?

En dan verduidelik Jesus: Die koninkryk van die hemele kan vergelyk word met ‘n amptenaar wat sy koning miljoene rand skuld, en omdat hy dit nie kan terugbetaal nie, sê die koning die amptenaar en sy ganse gesin moet verkoop word om die skuld te betaal. So hartstogtelik pleit die man dat die koning se hart versag en hy al die skuld afskryf (v23-27). ‘n Mens sou verwag dat die amptenaar dan net so goedhartig teenoor ‘n kollega sou wees wat hom weer (‘n bietjie) geld skuld. Die doel van die gelykenis: Vergewe soos julle vergewe is.

Maar dit is met daardie gebeure die Vrydag by Kopbeenkoppie dat die dissipels eers die werklike betekenis van hierdie gelykenis sou begryp. Daar aan die kruis het Jesus uitgeroep: “Vader, vergeef hulle.” Vergewe hulle hul miljoeneaan skuld. Vergewe hulle álles. Vergewe hulle sewe-en-sewentig maal sewe keer.

Hoe kan ons dan wil boekhou van ander se kwaad?

GEBED:

Ons Vader in die hemel, vergeef my, soos ek hulle vergewe wat teen my sondig.


Rina Hugo: Onse Vader,

Op Dag 32 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na Rna Hugo se weergawe van die Onse Vader,

Bannier-van-NG-Weltevreden1
Ontwikkel en saamgestel vir die NG Kerk Weltevreden

Kopiereg: Dr. R.M. Bezuidenhoudt
Hierdie reeks ‘Visio Divina‘ word deur Kopiereg beskerm.
Geen gedeelte van hierdie reeks mag gedupliseer of herversprei word sonder die eksplisiete goedkeuring van die outeur: Dr. R M Bezuidenhout nie.

Indien hierdie reeks u geïnspireer het kan u haar bediening finansieel ondersteun deur die volgende skakel te volg:
https://ronellbezuidenhout.co.za/steun

Afkondigings 26 Maart – 2 April 2023

Afkondigings

Vandag – Sondag 26 Maart 2023 :

• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr. Fanus Bergh wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Rom. 5: 12-21. Die tema van die prediking is : Soveel meer, soveel oorvloediger is Sy genade deur Sy lyding en sterwe.
• Sesde Lydensweek.
• Kategese.
• Spesiale Offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom. 
Lees meer “Afkondigings 26 Maart – 2 April 2023”

VAKATURE: VOLTYDSE MEDELERAAR – VASTETERMYNKONTRAK

Vakature Voltydse Medeleraar

In afhanklikheid van die Here stel die kerkraad van NG Kerk Groot-Brakrivier die pos aan gelegitimeerdes met volle ampsbevoegdheid bekend.

Gemeenteprofiel:

Die gemeente is geleë in die pragtige tuinroete tussen George en Mosselbaai. Daar is ‘n laerskool in die dorp en talle ander uitstekende skole binne ‘n radius van 25km vanaf Groot-Brakrivier. Die dorp het baie ontwikkel en beleef groei op talle gebiede. Groot-Brakrivier is ook die tuiste van talle kunstenaars en alle nodige dienste is op die oewer van die Groot-Brakrivier te vind. Ons gemeente het baie afgetredenes, maar daar is ook talle jongmense in ons gemeente en gemeenskap en ons streef daarna om diensbaar te wees binne ons gemeenskap en wêreld. Ons is lief daarvoor om met sang, kuns en Woordbediening Sondae in die doelmatige kerkgebou as gemeenskap van gelowiges bymekaar te kom.

Ons wil graag van jou hoor as jy saam wil dink en droom oor die pad wat God met ons stap. Ons is in diens van Jesus Christus en dienend betrokke by mekaar en ‘n brose wêreld. Ons visie is: “Jesus vir ons, Jesus vir almal”.

Leraarsprofiel:

Die volgende profiel is ‘n riglyn vir voornemende aansoekers:

– Vereenselwig met die teologiese uitgangspunte van die NG Kerk en van NG Kerk Groot- Brakrivier.

– Verantwoordelik vir deelnemende eredienste asook spesifieke fokus op die gesinsbediening van die gemeente.

– Ontwikkeling van verhoudings met lidmate (oud en jonk), kerkvervreemdes en ander lede van die gemeenskap.

– Begin datum: 1 Augustus 2023 (onderhandelbaar).

Aansoekers kan hulleself vergewis van meer inligting op ons webblad by https://www.nggrootbrak.co.za

Vergoeding:

– Volgens sinodale riglyne met reistoelae, selfoontoelaag asook ‘n doelmatige pastorie/ behuisingstoelaag.

– Mediese fonds.

– Aansluiting tot die pensioenfonds en bydraes.

– Kontrak sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.

Sluitingsdatum: 2 Mei om 09:00.

Aansoeke:

Indien jy belangstel en met jou gawes hier by ons wil kom dien, stuur ‘n CV en die nodige inligting nl. ‘n kort video waarin jy jou self bekendstel en hoekom jy aansoek doen vir die pos na die volgende eposadres: kassiere@nggrootbrak.co.za

Navrae kan gerig word aan:

Mnr. Willem du Preez: 082 823 5988 (voorsitter van kerkraad)

Mnr. Johan Smit: 084 500 4296 (onder-voorsitter van kerkraad)

Ds. Danie Goosen: 079 525 3624 (leraar)

Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.

NUWE SEISOEN VIR Christelike Lektuur Fonds

Dit is seker ’n cliché om die stelling te maak dat ons in voortdurend veranderende tye leef. Dit is egter empiries waarneembaar dat die tydsgewrig waarin ons tans leef gekenmerk word deur snel opeenvolgende gebeurtenisse met omvangryke impak op gemeenskappe. Hierdie impak voel dikwels aardskuddend met ontwrigtende gevolge vir almal wat daardeur geraak word. Die werklikheid van globale interaktiwiteit en onderlinge verbondenheid het die effek van ’n web wat beweeg wanneer enige van die drade daarvan geraak word. Dit is waarvan ons by CLF ook die afgelope aantal jare bewus geword het met Covid, die oorlog in Oekraïne, plundering in KZN in 2022, jarelange oorloë in Sirië, aardbewings in Turkye en noem maar op.

By CLF is ons diep bewus daarvan dat dit presies die wêreld is waarbinne die Here hierdie
bediening vandag roep om van sy liefde en verlossing te getuig. Te midde van die kontekstuele ontwrigting en uitdagings rondom ons, is daar ’n gees van entoesiasme en roepingsbesef binne die CLF. Personeel, Beheerraadslede en ondersteuners openbaar ’n bewussyn dat God sy kerk en kinders roep om sy koninkryk te laat kom, ook deur die bediening van CLF.

Lees meer “NUWE SEISOEN VIR Christelike Lektuur Fonds”

Lydenstyd: “Visio Divina” -Dag 31

VISIO DIVINA #31

Deel 1

Die Russies-gebore, Alexey Pismenny, het ‘n ikoon in drie panele geskilder van verskillende vyeboom-tonele uit die evangelies. Hierdie paneel is ‘n verwysing na die gelykenis van die onvrugbare vyeboom (Luk 13:6-9). As jy na die ikoon as ‘n geheel kyk, sien jy die gewelddadigheid raak. Behalwe vir die byl wat gereed is in Petrus (langs Jesus) se hande; tuimel die toring van Siloam op mense neer (lees Luk 13:3). Aan die anderkant sit Pilatus op sy troon en kyk toe hoe ‘n laksman gereed staan met ‘n slagtersmes om iemand te onthoof (aldus Luk 13:1).

Duidelik hou die tonele verband met geweld. Maar Jesus hou sy een hand na bo; die simbool van shalom en seën. Sy ander hand wys na die ontkiemende groen blaartjies. Simbole van lewe. Asof Jesus wil sê, gee genade net nog eers ‘n kans.

Moet dit nie dalk ‘n ikoon vir ons tyd genoem word nie?

Deel 2

TEKSVERS:

“Maar die tuinier antwoord: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan. Ek sal die grond rondom hom omspit en bemes. Miskien sal hy dan volgende jaar vrugte dra. Maar so nie, kan u hom uitkap” (Luk 13:8-9).

Kyk weer lank na die ikoon: moenie die graaf en die waterhouer miskyk nie! Simbole van ‘n tuinier se werk. Jesus vereenselwig hom baie duidelik as die tuinier in die gelykenis. Die een wat vir nog ‘n kans by die boer pleit. Duidelik is Jesus die een wat die “genadejaar” vir die vyeboom bewerk het.

Drie jaar reeds is Jesus met sy preekbediening besig en steeds wil die Jode hom nie as Messias aanvaar nie. (Simbolies: drie jaar lank is daar geen vrug in die vyeboom nie). Nog net een jaar, vra Hy. Wat Hom gegun word – alhoewel dit Hy is wat dan die byl se kap sal moet verduur.

Die sinnetjie, “Meneer, laat hom (die vyeboom) staan” kan vertaal word met, “vergewe hom.” Jesus se kruiswoorde, “Vader, vergewe hulle”, is ‘n pleit: “laat hulle staan … moenie hulle iets aandoen nie.” En dit is presies wat ons bid: Gee ons tog U genadejaar, Heilige God, sodat die Tuinier kan omspit en bemes, sodat ons weer kan vrug dra.

GEBED:

Dankie dat die Tuinier ook vir ons by U intree, Ons Vader.


Emmy Rose – “Tend” (“Be the gardener of my heart”)

Op Dag 31 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na Emmy Rose wat “Tend” (“Be the gardener of my heart”) sing. Die lirieke verskyn in die video.

Bannier-van-NG-Weltevreden1
Ontwikkel en saamgestel vir die NG Kerk Weltevreden

Kopiereg: Dr. R.M. Bezuidenhoudt
Hierdie reeks ‘Visio Divina‘ word deur Kopiereg beskerm.
Geen gedeelte van hierdie reeks mag gedupliseer of herversprei word sonder die eksplisiete goedkeuring van die outeur: Dr. R M Bezuidenhout nie.

Indien hierdie reeks u geïnspireer het kan u haar bediening finansieel ondersteun deur die volgende skakel te volg:
https://ronellbezuidenhout.co.za/steun

Lydenstyd: “Visio Divina” – Dag 30

VISIO DIVINA #30

Deel 1

Ek moes eers die gedeelte in Lukas 12 gaan lees omdat ek nie dadelik hierdie Grieks-ortodokse ikoon herken het nie. (Daarin is ‘n groot les – ‘n ikoon wil niks anders openbaar as wat die Skrif reeds sê nie, maar hoe kan die Heilige Gees die “oë van jou hart” laat sien, as jou ore nie geluister het nie.)

Hier word die gelykenis uitgebeeld van die ryk man (Lukas noem hom ‘n “ryk dwaas”) met aardse skatte wat nie hul einde ken nie; maar hoe armoedig is jy as jy nie aansit by die rykdom wat by God se tafel gevind word nie. Een oomblik maak jy nog bymekaar, die volgende oomblik besoek die engel van die dood jou.

Is dit nie ‘n ikoon wat ons almal se waarskuwing is nie? Bely jy nie ook soms dat Jesus die “koning” van jou lewe is, terwyl die daaglikse realiteit dalk iets anders demonstreer nie?

Deel 2

TEKSVERS:

“Julle moet julle ook nie gedurig afvra wat julle gaan eet of drink nie, en julle moenie besorg wees nie. … Beywer julle vir sy koninkryk, dan sal Hy julle ook hierdie dinge gee.” (Luk 12:29-31).

Dit bly altyd vir my ‘n vraag: wanneer is genoeg genoeg? Dit hang sekerlik af met wie ek myself vergelyk: wil ek opwaarts die leër uitklim, dan is ek bevrees het ek nog glad nie genoeg nie. As ek afkyk, skaam ek my vir myself; want diep binne weet ek, ek leef nie volgens wat Jesus geleer het nie: “Verkoop julle besittings en gee bydraes vir die armes. Skaf vir julle ‘n beurs aan wat nie leeg raak nie, ‘n onuitputlike rykdom in die hemel, waar geen dief dit kan bykom en geen mot dit kan verniel nie” (v33).

Hoe lyk ‘n “beurs wat nie leeg raak nie”? Dadelik dink ek aan Psalm 42:2-3 waar Dawid pleitend sug: “Soos ‘n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God. Ek dors na God, na die lewende God. Wanneer kan ek gaan en voor God verskyn?” As ek so smagtend leef om vervul te word met die goedheid en kennis van God, dan sal ‘n aardse beurs met note wat kraak nooit my verlange kan stil nie. Een trappie hoër op die leër sal dan sinloos wees.

Hierdie reis is ‘n tyd vir eerlik wees. Ook oor my smagtinge. Dit is ‘n tyd vir belydenis. Ook van my gierigheid. Dit is ‘n tyd van vas en mindermaak. Dit is ‘n tyd van vervuld raak met God se teenwoordigheid.

GEBED:

My Here, mag ek aanskuif aan U tafel, as iemand wat U woorde ernstig geneem het.


Retief Burger – “Alles vir my”

Op Dag 30 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na Retief Burger se weergawe van “Alles vir my. Die lirieke verskyn in die video.

Bannier-van-NG-Weltevreden1
Ontwikkel en saamgestel vir die NG Kerk Weltevreden

Kopiereg: Dr. R.M. Bezuidenhoudt
Hierdie reeks ‘Visio Divina‘ word deur Kopiereg beskerm.
Geen gedeelte van hierdie reeks mag gedupliseer of herversprei word sonder die eksplisiete goedkeuring van die outeur: Dr. R M Bezuidenhout nie.

Indien hierdie reeks u geïnspireer het kan u haar bediening finansieel ondersteun deur die volgende skakel te volg:
https://ronellbezuidenhout.co.za/steun

Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 29

VISIO DIVINA #29

Deel 1

Uit die 40+ gelykenisse wat Jesus vertel, is bykans vyftien die sg. Koninkryksgelykenisse. Hoe kan ‘n mens ooit die koninkryk van God voorstel as jy dit nie kan sien nie! Daarom gebruik Jesus alledaagse beelde om die ingewikkelde teologiese konsep te verduidelik. Daar is voorbeelde uit boerdery; sommige hou verband met geld, ander met visvang; daar is beelde van ‘n huwelik; selfs een uit ‘n kombuis. So help Jesus sy luisteraars (ons ook) om te sien.

Elke kunswerk vertel ‘n visuele storie. Wat hierdie skildery van Daniel Bonnell so treffend maak is dat ons twee van Jesus se gelykenisse gelyktydig sien. Dink jouself in dat Jesus saam met jou kyk en vir jou sê, “Met die koninkryk van die hemele gaan dit soos met…” Wat sou dit wees?

Deel 2

TEKSVERS:

“Maar wat eers vir my ‘n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus,ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde.” (Fil 3:7-8).

Jesus vertel drie baie kort gelykenisse in Matteus 13:44-50. Die skildery van Daniel Bonnell, getiteld, “The pearl of great price”, beeld twee daarvan uit. Die dissipels het steeds nie heeltemal verstaan wat Jesus hulle oor die koninkryk van God wou leer nie; toe gebruik Jesus hierdie voorbeelde: dit is soos ‘n waardevolle skat is wat iemand in die grond ontdek. So waardevol is dit vir hom, dat hy alles verkoop wat hy het, net om die grond te gaan koop sodat hy die skat kan kry. Dan kom die tweede voorbeeld, “Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met ‘n handelaar wat op soek is na goeie pêrels. As hy ‘n baie waardevolle pêrel raakloop, gaan verkoop hy alles wat hy het, en koop die pêrel.”

Destyds was pêrels werklik so skaars dat ‘n handelaar alles daarvoor sou opoffer net om die eienaar daarvan te kon word. Maar as jy daardie één gekry het, dan hoef jy nooit weer te soek nie. Jou soekende siel het tot bedaring gekom. Paulus het dit verstaan. Niks ewenaar die vrede wat jy ervaar as die vrede tussen mens en God nie. Soos Paulus ook skryf, dit is vrede wat ‘n mens se verstand te bowe gaan.

Net as jy dit eers self beleef, sal jy weet hoekom dit so kosbaar is!

GEBED:

Here, my Here, laat alles wat eens waardevol was, hul betekenis verloor net sodat ek meer van U kan kry.


“Laat U Koninkryk hier kom”, deur Jannie du Toit

Op Dag 29 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na ‘n “Laat U Koninkryk hier kom”, soos gesing deur Jannie du Toit, op sy CD: Palet.

Bannier-van-NG-Weltevreden1
Ontwikkel en saamgestel vir die NG Kerk Weltevreden

Kopiereg: Dr. R.M. Bezuidenhoudt
Hierdie reeks ‘Visio Divina‘ word deur Kopiereg beskerm.
Geen gedeelte van hierdie reeks mag gedupliseer of herversprei word sonder die eksplisiete goedkeuring van die outeur: Dr. R M Bezuidenhout nie.

Indien hierdie reeks u geïnspireer het kan u haar bediening finansieel ondersteun deur die volgende skakel te volg:
https://ronellbezuidenhout.co.za/steun

Sending aan die Melaatse – Suidelike Afrika

Beste Vriende

Melaatsheid beroof mense van hul vingers, vriende en vooruitsigte.

Met u bystand bring die Sending aan die Melaatse hierdie rower agter tralies.

Soos meeste rowers, vermom melaatsheid sy aanvalle.

Dit is die Sending aan die Melaatse se taak om hom te ontmasker.

Indien iemand hom raaksien, kan ons hom gevange neem, voordat hy met ‘n misdaadveldtog begin.

Lees meer “Sending aan die Melaatse – Suidelike Afrika”

Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 28

Visio Divina 21 Maart

VISIO DIVINA #28

Deel 1

In 1684 is hierdie Arabiese manuskrip in Egipte deur ‘n koptiese monnik geïllustreer, toegebind met ‘n bokvel buiteblad. Die hele bundel (met bykans 50 illustrasies) is uitbeeldinge oor die vier evangelies. Hierdie is die 24ste folio van die bundel, en die gelykenis is getiteld: Die mosterdsaad. ““Die koninkryk van die hemel is soos ‘n mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy land geplant het. Dit is die kleinste van al die soorte saad, maar as dit uitgegroei het, is dit groter as die tuinplante en word dit ‘n boom, sodat die voëls in sy takke kom nes maak.” (Matt 13:31-32). ‘n Piepklein (2mm) swart mosterdsaadjie met ‘n enkele stam wat uitspruit met takke en tot 3 meter hoog kon groei.

Lees meer “Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 28″

Madagaskar: Lynette se Weeklikse nuus 12 Maart 2023

ynettemadanewsMar 19

The last two weeks seemed to fly by in record time. Preparation for school exams, Ranger meetings and Dries spending a lot of time on one of the boat engines contributed. He had some help at the end, with Thomas lending a hand with starting the outboard. Yes, Thomas is here for a three week visit and it was evident that he has matured a lot. He will return to England and continue to work and save some money until he will be sure what he wants to do. Coming back to Nosy Be and starting a business seems to be an option, as he appears to be very homesick.

Lees meer “Madagaskar: Lynette se Weeklikse nuus 12 Maart 2023”

Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 27

Visio Divina 20 Maart

VISIO DIVINA #27

Deel 1

Vir ‘n geruime tyd het ons na uitbeeldinge van Jesus se wonderwerke gekyk; hierdie week begin ons met van Jesus se gelykenisse.

In 1888 het Vincent van Gogh “die Saaier teen die sakkende son geskilder.” Van Gogh het die kunstenaar as ‘n saaier beskryf, en die kyker (ons) as die saailand. Maar kyk langer, biddend hierna, dan breek die kunswerk oop voor jou oë. Die sakkende son is meer, dit is ‘n stralekrans (“halo”) om die saaier se kop. Die kleure van die omgewing dui op vrugbare grond. Reg langs die saaier groei ‘n reuse boom aan die oewer van die rivier. Soos Jer 17:7-9 leer, “Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here ‘n veilige vesting is; so iemand is soos ‘n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot.”

Lees meer “Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 27″