VAKATURE: VOLTYDSE MEDELERAAR – VASTETERMYNKONTRAK

In afhanklikheid van die Here stel die kerkraad van NG Kerk Groot-Brakrivier die pos aan gelegitimeerdes met volle ampsbevoegdheid bekend.

Gemeenteprofiel:

Die gemeente is geleë in die pragtige tuinroete tussen George en Mosselbaai. Daar is ‘n laerskool in die dorp en talle ander uitstekende skole binne ‘n radius van 25km vanaf Groot-Brakrivier. Die dorp het baie ontwikkel en beleef groei op talle gebiede. Groot-Brakrivier is ook die tuiste van talle kunstenaars en alle nodige dienste is op die oewer van die Groot-Brakrivier te vind. Ons gemeente het baie afgetredenes, maar daar is ook talle jongmense in ons gemeente en gemeenskap en ons streef daarna om diensbaar te wees binne ons gemeenskap en wêreld. Ons is lief daarvoor om met sang, kuns en Woordbediening Sondae in die doelmatige kerkgebou as gemeenskap van gelowiges bymekaar te kom.

Ons wil graag van jou hoor as jy saam wil dink en droom oor die pad wat God met ons stap. Ons is in diens van Jesus Christus en dienend betrokke by mekaar en ‘n brose wêreld. Ons visie is: “Jesus vir ons, Jesus vir almal”.

Leraarsprofiel:

Die volgende profiel is ‘n riglyn vir voornemende aansoekers:

– Vereenselwig met die teologiese uitgangspunte van die NG Kerk en van NG Kerk Groot- Brakrivier.

– Verantwoordelik vir deelnemende eredienste asook spesifieke fokus op die gesinsbediening van die gemeente.

– Ontwikkeling van verhoudings met lidmate (oud en jonk), kerkvervreemdes en ander lede van die gemeenskap.

– Begin datum: 1 Augustus 2023 (onderhandelbaar).

Aansoekers kan hulleself vergewis van meer inligting op ons webblad by https://www.nggrootbrak.co.za

Vergoeding:

– Volgens sinodale riglyne met reistoelae, selfoontoelaag asook ‘n doelmatige pastorie/ behuisingstoelaag.

– Mediese fonds.

– Aansluiting tot die pensioenfonds en bydraes.

– Kontrak sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.

Sluitingsdatum: 2 Mei om 09:00.

Aansoeke:

Indien jy belangstel en met jou gawes hier by ons wil kom dien, stuur ‘n CV en die nodige inligting nl. ‘n kort video waarin jy jou self bekendstel en hoekom jy aansoek doen vir die pos na die volgende eposadres: kassiere@nggrootbrak.co.za

Navrae kan gerig word aan:

Mnr. Willem du Preez: 082 823 5988 (voorsitter van kerkraad)

Mnr. Johan Smit: 084 500 4296 (onder-voorsitter van kerkraad)

Ds. Danie Goosen: 079 525 3624 (leraar)

Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.