Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 31 Maart 2026

Dagstukkies April

31 Maart

Ek bid dat jy sal sien hoeveel goedheid en guns die Here vir jou gee. Hier is vandag se boodskap aan jou.

Tema: Sien die werk van God raak.

Teks:“Ons oupas en oumas het op U vertrou. Hulle het op U vertrou en U het hulle nie in die steek gelaat nie. U het hulle gehelp.”(Ps. 22:5 – Die Boodskap)

  • God het jou ouers, oupas en oumas gehelp, ook almal voor hulle – dieselfde getroue God help steeds vandag.
  • Soms is die lewe moeilik en dit voel asof God jou vergeet – kyk dan na die gelowiges wat al oorlede is se verhale.
  • Hulle lewensverhaal vertel dat die Here die Almagtige ons nooit in die steek laat nie.
  • God se wonderwerke is dikwels eers sigbaar na ‘n moeilike tyd – kyk terug en sien hoe Hy die onmoontlike moontlik maak.
  • Eindig hierdie maand met dankbaarheid: Tel die dinge wat God Drie-enige vir jou gedoen het – skryf dit neer.
  • Prys Sy Naam!

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U ‘n getroue God is wat nog nooit iemand in die steek gelaat het nie. Help my om U werk in my lewe raak te sien en hierdie maand met ‘n hart vol dankbaarheid vir U goedheid en guns af te sluit.

In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 30 Maart 2026

Dagstukkies April

30 Maart

My wens is dat jy sal leer dat liefde en respek jou verhoudings met ander mense bou. Hier is ‘n Boodskap uit die Bybel vir jou.

Tema: Respek bring versoening.

Teks:“U het na sy (my) gebed geluister en vir hom (my) gegee wat hy (ek) graag wou hê. U ontvang hom (my) met oop arms en U is goed vir hom (my).” (Ps. 21:4 – Die Boodskap)

  • God ontvang jou altyd met oop arms – hanteer ander ook so, sonder vooroordeel.
  • As jy iemand met respek behandel en na hulle uitreik, maak jy die deur vir versoening wyd oop.
  • Liefde en respek is nie net gevoelens nie – dit is ‘n keuse en ‘n daad wat jy elke dag kan leef.
  • Neem vandag die eerste tree na vrede met ander – dit is die pad van wysheid, insig, krag en geluk.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my altyd met oop arms ontvang. Help my om vandag respek en liefde te wys aan diegene van wie ek vervreemd geraak het, sodat versoening kan plaasvind.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 29 Maart 2026

Dagstukkies April

29 Maart

Ek bid vir jou dat jy alle mense met respek en menswaardigheid sal hanteer. Hier is God se Woord vir vandag.

Tema: Hanteer jou opponente altyd respekvol.

Teks:“Mag die Here jou gebed verhoor as dit met jou swaar gaan. Mag die God van Jakob jou beskerm. Mag Hy jou spesiaal help en bystaan.” (Ps. 20:2-3a – Die Boodskap)

  • God se guns en genade is vir almal beskikbaar – selfs vir jou opponente en dié met wie jy verskil.
  • As God self jou met genade, menswaardigheid en respek behandel – doen met ander mense dieselfde!
  • Die wyse waarop jy moeilike mense hanteer, vertel baie van jou karakter.
  • Kies om in ‘n argument of ‘n konflik, die ander persoon se menswaardigheid te respekteer en te bewaar.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my beskerm en bystaan wanneer dit swaar gaan. Help my om vandag, selfs teenoor moeilike mense en opponente, met respek en menswaardigheid op te tree.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Vir elkeen!

Elke woord van God is betroubaar; Hy beskerm dié wat by Hom skuil.”

Spr. 30: 583

God se beloftes

Wanneer God ‘n belofte maak, is Sy ja ja, en Sy nee nee. Dit is die Een wat ons kan vertrou. Beide Dawid en Salomo het hierdie waarheid ervaar en dit is daarom vir ons in die Bybel opgeteken.

Selfs, die twee swanger vrou, Elizabeth en Maria, het geglo dat God se beloftes aan hulle waar sal word, en dit was so. Dit is die een ding waaraan ons as gelowiges kan vashou. Simeon, wat ‘n gelowige man was en die openbaring deur die Heilige Gees ontvang het, dat hy nie sou sterf voordat hy die Geslafde van die Here sou sien nie, het vasgehou aan hierdie belofte.

Teksverse:

Ek wil in aanbidding buig na u heilige tempel: ek wil u Naam prys oor u troue liefde, oor u trou; Want U het u beloftes bo al u roem laat uitstyg.” (Ps. 138: 220);

Die vrees vir mense word ‘n valstrik; maar wie op die Here vertrou, word beskerm.” (Spr. 29: 2520);

En gelukkig is sy wat geglo het dat die Here se beloftes aan haar vervul sal word.” (Luk. 1: 4520);

Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle “ja”; daarom sê ons deur Hom “amen” aan God, tot sy eer.” (2 Kor. 1: 2020);

Nou, Here, kan U u dienskneg in vrede laat sterf, soos U gesê het. My oë het inderdaad u verlossing gesien, wat U ten aanskoue van al die volke bewerk het, ‘n lig wat vir die nasies tot openbaring dien,…” (Luk. 2: 29-3020)

Genadegawe

Hierdie week wat voorlê dink ons weereens aan wat Jesus Christus moes deurmaak vir ons. Dit was vir elkeen van ons die grootste genadegawe. Die intog in Jerusalem op ‘n jong donkie, die vervolging en in hegtenisneming van die onskuldige, en unieke Seun van God, die veroordeling en die kruisdood. Dit het gelei tot die uiteindelike leë graf, opstanding en verheerliking van Christus.

Sonder hierdie liefdesdaad van Jesus Christus, sou daar geen hoop en toekoms vir enigeen van ons wees nie. Ons sou verlate in hierdie wêreld moes voortploeter. Maar Christus se bereidheid om deur hierdie donker ure te gaan, het dit vir ons moontlik gemaak om verlossing te ervaar. Dit is God se genadegawe aan elkeen van ons. Daar is geen groter gawe, as dit nie. Ons word verseker dat die wêreld reeds oorwin is!

Die verlossing gee elkeen van ons vryspraak van ons sondes, wanneer ons Jesus Christus as Verlosser erken en aanvaar.

Teksverse:

Kyk, daar kom ‘n uur, en dit het reeds aangebreek, dat julle uitmekaar gejaag sal word, elkeen na sy eie huis, en My alleen sal agterlaat. Ek is egter nie alleen nie, omdat die Vader by My is. Dit het Ek vir julle gesê, sodat julle in My vrede mag vind. In die wêreld ervaar julle swaarkry; maar hou moed, Ek het reeds die wêreld oorwin.” (Joh. 16: 32-3320);

Hulle het uitgeroep: “Geseënd is die Koning, Hy kom in die Naam van die Here! Vrede in die hemel en heerlikheid in die hoogste!”” (Luk. 19: 3820);

Die volgende dag het die groot skare wat vir die fees gekom het, en wat gehoor het dat Jesus kom, palmtakke gevat en Hom tegemoetgegaan en aanhoudend uitgeroep, “Hosanne! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! En: “Die Koning van Israel!” En Jesus het ‘n jong donkie gekry en daarop gaan sit, soos daar geskryf staan: “Moenie vrees nie, dogter van Sion! Kyk jou Koning kom, Hy sit op ‘n donkievul.” (Joh. 12: 12-1520);

En die gawe is nie soos die gevolg van een mens se sonde nie; want die oordeel oor een mens se oortreding het tot veroordeling gelei, maar die genadegawe het tot vryspraak van baie oortredinge gelei.” (Rom. 5: 1620)

Vir elkeen!

Hierdie genadegawe is uit Sy liefde deur God vir ons moontlik gemaak. Daar is niks wat elkeen van ons kan doen om verlos te word nie. Elkeen van ons was vervreemd van God, voordat ons Jesus Christus as Verlosser aanvaar het. Maar ons moet glo! Laat ons groei in kennis van God, want daardeur groei ons in geloof. Dan kan ons mekaar ondersteun in geloof en liefde.

Dit alles is vir ons moontlik omdat die Heilige Gees ons lei en help. Ons is nooit alleen nie. Ons hoef nie die pad alleen aan te durf nie. Elkeen van ons kan net in dankbaarheid voor God, die Vader, in nederigheid leef. Laat ons besef dat die ongeëwenaarde genadegawe vir elkeen van ons daar is!

Teksverse:

…aan dié wat dieselfde kosbare geloof as ons verkry het, deur die geregtigheid van ons God en Verlosser, Jesus Christus: Mag genade en vrede in oorvloed aan julle geskenk word, deur julle kennis van God en van Jesus, ons Here.” (2 Pet. 1: 1-220);

..sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe sal hê. Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy unieke Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. God het immers nie sy Seun na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar wie nie glo nie, staan reeds veroordeel omdat hy nie in die Naam van die unieke Seun van God geglo het nie.” (Joh. 3: 15-1720);

Ook julle was voorheen van Hom vervreem, ja, vyandiggesind teenoor Hom, op grond van julle slegte dade; maar nou het Hy julle deur sy menslike liggaam met Hom versoen, sodat Hy julle, deur sy dood, heilig en sonder foute en onberispelik voor Hom kan stel – mits julle in die geloof bly,….” (Kol. 1: 21-2320)

Nuusflitse Week 14+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 29 Maart 2026 : Erediens 09:00 – GEEN Kategese – GEEN Kleuterkerk
Sondag 29 Maart 2026 : GEEN Alternatiewe Erediens
Dinsdag 31 Maart 2026 08:00 tot 09:00: Rek en strek Oefeninge
Woensdag 1 April 2026 :   GEEN Blokbyeenkoms
Woensdag 1 April 2026 : GEEN Kooroefening
Vrydag 3 April 2026 : Goeie Vrydag Nagmaal 09:00
Sondag 5 April 2026 : Sonsopkomsdiens 06:30 Suiderkruisstrand
Sondag 5 April 2026: Erediens om 09:00 – GEEN Kleuterkerk of Kategese nie.
Woensdag 8 & 22 April 2026: Wolwedans Boodskap Sop en Brood:
11 April 2026 – Gholfdag
15 April 2026 – Bingo vir 60+ jariges
2 Mei 2026 – Gemeentefees

Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 29 Maart 2026 – 5 April 2026

Afkondigings 29 Maart 2026 – 5 April 2026

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 29 Maart 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Herman Burger.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Kol 1:21-23 (1983-vertaling).
  • Die tema van die prediking is:Die harde kopkussing van jou gewete.
  • Groot Lydensweek.
  • Palm Sondag.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale offer vir Arbeidsbediening Mosselbaai by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • Daar is GEEN Alternatiewe Erediens tydens die skoolvakansie nie.

Woensdag 1 April 2026 :

  • Daar is geen blokbyeenkoms gedurende die skoolvakansie nie.
  • Daar is geen kooroefening gedurende die skoolvakansie nie.

Vrydag 3 April 2026 :

  • Goeie Vrydag.
  • Nagmaal om 09:00 – Ds Charné Viljoen.

Sondag 5 April 2026 :

Sonsopkomsdiens 5 April 2026 06:30 Suiderkruisstrand NG Kerk Groot-Brakrivier
Sonsopkomsdiens 5 April 2026 06:30 Suiderkruisstrand NG Kerk Groot-Brakrivier
  • Sonsopkomsbyeenkoms by Suiderkruis strand om 06:30 – Ds Leon Cronje.
  • Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Paasfees.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale offer vir Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD) by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • Daar is GEEN Alternatiewe Erediens tydens die skoolvakansie nie.
Verjaarsdae - Week 14 van 2026

Eiendomsbediening :

Die Eiendomsbediening vra dat u asseblief geduldig sal wees met die gat in die plafon. Ons wil van die geleentheid gebruik maak om fout-opsporing te doen en toeganklikheid te verleen vir die herstelwerk aan die dak.

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 115 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die tweede kwartaal is 8 & 22 April, 6 & 20 Mei en 3 & 17 Junie.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Die Getuienisbediening se uitreikarm na Wolwedans begin ‘n kunsvlyt projek en skenkings van die volgende sal ons baie help: skêre, ou tydskrifte, Pritt of gom, ou waterverf, akrielverf, ou kwassies, inkleurpotlode,  naalde, garing, en wol. En dan is daar ook nood vir ‘n ou yskas en stoof of twee-plaat kookstofie. Baie, baie dankie vir u volgehoue meelewing, omgee en ondersteuning!

Gebedsbediening – Jou gebede maak ‘n verskil!

As Christene weet ons dat gebed die asemhaling van die gelowige is. Ons weet ook dat ons niks kan doen sonder die Here nie. Daarom bid ons ook vir die gemeente en vir mense wat siek is of swaarkry, maar ook vir gemeentelike bedrywighede en werk wat gedoen word tot aan die uithoeke van die aarde.

Ons weet dat daar lidmate is wat die gawe van voorbidding het. Daarom wil ons u nooi om, daar waar jy is, as voorbidder in te tree vir gemeentelike gebedsversoeke. Spesifieke gebedsversoeke sal per WhatsApp aan u gestuur word.

Indien u betrokke wil raak tree in verbinding met die kerkkantoor om jou kontakbesonderhede deur te gee. Hierdie gebedsversoeke vervang nie die maandelikse gebedsgids nie. Ons wil egter meer en meer ‘n biddende gemeente wees wat altyd staatmaak op God se leiding en krag. Kom bid gerus saam!

Truitjieprojek

Truitjie projek 2026

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – E-Pos Kontak.

Ondersteuningsbediening :

“Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie. Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.” Job 29:12-13(AFR33)

Ons voorsien hulp in die vorm van (onder andere) rygeleenthede na doktersafsprake, hulp met inkopies en ondersteuning aan eensames, want dit is God se hart vir die wees en die weerloses en as gemeente is dit ook ons hart vir ons medemens en gemeenskap.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers – E-Pos Kontak / Riëtte Jansen van Rensburg – E-Pos Kontak.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir April 2026 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 32, asook die antwoorde vir nommer 31 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Bloedskenk

Die bloedskenking op 26 Maart 2026  het 88 volpinte bloed opgelewer.

Baie dankie vir die 93 mense wat opgedaag het om te skenk, u skenkings kan lewens red. Ons sal u in kennis stel wanneer die volgende geleentheid plaasvind

Gholfdag

Gholfdag 11 April 2026 Dolphins Creek NG Kerk Groot-Brakrivier
Gholfdag 11 April 2026 Dolphins Creek NG Kerk Groot-Brakrivier

Klub 50

Klub 50 Gaan kamp in Plettenbergbaai

FEBA RADIO SA: Ons bid vir die FEBA se Yao-bediening

FEBA saai al van 1991 af programme uit na Yao-luisteraars. Wat begin het as 15-minuut kortgolfradio-programme, het gegroei tot ’n mediabediening met kortgolfradio, agt FM-stasies in Malawi en Mosambiek, en ’n groot aanlyngehoor. Die Yao is geneig om vyandig teenoor Christene te wees, maar die saadjies wat die afgelope 30 jaar deur radio geplant is, dra goeie vrug.

Ons gebed vir die week: Bid dat Yao-gemeenskappe in Malawi, Mosambiek en Tanzanië FEBA se spanne sal verwelkom en ontvanklik vir die evangelie sal wees.

Paasnaweek Fees 4 April 2026 NG Kerk Herbertsdale
Paasnaweek Fees 4 April 2026 NG Kerk Herbertsdale

Gemeentefees

Gemeentefees 2 Mei 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Gemeentefees 2 Mei 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za) Nuut op 29 Maart 2026

  1. Erediensbediening:
    • Die skakel na die YouTube Erediens van 29 Maart 2026, deur Ds Herman Burger, is beskikbaar.
  2. Getuienisbediening:
    • Nuutste nuusbrief van Lynette uit Madagaskar.
    • Die 60Plusser-netwerk van Wolwedans: ‘n kort oorsig.
    • Die kunsvlyt projek by Wolwedans word uitgelig.
  3. Bybelstudiereekse:
    •  ‘Skep asem vir vandag’ is ‘n goeie begin vir elke dag.
    • Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Vir elkeen”.
    • Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00

Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00

Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje

Kassiere:
Alfreda Stander

Skriba:
Carmi Kriel

Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532

e-posKontak ons vorm
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 28 Maart 2026

Dagstukkies April

28 Maart

Ek bid dat jy altyd die Here sal vertrou. Hier is Sy boodskap.

Tema: Moenie moed opgee nie.

Teks:“Ek hoop U sal bly wees oor alles wat ek doen en dink. Here, ek wil U baie graag bly maak, want U pas my baie goed op. U verlos my!” (Ps. 19:15 – Die Boodskap)

  • Soms voel dit vir jou asof alles teen jou werk – juis dan moet jy nie moed opgee nie.
  • God sien elke poging van jou om gehoorsaam te wees – Hy is bly daaroor.
  • Hou moed – die pad na uitkoms gaan soms deur ‘n donker nag, maar aan die ander kant is dit helder dag.
  • Vertrou God. Hy werk, ook wanneer jy moedeloos is – Hy sal jou net op Sy tyd verlos, help, en uitkoms gee.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my oppas en verlos. Help my om vandag nie moed op te gee nie, maar in geloof te bly staan en te weet dat U besig is om my uit te help.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 27 Maart 2026

Dagstukkies April

27 Maart

My gebed vir jou is dat jy jou geluk by die Here God sal soek. Hier is ‘n spesiale boodskap uit die Bybel vir jou.

Tema: Soek jou geluk by die Here.

Teks:“Keer my as ek van plan is om verkeerde dinge te doen. Moenie dat slegte dinge oor my lewe baasspeel nie. As U my help, sal ek sonder foute wees. Dan sal U my nie straf nie.” (Ps. 19:14 – Die Boodskap)

  • Jou ware geluk kom nie van mense, geld of omstandighede nie – dit kom alleen van God af.
  • Slegte dinge en verkeerde patrone kan jou lewe oorneem.
  • Maak seker jy word elke oomblik van elke dag deur God gelei.
  • Geluk is nie die afwesigheid van probleme nie – dit is die teenwoordigheid van God in jou probleme.
  • Soek vandag jou geluk by die Here – as jy Hom eerste stel, sal Hy jou gee wat jou hart begeer (Ps. 37:4).

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my ware geluk is. Help my om nie slegte patrone en gedagtes oor my lewe te laat baasspeel nie, maar U altyd eerste te soek.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 26 Maart 2026

Dagstukkies April

26 Maart

Ek hoop en bid dat jy die vrymoedigheid het om jou vrese aan God bekend te maak. Hier is ‘n Woord van God vir jou.

Tema: Soek net hulp by die Here.

Teks: “Ongelukkig sien ‘n mens nie altyd die dinge raak wat jy verkeerd doen nie. Here, vergewe al my foute waarvan ek nie bewus is nie.” (Ps. 19:13 – Die Boodskap)

  • God is nie ‘n harde regter wat wag om jou te veroordeel nie – Hy is ‘n liefdevolle Vader wat wag om te help.
  • Selfs wanneer jy nie weet wat jy verkeerd gedoen het nie, kan jy met vrymoedigheid na Hom toe gaan.
  • Soms weet ons nie eens wat ons foute is nie – vra God om jou geloofsoë oop te maak sodat jy geestelik kan groei.
  • Soek vandag eers hulp by die Here voordat jy ander vra om te help – Hy ken jou situasie deur-en-deur.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my foute vergewe, selfs die wat ek nie eers raaksien nie. Help my om altyd eers by U hulp te soek en U stem bo alles te hoor. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 25 Maart 2026

Dagstukkies April

25 Maart

Mag jy vandag bewus wees van die ondersteunende krag van die Here. Hier is Sy boodskap vir jou.

Tema: Die Here veg vir jou.

Teks:“As jy opkyk na die hemel, sien jy hoe die ruimtes daar bo God se grootheid uitstraal… In die blou hemelruim sien jy hoe mooi God se handewerk alles rondom ons versier.”(Ps. 19:2 – Die Boodskap)

  • Die skepping vertel elke dag van God se mag en grootheid – dieselfde mag wat die son laat skyn, veg vir jou.
  • In die grootste probleme is die Here nader as wat jy dink – en Hy veg vir jou.
  • As jy opkyk na God in plaas van om rondom na jou probleme te kyk, kry jy ‘n nuwe perspektief op jou situasie.
  • Vertrou vandag dat die Here wat die heelal in stand hou, ook jou klein en groot stryde kan hanteer.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U so groot en magtig is en dat U namens my veg. Help my om vandag op te kyk na U en te weet dat U vir my sal stry.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 24 Maart 2026

Dagstukkies April

24 Maart

Ek wens dat jy die volwassenheid sal aanleer om wanneer jy kwaad is, jou woorde te tel voordat jy praat. Hier is God se Woord aan jou.

Tema: Tel jou woorde, God sal voorsien.

Teks:“Ek het U baie lief, o Here. U maak my sterk. By die Here is ek veilig, want Hy beskerm my.” (Ps. 18:2 – Die Boodskap)

  • Jou wysheid, insig en leiding kom van God af.
  • Omdat jy weet Hy beskerm jou, hoef jy nie jouself met vlymskerp woorde te verdedig nie.
  • Mense wat met hul woorde opbou, bring geluk – maar woorde wat in woede gespreek word, kan iemand lewenslank seermaak.
  • Tel jou woorde voordat jy praat – vra jouself af: Is dit waar? Is dit nodig? Is dit vriendelik?
  • Beheer jou tong: Die Here God sal voorsien en jou reputasie beskerm – vertrou Hom met jou situasie.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my sterk maak en beskerm. Help my om my woorde vandag te tel en nie in woede te praat nie, maar U te vertrou om vir my te sorg.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 23 Maart 2026

Dagstukkies April

23 Maart

Ek bid dat jy vandag God se geleenthede met albei jou hande sal aangryp. Ontvang God se Woord spesiaal vir jou.

Tema: Doen wat die Here van jou vra.

Teks:“Here, help my! Ek staan eerlik voor U, sonder vals motiewe. Ek smeek U: Gee tog baie vir my om! Ek is opreg as ek dit vra.” (Ps. 17:1 – Die Boodskap)

  • Die Here vra nie ‘n perfekte nie – Hy vra net dat jy eerlik en gewillig is om te doen wat Hy sê.
  • Wanneer jy eerlik en opreg voor God staan, sonder verborge agendas, skep jy ruimte vir Sy leiding.
  • Die geleenthede wat God op jou pad plaas, kom meestal uit alledaagse omstandighede uit – wees bedag daarop.
  • Gryp vandag die geleentheid wat God vir jou gee met beide hande aan.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my hoor wanneer ek eerlik en opreg na U toe kom. Help my om vandag te doen wat U van my vra en die geleenthede wat U gee, met ywer aan te gryp.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 22 Maart 2026

Dagstukkies April

22 Maart

Mag jy vrede beleef en weet dat God altyd saam met jou is. Hier is die Woord van die Here.

Tema: Die Here sal altyd sorg.

Teks: “U sal my help om reg te lewe. Daar is niks wat iemand groter blydskap kan gee as om saam met U te wees nie. U gee altyd vir U kinders die heel beste. Hulle kry die heel mooiste wat die lewe aanbied by U.” (Ps. 16:11 – Die Boodskap)

  • Die vrede wat God gee, is anders as wat die wêreld gee – dit is dieper, vaster en bly selfs in storms staan.
  • God gee die heel beste wat die lewe het om te bied – Hy sorg selfs in moeilike tye.
  • Die beste plek is om saam met God te wees – soek Sy teenwoordigheid elke dag – nie net in krisisse nie.
  • God se sorg oor jou lewe is vas en seker – wees seker daarvan.
  • Hy vergeet en verlaat jou nooit nie.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U altyd vir my sorg en my die heel beste gee. Help my om vandag in U vrede te rus en te weet dat U saam met my is.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Diensbaar

Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig.

Spr. 9: 1083

Wat verstaan ons onder diensbaar?

Diensbaar is om gewillig, hulpvaardig en nuttig te wees in die diens van ander. Dit gaan dikwels gepaard met ‘n gesindheid van nederigheid en liefde. Dit beteken om ‘n direkte besluit te neem, om gawes wat jy van God ontvang het, te gebruik om God en medemens te dien. Selfs of juis sonder om erkenning te soek. Dis werklik ‘n moeilike keuse om te maak vir baie van ons. Ons wil almal so graag erkenning hê vir wat ons doen, of dit nou diensbaarheid of enige ander aktiwiteit is waar ons voel dat ons iets beteken.

Moeder Teresa, die rolmodel van diensbaarheid, het dit so goed beskryf: ‘God roep jou nie om ‘n sensasie te word nie, Hy roep jou om ‘n dienskneg te wees.’ Ook die aanhaling van Martin Luther verwoord die konsep van om diensbaar te wees, baie goed. ‘’n Christen is absoluut vry: meester van almal; onderdanig aan niemand. ‘n Christen is ook absoluut gebonde: dienskneg van God en diensbaar aan almal.’

Dit is ‘n opdrag wat ons soms in ons spore laat vassteek. Sal ek dit kan doen? Sal ek iemand anders se behoeftes voor my eie kan stel? God verwag dit egter van ons, en het Sy Seun, Jesus Christus gestuur om die uiterste diensbaarheid vir ons te kom demonstreer.

Teksverse:

Wie opreg lewe, dien die Here; wie krom paaie loop, het nie eerbied vir die Here nie.” (Spr. 14: 283);

Wie die Here dien, het daarin ‘n veilige toevlug, en ook sy kinders vind daar skuiling. Wie die Here dien, vind daarin ‘n bron van lewe; en dit laat jou die strikke van die dood ontkom.” (Spr. 14: 26-2783);

Gesindheid

Om diensbaar te wees, moet ons die regte gesindheid kweek. Daar is ‘n anonime aanhaling wat goed verduidelik hoe ons die regte gesindheid kan kry. ‘Die sleutel tot ‘n goeie gesindheid is om God toe te laat om ons gedagtewêreld te beheer, eerder as om ons eie sondige natuur beheer daaroor te gee.’ Ons moet onsself dissiplineer om almeer soos Jesus Christus te word.

Die keuse vir die regte gesindheid, is iets wat ek as mens, elke dag moet kies. Elke uur, elke dag, tussen die dinge wat ek kán doen, wat ek wil doen, en wat ek móét doen. Dis wanneer mens aktief besluit het om jou gesindheid te verander, dat God ons bystaan deur die Heilige Gees. Dan sal ons hierdie gesindheid suksesvol in ons lewens kan kweek.

Dan sal ons al hoe meer soos Jesus Christus kan wees. Dit sal ons help om gewillig, nederig en met liefde, mekaar te dien, sodat die Koninkryk van God uitgebou kan word.

Teksverse:

Laat dan die gesindheid wat daar in Christus Jesus was, ook in julle wees: Hoewel Hy in die gestalte van God was, het Hy gelykheid aan God nie beskou as iets om aan vas te klem nie, maar Hy het homself daarvan leeggemaak, deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word.” (Fil. 2: 5-720)

Hoewel ek vry is en van niemand afhanklik nie, het ek my aan almal diensbaar gestel om soveel as moontlik vir Christus te wen.” (1 Kor. 9: 1983);

Maar, noudat julle van die sonde vrygemaak is en diensbaar aan God geword het, lewer julle die vrug van heiligmaking, en die uiteinde hiervan is die ewige lewe.” (Rom. 6: 2220);

Maar aangesien ons gesterf het, is ons nou vrygestel van die wet waarin ons vasgevang was, sodat ons diensbaar kan wees in die nuwe bedeling van die Gees, en nie in die ou bedeling van die letter van die wet nie.” (Rom. 7: 620);

Maar ek dissiplineer my liggaam en maak dit diensbaar, sodat ek nie, terwyl ek vir ander gepreek het, dalk self gediskwalifiseer word nie.” (1 Kor. 9: 2720)

Om God te dien

Die belangrikste is egter dat ons al hoe meer diensbaar aan God moet word. Net soos Jesus Christus diensbaar was om vir ons aan die Kruis te kom sterf. God se liefde vir ons is soms vir ons as mense onverstaanbaar, omdat ons so moeilik ander aanvaar en liefhet net soos hulle is. Ons moet egter ons gesindheid verander om meer en meer soos Jesus Christus te word.

Dis eers wanneer ons gesindheid reg is, dat ons volkome aan God en ons medemens diensbaar kan wees. Ons kan ons gesindheid vir ander mense verberg, maar God ken ons harte. Hy is alomteenwoordig en alomsienend. Ons kan nie ons gesindheid vir Hom wegsteek nie.

Om nederig te wees is noodsaaklik om diensbaar te wees. Ons moet gedurig waak, en ook hierin die voorbeeld van Jesus Christus volg. Ons gesindheid, waarmee ons dinge doen, is nie verborge vir God nie. Waak teen geestelike hoogmoed, want dit kan ‘n diensbare mens tot ‘n val bring.

Laat ons uitgaan en diensbaar wees. Allereers diensbaar aan God. In alles wat Hy van ons vra. Daarna sal ons, as gevolg van die verlossende genade van die kruisdood van Christus, en onder leiding van die Heiige Gees, met die regte gesindheid diensbaar kan wees vir ons medemens. Daar waar God ons heen lei.

Teksverse:

Maar, U, Here, U ken my; U sien my en toets of my hart by U is.” (Jer. 12: 320);

Maar Jesus het hulle nader geroep en gesê: “Julle weet dat die heersers van die nasies oor hulle baasspeel, en die maghebbers oor hulle gesag uitoefen. So mag dit nie by julle wees nie; maar wie belangrik onder julle wil wees, moet julle dienaar wees, en wie eerste onder julle wil wees, moet julle slaaf wees. Net so het die Seun van die Mens nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe as losprys vir baie te gee.” (Matt. 20: 25-2820);

Maar laat die belangrikste onder julle wees soos die geringste, en die een wat leiding gee, soos iemand wat dien. Want wie is belangriker, die een wat aan tafel aanleun, of die een wat bedien? Is dit nie die een aan die tafel nie? Ek, egter, is tussen julle soos iemand wat dien.” (Luk. 22: 26-2720);

As iemand My wil dien, laat hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienskneg ook wees. As iemand My dien, sal die Vader hom eer.” (Joh. 12: 2620)

Nuusflitse Week 13+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 22 Maart 2026 : Erediens en Kategese om 09:00 – Kleuterkerk 09:00
Sondag 22 Maart 2026 : Alternatiewe Erediens om 17:00-18:00 in die kerksaal
Dinsdag 24 Maart 2026 08:00 tot 09:00: Rek en strek Oefeninge
Woensdag 25 Maart 2026 :   Blokbyeenkoms van Blok 13 (Suiderkruis) vind om 18:00
Woensdag 25 Maart 2026 : Kooroefening by die orrel om 16:45.
Woensdag 25 Maart 2026: Wolwedans Boodskap Sop en Brood:
Donderdag 26 Maart 2026 : Bloedskenk in die saal 16:00-19:00
Sondag 29 Maart 2026 : Erediens om 09:00 – Ds Leon Cronje GEEN Kleuterkerk of Kategese nie.
11 April 2026 – Gholfdag
15 April 2026 – Bingo vir 60+ jariges
2 Mei 2026 – Gemeentefees

Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 22 – 29 Maart 2026

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 21 Maart 2026

Dagstukkies April

21 Maart

My gebed is dat jy moeite sal doen om gesonde verhoudings met alle mense te bou. Hier is God se Woord spesiaal net vir jou.

Tema: Hou jou verhoudings gesond.

Teks: “U het die mooiste dinge in die lewe vir my gegee. Ek kan nie uitgepraat raak oor al U wonderlike dinge nie. Dit maak my baie gelukkig.” (Ps. 16:6 – Die Boodskap)

  • ‘n Christusgelowige word geroep om gesonde en positiewe verhoudings te bou – dit is ‘n deel van God se wonderlike plan vir jou lewe.
  • Die mooiste dinge in die lewe sluit gesonde verhoudings in – koester dit en sorg daarvoor.
  • ‘n Verhouding wat seer is, moet gesond word – wees bereid om die eerste stap te neem.
  • Belê vandag bewustelik in jou verhoudings met jou gesin, vriende en kollegas – dit is ‘n belegging vir die ewigheid.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie vir die mooi verhoudings wat U in my lewe geplaas het. Help my om hierdie verhoudings met liefde en respek gesond te hou en te koester.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.