Stof tot nadenke: “Dit is Volbring! “

Dié wat afgode maak, staan almal verleë, teleurgestel in hulle verwagting, hulle kom bedroë daarvan af. Maar Israel word deur die Here gered met ‘n blywende redding. Hulle sal nie verleë staan nie en nooit teleurgestel word nie.”
Jes. 45: 16-17

Dis Paasnaweek, en ons staan in herinnering aan wat Christus vir ons gedoen het; ons wat sondig en nietig is. God se plan vir die kruisiging en lyding van Christus is reeds duisende jare voor die tyd uitgespel in Jesaja 54. Die Here het geweet dat ons as mens nie die straf kan dra nie, omdat ons nie vlekkeloos is nie. Maar Hy het ons, wat sy skepsels is, so lief gehad, dat Hy bereid was om ons des ondanks te red! (“1 Wie sal ons glo as ons hiervan vertel? Wie sal die mag van die Here hierin kan raaksien? 2 Die dienaar was soos ‘n loot wat voor ie Here uitspruit, soos ‘n wordtel skiet in die droë grond. Hy het nie skoonheid of prag gehad dat ons na hom sou kyk nie, nie die voorkoms dat ons van hom sou hou nie. 3 Hy was verag en deur die mense verstoot, ‘n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie geken nie. 4 Tog het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra. Maar ons het hom nie beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word. 5 Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondesis hy verbrysel; die staf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom. 6 Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op Hom laat afkom. 7 Hy is mishandel, maar hy het geduldig gebly, hy het nie gekla nie. Soos ‘n lam wat na die slagplek toe gelei word en soos ‘n skaapwat stil is as hy geskeer word, het hy nie gekla nie. 8 Terwyl hy gely het en gestraf is, is hy weggeneem, en wie van sy mense het dit ter harte geneem dat hy afgesny is uit die land van die lewendes? Hy is gestraf oor die sonde van my volk. 9 Hy het ‘n graf gekry by goddeloses, hy was by sondaarsin sy dood al het hy geen midaad gepleeg nie en al was hy nooit vals nie. 10 Dit was die wil van die Here om Hom te verbrysel, om hom die pyn te laat ly. As hy sy lewe as skuldoffer gee, sal hy ‘n nageslag hê en nog lank lewe, deur hom sal die wil van die Here sy dorl bereik. 11 Ná sy bitter lyding sal hy weer die lig sien en hy sal die Here ken. My dienaar, die regverdige, sal baie mense regverdig maak: hy sal die staf vir hulle sondes dra. 12 Daarom gee Ek vir hom ‘n ereplek onder die grotes. Hy sal saam met magtiges die oorwinning vier omdat hy hom in die dood oorgegee het en as misdadiger beskou is, omdat hy die sondes van baie op hom geneem heten vir oortreders gebid het.” (Jes 54: 1-12)).

Met die kruisiging nagmaal Vrydag is ons weereens herinner aan hierdie ongelooflike bereidwilligheid van Christus, die Seun van die Almagtige God en Vader. Met Sy kruis woorde “Ek is dors”, het Hy geweet dat alles klaar volbring is, sodat die Skrif vervul kon word (“Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: “Ek is dors.”” (Joh. 19: 28)). Sy woorde aan die kruis: “Dit is Volbring” (“Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is Volbring!” Toe het Hy sy kop vooroor laat saak en die laast asem uitgeblaas.” (Joh. 19: 39)), is die teken dat die voorspelling van Jes. 54 afgehandel is. Christus het besef dat die ergste afgehandel is. Die smaad en hoon wat hy aan mense hande moes beleef is verby. Hy het gedoen wat die Vader van Hom gevra het. Van hier af wag daar nou vir Hom net verheerliking aan die sy van die Vader! (“4 Ek het U op aarde verheerlik deur die werk te volbring wat U My gegee het om te doen. 5 Verheerlik U My nou ook by U Vader, met die heerlikheid waat Ek by U gehad het voordat die wêreld bestaan het.” (Joh. 19: 30)). Die begrawe en opstanding moes vir Hom soos ‘a walk in the park’ gevoel het. Hy is deur die ergste, en kon nou volkome op God vertrou om die res van die plan in werking te stel, en sodat ons veresker kan weet dat ons verlos is, wanneer ons in Hom glo (“4 wat Homself vir ons sondes gegee het om ons te verlos uit hierdie goddelose wêreld en so die wil van God ons Vader te volbring. 5 Aan God kom die heerlikheid toe tot in alle ewigheid” (Gal. 1: 4-5)).

Dit wat Jesus Christus vir ons gedoen het, is nie te danke aan hoe groot, goed, mooi of intelligent ons is nie, maar is te danke aan die Liefde wat God vir ons, sy skepsels, het. Dit is die werk van die Almagtige en Skeppende God (“Kom na My toe dat julle gered kan word, almal op die aarde, want Ek is God, daar is geen ander nie” (Jes. 45:22); (“Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou, julle dra en julle red.” (Jes. 46: 4)). Ook in Jes. 48 verseker God dat Hy ons ken, en daarom weet dat ons vir Jesus Christus nodig het om by Hom uit te kom (“8 Julle het nog niks daarvan gehoor nie en julle weet nog niks daarvan nie. Julle kon dit nie vantevore hoor nie, want Ek het geweet dat julle nie vertrou kan word nie, dat julle van julle geboorte af al as oortreders bekend is. 9 Ter wille van my Naam bedwing Ek my toorn ter wille van my eer tree Ek nie op teen julle nie dat julle nie vernietig word nie. 10 Ek het jou gelouter, maar nie soos silwer gelouter word nie, Ek het jou gelouter in die smeltkroes van ellende. 11 Ter wille van Myself en daarom alleen doen Ek dit, Ek laat my Naam nie oneer aandoen nie. Ek gee die eer wat My toekom, aan niemand anders nie” (Jes. 48: 8-11)).

Ons weet verseker vandag dat Jesus Christus opgestaan het uit die dood! Daar is genoeg getuienis en bewyse dat Hy leef. Die graf is leeg en Hy is gesien deur vele ooggetuienis, wat gelukkig vir ons, nie kon stilbly oor wat hulle beleef het nie. Daarmee het die lig in hierdie lewe gekom, sodat ons ook kan weet dat Jesus Christus vir ons sondes kom ly het, gesterf het, en ook die dood oorwin het! Dit was en is vandag nog God se wil dat dié lig aan die uithoeke van die aarde verkondig sal word. Ook dit is reeds in Jesaja 49 duidelik aan ons utgespel (“Hy het gesê: Dit is nie genoeg dat jy my dienaar is om die stamme van Jakob te herstel en om die Israeliete wat gered is, terug te bring nie; Ek maak jou die lig vir die nasies sodat die redding wat Ek bewerk, die uithoeke van die aarde sal bereik. ” (Jes. 49: 6)).

Laat ons dan nou nie hierdie ongelooflike reddings daad van God die Vader, Die Verlosser Seun en die Heilige Gees, Trooster terwyl ons in hierdie wêreld is, laat verlore gaan nie. Laat ons die Liefde van God uitleef en die redding wat daar is vir ellke mens verkondig op ‘n daadwerklike manier.

Afkondigings 31 Maart – 7 April 2024

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Sondag 31 Maart 2024 :

• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit verskeie tekste.

Die tema van die prediking is: Lig
• Paasfees.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Magdalenahuis by die deure.
• Daar sal GEEN tee bedien word na afloop van die erediens nie.

Maandag 1 April 2024 : • Gesinsdag.

Woensdag 3 April 2024 :
• Kooroefening by die orrel. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom. Neem asb kennis dat kooroefening om 17:00 begin.

• Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 7 (Bergsig-Oos) by Koos en Corrie Reinecke, Fouriestraat 4 - 083 459 0095.

Saterdag 6 April 2024 : • Gholfdag.

Sondag 7 April 2024 :

• Erediens om 09:00. 
• Prediker – Ds Danie Goosen.
• Dag van Danksegging & Verootmoediging.
• Kategese.
• Sinodale Offer vir Teologiese Kweekskool by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Verjaarsdae 2024

31 Maart – Anne-Marie Nel.
1 April – Coreen Botes, Corrie Streicher, Makkie Terblanche.
2 April – Dylan Bothma, Danie du Toit, Werner Fleidl.
3 April – Ilse Broberg, Phillip Cilliers, Robert Crause, Petri Meyer,
Melanie Pienaar, Robert Rudman, Hannetjie Simmelink.
4 April – Nadine Botha, Tinnie Dirks, Brendon Lötter,
Madeleine Vermeulen.
5 April – Riaan van Wyk.
6 April – Stienie Grobler, Lloyd Landsberg, Grete Pretorius,
Elenor Swanepoel, Dawie Uys, Engelize van der Mescht.

Gebedsgids :
Gebedsgidse vir April 2024 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan een van ons groot projekte – om 2 liter gevriesde sop / droë sop, ‘n vars brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke tweede week.
Die datums vir die tweede kwartaal is 10 & 24 April, 8 & 22 Mei en 5 & 19 Junie. By voorbaat baie dankie vir julle getroue ondersteuning.

Behoeftes vir Getuienisprojekte:

Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Omgeebediening
• Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za) 31 Maart 2024
1. Erediensbediening:
a) Skakel na die YouTube Erediens van 31 Maart 2024.

  1. Getuienisbediening:
    a) Nuusbrief van Lynette uit Madagaskar.
  2. Bybelstudiereeks:
    a) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Dit is volbring!”.
  3. Gemeente nuus:
    a) Gebedsgids vir April 2024.
    b) Truitjies vir die kindertjies.
  4. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

VAKATURE │ Digitale Argiefbeampte (Stellenbosch) –
Halfdag vaste-termyn

Vir meer inligting besoek gerus die Kaapkerk webblad: 
www.kaapkerkadmin.co.za/poste

Sluitingsdatum:  10 April 2024 om 12:00

Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of

iets lekkers en kuier saam!

Gemeentefeeslyste sirkuleer tans in die gemeente. Geldelike bydraes is altyd welkom by die kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “GFees” & Bloknr & Van, merk).

Enige bestanddele is baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone.

Die bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

1. KERRIE-EN-RYS:
250 ml @ R20 & 500 ml @ R30. Corita du Preez – 084 265 9487 / Barbara Gericke

– 082 411 1222. Kontak ons indien u wil help deur maalvleis te skenk.

2. JAFELS: @ R20 elk: Daar sal jafels op die dag beskikbaar wees, maar om teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit waardeer indien u asseblief u bestellings per WhatsApp of sms by Annatjie Janse van Rensburg – 082 871 0927 of

Corrie Pieters – 082 327 9527 plaas.

Kontak ons ook indien u kan help met skenkings vir margerine en “Cook ’n Spray”.

3. ROOSTERKOEKE: Heel @ R15 elk / Konfyt @ R20 elk / Konfyt en Kaas @ R25 elk / Hoender Mayo @ R25 elk.

4. PANNEKOEK: @ R6 elk. Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoek, asook donasies (suiker, meel, olie, eiers en kaneel), wat by die kerkkantoor afgegee kan word. Indien u kan help skakel asseblief vir Piet Snyman – 082 297 3476.

5. SOSATIES: Sosaties @ R17 elk. Asseblief geen bestellings! Eddie Drost – 082 920 1829.

6. GEBAK EN TEETUIN:

Ons benodig produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Ons vra dat elke wyk iets gebak sal bydra vir die koektafel. Michelle Roon – 064 674 9756 /

Marie Snyman – 082 229 8316 / Rita Pienaar – 076 401 5858.

7. GROENTE: Robert Crause – 071 243 9181.

8. WIT OLIFANT: Bring asseblief enige goedere na lokaal 6 by die kerk gedurende kantoorure en ons sal dit daar sorteer. Ek sal goedere enige tyd by u huis gaan oplaai indien moeilik om self in te bring. Annalene de Swardt – 082 495 5011.

9. KINDERTAFEL: Ons benodig asb geldelike bydraes vir die kindertafel. Ons sal ook vrywilligers waardeer wat kan help met insamelings asook hulp kan verleen by die tafel. Alle skenkings kan asseblief by die kerkkantoor afgegee word gedurende kantoor ure.

Vicky Barnard – 083 500 5687.

10. POEDING: 350ml@ R15 elk: Kontak Dirk Visser – 082 416 3281 / Dorette Visser

– 072 400 1991 indien u ‘n poeding wil skenk of graag wil help.

Dui asseblief net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.

11. BOEKE: Enige ou boeke sal waardeer word. Bring dit asseblief solank na die kerkkantoor of kontak Ina Blom – 083 651 4517.

12. LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal.

Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of R50 vir 6. Vries goed. Corrie Pieters – 082 327 9527.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Mosambiek
FEBA Mosambiek en hul direkteur, Bright Sonjera, werk onvermoeid om hul luisteraars hoop en bemoediging te gee. Van luisteraarklubs vestig en besoek, tot ’n landbouprojek bestuur wat weduwees bemagtig en honger mense voed, is die span gedurig aan die beweeg. Hul werk neem hulle in jihadis-gebiede in, waar daar soms op hulle geskiet word. Die span by Radio Nuru, in die noorde, is reg in die middel van die konflik.

Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA Mosambiek hul oë op God sal hou, dat Hy hulle veilig sal hou en hul werk sal seën.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Truitjies vir die Kindertjies

Vrouens in die NG Kerk Groot-Brakrivier gemeente het so 3jaar gelede begin om truitjies te brei vir kleuterskoolkinders, toe ‘n vriendin eendag ‘n tas vol truitjies by Tannie Stienie Smit afgelaai het. Haar motto in die lewe is “Gee dat ek elke dag vir iemand iets kan beteken”. Sy en haar suster Kitty Rossouw, brei nou gereeld. Hulle brei truitijies met enige afval wol wat hulle kry. Daar is reeds truitjies in Friemersheim omgewing versprei; asook deur Maria Smart, wat by die VGK, Groot-Brakrivier betrokke is. Sy weet waar daar groot behoefte is vir truitjies in die omgewing.

Veral nou, met die winter op hande, is die behoefte groot, en hulle het tans reeds so ongeveer 30 truitjies beskikbaar vir verspreiding. Indien u graag vir hulle saak wil bydrae, kan u help deur oortollige wol te skenk, te help brei, of finasieël by te dra. Enige bydraes kan u by die Kerkkantoor af gee met verwysing Carina Smit of Rene Voster, wat by die Omgeebediening betrokke is. U kan ook direk met Carina Smit kontak (082 802 0314) indien u betrokke wil raak en saam brei. Kom ons maak ‘n verskil waar dit nodig is!

Sendingnuus Madagaskar: The week 17 March 2024

We once again have a working kitchen and bathroom on the boat. Dries connected the boatyard’s water supply directly to the boat. So running water all around! The toilet flushes and is connected to the drain which Dries and Norbert finished this week. We had to buy some new batteries and the solar panels do their job which means lights and cold water in the fridge. It took a lot of scrubbing and manoeuvring in a small space and it feels as if I still smell of bleach. I am beginning to think that living on the boat might be more comfortable than our house. Now we just have to get the rest of Gabriel in the same shape.

One more week before Thesi arrives! She will only spend two weeks with us, but we are so excited. Remember that Thesi joined us for almost a year after finishing school some years ago. She is a Royal Ranger leader in Germany and was such a blessing to us. Joining the Bundeskamp in Germany more than a year ago was therefore very special to me as I had the opportunity to experience some of Thesi’s world. She has finished her studies last year and we feel very privileged to have been a part of her journey.

We celebrated 26 years of marriage. We appreciate the encouraging messages which we received. We feel blessed and privileged to be able to still work together in God’s Kingdom.

Stof tot nadenke: Wie is in Beheer?

Ek is die Here, Ek het die reg lief, Ek haat roof en misdaad. In my trou sal Ek my volk gee wat Ek beloof het, Ek sal ‘n ewige verbond met hulle sluit.
Jes. 61: 8

Ons is in die laaste, sewende en groot lydensweek, wat ons herinner aan die week voor Jesus Christus se kruisiging. Vir Christus was dit ‘n donker week, want Hy het geweet wat op Hom wag. Hy wat as die Seun van God spesiaal gestuur is na hierdie aarde, om as mens vir ons sondes te sterf. Dit was in God se raadsplan so beskik. Hierdie week wil ek kyk na van die mense wat uitgestaan het in die laaste week van Jesus Christus se mense bestaan.

Die week is ingelei deur die dood van Lasarus, die broer van Maria, wat Jesus se voete met reukolie gewas (Gesalfde) en sy voete met haar hare afgedroog het. Jesus het beide Maria en Lazarus liefgehad, maar Hy het tog vertoef nadat Hy die nuus gekry het van Lasarus se dood. Hy het geweet dat dit die inleiding tot Sy eie kruisiging is (“Toe Jesus dit hoor, het Hy gesê: Hierdie siekte sal nie op die dood uitloop nie maar op die openbaring van die mag van God sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan word” (Joh. 11: 4)). By Sy aankoms in Judea, waar die Jode Hom wou stenig, het Hy genoem dat Lasarus slaap, maar die disipels het verkeerd verstaan. Lasarus was dood, maar die uitstel vir Jesus om op te daag, was sodat hulle in Jesus Christus kon glo (“…en om julle ontwil is Ek bly dat Ek nie daar was nie sodat julle in My kan glo. Maar kom ons gaan na hom toe. ” (Joh. 11: 15)). Beide Marta en Maria was bitter hartseer en effens verwytend, maar Jesus bemoedig hulle deur Sy woorde. (“Toe sê Jesus vir haar: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe nen in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?” “Ja: Here,” sê sy vir Hom, “ek glo vas dat U die Christus is, die Seun van God, die Een wat na die wêreld toe moes kom” (Joh. 11: 25-27)). Daar aangekom het Jesus ‘n graf gevind wat soortgelyk was as die een waarin Hy begrawe sou word, ter voorbereiding. Lasarus se opstanding het tot gevolg gehad dat baie van die Jode wat medelye met Maria kom bewys het, tot geloof in Hom gekom.

In hierdie tyd was Kajafas die hoëpriester, by wie die Fariseërs en priesterhoofde kom kla het (uit jaloesie en beangsdheid om hule posisies te verloor?) omdat Jesus soveel aanhangers begin kry het, en omdat hulle geglo het dat dit tot hulle ondergang sou lei. Kajafas het hulle egter daarop gewys dat dit beter is dat een mens sterf (“Een van hulle, ‘n sekere Kajafas, wat daardie jaar hoëpriester was, het egter vir hulle gesê: “Julle verstaan niks, en julle besef ook nie dat dit tot julle voordeel is dat een man vir die volk sterwe en nie die hele nasie verlore gaan nie. Dit het hy nie uit sy eie gesê nie, maar omdat hy daardie jaar hoëpriester was, het hy geprofeteer dat Jesus vir die nasie sou sterwe. Hy sou nie net vir die nasie sterwe nie, maar ook om die kinders van God wat oor die hele aarde versprei is, tot een volk bymekaar te bring.” (Joh 11: 49-52)). Dit is weereens ‘n bevestiging vir ons dat Jesus Christus vir almal wat in Hom glo sou sterf.

Dan was daar Judas, Iskariot, die verraaier, wat uit gierigheid, vir Jesus Christus verraai het aan Sy vyande, wat hom uit die weg wou ruim. (“Jesus het geweet wie Hom sou verraai; daarom het Hy gesê: “Julle is nie almal skoon nie.”” (Joh. 13: 11); (“”Ek praat nie van julle almal nie; Ek weet wie Ek uitgekies het. Maar die skrif moet vervul word: ‘Hy wat van my brood eet, het My in die rug gesteek.’ Ek sê dit nou al voordat dit gebeur, sodat wanneer dit gebeur, julle kan glo dat Ek is wat Ek is. Dit verseker Ek julle: Wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het. Na hierdie woorde het Jesus hewig ontsteld geword en openlik verklaar: “Dit verseker Ek julle: Een van julle sal My verraai.” (Joh. 13: 18-21)).

Die menigte mense (die manteldraaiers) wat Jesus toegejuig en vereer het met sy inkoms in Jerusalem op die donkie, was grotendeels toe te skryf aan Lasarus se opstanding, wat hulle almal in verwondering gelaat het (“Die mense wat by Jesus was toe Hy vir Lasarus uit die graf geroep het, het gedurig daaroor gepraat. Daarom het die menigte vir Jesus tegemoet gegaan: hulle het gehoor dat Hy hierdie wonderteken gedoen het. Die Fariseërs het toe vir mekaar gesê:”Sien julle, julle rig niks uit nie! Kyk, die hele wêreld gaan agter hom aan!” (Joh. 12: 17-19)). Hierdie selfde menigte het ‘n paar dae later saam met die Skrifgeleerdes en Fariseërs geskreeu: “Kruisig Hom!”. Daar was ook Grieke wat gevra het om Jesus Christus te ontmoet, omdat hulle van Hom gehoor het (“Daar was ook ‘n aantal Grieke onder die mense wat fees toe gekom het om te aanbid. Hulle het na Fillipus, wat van Betsaida in Galilea afkomstig was, gegaan en vir hom gevra: “Meneer, ons wil Jesus graag ontmoet.”” (Joh. 12: 20-21)).

God het almal se oë blind gemaak, want hulle het nie verstaan dat Jesus Christus moes sterf nie, dat Hy nie verewig ‘n menslike Koningkryk hier op aarde kom vestig nie (“God het hulle oë blind gemaak en hulle verstand laat afstomp sodat hulle nie met oë kan sien en met hulle verstand kan verstaan en hulle bekeer en Ek hulle gesond kan maak nie.” (Joh. 12: 40); (“Wie My verwerp en nie My woorde aanneem nie, het reeds iets wat hom veroordeel: die woorde wat Ek gespreek het, sal hom op die laaste dag veroordeel. Ek het nie uit my eie gepraat nie, maar juis die Vader wat My gestuur het, het My opgedra wat Ek moet sê en wat Ek moet praat. En Ek weet dat Sy opdrag die ewige lewe beteken.” (Joh. 12 48-50)).

Dan was daar ook die geliefde dissipels (“Voor die viering van paasfees het Jesus reeds geweet dat die tyd vir Hom gekom het om van hierdie wêreld af na die Vader oor te gaan. Hy het sy eie mense wat in die wêreld is liefgehad, Hy het hulle tot die uiterste liefgehad.” (Joh. 13: 1)), wat die laaste week, voor Hy gevang is, met Hom deurgebring het, en hulle het Hom binne hulle vermoë bygestaan. Vir hulle het Jesus ‘n laaste blyk van waardering betoon deur hulle voete te was…almal na gelyke maat (“Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God gekom het en na God terruggaan. Toe het Hy sy bokleed uitgetrek en ‘n handdoek gevat en om Hom vasgemaak. Daarna het Hy water in ‘n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het.” (Joh. 13: 3-5)). By hierdie geleentheid gee Jesus die dissipels die nuwe gebod van die liefde in ooreenstemming met God die Vader se verbond (“Ek gee julle ‘n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.” (Joh. 13: 34-35); (“Berge kan padgee, heuwels kan wankel, maar my liefde vir jou sal nooit verdwyn nie, my vredeverbond met jou sal nooit wankel nie, sê die Here, wat jou liefhet. ” (Jes. 54: 10)).

Die soldate, wat Jesus gevange geneem het, het Hom na Annas, die vader van die hoëpriester, Kajafas, geneem. Hy is toe onder valshede en leuens as misdadiger aan Pilatus voorgehou. Pilatus wat na ondervraging geen aanklag kon bring teen Jesus Christus nie! (“Die waarheid het verdwyn, wie ophou om kwaad te doen, word daaroor vervolg. Die Here het dit gesien en dit is verkeerd in Sy oë dat daar geen reg is nie.” (Jes. 59: 15)). Daarmee saam het die manteldraaier menigte verkies om die misdadiger, Barabbas, vry te skeld van sy booshede, en liewer die onskuldige Jesus Christus te laat kruisig. En Christus is weggelei, want baie gelowiges het verkies om eerder deur mense geëer te word as deur God (“Nietemin het selfs baie van die lede van die Joodse Raad tog ook tot geloof in Hom gekom, maar uit vrees vir die Fariseërs het hulle dit nie openlik bely nie, sodat hulle nie uit die sinagoge geban sou word nie; want hulle het verkies om liewer deur mense geëer te word as deur God.” (Joh. 12: 42-43)).

Wanneer ons vrae: “Wie is in beheer?”, is dit duidelik dat God elke persoon in Jesus Christus se pad geplaas het vir ‘n spesifieke doel (“En Jesus antwoord hom (Pilatus): “U sou geen gesag oor My gehad het as dit nie van Bo aan u gegee was nie. Daarom het Hy wat My aan u uitgelewer het, groter skuld.” (Joh. 19: 11)). God wat ons beter ken as onsself. God die Vader, wat ons so liefhet, dat Hy nie die sonde kon ontsien nie. As gevolg daarvan het elkeen van ons skuld aan daardie gebeure meer as 2000 jaar gelede. Jesus Christus, die Seun het vir ons sondes kom sterf! Hy het die sonde oorwin, laat ons dan in Sy lig bly lewe (“Toe sê Jesus vir hulle:”Nog net ‘n kort tydjie is die lig by julle, Lewe in die lig terwyl julle dit het sodat die duisternis julle nie oorval nie. Wie in die duisternis lewe, weet nie waar hy gaan uitkom nie. Terwyl julle die lig het, moet julle in die lig glo, sodat julle mense van die lig kan wees.” (Joh. 12: 35-36)), onder leiding van die Voorspraak, die Heilige Gees (“Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ‘n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle sal bly en in julle sal wees.” (Joh. 14: 16-17))!

Lief en Leed – Week 13 van 2024

Lief en Leed

Verjaarsdae 2024

24 Maart – Marietjie Lombard, Hilda Steyn, Adri van Staden.

25 Maart – Pierre de Jager, Trysie Hoffman, Mymie Janse van Rensburg,

Louise Potgieter, Bianca Sassenberg, Aniska Zeelie.

26 Maart – Carla du Toit, Annatjie Fourie, Ali Kotze, Bobby Rudman.

27 Maart – Het Bouwer, Lian Roetz.

28 Maart – Debbie Janse van Rensburg, Keith Jones, Logan Jones, Dawie Jordaan,

Gonnie Nieuwoudt, Rita Pienaar, Evert Venter,Janetta Visser, Morkel Voigt.

29 Maart – Angela Barnard, Melanie Cronje, Louis de Wet, Shaunie Hancke Barnard,

Emile Hurter, Tom Kruger, Dawid Terblanche, Fanie Terblanche, Hettie Visser.

30 Maart – Ems Redelinghuys, Alida Terblanche.

Nuusflitse Week 13+ van 2024

Nuusflitse

Woensdag 27 Maart 2024 : Daar sal GEEN Kooroefening
Donderdag 28 Maart 2024 : Bloedskenk-geleentheid 15:00 – 19:00
GOEIE VRYDAG 29 Maart 2024 : Nagmaal om 09:00. Prediker – Ds Charné Viljoen
Sondag 31 Maart 2024 : Paasfees.
Sonsopkomsbyeenkoms by Suiderkruis strand om 06:30. Prediker – Ds Danie Goosen.
Erediens om 09:00. Prediker – Ds Charné Viljoen.
Wolwedans boodskap, sop en brood: 27 Maart, 10 & 24 April, 8 & 22 Mei en 5 & 19 Junie
Gholfdag 6 April 2024
Gemeentefees 27 April 2024

Afkondigings 24 – 31 Maart 2024

Afkondigings

Sondag 24 Maart 2024 :

• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Fil 2:5-11.

Die tema van die prediking is: ‘n Geloofsontdekking?
• Sewende (Groot) Lydensweek.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Woensdag 27 Maart 2024 :
• Daar sal GEEN Kooroefening wees gedurende die skoolvakansie nie. Oefening hervat weer op 3 April 2024 om 17:00. Marida – 082 471 0751.
• Daar is GEEN blokbyeenkoms die week nie.

Donderdag 28 Maart 2024 :
Bloedskenk-geleentheid :
DRINGENDE VERSOEK – voorrade BAIE laag!
Bloedskenk-geleentheid op Donderdag 28 Maart vanaf 15:00 tot 19:00
in die kerksaal. Christo Smith – 083 447 9891.

GOEIE VRYDAG 29 Maart 2024 :
Nagmaal om 09:00. Prediker – Ds Charné Viljoen.

Sondag 31 Maart 2024 :

Paasfees.
Sonsopkomsbyeenkoms by Suiderkruis strand om 06:30. Prediker – Ds Danie Goosen.
Erediens om 09:00. Prediker – Ds Charné Viljoen.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Magdalenahuis by die deure.
• Daar sal GEEN tee bedien word na afloop van die
erediens nie.

Verjaarsdae 2024

24 Maart – Marietjie Lombard, Hilda Steyn, Adri van Staden.
25 Maart – Pierre de Jager, Trysie Hoffman, Mymie Janse van Rensburg,
Louise Potgieter, Bianca Sassenberg, Aniska Zeelie.
26 Maart – Carla du Toit, Annatjie Fourie, Ali Kotze, Bobby Rudman.
27 Maart – Het Bouwer, Lian Roetz.
28 Maart – Debbie Janse van Rensburg, Keith Jones, Logan Jones, Dawie Jordaan,
Gonnie Nieuwoudt, Rita Pienaar, Evert Venter,Janetta Visser, Morkel Voigt.
29 Maart – Angela Barnard, Melanie Cronje, Louis de Wet, Shaunie Hancke Barnard,
Emile Hurter, Tom Kruger, Dawid Terblanche, Fanie Terblanche, Hettie Visser.
30 Maart – Ems Redelinghuys, Alida Terblanche.

Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan een van ons groot projekte – om 2 liter gevriesde sop / droë sop, ‘n vars brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke tweede week. Die oorblywende datum vir die eerste kwartaal is 27 Maart. Die datums vir die tweede kwartaal is 10 & 24 April, 8 & 22 Mei en 5 & 19 Junie. By voorbaat baie dankie vir julle getroue ondersteuning.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte:
• Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte kera-miek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Omgeebediening
• Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
24 Maart 2024
1. Erediensbediening:
a) Skakel na die YouTube Preek van 24 Maart 2024.

  1. Bybelstudiereeks:
    a) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Wie is in beheer?”
  2. Getuienisbediening:
    a) Nuusbrief vanaf Madagaskar.
  3. Gemeente nuus:
    a) Gesinskamp by Harkerville.
    b) Gemeentebrief Maart 2024.
  4. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of

iets lekkers en kuier saam!

Gemeentefeeslyste sirkuleer tans in die gemeente. Geldelike bydraes is altyd welkom by die kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “GFees” & Bloknr & Van, merk).

Enige bestanddele is baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone.

Die bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

1. KERRIE-EN-RYS:
250 ml @ R20 & 500 ml @ R30. Corita du Preez – 084 265 9487 / Barbara Gericke

– 082 411 1222. Kontak ons indien u wil help deur maalvleis te skenk.

2. JAFELS: @ R20 elk: Daar sal jafels op die dag beskikbaar wees, maar om teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit waardeer indien u asseblief u bestellings per WhatsApp of sms by Annatjie Janse van Rensburg – 082 871 0927 of

Corrie Pieters – 082 327 9527 plaas.

Kontak ons asseblief ook indien u kan help met skenkings vir fyn maalvleis.

3. ROOSTERKOEKE: Heel @ R15 elk / Konfyt @ R20 elk / Konfyt en Kaas @ R25 elk / Hoender Mayo @ R25 elk.

4. PANNEKOEK: @ R6 elk. Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoek, asook donasies (suiker, meel, olie, eiers en kaneel), wat by die kerkkantoor afgegee kan word. Indien u kan help skakel asseblief vir Piet Snyman – 082 297 3476.

5. SOSATIES: Sosaties @ R17 elk. Asseblief geen bestellings! Eddie Drost – 082 920 1829.

6. GEBAK EN TEETUIN:

Ons benodig produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Ons vra dat elke wyk iets gebak sal bydra vir die koektafel. Michelle Roon – 064 674 9756 /

Marie Snyman – 082 229 8316 / Rita Pienaar – 076 401 5858.

7. GROENTE: Robert Crause – 071 243 9181.

8. WIT OLIFANT: Bring asseblief enige goedere na lokaal 6 by die kerk gedurende kantoorure en ons sal dit daar sorteer. Ek sal goedere enige tyd by u huis gaan oplaai indien moeilik om self in te bring. Annalene de Swardt – 082 495 5011.

9. KINDERTAFEL: Ons benodig asb geldelike bydraes vir die kindertafel. Ons sal ook vrywilligers waardeer wat kan help met insamelings asook hulp kan verleen by die tafel. Alle skenkings kan asseblief by die kerkkantoor afgegee word gedurende kantoor ure.

Vicky Barnard – 083 500 5687.

10. POEDING: 350ml@ R15 elk: Kontak Dirk Visser – 082 416 3281 / Dorette Visser

– 072 400 1991 indien u ‘n poeding wil skenk of graag wil help.

Dui asseblief net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.

11. BOEKE: Enige ou boeke sal waardeer word. Bring dit asseblief solank na die kerkkantoor of kontak Ina Blom – 083 651 4517.

12. LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal.

Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of R50 vir 6. Vries goed. Corrie Pieters – 082 327 9527.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Internasionaal

FEBA neem Christus na die wêreld deur media. Tot dusver handhaaf FEBA ‘n teenwoordigheid in 50 lande en die aantal hou aan groei. FEBA-spanne vervaardig en saai radioprogramme en aanlyn-inhoud uit, skakel met luisteraars op verskeie platforms, en versprei die Goeie Nuus van Christus in donker plekke. Tegniese spanne werk hard om radiostasies aan die gang te hou en leiers lei hul spanne deur baie uitdagings.

Ons gebed vir die week: Bid dat God FEBA-spanne en luisteraars sal seën en energie sal gee, sodat die Goeie Nuus kan aanhou versprei totdat almal gehoor het.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:
Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Gesinskamp 2024

Die nuwe jaar het afgeskop met soveel opwinding. Ds Charne Viljoen het by ons aangesluit en ons is opgewonde om saam met haar te bedien en om ons kinders/jeug te help om self bedienend te wees. Daarom het ons die gesinskamp/jeugkamp by Harkerville gereël, waar almal welkom was om aan te sluit.

Vrydagmiddag, 15 Maart het almal by die kerk ontmoet en saam vertrek na Harkerville. Daar gekom, was die kinders in ekstase oor wie slaap waar en oor aandete. Elkeen kon hul eie burger bou. Die saal was gevul met besige lyfies en skaterlag. Ds Charne het die kinders betrek met bordspeletjies en die opwinding was groot. 

Saterdagoggend, na ontbyt, het almal, van groot na klein, die pragtige natuurskone staproete strand toe, aangedurf. Dit was n belewenis en selfs klein Emma het die roete saam met pappa voltooi.  

Terug by die kamp met al die moë lyfies, maar nie te moeg om so bietjie volleyball teen die ouers te speel of die yskoue water van die sprankelende swembad aan te durf nie, het die kinders baljaar, met mammas wat n veilige ogie hou. Terwyl die pappas in die agtergrond besig was om n lekker worsie te braai vir die worsbroodjies. 

Die aand was gevul met n kampvuur in die saal, pappas wat braai en mammas wat die slaaie en broodjies gereed kry. Na aandete was die saal opgehelder met samesang, begely deur oom Charles. 

Die volgende oggend, na ontbyt het almal vertrek. Dit was beslis n belewenis en ons sien uit na die volgende kamp!
Vicky Barnard 

Gemeente Brief Maart 2024

Gemeentebrief

Goeiemôre gemeente


Hier in die begin van die jaar is ons dankbaar dat ons in die afgelope jaar kon getuig dat ons al die werke van ons gemeente met blymoedigheid kon doen.

Dat ons dienswerk en uitbreiding van die koninkryk nooit ‘n voltooidheid bereik nie, maar eerder die voortsetting van pelgrims saam op reis is, is ‘n voorreg. Ons dank u elkeen vir u aandeel en bemoediging om hierdie reis voort te sit.

Lees meer “Gemeente Brief Maart 2024”

Sendingnuus Madagaskar : Update

I clearly lost a couple of weeks!

We have been working hard at the boat and I have to keep up with the Ranger lessons and meetings. As is so often the case, things break when it is least convenient. My quad is waiting for a part which we had to order from Taiwan and the Land Rover has parts coming from Antananarivo. The Landy is still going though, but the quad is out of commission for now. I have to take six different tuc-tucs to get to and from school. I still have trouble walking and doing everything at at a slower speed, is frustrating for me.

We’ll spend a couple of days on the boat from Thursday. The toilet situation at the boat is not yet completely functioning, so we’ll stay at a Malagasy ‘guesthouse’ down the road. We should be ready to live on board from next week.

All work happens at a slightly slower pace for now. March and April are the hottest and most humid months on our island. Dries goes through at least four T shirts a day and my little towel accompanies me wherever I go.

May you have a blessed week. We appreciate your prayer and support.

Carpe Musicam! Orkes & Koor AMAZING GRACE: 5, 7 & 12 Apr 2024

Liewe Musiekliefhebber 

Kom geniet ‘n unieke musikale ervaring saam met die Carpe Musicam! Orkes & Koor.

Die April-konserte het weer ‘n groot verskeidenheid interessante verwerkings van bekende en ook minder bekende melodieë  – ons poog altyd om iets vir elke smaak op te tower!

Kaartjies en meer inligting by www.carpemusicam.co.za  

Jy is welkom om dié inligting vir jou  bure, vriende, familie, kollegas, kliënte, ens aan te stuur!

Kom geniet die musiek saam met ons!

CM! groete

Stof tot nadenke: Struikelblokke

Wie een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ‘n maalklip van ‘n donkie om sy nek gehang word en hy wegsink in die dieptes van die see. Wee die wêreld as gevolg van die struikelblokke. Struikelblokke sal onvermydelik kom, nogtans, wee die mens deur wie die struikelblokke kom.
Matt. 18: 6-7

Baie kras woorde uit die mond van Jesus Christus, maar Hy het dit met oortuiging gesê en bedoel. Hy wat mens geword het om vir ons sondes te sterf. Hy het gesien hoe mense vir mekaar struikelblokke op hulle pad kom sit. Hy wat as Seun van God ook geweet het wat in mense se harte is, en wat hulle ware bedoelings is. Hy wat weet dat vir die reines van hart, alles rein is, maar vir die besoedeldes en ongelowiges is niks rein nie (“Vir die reines is alles rein, maar vir die besoedeldes en ongelowiges is niks rein nie, want hulle verstand en hulle gewete is besoedel” (Tit. 1: 15)).

Wat beteken dit om ‘n struikelblok op iemand anders se pad te sit? Ons doen tog nie sulke dinge nie! Ons sit elke dag en bedink die dinge van God. Die beste voorbeeld is seker die Fariseërs wat Christus wou vastrek en ‘n slinkse plan beraam het om Hom te kry om ‘n verkeerde antwoord te gee na hulle ‘n vrou wat owerspel gepleeg het en na Hom toe gebring het, en Hy sy baie bekende antwoord gegee het (“Laat die een wat sonder sonde is, eerste ‘n klip na haar gooi” (Joh. 8: 7). Hulle het regtig gedink dat hulle Jesus kan versoek, met ander woorde hulle het gedink hulle is slinks genoeg om ‘n struikelblok in Jesus Christus se pad te plaas.

Die Bybel is vol van voorbeelde, wat tereg nie direk as struikelblokke vir mense genoem word nie, maar elkeen van ons wat al daarmee gekonfronteer is, weet watter struikelblok dit in jou lewe kan word, indien jy nie daarop bedag is nie. Dinge soos haat, afguns, leuens en gemene dade. Dinge wat so in die alledaagse lewe as normaal en bruikbaar geadverteer word (“Wie onder julle is wys en verstandig? Laat hy deur goeie gedrag sy dade met sagmoedige wysheid toon. Maar as daar bittere afguns en selfsug in julle harte is, moet julle dan nie op wysheid beroem, en teen die waarheid lieg nie. Dit is nie wysheid wat van bo kom nie, maar aards, nie-geestelik en demonies. Want waar afguns en selfsug heers, kom wanorde en allerlei gemene dade voor. Maar die wysheid van bo is in die eerste plek suiwer, en verder ook vredeliewend, bedagsaam, inskiklik, vol deernis en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins. En die vrug van geregtigheid word in vrede gesaai vir hulle wat vrede maak.” (Jak. 3: 13-18)). In Levitikus word daar van die vroegste tye af gewaarsku teen baie bedrywe, wat ons nog steeds in ons hedendaagse tyd beleef (“Julle mag nie steel nie, julle mag nie lieg nie, en julle mag as volksgenote mekaar nie bedrieg nie. Julle mag nie in my Naam ‘n vals eed aflê en so die Naam van julle God ontheilig nie. Ek is die Here. Jy mag nie jou naaste uitbuit en beroof nie. Jy mag nie die loon van ‘n dagloner deur die nag by jou hou tot die oggend nie. Jy mag ‘n dowe nie vervloek nie en voor ‘n blinde nie ‘n struikelblok lê nie. Jy moet vir jou God ontsag hê. Ek is die Here. “’Julle mag nie onreg pleeg in die regspraak nie. Jy mag nie partydig wees vir armes of voorkeur gee aan belangrikes nie. Oordeel jou volksgenoot regverdig. Jy mag nie as kwaadstoker tussen jou mense rondgaan nie; jy mag nie jou medemens se lewe in gevaar stel nie. Ek is die Here. Jy mag nie jou broer in jou hart haat nie. Wys jou volksgenoot openhartig tereg. Jy mag nie ‘n misstap teen hom bly hou nie. Jy mag nie haatdraend wees en ‘n wrok koester teen die kinders van jou volk nie. Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die Here.“ (Lev. 19: 11-18)). Ons word ook gemaan om nie te sweer nie, nie by die hemel en ook nie by die aarde nie (“Bo alles, my broers, moenie sweer nie – nie by die hemel nie, en nie by die aarde nie – en moet ook geen ander eed aflê nie. Maar laat julle “ja” ‘n “ja” wees, en julle “nee” ‘n “nee”, sodat die oordeel julle nie tref nie.” (Jak. 5: 12)).

Daar is soveel toepaslike voorbeelde van struikelblokke in die Bybel, asook in hierdie hedendaagse lewe, dat ons ‘n hele boek daarvan kan volmaak (“Hulle silwer sal hulle in die strate weggooi, hulle goud sal as onrein afval beskou word. Hulle silwer en goud – dit kan hulle nie red op die dag van die Here se gramskap nie. Hulle eetlus sal hulle nie daarmee kan stil nie, hulle ingewande nie kan vul nie. Want dit was die struikelblok.” (Eseg. 7: 19)). Esegiël maan ons om ons te bekeer van al ons oortredinge en bydrae tot struikelblokke vir ander (“die uitspraak van die Heer, die Here. “Bekeer julle! Draai weg van al julle oortredings, sodat dit nie vir julle ‘n struikelblok word wat sondeskuld meebring nie. Werp al julle oortredings van julle af weg, dit waarmee julle oortree het, en maak vir julle ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees.” (Eseg. 18: 30-31)). Selfs die goedbedoelende Petrus, wat as die rots van Jesus Christus se evangelie beskou word, was ook ‘n struikelblok van Jesus self (“Petrus het Hom eenkant geneem en Hom begin teregwys: “Mag God dit verhoed, Here, dit sal beslis nie met U gebeur nie! Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: “Gaan weg agter my , Satan! Jy is vir My ‘n struikelblok, want jy bedink nie die dinge van God nie, maar die dinge van mense.” (Matt. 16: 22-23)).

Daar is ook selfs verwysing na regverdige mense wat van hulle regverdige lewe afwyk, soos ons deesdae dikwels van hoor. Vir hulle is daar reeds in Esegiël die waarskuwing van ‘n struikelblok waardeur hulle sal sterf. Hierdie struikelblok verwys na Jesus Christus self (“Wanneer ‘n regverdige van sy regverdige lewe afwyk en onreg pleeg, en Ek ‘n struikelblok voor hom neersit, sal hy sterf. As jy hom nie waarsku teen sy sonde nie, sal hy sterf, sy regverdige dade wat hy gedoen het, sal nie onthou word nie. Sy bloed sal Ek egter van jou hand eis. En jy, as jy ‘n regverdige waarsku om nie te sondig nie, en hy, die regverdige, sondig nie, sal hy beslis bly leef, omdat hy hom laat waarsku het; en jy, jy het dan jou eie lewe gered.” (Eseg. 3: 20-21)). Ons moet besef dat God wel die oordeel sal vel oor die wat nie in Hom glo nie; dit is ook ‘n waarskuwing wat na ons toe kom (“Al weet julle al hierdie dinge, wil ek julle daaraan herinner dat, hoewel die here een maal sy volk uit Egipte verlos het, Hy tog daarna dié wat nie geglo het nie, laat omkom het.” (Jud. 1: 5)).

Net soos in Pauus se woorde, laat daar nie van ons gesê word dat ons afgodsbeelde en ander struikelblokke in mense se pad lê nie (“Julle moenie vir Jode of Grieke of die gemeente van God ‘n struikelblok wees nie. Net soos ek ook probeer om alle mense in alle opsigte in ag te neem, en om nie my eie voordeel nie, maar dié van die meerderheid, na te streef, sodat julle verlos mag word.”(1 Kor. 10: 32-33)). Laat ons versigtig wandel en nie ‘n struikelblok wees vir enigiemand wat in sekere opsigte swakker as onsself is nie (“Pasop dat hierdie vryheid van julle nie vir die swakkes ‘n struikelblok word nie. Want as iemand jou, wat die kennis het, in ‘n afgodstempel aan tafel sien, sal hy nie, omdat sy gewete swak is, aangemoedig word om afgodsoffers te eet nie?” (1 Kor. 8: 9-10)). Ons het ‘n verantwoordelikheid teenoor alle ander mense, hetsy Jode of nie-jode, hetsy sterk mense of die swakkeres; want ons glo en verkondig die waarheid (“Ons egter, verkondig ‘n gekruisigde Christus. Vir Jode is dit ‘n struikelblok en vir nie-Jode ‘n dwaasheid. Maar vir diegene wat geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God.” (1 Kor. 1: 23-24); (“Julle het goed gehardloop. Wie het julle verhinder om aan die waarheid gehoorsaam te bly? Dié oorrreding kom nie van Hom wat julle roep nie.’n Bietjie suurdeeg maak al die deeg suur. Wat julle betref: Ek is in die Here daarvan oortuig dat julle nie anders as ek sal dink nie, maar die een wat julle in verwarring bring, sal die straf dra, wie hy ookal mag wees.” (Gal. 5: 7-10)).

Die enigste Een wat toegelaat word om ‘n struikelblok, wel tot hulle redding mag wees, is die Seun, Jesus Christus (“Wat sal ons dan sê? Dat die heidene die geregtigheid wat hulle nie nagejaag het nie, verkry het, naamlik die regverdiginge deur die geloof, terwyl Israel, wat geregtigheid deur die wet nagejaag het, die eis van die wet nie kon nakom nie? Waarom nie? Omdat hulle dit nie op grond van geloof wou verkry nie, maar op grond van hulle dade. Hulle het oor die struikelblok gestruikel, soos daar geskryf staan: “Kyk, Ek sit in Sion ‘n klip neer waaroor ‘n mens kan struikel, ja, ‘n rots wat jou kan laat val; maar wie in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie.” (Rom. 9: 30-33)). Laat ons gaan lewe tot voordeel van ander en nie struikelblokke in enigiemand se lewe wees nie!

Nuusflitse Week 12+ van 2024

Nuusflitse

Woensdag 20 Maart 2024 : • Daar sal GEEN Kooroefening
Sondag 24 Maart 2024 : • Erediens om 09:00. • Prediker – Ds Charné Viljoen. • Sewende (Groot) Lydensweek. • GEEN Kategese
Wolwedans boodskap, sop en brood 27 Maart2024
Gholfdag 6 April 2024
27 April 2024 – Gemeentefees