Sending aan die Melaatse – Suidelike Afrika

Beste Vriende

Melaatsheid beroof mense van hul vingers, vriende en vooruitsigte.

Met u bystand bring die Sending aan die Melaatse hierdie rower agter tralies.

Soos meeste rowers, vermom melaatsheid sy aanvalle.

Dit is die Sending aan die Melaatse se taak om hom te ontmasker.

Indien iemand hom raaksien, kan ons hom gevange neem, voordat hy met ‘n misdaadveldtog begin.

Ons het dit reggekry om melaatsheid se masker af te pluk in hierdie video.

Met u hulp kan ons melaatsheid raaksien, dit behandel en die siekte in sy spore stuit.

Melaatsheid stop?  Dis nou goeie nuus!
 “Maak siekes gesond, wek dooies op, reinig melaatses en dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, gee dit ook verniet.” Matteus 10:8
Jesus het ons opdrag gegee om hierdie werk te doen en dis nog lank nie klaar nie.

U kan verhoed dat melaatsheid nog ‘n persoon se hande, voete en sig beroof deur hierdie skakel so wyd as moontlik te versprei.

Met opregte dank vir u hulp om melaatsheid te ontmasker.
 
Pieter Laubscher
Uitvoerende Direkteur
Sending aan die Melaatse Suidelike Afrika
073 470 3185 
NS: Deel asseblief hierdie video met lidmate van u gemeente of by u selgroepe of gebedsgeleenthede.  Indien u ‘n webtuiste het, plaas gerus die skakel na die video op die tuisblad.  Versoek asseblief u vriende om hierdie video wyd en syd te deel.

Hoe meer mense help om hierdie rower te ontmasker, hoe beter!

Besoek ons webwerf deur hier te kliek.
Bankbesonderhede:
Eerste Nasionale Bank, Balfour Park, Takkode: 212217,
Rekeningnommer: 51471056974