Stof tot nadenke: Geloof, Genade en Gewete

Hou vas aan die geloof en behou ‘n goeie gewete. Omdat sommige hulle gewete onderdruk het, het hulle geloof skipbreuk gely”.
1 Tim. 1: 19

Waar kom ons vermoë vandaan om ‘n goeie gewete te hê? Hoe behou ons ‘n goeie gewete? Paulus verseker ons in 1 Tim. 1: 19, dat ons geloof en ons gewete gekoppel is. Dis wanneer ons geloof tot niet gaan, wat ons gewete ook by die deur uitvlieg. Dan onderdruk ons ons gewete, en redeneer dat die dinge wat ons doen goed en reg is. Dis dan wat dit waar word van mense dat hul gewete toegeskroei is (“Hierdie dwaalleraars is skynheilige leuenaars wie se gewete toegeskroei is. ” (1 Tim. 4: 2)). Ons moet ons nie besig hou met verdigsels en eindelose geslagregisters nie, aangesien die dinge aanleiding gee tot twis en verwydering (“Hulle moet hulle nie met verdigsels en eindelose geslagregisters besig hou nie. Sulke dinge gee eerder aanleiding tot twisgesprekke as dat dit die vorming bevorder wat God deur die geloof gee. Die doel van hierdie opdrag is om liefde te wek wat uit ‘n rein hart, ‘n goeie gewete en ‘n opregte geloof kom.” (1 Tim. 1: 4-5)). Mense sonder gewete het duidelik teen Christus besluit (“Wie die goeie voor oë het, soek aanvaarding, maar wie kwaad nastreef – dit haal hom in.” (Spr. 11: 27); “…en met elke vorm van goddelose misleiding vir hulle wat verlore gaan, omdat hulle nie die liefde vir die waarheid aanvaar het om verlos te kan word nie. ” (2 Tes. 2:10)). Daar is dus ‘n duidelike konneksie tussen geloof en ‘n mens se gewete.

Lees meer “Stof tot nadenke: Geloof, Genade en Gewete”

Nuusflitse Week 10+ van 2024

Nuusflitse

Woensdag 6 Maart 2024 :  Kooroefening – 17:00 by die orrel. 
Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 6A (Suiderkruis) 
Sondag 10 Maart 2024 : Erediens om 09:00. Prediker – Ds Charné Viljoen. Vyfde Lydensweek. Kategese.
Gholfdag, skuif na 6 April 2024.
Wolwedans boodskap sop en brood –  13 & 27 Maart

Lief en Leed Week 10 van 2024

Lief en Leed

Verjaarsdae 2024

3 Maart – Albert Bright, Chris Fick, Peet Kilian, Petrus Zaayman.

4 Maart – Felicity de Beer, Gert de Jager, Anneke Erasmus, Bob Goudzwaard,

Lodic Jordaan, Lisa Liebenberg, Leon van der Mescht, ds Charné Viljoen.

5 Maart – Herman Bosman, Sybel Uys, Henriëtte van Schalkwyk, Ben van Wyk.

6 Maart – Eunice Erasmus, Abrie Lowies, Philip Roets, Sandra van Rensburg,

Isabella Wolmarans.

7 Maart – Hannetjie du Plessis, Callie van Huyssteen, Nelie van Staden.

8 Maart – Tielman Breedt, Babsie Greyling, Christa Jansen van Rensburg,

Charlene Ludick, Tolletjie van der Merwe, André Zwiegelaar.

9 Maart – James Erasmus, Susan Landsberg.

Afkondiginge 3 tot 10 Maart 2024 – NG Kerk Groot-Brakrivier

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Sondag 3 Maart 2024 :

  • Baie welkom by die erediens.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Kor 1:18-31.

Die tema van die prediking is: Die dwase wysheid?

  • Vierde Lydensweek.
  • Kategese.
  • Sinodale Offer vir Hospitaalbearbeiding by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Woensdag 6 Maart 2024 :

  • Kooroefening – 17:00 by die orrel. Marida – 082 471 0751.

Alle belangstellendes is welkom.

  • Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 6A (Suiderkruis) by Egbert en Annatjie Janse Van Rensburg, Columbasingel 34 – 082 871 0927.

Sondag 10 Maart 2024 :

  • Erediens om 09:00.
  • Prediker – Ds Charné Viljoen.
  • Vyfde Lydensweek.
  • Kategese.
  • Spesiale Offer vir Arbeidsbediening Moselbaai by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Neem asb kennis dat die datum van die gholfdag, soos aangedui op die almanak, skuif na 6 April 2024.

Verjaarsdae 2024

3 Maart – Albert Bright, Chris Fick, Peet Kilian, Petrus Zaayman.

4 Maart – Felicity de Beer, Gert de Jager, Anneke Erasmus, Bob Goudzwaard,

Lodic Jordaan, Lisa Liebenberg, Leon van der Mescht, ds Charné Viljoen.

5 Maart – Herman Bosman, Sybel Uys, Henriëtte van Schalkwyk, Ben van Wyk.

6 Maart – Eunice Erasmus, Abrie Lowies, Philip Roets, Sandra van Rensburg,

Isabella Wolmarans.

7 Maart – Hannetjie du Plessis, Callie van Huyssteen, Nelie van Staden.

8 Maart – Tielman Breedt, Babsie Greyling, Christa Jansen van Rensburg,

Charlene Ludick, Tolletjie van der Merwe, André Zwiegelaar.

9 Maart – James Erasmus, Susan Landsberg.

gebedsgids :

Gebedsgidse vir Maart 2024 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Ondersteuningsgroep :

Ons groep wil graag mense ondersteun met:

  • Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
  • Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.

Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Omgeebediening : 

  • In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
  • Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

G etuienisbediening :

  • Wolwedans boodskap, sop en brood:

Ons nooi die gemeente om deel te neem aan een van ons groot projekte – om 2 liter gevriesde sop / droë sop, ‘n vars brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke tweede week.

Die oorblywende datums vir die eerste kwartaal is 13 & 27 Maart. By voorbaat baie dankie aan julle getroue ondersteuning.

  • Behoeftes vir Getuienisprojekte:
  • Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
  • Daar is tans ’n spesifieke behoefte vir ’n baba stootwaentjie en vir ‘n selfoon. Indien u een kan skenk kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word/gereël word vir afhaal. Vir navrae skakel asb vir Aletia – 084 783 1308.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.

Nuwe en bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak.

– Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA China

In China word mense soms afgedank omdat hulle Christus as verlosser aanvaar. Die regering verwyder Christelike toepassings en stromingsdienste van die internet. Kinders word verbied om aan godsdienstige aktiwiteite deel te neem. Hierdie is net ’n paar maniere waarop Christene in China vervolg word. Tog hou FEBA China se gehoor aan groei en ’n groot aantal luisteraars het hulle al tot Christus bekeer.

Ons gebed vir die week:Prys God vir hierdie oes en bid dat Hy sal aanhou om FEBA China

en hul luisteraars te seën te midde van moeilike omstandighede.

Dankies

Goeiemôre gemeente

Ons wil elkeen bedank vir al u bystand, oproepe, gebede, kos en geskenke in hierdie mooi tyd van Theo se geboorte. Ons waardeer elke gebaar van liefde in die tyd. Ons is opnuut verras met die gemeente en gemeenskap se meelewing.

Groete van ons hele gesin.

Danie, Nadia, Daneel, Nikola en Theo.

KLUB 50


Vrugtefees & Worsbraai Woensdag 6 Maart om 10:00 in die kerksaal. R30 per persoon. Lede is welkom om hul eie vleisie saam te bring en te braai. Bevestig asb teen 1 Maart of u sal bywoon: Anina Geldenhuys – 083 276 1909 Marie Snyman – 082 229 8316


Kamp Kom geniet ’n wegbreek kamp om mekaar beter te leer ken vanaf 6 – 10 Mei 2024 te Plettenberg Forever Resort, Keurboomsrivier. Koste beloop R500 p/p en sluit onbyt en aandete in. Gelde moet asb so spoedig moontlik by die kerkkantoor of per EFT inbetaal word. Verwysing: “K50 Kamp” en u naam. Stuur bewys aan Johan Snyman – 083 736 5747.

Die webwerf(nggrootbrak.co.za)

3 Maart 2024

  1. Erediensbediening:

a)Skakel na die YouTube Preek van 3 Maart 2024.

2. Getuienisbediening:

b) Sendingnuus uit Madagaskar.

c) Riaan Naudé se getuienis is op YouTube beskikbaar.

3. Bybelstudiereeks:

a) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Geloof, genade en gewete”.

4. Gemeente nuus:

a) Die klein Goosentjie het gearriveer.

b) Daar is ‘n skakel op die webtuiste na die Kerkbode artikel van ds Nadia Marais “Die

geskenk van sterflikheid”.

5. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Neem asb kennis dat die kerkkantoor nou kaartgeriewe beskikbaar het, indien u in die toekoms gelde by die kerkkantoor moet inbetaal kan u dus nou met u kaart betaal.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624

Charné Viljoen – 083 294 6640

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205

e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za

Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

Takkode 210314

Lief en Leed Week 9 van 2024

Lief en Leed

Verjaarsdae 2024

25 Februarie – Mickey Barnard, Nicky Cloete, Ben Erasmus, Jeromé Naudé.

26 Februarie – Luka de Swardt, Pieta de Wit, Jos Mostert, Wolf Urie.

27 Februarie – Maureen Barnard, Thereza Terblanche.

28 Februarie – Hans Böhi, Letitia Boshoff, Ellie Bothma, Esther Cilliers, Hannes de Jager, Hynn Engelbrecht, Hilda Korsten, Hannes Lourens, Talesha Nel.

29 Februarie – Susan Joubert.

1 Maart – Alta de Wet, Cobus Greyling, Pieter Grimbeek.

2 Maart – Paula Grimbeek, Tuané Muller, Sarie Oosthuizen, Gerrit Willemse.

Nuusflitse Week 9+ van 2024

Nuusflitse

Dinsdag 27 Februarie 2024 : Die Kerkraad vergader in die kerksaal
Woensdag 28 Februarie 2024 :  GEEN Kooroefening 
Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 5 (Hersham) by Barbara Gericke, Franklinstraat 22
Vrydag 1 Maart 2024 : Wêreldbiddag vir Vroue funksie om 16:00 in die kerk.
Saterdag 2 Maart 2024 : Wêreldbiddag vir Mans.
Sondag 3 Maart 2024 : Erediens om 09:00. Prediker – Ds Danie Goosen. Vierde Lydensweek. Kategese.
Wolwedans Boodskap, Sop en Brood –  28 Februarie en 13 & 27 Maart.
20 – 40 : 29 Februarie 2024 in die kerk
Gesinskamp 15 -17 Maart 2024

Afkondigings 25 Februarie tot 3 Maart 2023

Afkondigings

Sondag 25 Februarie 2024 :

  • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan Riaan Naudé wat vanoggend se erediens lei met getuienis-en sangbediening.
  • Derde Lydensweek.
  • Kategese.
  • Spesiale Offer vir Hartenbos Versorgingsoord by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Dinsdag 27 Februarie 2024 :

  • Die Kerkraad vergader in die kerksaal onder voorsitterskap van Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.

Woensdag 28 Februarie 2024 :

  • Daar sal GEEN Kooroefening wees hierdie week nie. Oefening hervat weer op 6 Maart 2024. Marida – 082 471 0751.
  • Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 5 (Hersham) by Barbara Gericke, Franklinstraat 22 (082 411 1222).

Vrydag 1 Maart 2024 :

  • Wêreldbiddag vir Vroue funksie om 16:00 in die kerk. Daar sal ligte verversings na afloop van die diens in die kerksaal bedien word.

Saterdag 2 Maart 2024 :

  • Wêreldbiddag vir Mans.

Sondag 3 Maart 2024 :

  • Erediens om 09:00.
  • Prediker – Ds Danie Goosen.
  • Vierde Lydensweek.
  • Kategese.
  • Sinodale Offer vir Hospitaalbearbeiding by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

gebedsgids :

Gebedsgidse vir Maart 2024 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.

Nuwe en bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak.

– Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

Omgeebediening : 

  • In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
  • Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Ondersteuningsgroep :

Ons groep wil graag mense ondersteun met:

  • Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
  • Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.

Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

G etuienisbediening :

  • Wolwedans boodskap, sop en brood:

Ons staan aan die begin van ‘n nuwe jaar en ons wil weer die gemeente uitnooi om deel te neem aan een van ons groot projekte – om 2 liter gevriesde sop / droë sop, ‘n vars brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke tweede week.

Die oorblywende datums vir die eerste kwartaal is 28 Februarie

en 13 & 27 Maart. By voorbaat baie dankie aan julle getroue ondersteuning.

  • Behoeftes vir Getuienisprojekte:
  • Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
  • Daar is tans ’n spesifieke behoefte vir ’n baba stootwaentjie en vir ‘n selfoon. Indien u een kan skenk kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word/gereël word vir afhaal. Vir navrae skakel asb vir Aletia – 084 783 1308.
KLUB 50


Vrugtefees & Worsbraai Woensdag 6 Maart om 10:00 in die kerksaal. R30 per persoon. Lede is welkom om hul eie vleisie saam te bring en te braai. Bevestig asb teen 1 Maart of u sal bywoon: Anina Geldenhuys – 083 276 1909 Marie Snyman – 082 229 8316


Kamp Kom geniet ’n wegbreek kamp om mekaar beter te leer ken vanaf 6 – 10 Mei 2024 te Plettenberg Forever Resort, Keurboomsrivier. Koste beloop R500 p/p en sluit onbyt en aandete in. Gelde moet asb so spoedig moontlik by die kerkkantoor of deur EFT inbetaal word. Verwysing: “K50 Kamp” en u naam. Stuur bewys aan Johan Snyman – 083 736 5747.

Verjaarsdae 2024

25 Februarie – Mickey Barnard, Nicky Cloete, Ben Erasmus, Jeromé Naudé.

26 Februarie – Luka de Swardt, Pieta de Wit, Jos Mostert, Wolf Urie.

27 Februarie – Maureen Barnard, Thereza Terblanche.

28 Februarie – Hans Böhi, Letitia Boshoff, Ellie Bothma, Esther Cilliers, Hannes de Jager, Hynn Engelbrecht, Hilda Korsten, Hannes Lourens, Talesha Nel.

29 Februarie – Susan Joubert.

1 Maart – Alta de Wet, Cobus Greyling, Pieter Grimbeek.

2 Maart – Paula Grimbeek, Tuané Muller, Sarie Oosthuizen, Gerrit Willemse.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Rusland en Oekraïne

Op 20 Februarie duur die Russies-Oekraïnse oorlog reeds tien jaar. Duisende het tot dusver hul lewens, geliefdes en tuistes verloor. FEBA Oekraïne en FEBA Rusland werk nog al die tyd hard daaraan om hul mense onder hierdie moeilike omstandighede te bedien – daar is ‘n beradingslyn, die span bid saam met luisteraars op regstreekse uitsendings en pos bemoedigende boodskappe op sosiale media. FEBA Oekraïne stuur ook radio’s en boekies na die front, waar van hul spanlede as soldate of kapelane dien.

Ons gebed vir die week:Bid dat God FEBA Oekraïne en FEBA Rusland sal versterk en beskerm, sodat hulle kan aanhou om Sy liefde te verkondig totdat die oorlog eindig en daarna. 

D ie webwerf(nggrootbrak.co.za)

25 Februarie 2024

  1. Erediensbediening:

a)Skakel na die YouTube Preek van 25 Februarie 2024 deur ds Danie Goosen.

2. Bybelstudiereeks:

a) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Waarop moet ons let?”

3. Gemeente nuus:

a) Die week van die Wêreldbiddag vir Vroue wat deur NG Kerk Groot-Brakrivier

aangebied word op 1 Maart 2024 om 16:00, het uiteindelik aangebreek. U is hartlik

welkom om dit by te woon.

4. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Neem asb kennis dat die kerkkantoor nou kaartgeriewe beskikbaar het, indien u in die toekoms gelde by die kerkkantoor moet inbetaal kan u dus nou met u kaart betaal.

Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624

Charné Viljoen – 083 294 6640

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205

e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za

Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

Takkode 210314

Wêreld biddag vir vroue: 1 Maart 2024 – NG Kerk Groot-Brakrivier

“Ek smeek jou… Aanvaar mekaar in Liefde”

Datum: 1 Maart 2024 ​

Tyd: 16:00

Plek: Nederduits Gereformeerde Kerk Groot-Brakrivier

Program geskryf deur: Ekumeniese Christen Palestynse vroue

Agtergrond

1 Maart 2024 ​

Hietdie program versoek ons om mekaar in liefde te aanvaar, ten spyte van alle probleme en ondrrdrukking. Die program is geskryf deur ‘n groep ekumenise Christen Palestynse vroue in antwoord op Eff. 4:1-7 (“Daarom spoor ek julle aan, ek, wat ter wille van die Here ‘n gevangene is, om so te leef dat julle die roeping waarmee julle geroep is, waardig is: deur mekaar met volkome nederigheid en saggeaardheid, en met geduld in liefde te verdra, 3 en julle daarop toe te lê om die eenheid wat die Gees bewerk, te bewaar deur die band van vrede – een liggaam en een Gees, soos julle ook deur julle roeping tot een hoop geroep is: een Here, een geloof, een doop, een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in almal is. Maar aan elkeen van ons is ‘n genadegawe geskenk, soos Christus dit uitgedeel het.“). Ons het die gedeelte saam oordink vanuit die konteks en onmoontlike moeilike omstandighede van ons Palestynse Christen vroue. Ons hoop om ander vroue dwarsdeur die wereld te inspireer om mekaar te verdra in liefde ten tye van nood en swaarkry.

​Bybelstudie

“Daarom spoor ek julle aan, ek, wat ter wille van die Here ‘n gevangene is,* om so te leef dat julle die roeping waarmee julle geroep is, waardig is:* 2 *deur mekaar met volkome nederigheid en saggeaardheid, en met geduld in liefde te verdra, 3 *en julle daarop toe te lê om die eenheida wat die Gees bewerk, te bewaar deur die band van vrede –” Eff 4:1-3 (2020 vertaling)

Effesiers word beskou as een van Paulus se“tronk briewe”, geskryf in Rome ongeveer 60-61 NC. Paulus het hierdie briewe geskryf om die Christen gemeenskap se geloof in Jesus Christus, die genade van God en die werk van die Evangelie te versterk. Hy het ook geskryf om hulle aan te moedig om vol te hou met hulle werk en in hul leefwyse, in onderdanigheid aan God en mekaar en in diens van God se verlossende genade. Die brief van Effesiers dra dus ‘n tema van vermaning en versekering.

Die eerste drie hoofstukke van Effesiers verduidelik God se verlossing en die gawe van Eenheid, terwyl die laaste drie hoofstukke die reaksie van die gelowiges op God se plan van verlossing beskryf. Hierdie jaar se Wereldbiddag program kom vanuit die eerste ses verse van hoofstuk vier. In hierdie verse, moedig Paulus die Effesiers aan om heilig te lewe in ootmoed, om mekaar te aanvaar en te verdra in nederigheid en liefde, om die gawe van eenheid wat God gegee het te kan behou. Paulus herinner die Effesiers dat God beide die nie-Jode en die Jode red en dus mense van uiteenlopende en versillende agtergronde saambring in die gedeelde belofte van verlossing deur Jesus Christus aan alle lede van Sy kerk. Paulus versoek die Effesiers dringend om ‘n lewe waardig aan die roeping wat hul ontvang het te lewe, as verenigde lede deur Christus se verlossings werk.

Hierdie roeping is nie maklik nie. Dit vereis geduld, self-verloening, en liefde. Paulus herinner die Effesiers om een te wees in gees deur die hoop wat hulle deel in Christus. En soos ons Christene versprei deur die wereld kan ons ook ons eenheid en hoop vind in hierdie teksverse. ​

Geskiedenis en Kultuur

Wie van julle het nog nie gehoor van hierdie klein stukkie land in die Midde Ooste, wat vir oor die 3000 jaar belangrik was vir drie monoteïstiese gelowe: Judaisme, die Christelike geloof, en die Islamitiese geloof.

Hoewel die streek baie ouer is, en vele name gehad het, afhangend van die volke wat verskillende tye in die land gevestig het. Die land is gevoed deur ‘n verskeidenheid van civilizations en strukture as gevolg van sy strategiese posisie tussen drie kontinente: Asia, Afrika en Europa.

In 1967, toe Israel die Palestynse gebiede beset het, het Western magte die streek die West Bank genoem, omdat dit op die westelike oewer van die Jordana Rivier gelee is. Na die Oslo Ooreenkomste van 1993-1995, was die Wes Bank verdeel in Areas A, B en C. Om te reis tussen hierdie areas van die Wes Bank, moet Palestyne deur kontrolepunte gaan.

Vanaf Julie 31, 2019, het 138 van die 193 Verenigde State (UN) lede state Palestina as staat aanvaar, en die Palestynse vlag wapper nou buite die Verenigde State.

Daar is ‘n persepsie/geloof deur die wereld heen dat die vroue van die Midde Ooste passief, stil en nie invloed het nie. Alhoewel, die rol van die vroue in Palestina (beide histories en in moderne tye) is aktief en invloedryk. Hulle is standvastig, sterk en moedig.

Alhoewel Palestynse vroue ‘n belangrike rol in die sosiale sisteem speel, is daar plek vir verbeterde toestande. Sommige van die Protestantse kerke het onlangs begin verbeter aangaande geslags kwessies, soos die ordening van Sally Azar as die eerste Palestynse vroulike pastoor in Palestinia getuig.

Meer oor die Kuns en Kunstenaar

Foto van Halima Aziz (geb. 1999 in Hagen, Duitsland) is ‘n passievolle Palestynse visuele kunstenares en ontwerp student gebaseer in Duitsland.

Sy het haar kinderdae in Palestina deurgebring. Halima het die oorlog van 2008 indie Gaza strook beleef en oorleef. In 2009 het sy terug getrek na Duitsland. Hierdie kunswerk is spesiaal gemaak vir die Wereldbiddag vir vroue. Die kunswerk verteenwoordig drie Palestynse vroue wat saam bid in ‘n vredevolle plek in die natuur. Haar werk vertoon verskillende motiewe en simbole wat die oorsprong en die samehorigheid van hierdie vroue aantoon.

Olyfbome en takke is ‘n teken van ewigdurende en oorvloedige lewe, aangesien hulle vir duisende jare kan leef.

Die goue wortels onderskryf die feit dat die Palestyne sal voortleef en bestaan, sodoende sal hulle opstaan vir hulle regte en vryheid. Papawer blomme is volop en betekenisvol vir die Palestynse bevolking. Dit herinner Palestyne aan geliefdes wat hulke lewe opgeoffer het vir hul land.

Die vrou dra tradisionele Palestynse rokke met die ‘tatreez’ (borduurwerk) ‘thobe’ (rokke) of die wit serp en die sleutels is ‘n simbool van hoop om terug te keer na Palistina.

‘n Voorsmaak van die Musiek

Yarabba ssalami (God of Peace) – Traditional Palestinian Song

I Urge You (Composed especially for the 2023 WDP Program) – Najwa Hashweh Azazian

Your Word Lights the Path – Luai Zaher and Rabab Zaitoun

Addisionele inligting

Op 2 December 2023, WDPIC, in samewerking met die WDP Palestina Kommittee, het ‘n Globale Gesprek gehad gebaseer op die WDP 2024 program met die tema, “Ek smeek jou… Aanvaar mekaar in Liefde” (Eff. 4:1-3).

Dit was’ n wonderlike geleentheid vir die Kommitee om hulself voor te stel en hul ervaring tydens die ontwikkeling van die program vir 2024, asook die huidige situasie in Palestina.

World day of prayer: 1 March 2024 – I beg you… bear with another in love.

I Beg You… Bear With One Another in Love”

Date: March 1, 2024 ​

Time: 16:00

Place: Dutch Reformed Church Groot-Brakrivier

Program written by: Ecumenical Christian Palestinian women

Background

March 1, 2024 ​

This program calls us to bear with each other in love, despite all difficulties and oppression. The program was written by a group of ecumenical Christian Palestinian women in response to the passage from Ephesians 4:1-7. We reflected collectively on this theme from the context of our suffering as Palestinian Christian women. We hope to inspire other women around the world to bear with one another in love during troubled times.

​Bible Study

“I therefore, the prisoner in the Lord, beg you to lead a life worthy of the calling to which you have been called, with all humility and gentleness, with patience, bearing with one another in love, making every effort to maintain the unity of the Spirit in the bond of peace.” Ephesians 4:1-3 (NRSV)

Ephesians is considered one of Paul’s “prison letters,” written in Rome around 60-61 CE. Paul wrote this epistle to strengthen the community of faith in Christ, the grace of God and the Gospel. He also wrote to encourage them to continue their work of living in holiness and service in response to God’s saving grace. Ephesians therefore carries themes of exhortation and assurance.

The first three chapters of Ephesians discuss God’s salvation and the gift of unity, while the last three chapters describe the response of believers to God’s plan of salvation. This year’s World Day of Prayer program comes from the first six verses of chapter four. In these verses, Paul encourages the Ephesians to live a sanctified life, bearing with one another in humility and love in order to maintain the gift of unity that God had given them. Paul reminds the Ephesians that God chose both Gentiles and Jews to be saved, bringing together people of very different backgrounds through the shared promise guaranteed by Christ to all the members of his church. Paul urges the Ephesians to live a life worthy of the calling they received, as people united with one another through Christ’s saving work.

This calling is not easy. It requires patience, self-denial, and love. Paul reminds the Ephesians to be united in one spirit by the hope they share in Christ. And so, we Christians spread throughout the world, can also find our unity and hope in this text. ​

History & Culture

Who among you has not heard of this tiny spot in the Middle East, that for over 3000 years has been significant to three monotheistic religions: Judaism, Christianity, and Islam.

However, the region is much older and has had many names, depending on the many tribes that have settled at different times in the land. The land has been nourished by an unfolding series of civilizations and structures because of its strategic position as a crossroad to three continents: Asia, Africa and Europe.

In 1967, when Israel occupied the Palestinian territories, Western powers called the region the West Bank, because it was on the west bank of the Jordan River. After the Oslo Accords of 1993-1995, the West Bank was divided into Areas A, B and C. In order to travel between any of the areas in the West Bank, Palestinians must go through checkpoints.

As of July 31, 2019, 138 of the 193 United Nations member states have recognized Palestine as a state, and the Palestinian flag now flies outside of the United Nations.

There is a perception/belief around the world that women in the Middle East region are passive, silent, and non-influential. However, the role of women in Palestine (both historically and in modern times) is active and influential. They are steadfast, strong and courageous.

Although Palestinian women have played an influential role in society, there is still room for better conditions. Recently, some Protestant churches have progressed on gender issues, such as ordaining Sally Azar as the first Palestinian female pastor in Palestine.

About the Art & Artist

PictureHalima Aziz (b.1999 in Hagen, Germany) is a passionate Palestinian visual artist and design student based in Germany.

She spent her childhood in Palestine. Halima experienced the war in Gaza in 2008 and survived it. In 2009 she moved back to Germany. This artwork is made in honor of the World Day of Prayer. Through her artwork, Halima represents three Palestinian women praying together in nature in a peaceful place. In her work, she has different motives and symbols that indicate the origin of these women and their cohesion​.

Olive trees/ branches are a sign of everlasting and abundant life because they can live for thousands of years.

The golden roots are underlining the fact that the Palestinians will always exist and as they exist, they will always resist for their rights and freedom. Poppy flowers are abundant and meaningful to Palestinians. They remind Palestinians of loved ones who have given their lives for their country.

The women are wearing traditional Palestinian dresses like the tatreez (embroidery) thobe (dress) or the white scarf. And the keys are a symbol of the hope to return back to Palestine.

A Taste of Music

Yarabba ssalami (God of Peace) – Traditional Palestinian Song

I Urge You (Composed especially for the 2023 WDP Program) – Najwa Hashweh Azazian

Your Word Lights the Path – Luai Zaher and Rabab Zaitoun

Aboun d’Bishmayo (Lord’s Prayer in Aramaic) – Latin Patriarchate & George Salsa

Additional Materials

On December 2 2023, WDPIC, in collaboration with the WDP Palestine Committee, hosted a Global Conversation based on the WDP 2024 program and theme, “I Beg You… Bear With One Another in Love” (Ephesians 4:1-3).

It was a great opportunity for the writing committee to introduce themselves and their experience developing the program for 2024, as well as the current situation in Palestine today.

Lydenstyd “Visio Divina” Dag 38

VISIO DIVINA #38

Deel 1

Nelly Bube – ‘n kunstenaar van Kazakhstan – beeld met hierdie werk die gelykenis van “Die weduwee en die regter” (Luk 18:1-9) uit. Hier is ‘n vrou op haar knieë voor ‘n toe deur. Pleitend. Of is die deur dalk oop en wys die ryk man (met sy geldsak oor sy skouer en luukse bo-kleed) vir haar – letterlik – die deur? Tyd vir haar om op te staan en uit te gaan? Genoeg is genoeg!

Aan die regterkant is kleiner uitbeeldinge van ‘n man – dit lyk amper soos ‘n godsdienstige man; biddend sit hy voor ‘n boekrol; belese; gesagvol. Aan die linkerkant is hy tuis: kos op die tafel; ‘n bed om in te slaap; ‘n familieman. Vergete is die vrou wat voor hom gepleit het.

Wat “hoor” jy soos jy met jou geestesoog na hierdie skildery kyk?

Deel 2

TEKSVERS:

Sal God dan nie aan sy uitverkorenes, wat dag en nag tot Hom roep, reg doen nie?” (Luk 18:11).

Iets pas nie in die gelykenis waar Jesus leer “dat ‘n mens altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word” (v1). Wie is die regter “wat geen eerbied vir God of agting vir ‘n mens gehad het nie” (v2)? Gewoonlik interpreteer ons die gelykenis asof dit ons is wat, soos die vrou, moet aanhou pleit by God. “Een of ander tyd” sal God (soos die regter) wel van plan verander? Maar juis gister (VD #36) het ons God dan “anders” leer ken!

In Hebreeus beteken weduwee letterlik “die een wie se stem stil gemaak is.” Daar is niemand meer oor om namens haar te kan praat nie. Niemand gee ag nie! In die Ou Testament het die profete die onderdrukte ballingvolk, Israel, gereeld met ‘n vrou vergelyk; en haar dan getroos (bv Jes 54:1-8). Steeds is hulle die onderdruktes van Rome! So lê die las van die Fariseërs en die Skrifgeleerdes ook op hulle skouers (Matt 11:28-30). (Nou maak die figure in die regterkant van die skildery sin!) Sekeres in die gemeenskap leef gemaklike lewens (soos dié figure aan die linkerkant).

En steeds pleit die onderdruktes dat die Messias moet kom. Die koninkryk van Rome se regsmag moet gebreek word. Hoe nader Jesus aan Jerusalem kom, hoe meer weet Hy, sy Stem gaan stilgemaak word. Almal gaan uitroep, “Kruisig Hom!”

Dalk is Jesus die laaste pleitende: “Vader, vergeef hulle” bid hy. En blaas sy asem uit. Stil – soos ‘n weduwee.

Maar God hóór! Die Stem is nie stil gemaak nie! Die Woord lewe!

GEBED:

Onse Vader, ek wil een van die pleitendes wees wat by U wil intree vir ander, wetend daar word vir my ook by U ingetree.

———

Op Dag 38 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na die pragtige verwerking van “Is He Worthy” soos uitgevoer deur Michael Sanchez, twee kore en orkes. Besonderse musiek!

Bannier-van-NG-Weltevreden1
Ontwikkel en saamgestel vir die NG Kerk Weltevreden

Kopiereg: Dr. R.M. Bezuidenhoudt
Hierdie reeks ‘Visio Divina‘ word deur Kopiereg beskerm.
Geen gedeelte van hierdie reeks mag gedupliseer of herversprei word sonder die eksplisiete goedkeuring van die outeur: Dr. R M Bezuidenhout nie.

Indien hierdie reeks u geïnspireer het kan u haar bediening finansieel ondersteun deur die volgende skakel te volg:
https://ronellbezuidenhout.co.za/steun

Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 37

VISIO DIVINA #37

Deel 1

In Istanbul (Turkeye) staan die Kariye Moskee. Sedert die 1500’s word dit as ‘n moskee gebruik, maar die oorspronklike gebou dateer uit die 400 n.C, met die naam “Die Kerkie in die Veld.” (In Engels: “The Chora Church”.) Een van die mosaïek-ikone wat behoue gebly het is die vermeerdering van die 5 broodjies en twee vissies.

Volgens die Johannesevangelie was die paasfees van die Jode naby (Joh 6:8). Twee dissipels word by name genoem: Filippus en Andreas (v7,8). Om hul voete (nie sigbaar in die foto nie) staan die mandjies, tot oorlopens vol van die garsbroodjies wat oorgebly het. Deel Jesus dalk in hierdie uitbeelding nou ook brood aan Filippus en Andreas uit? Hulle was sekerlik ook honger nadat 5000+ mense gevoed is. En Jesus? Het iemand vir hom iets te ete aangebied? Ek wonder sommer.

Deel 2

TEKSVERS:

Is daar ‘n pa onder julle wat as sy seun vir hom ‘n vis vra, vir hom ‘n slang sal gee in plaas van die vis? Of as hy ‘n eier vra, vir hom ‘n skerpioen sal gee?” (Luk 10:11-12).

Dit was die mosaïek-ikoon waar Jesus ook vir Filippus en Andreas brood aangee wat my aan hierdie gelykenis van Jesus (in Luk 10:3-12) laat dink. Die dissipels het vir Jesus gevra om hulle te leer hoe (en wat) om te bid. Nadat Jesus hulle die “Onse Vader” leer, begin hy toe met hierdie woorde: “Sê nou een van julle het ‘n vriend, en jy gaan in die middel van die nag na hom toe en jy vra: ‘Vriend, leen my bietjie drie brode, want ‘n vriend van my wat op reis is, het by my aangekom, en ek het niks om vir hom voor te sit nie” (v5,5).

Dit is seker gepas om van geestelike blindheid (#36) na geestelike honger te gaan. Want, is dit nie mense met ‘n geestelike hongerte wat smag na God nie? Is dit nie geestelike honger mense wat bid vir die versadiging wat net God kan gee nie? Is dit nie die rede waarom ons ook in Lydenstyd behoort te vas nie – sodat dit ons fisieke honger ons kan herinner waarna ons eintlike behoefte is nie?

Eers leer Jesus die dissipels om te bid vir “vandag se brood” – die gewone, alledaagse waarvan ons moet leef. En direk daarna, asof in een asem, gaan Jesus voort en bid dan vir die vergifnis van ons sondes.

Sonder die een gaan jy dood. Sonder die ander een is jy reeds dood. En God is begaan oor beide! God wil die LEWE in sy voluit aan jou skenk.

GEBED:

Onse Vader, maak my smagting na U versadiging net meer en meer.


Hunger”- David & Nicole Binion

Op Dag 37 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na “Hunger” soos uitgevoer deur David & Nicole Binion. Die lirieke verskyn in die video.

Bannier-van-NG-Weltevreden1
Ontwikkel en saamgestel vir die NG Kerk Weltevreden

Kopiereg: Dr. R.M. Bezuidenhout
Hierdie reeks ‘Visio Divina‘ word deur Kopiereg beskerm.
Geen gedeelte van hierdie reeks mag gedupliseer of herversprei word sonder die eksplisiete goedkeuring van die outeur: Dr. R M Bezuidenhout nie.

Indien hierdie reeks u geïnspireer het kan u haar bediening finansieel ondersteun deur die volgende skakel te volg:
https://ronellbezuidenhout.co.za/steun

Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 36

VISIO DIVINA #36

Deel 1

Sommige van Jesus se gelykenisse is so deel van die volksmond dat daar idiome bestaan wat vele mense dalk nie eers besef hul oorsprong kom direk uit Jesus se mond nie, soos byvoorbeeld, ‘n blinde kan nie ‘n blinde lei nie.

In 1568 het die Nederlandse kunstenaar, Pieter Bruegel, ‘n skildery gemaak, genaamd “Die gelykenis van die blinde.” Dit was ‘n tyd in Europe toe protestantse bloed gevloei het. In die agtergrond staan die kerkgebou met sy hemelwaartse toring hoog; op die voorgrond lei ses gesiggestremdes mekaar, selfs ‘n kruisie om die hals; tog, duidelik, sáám, oppad na ‘n afgrond.

Maak ons regtig erns met mekaar se lewens en hoe ons mekaar – met woorde en met gedrag – begelei?

Deel 2

TEKSVERS:

Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan? Ek, die Here, deurgrond en toets hart en verstand,” (Jer 17:9-10).

Jesus se oordeel was baie skerp teenoor die Fariseërs wat ‘n stel reëls vir hulself gehad het, maar nie self daarvolgens geleef het nie. “Witgepleisterde grafte” het Jesus hulle genoem. Geestelike blindes. Buitekant was hulle diep gelowige maar verdor van binne. Hulle kon die regte dinge sê, selfs uit die Wet van Moses aanhaal, maar van die God van Moses het hulle niks verstaan nie.

Geestelike blindheid is ‘n gevaarlike ding. Jy maak jouself wys dat jy reg is en glo dan jou eie leuen. Dit is oral om ons – selfs in die kerk! Dit is so volop rondom ons dat ons nie daaraan dink dat dit op onsself ook van toepassing kan wees nie.

Geestelike blindheid doen skade – nie net aan jouself nie maar aan almal om jou. Is wat ons sien in die wêreld gebeur nie juis die gevolg van geestelike blindheid (en geestelike hoogmoed) nie!

Ons beweeg al nader aan die Heilige Week. Moet ons nie ook eerlik worstel met die bedrieglikheid wat dalk in ons eie hart en gemoedere gekoester word nie?

GEBED:

Ek pleit vir ‘n eerlike hart en ‘n eerlike verstand, my Here. Ek pleit dat U my van enige geestelike blindheid sal genees.


Jesse Manibusan – “Open my eyes, Lord.”

Op Dag 36 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na ‘n lied, geskryf deur Jesse Manibusan, getiteld, “Open my eyes, Lord.”

Bannier-van-NG-Weltevreden1
Ontwikkel en saamgestel vir die NG Kerk Weltevreden

Kopiereg: Dr. R.M. Bezuidenhoudt
Hierdie reeks ‘Visio Divina‘ word deur Kopiereg beskerm.
Geen gedeelte van hierdie reeks mag gedupliseer of herversprei word sonder die eksplisiete goedkeuring van die outeur: Dr. R M Bezuidenhout nie.

Indien hierdie reeks u geïnspireer het kan u haar bediening finansieel ondersteun deur die volgende skakel te volg:
https://ronellbezuidenhout.co.za/steun

Vriende van Gideon’s nuusbrief – Herfs 2023

Welkom by die eerste uitgawe vir 2023! Hierdie is ʼn besondere uitgawe
en ons gebed is dat ons lesers dit interessant, motiverend en uitdagend
sal vind. Mag 2023 die jaar wees waar ons almal opnuut ons roeping
besef en uitleef.
Hierdie uitgawe is propvol getuienisse wat ons almal sal motiveer om
meer passievol te werk in Sy akker.
Die derde deel van Pastoor Werner Strauss se aanbieding by die Nasionale
Konvensie 2022 is baie insiggewend en roep ons onder andere om meer
aktief te wees by ons medebroers en -susters. Ware dissipels van Jesus
gee om vir mekaar want ons gee om vir die verlorenes daar buite.
Groete in Christus,
Die redaksionele span
facebook.com/
GideonsinternationalSouthAfrica
The Gideons Intl in SA
The Gideons International in
South Africa
@GideonsSA

Lees meer “Vriende van Gideon’s nuusbrief – Herfs 2023”