Afkondigings 26 Maart – 2 April 2023

Vandag – Sondag 26 Maart 2023 :

• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr. Fanus Bergh wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Rom. 5: 12-21. Die tema van die prediking is : Soveel meer, soveel oorvloediger is Sy genade deur Sy lyding en sterwe.
• Sesde Lydensweek.
• Kategese.
• Spesiale Offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom. 

Nuwe lidmate in ons gemeente :

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.

Ds. Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

Lidmaat besoeke :

Enige lidmate wat ’n besoek verlang kan gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir April 2023 is beskikbaar in die voorportaal. Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Woensdag 29 Maart 2023 :

• Kooroefening - 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Alle belangstellendes is welkom.  
• Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 7 (Bergsig-Oos) by Koos en Corrie Reinecke, Fouriestraat 4 (083 459 0095).

Donderdag 30 Maart 2023 :

• Bloedskenk-geleentheid vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal (Christo – 083 447 9891)

Sondag 2 April 2023 :

• Prediker:ds. Danie Goosen.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer Christelike Lektuurfonds (CLF).

JEUG :
• Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
• Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.

Ondersteuningsgroep :

Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake, of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by 081 039 8853 – Kontakpersoon Riana Briers.

Getuienisbediening :

• Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: Ons uitreik datums vir volgende kwartaal is op 5 en 19 April, 10 en 24 Mei, 7 en 21 Junie.
• Ons het ons uitreik  verhoog na 100 gesinne, aangesien die nood net te groot is.
• Ons is so dankbaar vir die getroue ondersteuning en voorsiening wat deurlopend gedoen word. Ons wil dit moontlik maak vir meer mense om dit te ondersteun en daarom maak ons bekend dat daar drie alternatiewe is om die sopvoorsiening te ondersteun:
  • Die bekende 2 liter (gevries in ‘n roomysbak) sop voorsiening – bakke is verkrygbaar by die vrieskaste.
  • Mengsel droë bestandele, resep hieronder, in twee formate.
    1. Bestanddele in ‘n glas koffiebottel of
    2. Gevries in 2 liter roomysbak

Resep – 100g sopmengsel, 100g rys, 100g lensies,150g soja, 1 blokkie aftreksel, 1 pakkie sop.Om gaar te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar.

    ‘n Ander alternatief is om kontant te skenk vir die aankoop         van bestanddele wat verpak kan word.

Ons benodig op ‘n deurlopende basis leë 200g koffiebottels om die droë sopbestanddele in te plaas asb.

Behoeftes vir Getuienisprojekte :

• Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook  ’n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. foto’s wat op die webblad geplaas word.
• DRINGENDE BEHOEFTE: Daar is ’n dringende behoefte vir krukke en ’n rolstoel vir verskeie volwassenes, asook ou selfone vir ons dienswerkers van die getuienisbediening. Indien iemand kan help kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word / gereël word vir afhaal. Vir navrae skakel vir Aletia (084 783 1308). Baie dankie vir die skenkings wat reeds ingekom het.

VERLORE
Ons het al ’n geruime tyd gelede ’n los Toyota sleutel in die bokamer gevind, maar niemand het dit nog kom opeis nie. Die sleutel word gehou in die kerkkantoor sou u vermoed dat dit aan u behoort.

Dankfees – 22 April 2023

Kom geniet ‘n koppie koffie of tee en iets lekkers te ete en kuier saam. Lyste met die oog op die gemeente dankfees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes is altyd welkom by die kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening.

Moederskamer :
Tans dien die konsistorie ook as moederskamer. Ons vra asseblief u geduld op Sondae wat díé reëling aanbetref. Die kerkraad probeer om op die laatste 08:50 daar uit te wees, sodat die moeders en kinders kan ingaan betyds vir die 09:00 diens.

Die webtuiste (nggrootbrak.co.za)
26 Maart 2023

1. Skakel na die YouTube Preek van 26 Maart 2023.
2. Lydenstyd reeks: Die reeks, Visio Divinia, word daagliks per 
WhatsApp uitgestuur.
3. Getuienisbediening: 
b)  Lynette se weeklikse nuusbrief vanaf Madagaskar.
4. Kommunikasiebediening: “Stof tot nadenke: Kinders van die Vader”.
5. Die Afkondigings word weekliks op die webtuiste geplaas.
6. Die QR kode regs bo is om die toegang tot die webtuiste vir almal te     vergemaklik.

FEBA RADIO SA:  GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBA PAKISTAN

FEBA het ‘n streekskantoor in Pakistan in 1974 gestig. FEBA Pakistan produseer en saai programme uit in vier tale: Urdu, Punjabi, Sindhi en Pashto. Die stasie fokus daarop om evangeliese programme uit te saai en die span is passievol oor hulle opvolgwerk.
 
Ons gebed vir die week: Bid asseblief vir die vierde en nuutste FEBA Pakistan FM-radiostasie wat na nuwe streke in die noorde van Pakistan gaan uitsaai. Mag elke uitsending tot seën wees vir diegene wat dit hoor en mag dit  ‘n menigte luisteraars na Christus toe lei. 

YouTube Eredienste
YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.

KERMIS TE REEBOK OP 1 APRIL

Almal word hartlik uitgenooi na Reebok-gemeente se jaarlikse kermis-basaar op Saterdag, 1 April,vanaf 10:00, rondom die kerkgebou in Impalaweg. Impalaweg gaan tydelik gesluit word, sodat daar voldoende plek vir verskillende stalletjies en ook kuierplek sal wees. Die tafels gaan kreun onder brood & beskuit, kleinkoekies, koeke & terte, jaffels, potjiekos, kerrie-en-rys, pannekoek, poeding, boeke & cd’s en vele meer! Vir al ons kinders sal daar ook ‘n kindertafel, tombola, speletjies en springkasteel wees. Kom geniet die dag saam met ons!

Dankfees – Saterdag 22 April 2023 – 10:00

Pannekoektafel:
Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoek, asook donasies (suiker, meel en olie), wat by die kerkkantoor kan afgegee word. Indien u kan help skakel asb. Piet Snyman (082 297 3476).

Gebak:

Ons benodig produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Liana (084 764 6155).

 U kan by enige tafel iets bring soos u kan.

SAMEROEPERS

1. KERRIE-EN-RYS:
250 ml @ R15 & 500 ml @ R30.
Barbara Gericke – 082 411 1222 / Corita du Preez – 084 265 9487.
Kontak ons indien u wil help deur maalvleis te skenk.

2. JAFELS @ R20 ELK: Daar sal jaffels beskikbaar wees. Om teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit waardeer indien u asseblief u bestellings per WhatsApp of sms by Annatjie van Rensburg – 0828710927 of Corrie Pieters – 0823279527 plaas.

3. ROOSTERKOEKE: Heel @ R15 elk / Konfyt @ R20 elk / Konfyt en Kaas @ R25 elk / Hoender Mayo @ R25 elk. Amelia 072 975 0917.

4. PANNEKOEK: Piet Snyman 082 297 3476.

5. SOSATIES: Sosaties @ R16 elk. Asseblief geen bestellings!
Eddie Drost 082 920 1829.

6. GEBAK EN TEETUIN

Liana Boshoff – 084 764 6155 / Michelle Roon – 0646749756 / Marie Snyman – 0822298316

7. GROENTE: Robert Crause – 071 243 9181.

8. WIT OLIFANT: Bring asb. enige goedere na die kantoor en ons sal dit daar sorteer. Ek sal goedere enige tyd by die huise gaan oplaai indien moeilik om self in te bring. Annalene de Swardt – 082 495 5011.

9. KINDERTAFEL: Pauline Richards – 079 557 8591.

10. POEDING 350ml@ R15 ELK: Kontak Dirk Visser – 082 416 3281 of Dorette Visser – 072 400 1991 indien u ‘n poeding wil skenk of graag wil help. Dui net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.

11. BOEKE

Enige ou boeke sal waardeer word. Bring dit asseblief solank na die kerk of kontak Ina Blom by 0836514517.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Neem asseblief kennis dat die kerk gebruik maak van nuwe e-pos adresse:
Carmi Kriel (Skriba) – kerkkantoor@nggrootbrak.co.za en
Alfreda Stander (Kassiere) – kassiere@nggrootbrak.co.za

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314