Gebedsgids:  DESEMBER 2026

Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap – Psalm 100

1 Desember  – Dinsdag – Wêreld Vigsdag

Vader, ons bid saam met miljoene mense wêreldwyd wat deur MIV en Vigs geraak  word. Ons bid vir God se troos vir diegene wat geliefdes aan die siekte afgestaan  het. Ons vra vir wysheid vir die mediese personeel en bid dat die kerk ‘n plek van  liefde en hoop sal wees, sonder oordeel.

2 Desember – Woensdag –  Bid vir hoop vir die toekoms

Jer 29:11:  “Ek weet wat Ek vir julle beplan,” sê die Here, “planne van voorspoed en  nie van teenspoed nie, om vir julle ’n hoopvolle toekoms te verseker.” 

3 Desember  – Donderdag – Bid vir Nuwe Krag na ‘n lang jaar

Jes 40:31: “Maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met  arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat  nie.”

4 Desember – Vrydag – Dien die Here met Blydskap

Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel! Erken dat die Here God  is: Hy het ons gemaak en ons is Syne, ons is sy volk, sy eie kudde. Gaan sy poorte   binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam, want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie, sy trou duur van geslag tot geslag. 

5 Desember – Saterdag – Moet oor niks besorg wees nie

Maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God  bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en  gedagtes die wag hou in Christus Jesus.                                                                            

6 Desember – Sondag – Sy Woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my  pad

God se Woord gee nie altyd dadelik ‘n vooraf verligte uitsig oor die toekoms nie,  maar skyn helder genoeg vir die volgende enkele stap wat jy vandag moet neem. 

7 Desember – Maandag – God se Seun is Sy grootste geskenk aan die mens

Vir ons is ’n Seun gebore, aan ons is ’n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem  word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.

8 Desember – Dinsdag –  Niks is vir God onmoontlik nie 

Mag ons as gemeente vandag opnuut besef: daar is geen situasie in ons kerk, ons  gesinne of ons gemeenskap wat vir God te groot is nie. Kom ons loop met  vrymoedigheid en geloof, want ons dien die God van die onmoontlike. 

9 Desember – Woensdag – As jy moeg en bekommerd is 

Ons bid dat U hulle sal lei na U stil waters om rus en nuwe krag te vind. Waar  enigeen deur donker dieptes of moeilike seisoene gaan, herinner hulle aan U  konstante teenwoordigheid. Laat hulle U troos beleef en weet dat U naby is. 

10 Desember – Donderdag – Jesus is die ewige Woord deur wie alles ontstaan het

As gemeente leef ons uit Sy lewe en wandel ons in Sy lig.  Die lig skyn in die  duisternis, en die duisternis sal dit nooit oorweldig nie. 

11 Desember – Vrydag –  Die God van Hoop

Rom 15:13 “Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en  vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige  Gees!” 

12 Desember – Saterdag – Groot genade en vergifnis wat ons in Christus ontvang het

Dankie vir die  het. Help ons as gemeente om daardie selfde liefde en vriendelikheid  te leef. Maak ons harte sag en vol ontferming vir mekaar, sodat ons verhoudings ’n  helder getuienis van U vrede in ons gemeenskap kan wees.

13 Desember – Sondag – Hy is ons veilige toevlug en ons onuitputlike sterkte

Wanneer ons as gemeente deur benoudheid gaan, help ons om ons skuiling by U te  vind. Vul ons met die kalmte en moed wat net U Gees kan gee, in die wete dat U  altyd gereed staan om te help. 

14  Desember – Maandag –  U het vir Jesus as die Lig vir ons wêreld gestuur

Ons loof U vir U innige en grenslose barmhartigheid. Waar daar vandag lidmate in  ons gemeente is wat in die donker sit of deur moeilike tye worstel, bid ons dat U Lig  oor hulle sal skyn. Rig ons as gemeente se voete elke dag op die pad van U vrede.

15 Desember – Dinsdag – Ons wil meer soos Jesus lyk

Ons bid vandag dat U Heilige Gees kragtig in ons gemeente sal werk. Sny alles weg  wat ons verhoudings skade aandoen en laat U vrugte ryp word in ons lewens. Help  ons om mekaar met liefde, vriendelikheid en geduld te hanteer, sodat ons as  geloofsgemeenskap al hoe meer soos Jesus sal lyk. 

16 Desember – Woensdag – (Versoeningsdag)  Draers van Sy Vrede 

Hemelse Vader, dankie dat U ons met Uself en met mekaar versoen het. Ons bid  vandag vir ons land, Suid-Afrika. Help ons as gemeente om mure van verdeeldheid  af te breek en brûe van liefde en vrede te bou. Laat U Gees van eenheid in ons harte  heers. In Jesus se Naam. 

17 Desember – Donderdag – Uit Betlehem gebore – die ewige Heerser vir Israel  

 Dankie dat U getrou is aan U beloftes en dat U groot dinge laat voortkom uit waar  ons dit die minste verwag. Skenk aan ons as gemeente die geloof om te besef dat U  ons swakheid kan gebruik om U Naam groot te maak. 

18 Desember – Vrydag – Geen plek in die herberg nie, maar ’n plek in ons harte?

Daar was vir die Koning van die konings geen plek in die herberg nie.  As gemeente  word ons uitgedaag om te vra:  Maak ons in ons besige lewens plek vir Hom in ons  harte? Ons vra dat U hierdie gemeente ’n plek sal maak waar Christus altyd welkom  is, en waar ons lewens gekenmerk sal word deur ’n nederige en afhanklike gees.

19 Desember  – Saterdag – Groot blydskap vir gewone mense 

Ons loof U saam met die engele met die woorde: Eer aan God in die hoogste  hemele! Ons bid vir U bonatuurlike vrede in die harte van ons lidmate, in ons huise  en in ons gemeenskap. Help ons om hierdie groot blydskap nie vir onsself te hou  nie, maar om dit met almal om ons te deel. 

 20 Desember – Sondag –  Die hartklop van God se liefde 

Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat  elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.  Maak  ons as gemeente ’n sigbare getuienis van U liefde in ons gemeenskap.

21 Desember  – Maandag –  Moenie sy weldade vergeet nie 

Ons prys U Naam met alles in ons. Dankie vir U  weldade in ons lewens en in hierdie  gemeente. Vergewe ons wanneer ons so gou vergeet wat U reeds alles vir ons doen.  Kom vernuwe ons krag soos ’n arend s’n, en laat U liefde en ontferming oor ons  elkeen skyn. 

22 Desember – Dinsdag – Die vrede wat ons een maak 

Wanneer konflik of spanning dreig, is dit Christus se vrede wat ons tot kalmte en  eenheid terugroep. Saam met daardie vrede kom die opdrag om altyd dankbaar te  wees vir die genade wat ons as geloofsfamilie saambind.

23 Desember  – Woensdag – Die wonderlike openbaring van U liefde en verlossing

Skenk aan ons as gemeente die geloof en die ywer van die herders om nie net te  hoor nie, maar ook in beweging te kom. Help ons om aktief U teenwoordigheid in  ons gemeenskap te gaan opsoek en uit te leef. 

24 Desember – Donderdag –  Veilig onder Sy vleuels 

Ons geestelike tuiste is in die skuilplek van die Allerhoogste. Wanneer ons as  geloofsfamilie hand aan hand op Hom vertrou, besef ons dat geen storm of gevaar  ons van Sy beskermende hand kan skei nie. Sy getrouheid is ons skild.

25 Desember – Vrydag –  ‘n Verlosser is vir jou gebore

Die engel se aankondiging in Betlehem was ’n persoonlike belofte: “vir julle is ’n  Verlosser gebore”. Ons word vandag daaraan herinner dat Kersfees nie net ’n  geskiedkundige gebeurtenis is nie, maar ’n werklikheid wat vandag in ons harte  leef. Christus die Here het gekom om ons te red, te verlos en ons nuwe hoop te  gee. 

26 Desember – Saterdag – Die deurslaggewende krag van die liefde 

Vul ons as gemeente opnuut met U Goddelike liefde. Help ons om geduldig,  sagmoedig en vergewensgesind te wees in ons verhoudings, sodat hierdie  geloofsgemeenskap ’n plek sal wees waar mense U ware liefde beleef. 

27 Desember – Sondag – Elke môre nuwe genade 

Dankie dat U grenslose liefde en ontferming oor hierdie gemeente nooit ten einde  loop nie. Vergewe ons as ons vaskyk in ons probleme en vergeet van U getrouheid.  Dankie dat ons elke nuwe dag met nuwe genade kan begin. Versterk ons lidmate se  harte vandag met hierdie vaste hoop. 

28 Desember – Maandag –  Het my gebed krag?

Here, ons is so dankbaar om te weet dat ons enige tyd tot U kan roep.  Daar is so  baie hartseer, siekte, verliese en eensaamheid waarvoor ons nie antwoorde het nie.   Dankie dat U ‘n oplossing het vir elke probleem en die Lig is wanneer dit om ons  donker is.

29 Desember – Maandag –  Die Bewaarder wat nooit sluimer nie 

Dankie dat ons as gemeente ons oë op U mag rig, die Ewige Skepper en ons Helper.  Dankie dat U nooit moeg word vir ons nie en dat U nooit slaap nie. Hou U  beskermende hand oor al ons lidmate, bewaar ons van die kwaad, en rig ons  voetstappe elke dag in die geloof dat U saam met ons stap. 

30 Desember – Maandag –  Sterk en vol moed in nuwe seisoene 

As gemeente staan ons dikwels voor nuwe uitdagings, veranderinge of onbekende  terreine. Ons hoef nie vrees of skrik nie. Ons moed kom nie uit ons eie vermoëns  of getalle nie, maar uit die vaste wete dat die Almagtige God stap vir stap oral saam  met ons gaan. 

31 Desember – Donderdag – My tye is in Sy hande 

As gemeente besef ons dat die omstandighede rondom ons dikwels vinnig verander  en dat die toekoms onseker kan lyk. Soms voel dit asof ons in ’n vangnet van sorge  of teëspoed vasgevang is. Maar Psalm 31 herinner ons daaraan dat ons lewe en ons  tye nie aan die genade van die wêreld oorgelaat is nie; dit is veilig in God se hande.  Wanneer ons as geloofsfamilie op Hom vertrou, breek Hy die nette en laat Hy ons  voete op vrye grond staan.