Sondag 29 November 2026 :
- Welkom by die erediens gelei deur ds Leon Cronje.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Markus 13:21-37.
- Die tema van die prediking is: Reg vir die Fees?
- Eerste Advent Sondag.
- GEEN Kleuterkerk & Kategese.
- Spesiale Offer vir Up with Downs-Skool by die deure.
- Tee in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
- LEEFKerk hervat weer in 2027.
- Kerssangdiens om 19:00 – Ds Charné Viljoen.

Kom geniet na die diens ’n koppie tee en iets te ete.

Woensdag 2 Desember 2026 :
- Getuienisbediening se laaste Sop, Brood & Boodskap uitreik vir 2026.


Sondag 6 Desember 2026 :
- Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
- Tweede Advent Sondag.
- GEEN Kleuterkerk & Kategese.
- Spesiale Offer vir Omgeebediening by die deure.
- Tee in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof KERSSANGDIENS om 10:00.
- LEEFKerk hervat weer in 2027.

Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Dessember 2026 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Bybelblokraai :
Daar is bonus Bybelblokraai & Bybelwoordsoek beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Afrikaans 2020-vertaling met luukse bruin verwerkte leeromslag in medium druk.
U is welkom om die volle Bybeluitverkoping katalogus by die kerkkantoor te kom besigtig en ook u bestelling deur die kantoor te plaas teen 30 Nov (aflewerings-kostes word dan verdeel deur die aantal persone wat bestel).
“Goed is die HERE vir hulle wat op Hom wag, vir die mens wat na Hom soek” (Klaagl. 3:25 Afr20).



FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Thailand
Sedert 2021 reël FEBA Thailand die “Give with Love” Kersveldtog, en dit groei elke jaar. FEBA werk saam met kerke en vrywilligers in alle provinsies om byeenkomste te hou waar minderbevoorregte kinders geskenke ontvang en saam met hul ouers van die ware Geskenk leer. In 2025 het die veldtog meer as 18 000 mense na Christus gelei. Vanjaar werk die span saam met 1000 kerke en 10 000 vrywilligers!
Ons gebed vir die week: Bid vir die organiseerders en vra dat die Here FEBA Thailand se “Give with Love” veldtog vanjaar met nog meer oorvloedige vrug sal seën.
Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)
- Erediensbediening:
- Kry die skakel na die YouTube Erediens van 29 November 2026 gelei deur ds Leon Cronje.
- Getuienisbediening:
- Die nuutste nuusbrief van Missie Japan is beskikbaar.
- Die November nuusbrief van Gerrie en Arlene van ETHNOS is op die webtuiste.
- Bybelstudiereekse:
- ‘Splitsekondes met God’ is ‘n heerlike begin vir elke dag.
- Die weeklikse Stof tot Nadenke se tema is “Hoop van geloof…”.
- Gemeentenuus
- Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed,is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314




Een antwoord op “Afkondigings 29 November 2026 – 5 Desember 2026”
Kommentare is gesluit.