27 November
Stel jou voor jy kry ’n skat in jou agterplaas – God se Woord is nog kosbaarder. Hier is God se boodskap net vir jou.
Tema: ’n Kosbare skat
Teks: “Oor u woord is ek so bly soos iemand wat ’n groot skat in die hande gekry het.” (Ps. 119:162)
- Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag of oordag nie – God beskerm jou. (Ps. 91:5)
- Wie God se Woord ontdek, het iets gevind wat nooit sy waarde verloor nie.
- ’n Skat pas jy op en wys jy met trots – doen dit ook met die Bybel.
- Deel vandag jou gunsteling-vers met ’n vriend.
Gebed:
Liewe Vader, dankie vir die skat van u woord – maak my bly daaroor.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


