Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 29 November 2026 – God soek jou

29 November

Selfs as jy van die pad af wegdwaal, hou God nie op om na jou te soek nie. Hier is God se Woord, net vir jou, vir vandag.

Tema: God soek jou

Teks: “As ek sou ronddwaal soos ’n skaap wat weggeraak het, soek my dan, want u gebooie het ek nie verontagsaam nie.” (Ps. 119:176)

  • God is getrou en Hy help – dit is die moeite werd om oor Hom te praat. (Ps. 40:11)
  • Soos ’n herder na ’n verlore skaap soek, so soek God jou.
  • Dit is nooit te laat om terug te kom na God toe nie.
  • As jy weggedryf het, vat vandag ’n klein treetjie terug – ’n gebed is genoeg.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U my soek as ek verdwaal – bring my altyd terug na U.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.