28 November
As jy lief is vir God se Woord, staan jy op ’n fondament wat nie kraak nie. Hier is God se boodskap, vir jou, vir vandag.
Tema: Vas en seker
Teks: “Vir dié wat u wet liefhet, is daar groot sekerheid; niks kan hulle laat struikel nie.” (Ps. 119:165)
- Daar is gejuig by dié wat saam met die Here wen – Hy doen kragtige dade. (Ps. 118:15)
- God se Woord gee jou ’n sekerheid wat die wêreld nie kan gee nie.
- Dit beskerm jou teen dinge wat jou kan laat struikel.
- Kies vandag om God se Woord eerste te stel, voor ander mense se menings.
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat u woord my laat vasstaan – laat my dit al hoe meer liefhê.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


