”Dawid sê immers oor Hom: “’Ek het die Here altyddeur voor my gesien, want Hy is aan my regterkant, sodat ek nie wankel nie. Daarom juig my hart en jubel my tong; ja, ook my liggaam sal in hoop voortleef, want U sal my siel nie aan Hades oorlaat nie. U het vir my die paaie na die lewe bekend gemaak -…“
(Hand. 2: 25-2820)
Ons almal lewe met hoop, maar die woord kan op verskillende wyses gebruik word. Ons kan hoop dat dit môre beter sal gaan, of ons kan hoop dat iets ‘n waar kan word. In elke geval hoop ons dat iets ‘n realiteit sal word. Ons is ook bewus van die feit dat in elke geval daar ‘n sekere mate van onsekerheid hieraan verbonde is.
Waarop hoop jy?
Waarop is jou hoop gevestig? Is dit dat jy voorspoedig sal lewe in die hier en nou? Is rykdom en aansien die dinge waarop jy hoop? Is jou hoop gevestig op die lekker lewe in hierdie tydeike melieu? Of het jy ‘n hoop op ‘n groter en verreikende ewige toekoms? Hoop jy dat jy die wederkoms sal kan beleef? Of gee jy geen gedagte daaraan nie?
In hierdie lewe is ons dikwels onseker oor die uitkomste. Ons het min beheer oor die verloop van dinge, al doen ons alles in ons vermoë om dinge in ‘n sekere rigting te laat beweeg, is daar dikwels onvoorsiene gebeure. Dit bring ons onder die besef van ons nietigheid. Ons besef dat ons as mens nie dinge volkome kan beheer nie. Ons besef dat ons eerder ons oë op God gerig moet hou.
Die Woord herinner ons aan ons afhanklikheid van God. Dit is alleen deurdat ons vashou aan God, dat ons sekerheid kan kry oor die uitkomste van ons hoop.
Teksverse:
“En nou, wat verwag ek, my Heer? My hoop, op U is dit gevestig.” (Ps. 39: 820);
“ ’n Geknakte riet sal Hy nie afbreek nie, en ‘n rokende lamppit sal Hy nie uitdoof nie, totdat Hy die reg laat seëvier. En op sy Naam sal die nasies hulle hoop vestig.” (Matt. 12: 20-2120);
“Hoe kan julle glo terwyl julle van mekaar eer wil ontvang, maar nie die eer wat van die enigste God kom nie?” (Joh. 5: 4420);
“Ek vestig dieselfde hoop op God as waaraan hierdie mense ook vashou, naamlik dat daar ‘n opstanding van die regverdiges en ook die onregverdiges sal wees. ” (Hand. 24: 1520);
“Hy het teen alle verwagting in bly hoop, en geglo dat hy die vader van baie nasies sou word, soos daar gesê is: “So sal jou nageslag wees. Sy geloof het nie verswak nie…” (Rom. 4: 18-1920)
Die hoop van Geloof
Hoop is dus een van die noodsaaklike boublokke van ons geloof. Geloof is iets wat nie gekoop of geleen kan word nie. Dit is ‘n persoonlike belewenis wat lei tot ons hoop in die dinge wat ons nie kan sien nie, maar wat aan elkeen belowe word, wat in die drie-enige God glo. Deurdat ons ons hoop op die evangelie van verlossing, deur Jesus Christus se liefdesdaad, vestig. Deur elkeen tot die besef te kom dat sekerheid daarin geleë is, dat ons deur ons afhanklikheid van God te besef, ons ook die Heilige Gees in ons lewens innooi. Die Heilige Gees in ons lewe maak dit vir ons moontlik om sekerheid in ons geloof te bereik.
Ja, ons is nog steeds dikwels swak, maar die Heilige Gees lei ons om sterk te staan in enige verdrukking, en lei tot volharding in ons geloof. Deur die hoop te vestig op die genade van God, kan ons tot lof en verheerliking van God, die Vader, leef. Sodat ons onberispelik voor die Skepper van hemel en aarde kan staan, want ons het ons hoop op die onsienlike dinge gevestig gehou, en ons het gesorg dat ons olielampies vol bly met die hoop van geloof.
Teksverse:
“Omdat ons dan nou op grond van geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur ons Here Jesus Christus. Deur Hom het ons in geloof ook toegang verkry tot hierdie genade waarin ons vasstaan, en ons beroem ons op die hoop om deel te kan hê aan die heerlikheid van God. Maar dis nie al nie: Ons beroem ons ook op ons verdrukking, omdat ons weet verdrukking bewerkstellig volharding, en volharding lei tot betroubaarheid, en betroubaarheid tot hoop. En die hoop beskaam nie, want God se liefde is in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.” (Rom. 5: 1-520);
“Ons is immers verlos in hoop. Maar die hoop wat gesien kan word, dit is nie regtig hoop nie; want wie hoop nog op wat mens reeds kan sien? Maar ons hoop op dit wat ons nie kan sien nie, dan wag ons daarop met volharding.” (Rom. 8: 24-2520);
“…sodat ons, wat van die begin af ons hoop op Christus gevestig het, kan bestaan tot lof van sy heerlikheid. In Hom is julle, toe julle die woord van waarheid, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het, verseël met die Heilige Gees, wat beloof is. Die Gees is die waarborg van ons erfenis, om ons los te koop as God se eiendom, tot lof van sy heerlikheid.” (Ef. 1: 12-1420);
“Want dit is deur die Gees, op grond van die geloof, dat ons die vryspraak verwag waarop ons hoop.” (Gal. 5: 520);
“…maar nou het Hy julle deur sy menslike liggaam met Homself versoen, sodat Hy julle, deur sy dood, heilig en sonder foute en onberispelik voor Hom kan stel – mits julle in die geloof bly, stewig gevestig en standvastig, soner om weg te beweeg van die hoop wat die evangelie bring….” (Kol. 1: 22-2320)


