Bylaag 5 – Kaartjies om saam met jou te dra- Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Bylaag 5 Om saam met jou te dra 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Bylaag 4 – CD- Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Bylaag 4 CD 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke
  1. GENADE (ProChristo / Johann Botes)
  2. NIEMAND SOOS U (ProChristo / Johann Botes)
  3. NEDERIG KNIEL EK (ProChristo / Johann Botes)
  4. IS JY BEREID OM TE GAAN? (ProChristo / Johann Botes)
  5. ONS SING VIR U ’N LIED VAN VREUGDE (ProChristo / Johann Botes)
  6. JA MY SIEL IS STIL (ProChristo / Johann Botes)
  7. EK WIL DIT SÊ (ProChristo / Johann Botes)
  8. ABBA VADER (ProChristo / Johann Botes)
  9. KEN JY JESUS (ProChristo / Johann Botes)
  10. IMMANUEL GOD REGEER (ProChristo / Johann Botes)
  11. DIS AL WAT EK VRA (ProChristo / Johann Botes)
  12. GOD GEE DIE NASIES (ProChristo / Johann Botes)
  13. SAAIER (ProChristo / Johann Botes)
  14. GEBOORTE VAN ’N VISIE (Anton Smith / Frans Hancke)
  15. EK HET ’N DROOM (Ensie Enslin / Frans Hancke)

Die musiek op hierdie CD kom van CD’s wat deur ProChristo vrygestel is. Twee CD’s met ’n versameling van 39 oorspronklike komposisies deur Johann Botes, verwerk deur Eddie Goldberg en uitgevoer deur die ProChristo sanggroep, is op aanvraag by diePlan beskikbaar

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Bylaag 3 – Ek het ‘n droom- Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Ek het 'n droom 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

Voorlesing

Ek het ‘n Droom – Frans Hancke – voorgedra deur Ensie Enslin
Ek het ‘n Droom – Frans Hancke – uit: Onverantwoordelik

Op 1 Januarie 2001 dink ek oor die Kerk. My gedagtes en emosies raak so oorweldigend dat ek ’n pen en papier gryp en dit probeer verwoord. Later word my poging deel van ’n persoonlike nuusbrief aan my ondersteuners en word dit opgeneem as deel van ’n sendingradioprogram. ’n Belgiese gemeenteleier vertaal dit in Vlaams en versprei dit onder evangeliese Christene, terwyl leraarvriende in Suid-Afrika die inhoud in preke gebruik. Ek noem dit Ek het ’n droom en glo dat dit ’n sinvolle omega-punt vir hierdie boek sal wees.


Dis amper asof ek uit my middagslapie wakker word om op ’n ander manier verder te droom…

Miskien is die voortdroom iets wat makliker gebeur wanneer dit Nuwejaar is. Miskien is die oorsaak die voortdurende gewonder waaroor alles in die lewe nou eintlik gaan; waarom ek ’n sendeling is; waarom ek steeds doen wat ek doen. Dit kan ook wees dat my kriewelrigheid en ongemaklikheid wanneer dinge te stadig na my sin verloop die oorsaak van hierdie gedagtes is; dalk is dit waarom ek my opstandig begin teësit as dit voel asof ons momentum verloor. Maar, dan besef ek, dis eintlik eenvoudig: Op ’n manier is dit die bekende sin uit Martin Luther King se toespraak wat in my kop, hart en wese ronddraai – ek het ook ’n droom, dis die ding…

Dit voel vir my asof die droom met die Koninkryk te doen het.

Dis ’n droom van gemeentes wat verstaan wat dit beteken om Gemeente te wees – om letterlik God se mense te wees, want dis wat gemeente eintlik beteken. Ek droom van mense wat verstaan dat hulle vrygekoop is met die kosbaarste betaalmiddel – sy bloed, mense wat verstaan dat die eiendomsreg oor hulle lewens oorgegaan het na ’n nuwe Eienaar.

Dit gaan oor gemeentes wat eredienste beleef as loffeeste waar sy Naam en eer verkondig word. Hulle beleef die erediens as die week se marching orders . Daar gaan gesprekke na die lofdiens nie oor gister se rugbyuitslae nie; nie oor die wedstryd nie, maar oor gisteraand se uitreiking na mense in nood, hierdie week se planne om sy lof te verkondig, oor hoe en waar ons ’n verskil kan maak. Daar word nie saamgeskinder oor netnou se preek nie, maar eerder nabetragting gehou oor hoe die preek van my lewe die afgelope week afgegaan het. Hulle wonder nie wat gebeur met die kos in die oond nie, maar eerder oor waar ons netnou saam gaan uitreik na hulle sonder kos – met Brood en brood! Hier is die erediens ’n feestelik entoesiastiese herbevestiging dat ek wil volg en dien, dat niks anders voorrang het behalwe sy eer en lof nie.

Ek droom oor gemeentes wat dinamies oor grense na mekaar uitreik, mekaar bemoedig, versterk, deel in mekaar se nood en vreugde. Dit is gemeentes wat waarlik gemeentes- sonder-grense geword het, wat eerlik opgewonde raak oor mekaar se projekte en daarvoor onderling bid – nie selfvoldaan giggel oor mekaar se mislukkings nie. Ek droom oor gemeentes wat nie stilweg lekkerkry wanneer ander se getalle afneem nie; wat nie ewe selfvoldaan mekaar beskinder, beswadder, verdag maak en met vlymskerp en bose venyn die Koninkryk verskeur en verrinneweer nie.

My droom is van gemeentes wat die realiteit van lyding en swaarkry nie sal weg- vergeestelik nie, maar eerder na mekaar sal uitreik, laste saam sal dra, nood sal deel, en bid vir dié van ons wat in nood en vervolging moet buk, buig en ly omdat ons Hom volg gemeentes wat wakkerskrik uit winterslape van onkundigheid – wat relevant en pro-aktief in sy liefde transformasie-agente in die wêreld word.

Die droom is van gemeentes wat borrel met energie, wat biddend planne maak om kerk te wees daar waar Hy nie gedien word nie. Hierdie gemeentelede kla nie oor hoe swak hulle gedien word nie, maar waardeer dat hulle toegewyd toegerus word om te dien deur gebed, deur uit te reik en deur te gee van dit wat hulle het. Vir hulle is geen prys te groot om te betaal vir die voortgang van die Goeie Nuus nie.

In hierdie droom het ekself eerder net een huis, en die strandhuis se geld word in huisvesting vir sendelinge geïnvesteer. Hierdie is ’n droom waar ekself liewer met ’n kort-kort-breek voertuig op teerpaaie en strate werk toe sukkel en toelaat dat sendelinge met betroubare 4×4’s oor ruwe terreine die onbereiktes bereik. Ek staan liewer een van my selfone af sodat ’n sendeling in ’n afgeleë gebied net soms met sy familie kan kommunikeer om te verhoed dat die verterende effek van isolasie sy wegwees nog moeiliker maak. Ek sal eerder minder eet en drink, sodat die hongeriges wel een maal per dag kan eet. Ek koop minder tydskrifte en sorg dat die vervolgde Christene in China nie nodig sal hê om klein flenter stukkies van ’n Bybel oor te skryf om net iets van die Woord te kan hê nie. My droom maak selfgerigte spekulasie oor die ekonomie, goudprys en beleggingsportefeuljes irrelevant teen die agtergrond van duisende werkers wat ongeduldig op ondersteuning wag om met die evangelie die wêreld in te gaan.

In hierdie droom deel gelowiges mekaar se nood en hartseer. Hier is die kerk regtig Kerk. In die droom is Christus die Hoof van sy kerk en is geestelike leiers nie besig om te manipuleer en eersugtig sy posisie te probeer skaak nie. Hulle is eerder besig om te bemoedig, te versterk, toe te rus, te begelei, entoesiasme uit te stort en die kerk te rig tot groter eer van God. Hier is elke lidmaat waarlik priester, profeet en koning. Hier redeneer mense nie oor
sendingbetrokkenheid nie, en word die holrug, selfsug gekamoefleerde redenasies nie meer gevoer oor sending hier of daar ver nie. Hier word misleidende en boosheid besprinkelde uitsprake nie gemaak om geloof te ondermyn, God se eer verdag te maak en om eie publisiteitswaarde te verhoog nie.

In hierdie droom het kerklidmaatskap sy klubstatus verloor. Hier leef gelowiges nie om te ontvang nie, maar om te gee. Hier is ’n effeklose maandelikse dank -offer nie die lidmaatskapfooi wat doop-, lidmaatskap-, huwelik- en begrafnisvoordele waarborg nie; is die kerk ’n dinamiese dienende en bedienende gemeenskap van gelowiges wat deur die Heilige Gees se beKragtiging ’n sigbare spoor van verandering in die wêreld agterlaat. Hier is veranderde sosiale strukture, veranderde gesinstrukture, veranderde ekonomiese strukture, veranderde politieke strukture en veranderde ewigheidsbestemmings – veranderde mense.

In hierdie droom word daar nie ten koste van ’n verhouding met die Here geteologiseer nie. Hier word daar nie in vae terme na een of ander veraf, onbekende, onkenbare en ge-depersonifiseerde Goddelikheid verwys nie. Hier word Hy nie vernederend die Oubaas of Grootbaas-daarbo genoem nie; word daar nie met wydswaaiende gebare vaagweg na bo gewys wanneer mense sukkel om die Naam bo alle name op hulle lippe te neem nie; word en is Hy mense se Abba-Vader. In my droom word Jesus met vrymoedigheid in elke vergadering en raadsaal van die wêreld bely.

In hierdie droom is daar nie plek vir geestelike slaapwandelaars nie. In hierdie droom sien die kerk die wêreld nie as vyandige hands-off , jammer-ek-is-hierplek nie. Nee, die kerk tree dinamies, kragtig en beKragtig na vore as veranderingsagent in ’n wêreld wat aan God behoort. Daar is nie ’n sieklike, verwarrende dualisme tussen wat sekulêr en geestelik is nie. Hier word God ook nie verkleineer en sy eer aangetas deur voorbarige pogings om Hom te verklaar nie; is Hy nie tot my diens nie; is Hy nie daar om na my pype te dans nie; verstaan ek dat ek Hom nie deur my gebedspogings kan manipuleer nie; word ek nie ewe subtiel deur my gebedspogings God en Hy die meganistiese uitvoerder van my wense en begeertes nie; is Hy nie een of ander welwillende wat-kan-ek-vir-jou-doen-God nie; verstaan die Kerk dat hy nie verstaan nie, maar genoeg kan verstaan om Hom te ken.

In hierdie droom is elke gemeentelid ’n gestuurde; word entoesiasties gejubel wanneer ’n standhoudende stroom van lidmate hulself gee om ander met die Goeie Nuus te bereik; word oormekaargeval om te ondersteun, te bemoedig, geestelik en emosioneel te versorg. In my nuwejaarsdroom word asemrowende groot pogings aangewend om die onbereiktes te bereik; is niemand tevrede met die status quo nie; bars die uitdyende groei van die mosterdsaad krakend deur alle beperkings – altyd groter, altyd meer, altyd verder, altyd dieper, altyd hoër…

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Bylaag 2 – Die model in ‘n neute dop- Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Die Model 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke
9 Weke Model Figuur 1
9 Weke Model Figuur 1
Figuur 3
Figuur 3
Week 6 Dag 29 Figuur 5
Week 6 Dag 29 Figuur 5
Week-7-Dag-31-Figuur-6
Week-7-Dag-31-Figuur-6
Week-7-Dag-34-Figuur-7
Week-7-Dag-34-Figuur-7
Week-8-Dag-36-Figuur-8
Week-8-Dag-36-Figuur-8
Week-8-Dag-38-Figuur-9
Week-8-Dag-38-Figuur-9
Week-9-Dag-41-Figuur-10
Week-9-Dag-41-Figuur-10
Week 9 Dag 43 Figuur 11
Week 9 Dag 43 Figuur 11

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Bylaag 1 – 45 Boublokke- Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

45 Boublokke 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke
  1. Sy verhouding en kommunikasie met jou is vir God belangrik
  2. God het ’n spesifieke plan en doel Hy bring dit tot uitvoer
  3. My motief om Hom te dien berus daarop dat Hy GOD is
  4. Gelowiges (die Kerk) is God se mense
  5. Christus as Hoof van sy Kerk is meer as net ’n belydenis
  6. God het ’n besondere plan met jou lewe
  7. Die Plan staan op 2 pilare – Jesus se versoening en die bekendmaking daarvan
  8. Sending begin by God en is sy werk – ook deur sy Kerk
  9. God is ’n missionêre God
  10. God gebruik sy mense om sy seën na die nasies uit te dra – ook vandag
  11. Sonder die Heilige Gees is geen transformasie moontlik nie
  12. Die andersheid van gelowiges word gesien in heilige lewens
  13. God gebruik die verskeidenheid wat Hy geskape het tot voordeel van sy Koninkryk
  14. Die Heilige Gees gee die krag om te getuig en sorg vir die resultate
  15. Die Heilige Gees gee die gawes wat ons nodig het om ’n verskil te maak
  16. Gebed is om met God te praat en Hom toe te laat om met jou te praat
  17. Deur gebed laat God ons toe om ’n intieme liefdesverhouding met Hom te hê
  18. God het jou gemaak om Hom te verteenwoordig en sy beeld uit te dra
  19. God gebruik biddende mense om sy wil in die wêreld uit te voer
  20. Gebed is een van die belangrikste hoekstene vir getuienis
  21. Die Lewende God is ’n kommunikerende Wese
  22. Die Heilige Gees maak ons sensitief vir God se kommunikasie
  23. Verskilmakers is ontvanklik vir die verskillende maniere waarop die Here met hulle praat
  24. Om die Here voortdurend nuut en vars te hoor is nie eenvoudig nie
  25. Verskilmakers staan in ’n lewende verhouding met God en hoor sy stem
  26. Visie is God se plan in woorde
  27. God het ’n spesifieke unieke plan vir elke gelowige en gemeente
  28. God se plan vir en deur ons is nie ’n geheime plan nie
  29. As die gemeente nie haar bestaansdoel verstaan en uitleef nie verloën sy haar aard en karakter
  30. Die missionele karakter van die gemeente deurdrenk haar hele wese
  31. God se Koninkryk is omvattend en moet ons hele bestaan insluit
  32. God is die groot Koning van hierdie dinamiese en radikale Koninkryk
  33. Kinders van God is Koningskinders wat Hom met vreugde en oorgawe dien
  34. God bou sy Koninkryk deur numeriese groei en wek by ons ’n hunkering daarna
  35. Ware groei is die resultaat van die Missio Dei (God se sending in sy wêreld)
  36. Die geheim van ’n verskilmakende gemeente is leierskap
  37. Geestelike leiers hoor, doen, dien en bemagtig
  38. Dit word nie toevallig die evangelie van liefde genoem nie
  39. Ons kan nie die boodskap van versoening verkondig terwyl ons niks aan gebroke verhoudings doen nie
  40. God verwag van ons om gebroke verhoudings te herstel
  41. Deur Godgegewe strategieë word ’n Godgegewe visie waar
  42. Verskilmakers leef wat hulle bely
  43. Dissipelskap is meer as woorde – dis ’n leefstyl
  44. Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook!
  45. Jy is ’n verskilmaker in God se wêreld!

Week 9 Groepgesprek – Leiers en verhoudings – Ons is die plan: 9 weke van Transformasie

Week 9 Die plan kom tot uiting - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke
Luister na lied

Luister na snit 13 (Waar’s jy saaier?) op die ingeslote CD.

Waar is die Saaier? – Johann Botes

Johann Botes – Waar is die Saaier?


Waar is die Saaier? – Johann Botes

Kom ons gaan en keer die wêreld om
Kom ons gaan, getuig, vertel van Hom
Saai die Woord oor alle nasies heen
Bring die gerwe soos God alleen dit seën

Dis nou oestyd, die aar is ryp gewag
Kom nou saaier, kom oes ook in sy krag
In Jerusalem, maar ook oor lande heen
Bring die Waarheid, God wil die wêreld seën

Wie met trane saai sal met vreugde maai
Juigend kom hy t’rug wyl hy gerwe dra
Die Heer se opdrag staan, die oesland is gereed
Gaan dan heen soos Hy jou vra

Kom nou saaier, die ure gaan verby
Steun op Jesus, Hy sal jou daagliks lei
Soveel volkere wat sonder hoop voortgaan
Waar’s jy saaier, wie bied dan redding aan?

Lofprysing en aanbidding

Skryf / Vul in

Bybelverse wat jou vandag aangespreek het:


Belewenisse en ervarings tydens vandag se Bybelstudie:


Wat het jy geleer of ontdek?


Hoe het vandag se studie jou tot aksie geïnspireer? Hoe het jy geestelik gegroei of is jou lewe verander?


Iets wat jy graag met die groep wil deel of bespreek?


Gebed

Gebedsonderwerpe:


Boublokvrae of -stellings:

  1. Verduidelik hoe julle die verband tussen visie en strategieë verstaan.
  2. Is ons belydenis en lewens in harmonie met mekaar?
  3. Verduidelik wat julle onder dissipelskap verstaan.
  4. Waarheen stuur God julle (as individue, groep en gemeente)?
Skryf / Vul in
  1. Hoeveel punte uit 10 sal die gemeente waaraan julle behoort, kry
    as ’n verskil-makende gemeente? En jy?

Week 9 Die plan kom tot uiting
Week 9 Die plan kom tot uiting
Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Week 9 Dag 45 – Is Jy?- Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 9 Dag 45 Jy is n verskilmaker in God se wereld 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

Is jy?
Wat ’n snaakse opskrif vir die laaste dag van hierdie 9 weke! Dié rare opskrif sluit aan by die titel van hierdie Bybelstudieboek – Nege weke van Transformasie. Jy sien, die wesenlike vaag is of jy deur die afgelope 9 weke iets van ’n transformasie in jou eie lewe ervaar het?

Het jy verander?
Het jy nuwe insigte ontwikkel?
Het jy die Here beter leer ken in hierdie tyd?
Het jy sy stem gehoor?
Is jy getransformeer?
Is jy ?

Gebed

Daarom wil ek vra dat jy nou genoeg tyd sal deurbring deur met Hom hieroor te praat. Sê vir Hom wat jy beleef het. Praat met Hom oor jou vreugdes, bekommernisse, vrese en dalk ontnugterings van die afgelope 9 weke.

Vandag gaan dit oor 45 stellings.
Martin Luther se bekende 95 Stellings het eintlik die begin van die Reformasie ingelui. Ons het deur die loop van die 9 weke elke dag ’n stelling geformuleer waardeur ons probeer het om die dag se studie saam te vat. Mag hierdie 45 stellings ook ’n voortgaande reformasie in jou eie lewe inlui!

Lees die Skrif

Blaai na bladsy 169 – daar sal jy die 45 stellings te siene kry. Ek wil voorstel dat jy in die toekoms gereeld daarheen sal blaai, ’n paar minute sal gebruik om daardeur te lees en sodoende weer jou geheue verfris. Só sal hierdie materiaal deel van jou geestelike pad bly en nie in die vergetelheid verdwyn, as maar net nog ’n Bybelstudieboek waardeur jy gewerk het nie. Dit sal ook jou ervaring van die afgelope 9 weke lewendig hou. Blaai asseblief daarheen en lees die 45 stellings. Doen dit rustig, met konsentrasie en bedink elke stelling opnuut. (Sien Bylaag 1)

Ek wil hê jy moet hierdie 9 weke afsluit deur 2 dinge te doen:

Luister na lied

Luister na snit 15 op die CD – die snit se titel is Ek het ’n droom.
Maak jou oë toe as jy luister en konsentreer op wat jy hoor.

Ek het ‘n Droom deur Frans Hancke voorgedra deur Ensie Enslin

Sien Bylaag 3 : Ek het ‘n droom

Skryf / Vul in

Ten slotte wil ek vra dat jy in die blok hieronder iets van jou ervaring van die afgelope 9 weke in enkele kort sinne neerskryf. Wat het met jou gebeur? Wat sal jy onthou? Wat was vir jou die ingrypendste ervaring?


Gebed

Praat met die Here

Week 9 Dag 45 Jy is n verskilmaker in God se wereld
Week 9 Dag 45 Jy is n verskilmaker in God se wereld
Wenk

WENK: op bladsy 174 is ’n groot afdruk van die model wat hierdie 9 weke se studies aanmekaar knoop. (Sien Bylaag 2)
Gebruik een ekstra dag om dit deur te werk. Oorweeg dit gerus om die Model by ’n groepgesprek te bespreek

Figuur Die Model
Figuur Die Model
Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 9 Dag 44 – Verskil… en maal ‘n verskil- Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 9 Dag 44 Soos die Vader My gestuur het stuur Ek julle ook 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke
Gebed

Ons kom nou by die einde van hierdie 9 weke se Bybelstudie. God is steeds besig met sy transformasie proses in jou lewe. Stel jouself beskikbaar en gee Hom geleentheid om met jou te praat

Lees die Skrif

Lees in afhanklikheid van die Heilige Gees: Luk 4:14-30.

Luk 4:14-30

14Vol van die krag van die Gees, het Jesus na Galilea teruggegaan, en die nuus oor Hom het deur die hele omgewing versprei. 15Hy het die mense in hulle •sinagoges geleer, en almal het met lof van Hom gepraat.

16Toe Jesus in Nasaret kom, waar Hy grootgeword het, het Hy op die Sabbat na die •sinagoge gegaan, soos sy gewoonte was. Toe Hy opstaan om voor te lees, 17is die boekrol van die profeet Jesaja vir Hom aangegee, en Hy het dit oopgerol en die plek gevind waar geskryf staan:

18“Die Gees van die Here is op My,
omdat Hy My gesalf het
om die goeie boodskap
aan arm mense te verkondig.
Hy het My gestuur om vir gevangenes aan te kondig dat hulle vrygelaat sal word,
en vir blindes dat hulle weer sal sien,
om onderdruktes te bevry,
19en om die genadejaar van die Here aan te kondig.”
20Hierna het Jesus die boekrol opgerol, dit aan die amptenaar teruggegee en gaan sit. Almal in die sinagoge se oë was stip op Hom gerig. 21Toe het Hy met hulle begin praat: “Hierdie gedeelte uit die Skrif is vandag vervul terwyl julle daarna geluister het.”

22Almal het hulle instemming met Hom betuig, en was verwonderd oor die woorde vol genade wat uit sy mond gevloei het. En hulle het gesê: “Is Hy dan nie die seun van Josef nie?”

23Toe sê Jesus vir hulle: “Julle sal seker die spreekwoord aan My wil voorhou, ‘Geneesheer, genees jouself. Ons het gehoor wat alles in Kapernaum gebeur het. Doen daardie dinge nou ook hier in jou tuisdorp.’ ” 24En Hy het gesê: “•Amen, Ek sê vir julle: Geen profeet is welkom in sy tuisdorp nie. 25Wat Ek vir julle sê, is die waarheid: In Elia se tyd, toe die hemel vir drie jaar en ses maande gesluit gebly en ‘n groot hongersnood in die land geheers het, was daar baie weduwees in Israel. 26Tog is Elia nie na een van hulle gestuur nie, maar wel na ‘n weduwee in Sarfat, in die omgewing van Sidon. 27Daar was ook in die tyd van die profeet Elisa baie melaatses in Israel. Tog is nie één van hulle gereinig nie, maar wel Naäman, die Siriër.”

28Toe hulle hierdie dinge hoor, het almal in die sinagoge woedend geword. 29Hulle het opgespring en Hom uit die dorp gedryf. En hulle het Hom geneem tot op die rand van die berg waarop hulle dorp gebou was, om Hom daar af te gooi. 30Maar Hy het tussen hulle deur geloop en weggegaan.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Deut 15:7-11; Spr 19:17; Spr 21:13; Spr 22:9, 16, 22-23; Spr 29:13; Jes 58:6-10; 61:1-4.

Deut 15:7-11;

7“As daar tog in jou land, wat die Here jou God aan jou gaan gee, in een van jou dorpe ‘n behoeftige persoon is, een van jou volksgenote, dan moet jy nie jou hart verhard nie en nie jou hand toehou vir jou behoeftige volksgenoot nie. 8Nee, jy moet jou hand vir hom wyd oopmaak en aan hom leen sonder voorbehoud, soveel as wat hy nodig het, wat ook al sy behoefte is.

9“Wees versigtig dat daar nie in jou hart die slinkse gedagte opkom om te dink, die sewende jaar, die jaar van kwytskelding kom nader nie, en jy dan jou oë sluit vir jou behoeftige volksgenoot en jy nie vir hom iets gee nie. Hy sal hom op die Here beroep teen jou, en dan staan jy skuldig. 10Gee milddadig aan hom; en wanneer jy vir hom gee, moet dit nie met ‘n teensinnige hart wees nie. Om hierdie rede sal die Here jou God jou immers seën in al jou werk, in alles waaraan jy jou hand waag. 11Ja, behoeftiges sal nie uit die land verdwyn nie. Daarom beveel ek jou: Maak jou hand wyd oop vir jou volksgenoot, vir die magtelose en die behoeftige in jou land.”

Spr 19:17;

17Wie hom oor ‘n arme ontferm,
leen aan die Here,
en Hy sal hom vergoed
vir sy weldaad.

Spr 21:13;

13Wie sy ore sluit vir die hulpkreet
van ‘n arme,
sal self ook roep
en nie geantwoord word nie.

Spr 22:9, 16, 22-23;

9Wie ruimhartig is,
sal geseën word,
want hy gee van sy brood
aan die hulpelose

16Wie ‘n arm mens uitbuit
om vir homself meer te kry,
en aan ‘n ryk mens geskenke gee –
dit lei net tot gebrek.

22Moenie ‘n arme beroof
omdat hy arm is nie,
en moenie die magtelose vertrap
in die poort nie,
23want die Here
sal hulle regstryd voer
en van hulle plunderaars
die lewe plunder.

Spr 29:13;

13Die arme en onderdrukker
het dít gemeen:
Die Here gee lig aan albei se oë.

Jes 58:6-10;

6Is dit nie hierdie vas
wat Ek verkies nie,
dat julle die boeie
van goddeloosheid losmaak,
die stroppe van die juk
stukkend ruk,
verdruktes vry wegstuur
en elke juk breek?
7Is dit nie bedoel om vir
hongeriges jou brood te breek,
om aan magteloses
en haweloses onderdak te bied nie?
Wanneer jy iemand sien
wat kaal is, moet jy hom bedek,
en jou nie afsydig hou van jou
eie vlees en bloed nie.”

8Dan sal jou lig deurbreek
oos die oggendskemering;
en jou herstel
sal spoedig aanbreek.
Jou geregtigheid sal jou vooruitloop;
die heerlikheid van die Here
sal jou agterhoede dek.
9Dan sal jy roep en die Here
sal antwoord.
Jy sal om hulp roep,
en Hy sal sê: “Hier is Ek!”
As jy die juk uit jou midde verwyder,
die vingerwysery
en verderflike gepraat,
10as jy hulle wat honger is,
jou empatie laat ervaar,
die mens wat verdruk word,
versadig laat word,
sal jou lig in die duisternis skyn;
jou donkerte sal soos helder dag wees.

Jes 61:1-4

1Die Gees van my Heer,
die Here is op my,
omdat die Here my gesalf het.
Hy het my gestuur
om ‘n goeie boodskap te bring
aan magteloses,
om dié met gebroke harte
se wonde te verbind,
om dié wat weggevoer is
se vrylating aan te kondig
en bevryding vir dié wat geboei is,
2om die genadejaar
van die Here aan te kondig,
ons God se dag van wraak,
om almal wat rou, te troos,
3om te voorsien vir hulle
wat oor Sion rou,
om vir hulle •tulbande te gee
in plaas van stof,
vreugde-olie in plaas van rou,
klere vir lofprysing
in plaas van ‘n verslae gees.
Hulle sal genoem word:
terebinte van geregtigheid,
geplant deur die Here
om Hom te verheerlik.
4Hulle sal die oeroue puinhope herbou,
die verwoeste plekke van vroeër weer oprig,
dorpe wat in puin lê,
wat geslagte lank verwoes is,
sal hulle nuut maak.

Skryf / Vul in

Dink jy die mense van Nasaret het die Goeie Nuus van God se genadejaar rég verstaan? (Kyk veral na Luk 4:18-19, 22 en vergelyk dit met Luk 4:24- 27, 28-29.)

Luk 4:18-19, 22

18“Die Gees van die Here is op My,
omdat Hy My gesalf het
om die goeie boodskap
aan arm mense te verkondig.
Hy het My gestuur om vir gevangenes aan te kondig dat hulle vrygelaat sal word,
en vir blindes dat hulle weer sal sien,
om onderdruktes te bevry,
19en om die genadejaar van die Here aan te kondig.”

22Almal het hulle instemming met Hom betuig, en was verwonderd oor die woorde vol genade wat uit sy mond gevloei het. En hulle het gesê: “Is Hy dan nie die seun van Josef nie?”

Luk 4:24- 27, 28-29

24En Hy het gesê: “•Amen, Ek sê vir julle: Geen profeet is welkom in sy tuisdorp nie. 25Wat Ek vir julle sê, is die waarheid: In Elia se tyd, toe die hemel vir drie jaar en ses maande gesluit gebly en ‘n groot hongersnood in die land geheers het, was daar baie weduwees in Israel. 26Tog is Elia nie na een van hulle gestuur nie, maar wel na ‘n weduwee in Sarfat, in die omgewing van Sidon. 27Daar was ook in die tyd van die profeet Elisa baie melaatses in Israel. Tog is nie één van hulle gereinig nie, maar wel Naäman, die Siriër.”

28Toe hulle hierdie dinge hoor, het almal in die sinagoge woedend geword. 29Hulle het opgespring en Hom uit die dorp gedryf. En hulle het Hom geneem tot op die rand van die berg waarop hulle dorp gebou was, om Hom daar af te gooi. 30Maar Hy het tussen hulle deur geloop en weggegaan.


Wat dink jy sou die diepere rede agter hierdie optrede van die mense van Nasaret wees?


Wat sê dié gedeelte vir jou oor God se genadejaar, asook die feestelike aard van die Goeie Nuus?


As dokter-skrywer bekyk Lukas Jesus se lewe en bediening veral vanuit die hoek van praktiese liefde. Hy beklemtoon dat Jesus se bediening liefde-in aksie was – ’n evangelie van ware omgee vir ryk én arm en vir almal wat in nood verkeer. Daarom beskryf Lukas die Evangelie van Jesus Christus as ’n verhaal van die dinge wat onder ons gebeur het (Luk 1:11Baie mense het reeds hulle hand daaraan gewaag om ‘n verhaal saam te stel oor dit wat onder ons tot vervulling gekom het, ). Dink ook aan die verwagting wat hy by Jesus bespeur, dat sy volgelinge daders van die woord sal wees (Luk 6:46-49 46“Waarom noem julle My ‘Here, Here!’ maar julle doen nie wat Ek sê nie? 47“Elkeen wat na My toe kom en my woorde hoor en daarvolgens handel – Ek sal vir julle verduidelik soos wie hy is: 48Hy is soos ‘n man wat besig was om ‘n huis te bou. Hy het gespit en diep gegrawe, en die fondament op die rots gelê. Toe daar ‘n oorstroming kom en die vloedwater die huis tref, kon dit die huis nie laat ineenstort nie, omdat dit goed gebou was. 49“Maar wie hoor en nie doen nie, is soos ‘n man wat ‘n huis sonder ‘n fondament op die grond bou. As die vloedwaters dit tref, stort dit onmiddellik ineen. Die verwoesting van daardie huis was geweldig.”)!

Dit was nooit die bedoeling van Lukas om die evangelie van bevryding te vergeestelik nie. (Vgl Jesus se boodskap uit Jesaja in Luk 4:16-30

Luk 4:16-30
16Toe Jesus in Nasaret kom, waar Hy grootgeword het, het Hy op die Sabbat na die •sinagoge gegaan, soos sy gewoonte was. Toe Hy opstaan om voor te lees, 17is die boekrol van die profeet Jesaja vir Hom aangegee, en Hy het dit oopgerol en die plek gevind waar geskryf staan:

18“Die Gees van die Here is op My,
omdat Hy My gesalf het
om die goeie boodskap
aan arm mense te verkondig.
Hy het My gestuur om vir gevangenes aan te kondig dat hulle vrygelaat sal word,
en vir blindes dat hulle weer sal sien,
om onderdruktes te bevry,
19en om die genadejaar van die Here aan te kondig.”20Hierna het Jesus die boekrol opgerol, dit aan die amptenaar teruggegee en gaan sit. Almal in die sinagoge se oë was stip op Hom gerig. 21Toe het Hy met hulle begin praat: “Hierdie gedeelte uit die Skrif is vandag vervul terwyl julle daarna geluister het.”

22Almal het hulle instemming met Hom betuig, en was verwonderd oor die woorde vol genade wat uit sy mond gevloei het. En hulle het gesê: “Is Hy dan nie die seun van Josef nie?”

23Toe sê Jesus vir hulle: “Julle sal seker die spreekwoord aan My wil voorhou, ‘Geneesheer, genees jouself. Ons het gehoor wat alles in Kapernaum gebeur het. Doen daardie dinge nou ook hier in jou tuisdorp.’ ” 24En Hy het gesê: “•Amen, Ek sê vir julle: Geen profeet is welkom in sy tuisdorp nie. 25Wat Ek vir julle sê, is die waarheid: In Elia se tyd, toe die hemel vir drie jaar en ses maande gesluit gebly en ‘n groot hongersnood in die land geheers het, was daar baie weduwees in Israel. 26Tog is Elia nie na een van hulle gestuur nie, maar wel na ‘n weduwee in Sarfat, in die omgewing van Sidon. 27Daar was ook in die tyd van die profeet Elisa baie melaatses in Israel. Tog is nie één van hulle gereinig nie, maar wel Naäman, die Siriër.”

28Toe hulle hierdie dinge hoor, het almal in die sinagoge woedend geword. 29Hulle het opgespring en Hom uit die dorp gedryf. En hulle het Hom geneem tot op die rand van die berg waarop hulle dorp gebou was, om Hom daar af te gooi. 30Maar Hy het tussen hulle deur geloop en weggegaan. .)

Jesus beklemtoon juis dat die Koninkryk van God nie gaan oor ’n “pie in the sky when you die” nie, maar oor ’n verhouding met God wat hier en nou ’n verskil in my alledaagse lewe maak (Luk 7:22 22Hy het hulle geantwoord: “Gaan vertel vir Johannes wat julle gesien en gehoor het:
“Blindes sien weer,
verlamdes loop,
melaatses word gereinig,
dowes hoor,
dooies word opgewek,
aan armes word die goeie boodskap verkondig
.)!

Die Goeie Nuus, volgens Lukas, behels die totale bevryding van enige vorm van onderdrukking. Aan die ander kant waarsku Thomas Hanks dat sommige Christene ’n evangelie van sosiopolitieke bevryding aan armes wil verkondig, terwyl nog ander weer vergifnis van sonde vir die rykes wil aanbied. Jesus bied ons egter nie die luuksheid van een evangelie vir die armes en een vir die rykes nie. (Vgl Spr 29:13 13Die arme en onderdrukker het dít gemeen: Die Here gee lig aan albei se oë.; Kol 3:11.11By die nuwe mens is daar nie onderskeidings soos Griek of Jood, besnedene of onbesnedene, barbaar of Skittiër, slaaf of vry persoon nie, maar Christus is alles en in almal. )

Geen wonder dat Lukas Jesus se bediening en sending met feestaal inkleur nie (Luk 4:18- 19)! So verkondig Jesus God se Goeie Nuus aan mense in nood. Daarom vind ons dan ook die meeste genesingsverhale in die Evangelie volgens Lukas.

Lees die Skrif

Lees nou ook Joh 1:1,14; 3:16-19; 20:21.

Joh 1:1,14;

11In die begin was die Woord,
en die Woord was by God,
en die Woord was God.

Joh 3:16-19;1

6Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy unieke Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. 17God het immers nie sy Seun na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom verlos kan word. 18Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie, maar wie nie glo nie, staan reeds veroordeel omdat hy nie in die Naam van die unieke Seun van God geglo het nie. 19En dit is die oordeel: Die lig het in die wêreld gekom, maar die mense het die duisternis liefgehad bo die lig, omdat hulle dade boos was. 

Joh 20:21.

21Jesus sê toe weer vir hulle: “Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.”

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Joh 7:29; 17:3, 18, 21, 25; Hand 1:8; 2 Kor 4:13-15

Joh 7:29;

29Ek ken Hom, omdat Ek van Hom af kom en Hy My gestuur het.”

Joh 17:3, 18, 21, 25;

3En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en ook Hom wat U gestuur het – Jesus Christus. 

18Net soos U My in die wêreld ingestuur het, so het Ek ook hulle in die wêreld ingestuur.

21dat hulle almal een kan wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, en dat hulle ook in Ons kan wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.

25•Regverdige Vader, die wêreld ken U nie, maar Ek ken U, en hulle weet dat U My gestuur het. 

Hand 1:8;

8Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle moet my getuies wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria, en tot aan die einde van die aarde.”

2 Kor 4:13-15

13Maar aangesien ons dieselfde Gees van die geloof het – soos geskryf staan, “Ek het geglo, daarom het ek gepraat” – glo ons ook, en daarom praat ons. 14Ons weet dat Hy wat die Here Jesus opgewek het, ons ook saam met Jesus sal opwek, en julle voor Hom sal stel. 15Want dit gebeur alles ter wille van julle, sodat die genade, wat steeds meer mense insluit, die dankbaarheid oorvloedig kan maak tot eer van God.

Met Jesus as Hoof van sy Kerk; met God se vaderhart wat uitgaan na mense wat verlore is en met die Heilige Gees wat deur ons wil getuig (Joh 15:26-27; Hand 1:8)

Joh 15:26-27;
26“Wanneer die Parakleet kom wat Ek van die Vader af aan julle sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy oor My getuig. 27En julle moet ook getuig, omdat julle van die begin af by My is.

Hand 1:8
8Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle moet my getuies wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria, en tot aan die einde van die aarde.”

– hoe kan dit wees dat daar gemeentes is wat hulle nie steur aan ’n wêreld in nood nie?!

Skryf / Vul in

Wat dink jy sou die diepere rede hieragter wees?


Watter rol speel kerkleiers hierin?


In Johannes se weergawe van die evangelie, kry sending die gestalte van die Woord wat vlees (mens) geword het (Joh 1:14) en as Immanuel onder ons kom woon het. Jesus het nie ’n boodskap gebring nie; Hy WAS (en IS) die Boodskap – vandaar dat Johannes Jesus aanhaal waar Hy ’n persoonlike verhouding met Homself, beklemtoon (Joh 5:39-4039Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle dink dat die ewige lewe daarin te vinde is. En dit is juis hulle wat oor My getuig. 40Maar julle wil nie na My kom, sodat julle die lewe kan hê nie.). Jesus se hele wese is missionêr; God-gerig; Koninkryksgerig! Dan sit Jesus die inkarnasie voort wanneer Hy sy Heilige Gees op die Kerk uitstort. Uiteindelik word die Geesvervulde Kerk, soos Hy, gestuur om die status quo in die wêreld te verander (Luk 10:1-3a1Hierna het die Here nog twee-en-sewentig ander aangewys en hulle twee-twee voor Hom uitgestuur na elke dorp en plek wat Hy nog wou besoek. 2Hy het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Daarom moet julle bid tot die Here, aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes. 3Gaan nou!; Joh 20:2121Jesus sê toe weer vir hulle: “Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.”). GOD is die Een wat stuur ( Missio Dei ) – soos Hy sy Seun gestuur het, stuur Hy sy Kerk. Daarom gaan die Kerk van Jesus se identiteit oor gestuur-wees . Dit is die missionele kerk – elkeen ’n gestuurde!

Skryf / Vul in

Wat dink jy van die stelling dat dit vir Johannes nie in sending gaan oor harde werk nie, maar eerder gaan oor die voorreg van ontvang en insamel (Joh 4:36)?

Joh 4:36
36Hy wat oes, ontvang sy loon en samel die oes in vir die ewige lewe, sodat die een wat saai en die een wat oes, saam bly kan wees.


So gesien, beteken gelowige wees, om jou gestuurdheid te verstaan. Volgens Johannes gee Jesus ’n praktiese inhoud aan die nuwe gebod van liefde (Joh 13:34-35).

Joh 13:34-35

34Ek gee julle ‘n nuwe gebod: Julle moet mekaar liefhê. Net soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. 35Dit is hoe almal sal weet dat julle my dissipels is – as julle liefde teenoor mekaar het.”

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Joh 13:1-17 (:17!); 2 Kor 8:4-5.

Joh 13:1-17 (:17!);

131Voor die Fees van die Pasga het Jesus reeds geweet dat sy uur aangebreek het dat Hy van hierdie wêreld na die Vader sou oorgaan. Daarom, omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, het Hy hulle liefgehad tot aan die einde. 2Gedurende die aandete het die Duiwel dit reeds in die hart van Judas, seun van Simon Iskariot, gelê om Jesus te verraai. 3Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het, en dat Hy van God gekom het en weer na God terugkeer. 4Daarom het Hy van die ete opgestaan, sy boklere uitgetrek, ‘n linnedoek geneem en dit om Hom vasgebind. 5Toe gooi Hy water in die waskom en begin om die voete van die dissipels te was en dit met die linnedoek wat om Hom gebind was, af te droog. 6Toe Hy by Simon •Petrus kom, sê dié vir Hom: “Here, gaan U my voete was?” 7Jesus het hom geantwoord: “Wat Ek doen, verstaan jy nie nou nie, maar hierna sal jy verstaan.” 8Petrus sê toe vir Hom: “U sal beslis nie my voete was nie – tot in ewigheid nie!” Jesus het hom geantwoord: “As Ek jou nie was nie, het jy nie deel aan My nie.” 9Toe sê Simon Petrus vir Hom: “Here, dan nie net my voete nie, maar ook my hande en my kop.” 10Maar Jesus sê vir hom: “Iemand wat gebad is, het nie nodig dat iets anders as sy voete gewas word nie, omdat hy reeds heeltemal skoon is. En julle is skoon, maar nie almal nie.” 11Want Jesus het geweet wie Hom sou verraai, en daarom het Hy gesê: “Julle is nie almal skoon nie.”

12Toe Hy hulle voete klaar gewas het en weer sy boklere aangetrek en aangeleun het om te eet, sê Hy vir hulle: “Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het? 13Julle noem my Meester en Here, en julle sê dit tereg, want Ek is dit. 14As Ek, julle Here en Leermeester, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. 15Ek het immers vir julle ‘n voorbeeld gegee sodat julle ook kan maak soos wat Ek gemaak het. 16Amen, amen, Ek sê vir julle: ‘n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie, en ‘n gesant nie belangriker as die een wat hom gestuur het nie. 17As julle dit begryp, gelukkig is julle as julle dit doen.

2 Kor 8:4-5

4Hulle het pleitend by ons aangedring om deel te kan hê aan die genadewerk van hulpverlening aan die heiliges. 5Dit was nie slegs soos ons gehoop het nie; trouens, hulle het hulleself eers aan die Here gegee, en toe, deur die wil van God, ook aan ons.

Skryf / Vul in

Waarom dink jy sou iemand die liefde beskryf as die belangrikste toets vir dissipelskap?


Gebed

Praat met God – veral oor jou antwoord op vandag se Bybelstudie. Deel met Hom al jou emosies, vrae, onsekerhede. Antwoord ook op dit wat jy glo die Here van Homself aan jou geopenbaar het.

Week 9 Dag 44 Soos die Vader My gestuur het stuur Ek julle ook
Week 9 Dag 44 Soos die Vader My gestuur het stuur Ek julle ook
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: handboek, p 187-196
Lees ook (vanuit die hoek van fees- en jubeltaal) die gevolg van die Goeie Nuus op mense se lewens: Hand 4:19-20; Matt 12:34 Hoe rym dit met Luk 9:26 en Jesus se belofte in Hand 1:8? Waarvan getuig hierdie skaam vir Jesus ? Vgl ook Matt 10:19-20; Rom 1:16; 8:9; 2 Tim 1:7-8; 3:5.

Hand 4:19-20;

19Petrus en Johannes het hulle egter geantwoord en gesê: “Of dit reg is voor God om eerder na julle te luister as na God, moet julle self oordeel; 20want ons kan nie swyg oor wat ons gesien en gehoor het nie.”

Matt 12:34

34Addergeslag! Hoe kan julle iets goeds sê as julle sleg is? Want waar die hart van vol is, loop die mond van oor. 

Luk 9:26

26Wie hom vir My en my woorde skaam, vir hom sal die •Seun van die Mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in sy heerlikheid en dié van die Vader en die heilige engele.

Hand 1:8

8Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle moet my getuies wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria, en tot aan die einde van die aarde.”

Matt 10:19-20;

19En wanneer hulle julle oorlewer, moet julle julle nie bekommer oor hoe en wat julle moet sê nie, want wat julle moet sê, sal op daardie oomblik aan julle gegee word. 20Dit is immers nie julle wat praat nie, maar die Gees van julle Vader wat deur julle praat.

Rom 1:16;

16Ek skaam my immers nie vir die evangelie nie, want dit is die krag van God tot verlossing vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood, maar ook vir die Griek.

Rom 8:9;

9Julle, daarenteen, bly nie in julle sondige aard nie, maar in die Gees – as die Gees van God inderdaad in julle woon. As iemand nie die Gees van Christus het nie, behoort hy nie aan Hom nie.

2 Tim 1:7-8;

7God het ons tog nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing. 8Moet jou dus nie skaam vir die getuienis van ons Here nie, ook nie vir my, sy gevangene, nie. Maar dra jou deel van die lyding vir die evangelie deur middel van die krag van God.

2 Tim 3:5.

5mense wat wel ‘n skyn van godvresendheid voorhou, maar wat die krag van godvresendheid misken. Bly weg van sulke mense. 

Wenk

WENK: Maak ’n lys van ongelowiges met wie die Here jou die afgelope 10 dae in aanraking gebring het. Hoe het jy jou missie hanteer?
(Agter in die gids is ’n bladsy met kaartjies vir hierdie doel wat uitgeskeur kan word.)

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 9 Dag 43 – Dissipels van alle nasies… – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 9 Dag 43 Dissipelskap is meer as woorde Dis n leefstyl 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

Vir die volgende twee dae gaan ons kyk wat die praktiese resultate is van die feit dat ons deel van God se plan is. Ons gaan na die vier Evangelies vanuit hierdie hoek kyk. In die Bybel vind die gemeente haar sendingdoel deur belydenis, diens, getuienis en liefde. (Kyk weer na Dag 29 en 30 oor die missionele karakter.) Dit gee onafwendbaar aanleiding tot praktiese uitkomste. ’n Mens sou kon sê: Die Bybel se klem op doen is die Evangelie-in aksie; daarsonder het die gemeente geen impak na buite nie en verloën sy haar vermoë om sout en lig vir die wêreld te wees (Jak 1:22-27; 2:14-26).

Jak 1:22-27;
22Wees doeners van die woord, en nie slegs hoorders wat julleself mislei nie. 23Want wie ‘n hoorder van die woord is en nie ‘n doener nie, is soos iemand wat sy eie gesig in ‘n spieël sien. 24Hy sien homself, gaan weg en vergeet onmiddellik hoe hy gelyk het. 25Maar wie diep in die volmaakte wet van vryheid inkyk en daaraan hou, sal gelukkig wees in wat hy doen, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n doener. 26As iemand dink dat hy godsdienstig is en nie sy tong kan beheer nie, mislei hy homself; so ‘n mens se godsdiens is vergeefs. 27Dít is suiwer en onbesmette godsdiens voor ons God en Vader: om na weeskinders en weduwees om te sien in hulle ellende, en jouself onbesmet van die wêreld te hou.

Jak 2:14-26
GELOOF EN DADE
14Wat baat dit, my broers, as iemand sê dat hy geloof het, maar hy het nie dade nie? Dié geloof kan hom tog nie verlos nie? 15As ‘n broer of ‘n suster sonder klere en daaglikse kos is, 16en een van julle sê vir hulle, “Gaan in vrede, word warm en word versadig,” maar julle gee nie vir hulle wat die liggaam nodig het nie, wat help dit? 17So is geloof alleen, as dit nie op dade uitloop nie, dood.

18Maar as iemand sê, “Jy het geloof en ek het dade,” wys dan vir my jou geloof sonder dade, en ek sal jou uit my dade my geloof wys. 19Glo jy dat God Een is? Goed so. Ook die demone glo dit, en hulle bewe. 20Wil jy weet, o nietige mens, dat geloof sonder dade nutteloos is? 21Is Abraham, ons vader, nie op grond van sy dade regverdig verklaar, omdat hy sy seun Isak op die altaar geplaas het nie? 22Kan jy sien dat die geloof meegewerk het met sy dade, en dat vanuit die dade die geloof volkome geword het? 23En die Skrif is vervul wat sê: “Abraham het God geglo, en God het sy geloof vir hom as regverdiging gereken, en hy is ‘n vriend van God genoem.” 24Julle sien dus dat ‘n mens op grond van dade regverdig verklaar word, en nie deur geloof alleen nie. 25Is Ragab, die prostituut, nie ook net so op grond van dade regverdig verklaar, toe sy die boodskappers gasvry ontvang en met ‘n ander pad weggestuur het nie? 26Want net soos die liggaam sonder asem dood is, só is die geloof sonder dade dood.

Gebed

Bid en vra die Here om met jou te praat…

Lees die Skrif

Lees Matt 5:13-16; 7:15-27; 28:19-20.

Matt 5:13-16;

13“Julle is die sout vir die aarde, maar as die sout sy smaak verloor het, waarmee sal dit weer sout gemaak word? Dit deug vir niks meer nie, behalwe om buite gegooi te word sodat dit deur die mense vertrap kan word.

14“Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie. 15Mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder ‘n maatemmer nie, maar op ‘n lampstaander, en so gee dit lig vir almal in die huis.

16“Laat julle lig só voor die mense skyn, sodat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, kan verheerlik.”

Matt 7:15-27;

15“Wees op julle hoede vir die vals profete wat in skaapsklere na julle kom, maar in hulle binneste wolwe is wat verskeur. 16Aan hulle vrugte sal julle hulle uitken. Pluk ‘n mens miskien druiwe van doringstruike of vye van dissels? 17Net so dra elke goeie boom goeie vrugte, maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte. 18‘n Goeie boom kan nie slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom kan nie goeie vrugte dra nie. 19Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. 20Aan hulle vrugte sal julle hulle dus uitken.

21“Nie elkeen wat vir My sê, ‘Here, Here,’ sal ingaan in die •koninkryk van die hemele nie, maar net diegene wat die wil doen van my Vader in die hemele. 22Baie sal op daardie dag vir My sê, ‘Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam demone uitgedryf en in u Naam baie kragtige dade verrig nie?’ 23Dan sal Ek openlik vir hulle sê, ‘Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat wetteloosheid bedryf!’ ”

24“Daarom sal elkeen wat na my woorde luister en daarvolgens handel, soos ‘n verstandige man wees wat sy huis op rots gebou het. 25Toe die reën begin val en die stormwaters kom en die winde waai en daardie huis tref, het dit nie ineengestort nie, omdat dit stewig op rots gevestig was. 26Maar elkeen wat hierdie woorde van My hoor en dit nie uitvoer nie, sal soos ‘n onverstandige man wees wat sy huis op sand gebou het. 27Toe die reën begin val en die stormwaters kom en die winde waai en daardie huis tref, het dit ineengestort, en die ineenstorting was geweldig.”

Matt 28:19-20

19Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees, 20en hulle te leer om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae, tot aan die voleinding van die tyd.”

Skryf / Vul in

Dink ’n oomblik oor die volgende vrae:

  • Wat is die doel van sout?
  • Sou dit nie sinloos wees vir ’n huisvrou om te spog oor die suiwer sout in die soutpot, terwyl die kos onsmaaklik is nie? Of vir die boer om te spog oor die baie sakke sout op die plaas, terwyl die velle vol wurms en aan die vrot raak is nie? Wat van die sieke wat spog met skoon sout in die medisynetas, terwyl sy wond besmet is met kieme?
  • Is iets hiervan dalk waar in jou lewe?
  • Wat is die doel van lig? Beteken ’n brandende kers in ’n vertrek met buisligte ooit iets, of is dit net ’n vermorsing van die kers?
  • Wat dink jy sou Jesus met hierdie paar verse vir sy dissipels (Kerk) wou sê?

Wanneer ’n instrument nie die doel bereik waarvoor dit gemaak is nie, kan dit nie ’n positiewe bydrae lewer, of ’n verskil maak nie. So is sout se bedoeling om smaak te gee en bederfwerend in te werk. Lig se doel is om duisternis te verdryf.

Vgl Joh 1:4-5.
4In Hom was lewe,
en dié lewe was die lig vir die mense.
5En die lig skyn in die duisternis,
en die duisternis kon dit nie uitdoof nie.

Die Kerk van Christus is ook geroep om ’n verskil te maak aan die wêreld waarbinne God ons geplaas het. Wanneer die Kerk begin getuig en Christus se liefde leef in ’n hooplose wêreld, kom daar hoop! Die bergpredikasie leer dat woord en daad nie van mekaar losgemaak kan word nie.

Dink na / Besin

Dink ook aan Jesus se woorde oor die laaste oordeel. Hier gaan dit oor die boom wat aan sy (geloofs-)vrugte geken moet word. So haal Matteus ’n paar voorbeelde aan waar Jesus beklemtoon dat die Kerk geroep is om ’n praktiese verskil in die wêreld te maak. Matt 28:1919Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees, leer ons dat sending kategetiese sending sal wees, met ander woorde: nie “ leer hulle om alles te ken en onthou” nie, maar: “ om alles te onderhou.” (Dit beteken: om sy wil te LEEF!)

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Matt 25:31-46; 12:33

Matt 25:31-46;

31“Wanneer die •Seun van die Mens in sy heerlikheid kom, en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy glansryke troon gaan sit. 32Al die nasies sal voor Hom byeengebring word, en Hy sal hulle van mekaar skei soos ‘n herder die skape van die bokke skei. 33Die skape sal Hy aan sy regterhand laat staan en die bokke aan sy linkerhand. 34Dan sal die Koning vir dié aan sy regterhand sê, ‘Julle, geseëndes van my Vader, kom beërf die koninkryk, wat vir julle gereedgemaak is van die grondlegging van die wêreld af. 35Want Ek was honger, en julle het vir My iets te ete gegee; Ek was dors, en julle het vir My iets te drinke gegee; Ek was ‘n •vreemdeling, en julle het My as ‘n gas verwelkom; 36Ek was nakend, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My versorg; Ek was in die tronk, en julle het My besoek.’ 37Dan sal die •regverdiges Hom antwoord, ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed, of dors en iets te drinke gegee? 38En wanneer het ons U as ‘n vreemdeling gesien, en as gas verwelkom, of nakend, en U geklee? 39En wanneer het ons U siek of in die tronk gesien, en U besoek?’ 40Maar die Koning sal vir hulle sê, ‘•Amen, Ek sê vir julle: Wat julle ook al vir een van hierdie geringste broers van My gedoen het, het julle vir My gedoen.’

41“Dan sal Hy vir dié aan sy linkerhand sê, ‘Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur, wat gereedgemaak is vir die Duiwel en sy engele. 42Want Ek was honger, en julle het My nie iets te ete gegee nie, dors, en julle het My nie iets te drinke gegee nie. 43Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My nie as gas verwelkom nie, nakend, en julle het My nie geklee nie, siek en in die tronk, en julle het My nie besoek nie.’ 44Dan sal hulle antwoord, ‘Here, wanneer het ons U honger gesien, of dors, of as ‘n vreemdeling, of nakend, of siek, of in die tronk, en U nie versorg nie?’ 45Dan sal Hy hulle antwoord, ‘Amen, Ek sê vir julle: Wat julle vir een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle ook nie vir My gedoen nie.’ 46Hierdie mense sal weggaan na die ewige straf, maar die regverdiges na die ewige lewe.”

Matt 12:33

33“Óf julle beskou die boom as goed en sy vrugte as goed, óf julle beskou die boom as sleg en sy vrugte as sleg. Aan sy vrugte word die boom immers geken.

Skryf / Vul in

Wat vra Jesus se strategie vir sy Kerk (Matt 28:19) van kerkleiers oor die opbou en toerus van lidmate (Ef 4:11-16)?

Matt 28:19
9Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees,

Ef 4:11-1611En Hy het sommige as •apostels, ander as profete, ander as evangeliste, en ander as herders en leraars gegee, 12om die •heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, om die liggaam van Christus op te bou, 13totdat ons almal kom tot eenheid in geloof en in kennis van die •Seun van God, en tot ‘n volwassenheid wat in ooreenstemming is met die volgroeide gestalte van die volheid van Christus. 14Die doel hiervan is dat ons nie meer klein kindertjies sal wees nie, wat deur onstuimige golwe rondgeslinger word en rondgewaai word deur elke wind van lering, deur mense se slinksheid en die gekonkel waardeur hulle dwaling beplan; 15maar dat ons eerder, terwyl ons in liefde aan die waarheid vashou, in alle opsigte na Hom toe sal groei. Hy, Christus, is die Hoof 16uit wie die hele liggaam, harmonieus saamgevoeg en saamgebind, deur die ondersteuning van elke gewrig, volgens die werking van elke deel afsonderlik, die groei van die liggaam bewerk tot sy eie opbou in liefde.


Wat vra dit met betrekking tot die skep van geleenthede vir lidmate om hierdie opdrag uit te voer?


Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Deut 6:1; Jak 1:22-25; 2:14-26(!)

Deut 6:1;
1“Dit dan is die gebod, die vaste voorskrifte en beslissings wat die Here julle God my beveel het om julle te leer, dat julle dit kan uitleef in die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem – 

Jak 1:22-25;
22Wees doeners van die woord, en nie slegs hoorders wat julleself mislei nie. 23Want wie ‘n hoorder van die woord is en nie ‘n doener nie, is soos iemand wat sy eie gesig in ‘n spieël sien. 24Hy sien homself, gaan weg en vergeet onmiddellik hoe hy gelyk het. 25Maar wie diep in die volmaakte wet van vryheid inkyk en daaraan hou, sal gelukkig wees in wat hy doen, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n doener.

Jak 2:14-26(!)

14Wat baat dit, my broers, as iemand sê dat hy geloof het, maar hy het nie dade nie? Dié geloof kan hom tog nie verlos nie? 15As ‘n broer of ‘n suster sonder klere en daaglikse kos is, 16en een van julle sê vir hulle, “Gaan in vrede, word warm en word versadig,” maar julle gee nie vir hulle wat die liggaam nodig het nie, wat help dit? 17So is geloof alleen, as dit nie op dade uitloop nie, dood.

18Maar as iemand sê, “Jy het geloof en ek het dade,” wys dan vir my jou geloof sonder dade, en ek sal jou uit my dade my geloof wys. 19Glo jy dat God Een is? Goed so. Ook die demone glo dit, en hulle bewe. 20Wil jy weet, o nietige mens, dat geloof sonder dade nutteloos is? 21Is Abraham, ons vader, nie op grond van sy dade regverdig verklaar, omdat hy sy seun Isak op die altaar geplaas het nie? 22Kan jy sien dat die geloof meegewerk het met sy dade, en dat vanuit die dade die geloof volkome geword het? 23En die Skrif is vervul wat sê: “Abraham het God geglo, en God het sy geloof vir hom as regverdiging gereken, en hy is ‘n vriend van God genoem.” 24Julle sien dus dat ‘n mens op grond van dade regverdig verklaar word, en nie deur geloof alleen nie. 25Is Ragab, die prostituut, nie ook net so op grond van dade regverdig verklaar, toe sy die boodskappers gasvry ontvang en met ‘n ander pad weggestuur het nie? 26Want net soos die liggaam sonder asem dood is, só is die geloof sonder dade dood.

Lees die Skrif

Lees Mark 1:14-15; 4:3-9; 13-20

Mark 1:14-15;
14Nadat Johannes gevange geneem is, het Jesus na Galilea gegaan, waar Hy die evangelie van God verkondig het. 15Hy het gesê: “Die bestemde tyd is vervul, en die •koninkryk van God is op hande. Bekeer julle en glo die evangelie.”

Mark 4:3-9; 13-20

3“Luister, julle! Kyk, ‘n saaier het uitgegaan om te saai. 4Tydens die saaiery het ‘n deel van die saad langs die pad geval, en voëls het gekom en dit opgepik. 5‘n Ander deel het op ‘n rotsagtige plek geval waar daar nie baie grond was nie, en dit het dadelik opgekom, omdat die grond nie diep was nie. 6Maar toe die son opkom, is dit verskroei. Omdat dit nie wortel geskiet het nie, het dit verdroog. 7‘n Ander deel het tussen die dorings geval. Die dorings het opgekom en dit verstik, en dit het nie vrug voortgebring nie. 8En nog ander saad het op goeie grond geval, en dit het opgekom, gegroei en opbrengs gelewer, een dertig-, ‘n ander sestig- en nog ‘n ander honderdvoudig.” 9Toe het Hy gesê: “Laat dié wat ore het om te hoor, luister!”

13En Hy sê vir hulle: “Begryp julle nie hierdie gelykenis nie? Hoe sal julle dan al die gelykenisse verstaan? 14Die saaier saai die woord. 15Die saad langs die pad is die mense by wie die woord gesaai word – sodra hulle dit hoor, kom Satan dadelik en neem die woord weg wat in hulle gesaai is. 16En die saad wat op die rotsagtige plekke gesaai is, is die mense wat die woord dadelik met blydskap aanneem wanneer hulle dit hoor; 17maar hulle het nie wortel geskiet nie en hou net ‘n rukkie. As verdrukking of vervolging vanweë die woord plaasvind, struikel hulle dadelik. 18En ander weer is die saad wat tussen die dorings gesaai is. Hulle is diegene wat die woord hoor, 19maar die bekommernisse van hierdie wêreld, die verleiding van rykdom en die begeertes na allerlei dinge dring in en verstik die woord, en dit bly sonder vrug. 20Maar die saad wat op die goeie grond gesaai is, is daardie mense wat die woord hoor, dit aanneem en vrug dra, een dertig-, ‘n ander sestig- en nog ‘n ander honderdvoudig.”

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Gal 5:6; 6:9-10; Ef 2:10; 2 Kor 5:14-15

Gal 5:6;
Want in Christus Jesus is besnedenheid of onbesnedenheid van geen belang nie, maar wel geloof wat deur liefde werksaam is.

Gal 6:9-10;
9‘n Bietjie suurdeeg maak al die deeg suur. 10Wat julle betref: Ek is in die Here daarvan oortuig dat julle nie anders as ek sal dink nie; maar die een wat julle in verwarring bring, sal die straf dra, wie hy ook al mag wees.

Ef 2:10;
10Ons is immers sy maaksel, geskep in Christus Jesus om goeie werke wat God voorberei het, te doen, en daarvolgens te leef.

2 Kor 5:14-15
14Die liefde van •Christus dryf ons, omdat ons tot dié insig gekom het dat, indien Een vir almal gesterf het, almal dan gesterf het; 15en Hy het ter wille van almal gesterf, sodat dié wat leef, nie meer vir hulleself sal leef nie, maar vir Hom wat ter wille van hulle gesterf het en opgewek is.

Skryf / Vul in

Bid en dink oor die volgende vrae:
Wat sou Jesus bedoel met die woorde: “Bekeer julle en glo die
evangelie?”


Waarom het Hy dit gekoppel aan die koms van die Koninkryk van God?


Wat onderskei mense by wie die saad op goeie grond geval het, van diegene by wie dit op die pad , op klipbanke en tussen die onkruid beland het ? (Hoe sal jy die verskil weet – want volgens die gelykenis het almal gehoor?) (Vgl ook Joh 15:5-85Ek is die druiwestok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, hy dra baie vrug, want sonder My kan julle niks doen nie. 6As iemand nie in My bly nie, word hy soos ‘n loot buite uitgegooi, en verdroog. Hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand. 7As julle in My bly, en my woorde in julle bly, vra dan wat julle wil, en dit sal met julle gebeur. 8Hierdeur word my Vader verheerlik, dat julle baie vrug dra en my dissipels kan wees.”.)


In Markus is die teenwoordigheid van die Koninkryk van God KRAG in aksie, nl om te getuig, te transformeer en te konfronteer (Mark 13:10-1110En die evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word. 11Wanneer hulle julle gevange neem en julle oorlewer, moet julle julle nie vooraf bekommer oor wat julle moet sê nie, maar wat ook al op daardie oomblik aan julle gegee word, dit moet julle sê; want dit is nie julle wat praat nie, maar die Heilige Gees. ). Hy beklemtoon dat Jesus die oorwinnaar is wat die krag van die Koninkryk van God verkondig. Dit bied weerstand teen enige mag of krag wat wil onderdruk of vernietig. Verder daag Jesus ook sy dissipels uit om sy passie vir die Koninkryk deur diens, lyding en opoffering, te deel. So was Jesus se intreepreek ’n bekeringspreek – met die koms van die Koninkryk van God as fokus! Daar moet ’n onbetwisbare verband wees tussen dit wat ons bely ( beweer ? – vgl Jak 2:1414Wat baat dit, my broers, as iemand sê dat hy geloof het, maar hy het nie dade nie? Dié geloof kan hom tog nie verlos nie? ) en dit wat in en deur ons lewens gesien kan word.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Matt 5:16; Mark 16:20; Joh 15:16; 1 Joh 4:1

Matt 5:16;
16“Laat julle lig só voor die mense skyn, sodat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, kan verheerlik.”

Mark 16:20;
0Hulle het toe uitgegaan en oral gepreek. Die Here het met hulle meegewerk en die prediking bevestig met wondertekens wat daarop gevolg het. •Amen.

Joh 15:16;
16Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrug te dra, vrug wat blywend is, sodat, wat julle die Vader in my Naam vra, Hy dit aan julle mag gee. 17Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê.”

1 Joh 4:1
1Geliefdes, moenie elke gees glo nie, maar toets die geeste of hulle van God kom, want daar is reeds baie vals profete in die wêreld. 

“Praktiese uitkomste,” (so het iemand by geleentheid gesê) “ is die genadelose eksaminator van ons kwistige bewerings!”

Dink na / Besin

Dink hieroor na: Teologie gaan nie die wêreld verander nie – Jesus verander die wêreld deur die kragtige werking van sy Gees en deur die lewens van sy Geesvervulde volgelinge (Mark 16:20; Joh 5:39-40).

Mark 16:20;
20Hulle het toe uitgegaan en oral gepreek. Die Here het met hulle meegewerk en die prediking bevestig met wondertekens wat daarop gevolg het. •Amen.

Joh 5:39-40
39Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle dink dat die ewige lewe daarin te vinde is. En dit is juis hulle wat oor My getuig. 40Maar julle wil nie na My kom, sodat julle die lewe kan hê nie.

Skryf / Vul in

Sou julle gemeenskap / dorp / stad / die wêreld, iets mis as julle gemeente sy deure sou toemaak? Indien wel – wat sou hulle mis? (Vergelyk Dawid se gebedsversugting en smeking voor God in Ps 30:10.)

Ps 30:10
10Watter nut het dit
as my bloed gestort word,
as ek na die grafkuil afgaan?
Sal stof U prys?
Sal dit u trou verkondig?


Luister na lied

Luister na snit 12 (GOD GEE DIE NASIES IN ONS HAND Psalm 2:8) op die ingeslote CD.

“12 God gee die Nasies” vanuit 9 Weke van Transformasie deur Johann Botes. Snit 12. Genre: Gospel

God gee die Nasies” vanuit 9 Weke van Transformasie deur Johann Botes

Kom ons bid, kom ons gaan, vertel die nasies van Hom
Kom ons gee, neem hande saam, basuin aan volkere Hy kom
Elk’stam sal hoor, elk’volk en taal, Jesus is ons Hoop
Ons moet dit sê, sy bloed is daar om elkeen los te koop

Ons is gestuur, sy Plan volmaak, om troos en liefde te bring
sy Gees is daar, Hy sal ons dra, sy lof sal nasies besing
sy Woord sal leef, Hom openbaar, niks sal dit ooit weerhou
sy almag en sy reddingswerk sal volkere aanskou

God gee die nasies in ons hand, die hele aarde, elke volk en elke land
Dit word ons erfdeel as ons vra, tot aan die eindes sy gena

Kom ons neem die Woord van God, versprei sy liefdesgeur
Die wêreld wag op sy helingskrag, Hy open elke deur
sy trou is vas, die Rots bly staan, sy hart wil redding bied
Kom Christen laat ons vooruit gaan, sing die oorwinningslied

Gebed

Laat die Heilige Gees jou lei in jou gebed (Rom 8:2627Hy wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, dat Hy volgens die wil van God vir die •heiliges intree.).

Week 9 Dag 43 Dissipelskap is meer as woorde Dis n leefstyl
Week 9 Dag 43 Dissipelskap is meer as woorde Dis n leefstyl
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Ons is die Plan handboek, p 187-196
Watter beginsel in 2 Kor 8:1-5 (:5) bevestig die klem wat Markus plaas op praktiese uitkomste vir die Kerk?
Vgl ook Sag 8:23.

2 Kor 8:1-5 (:5)
1Ons laat julle ook weet, broers, van die genade van God wat aan die •gemeentes in Macedonië gegee is: 2dat hulle, te midde van swaar beproewing as gevolg van verdrukking, hulle oorvloedige vreugde en hulle diep armoede laat oorvloei het in ‘n rykdom aan vrygewigheid van hulle kant af. 3Ek getuig dat hulle na vermoë, ja, selfs bo vermoë, bereidwillig was. 4Hulle het pleitend by ons aangedring om deel te kan hê aan die genadewerk van hulpverlening aan die heiliges. 5Dit was nie slegs soos ons gehoop het nie; trouens, hulle het hulleself eers aan die Here gegee, en toe, deur die wil van God, ook aan ons

Sag 8:23.
23“So sê die Here, Heerser oor alle magte, ‘Dit sal in daardie dae wees dat tien mense uit al die tale van die nasies die kleed van ‘n Jood gryp en vashou terwyl hulle sê: “Ons wil saam met julle gaan, want ons het gehoor God is by julle.” ’ ”


Sien Figuur 11 van Bylae 2, p 173

Week 9 Dag 43 Figuur 11
Week 9 Dag 43 Figuur 11
Wenk

WENK: Dink vandag aan die praktiese implikasie van die volgende definisie van ’n dissipel: “
Dis iemand wat ’n lewende verhouding met Jesus Christus het en toegerus is om iemand anders na Jesus toe te lei en dan daardie persoon toe te rus om dieselfde te doen.”

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 9 Dag 42 – My belydenis is ten minste reg… – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 9 Dag 42 Verskilmakers leef wat hulle bely 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke
Gebed

Ek wil voorstel dat jy vandag baie ernstig vir 3 mense bid – mense vir wie jy nie normaalweg intree nie. Begin deur geestelik stil en rustig te raak. Vra die Here vir emosionele vrede. Vra Hom om jou te wys vir wie Hy wil hê jy moet bid. Bid vir hulle. Moenie gejaagd wees nie. Laat die Heilige Gees toe om jou in jou gebed te lei en aan jou duidelik te maak waarvoor jy moet bid (Rom 8:26 26So kom die Gees ons ook in ons swakheid tot hulp, want ons weet nie mooi waarvoor ons behoort te bid nie; maar die Gees tree self vir ons in met versugtinge wat nie verwoord kan word nie.).

Gister het ons oor strategie gepraat. Vandag wil ek jou ’n bietjie omkrap. Om waarde uit vandag se studie te kry, gaan jy eerliker as ooit met jouself moet wees. As jy nie daarvoor bereid is nie, wil ek voorstel dat jy ’n geliefkoosde gedeelte uit die Bybel lees, tyd in gebed deurbring en môre by dag 43 begin. Anders – hier gaan ons.

Dit kan gebeur dat ek (of die gemeente) ’n Godgegewe visie het en dat ek selfs oortuig is van die strategieë wat dit sal waarmaak, maar daar is ’n ander wesenlike vraag. Wat speel normaalweg die bepalende rol in die besluite en keuses wat ek uitoefen? Dis presies waar vandag se opskrif vandaan kom. Jy sien, ons wéét gewoonlik wat die regte teologiese antwoord moet wees – daarom kan ek roem op my belydenis. Die probleem is dat wanneer dit by die praktyk kom, lyk die realiteit meestal anders.

Kom ek noem ’n voorbeeld. In die meeste gevalle word gemeentes se planne vir die jaar deur die begroting bepaal. Ons las ’n persentasie of vyf vir die inflasie-effek by en dan word die begroting opgestel. Ek weet van weinig gemeentes waar die leiers sonder die besoedeling van ’n begroting, EERS vir die Hoof van die Kerk vra wat Hy deur hulle wil doen, voordat die geld daaraan gekoppel word. Ons kan hieroor rasionaliseer soos ons wil – die finansies, of gebrek daaraan, is die bepalende faktor. Ons belydenis dat ons die Here vertrou, klink reg en mooi – maar ons optrede getuig van iets anders. Hierdie is een van die primêre redes waarom ’n opkomende geslag jong gelowiges meermale ontnugter is met die tradisionele kerk.

Jy sien, al ons mooi stories oor visie beteken niks as ons dit nie waarmaak deur ons belydenisse prakties uit te leef nie. In ’n post-moderne samelewing beïndruk mooi woorde alleen nie meer nie. Dit het in elk geval nog nooit vir God beïndruk nie (Matt 7:21-23; 15:8)!

Matt 7:21-23
21“Nie elkeen wat vir My sê, ‘Here, Here,’ sal ingaan in die •koninkryk van die hemele nie, maar net diegene wat die wil doen van my Vader in die hemele. 22Baie sal op daardie dag vir My sê, ‘Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam demone uitgedryf en in u Naam baie kragtige dade verrig nie?’ 23Dan sal Ek openlik vir hulle sê, ‘Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat wetteloosheid bedryf!’ ”
Matt 15:8
8“ ‘Hierdie volk eer My met die lippe,
maar hulle harte is ver van My af;

Skryf / Vul in

Nou kom ons by die plek waar jy eerlik met die Here en jouself moet wees. Dis wat jy moet doen: Hier is ’n tabel. In die linkerkantse kolom, het ek enkele faktore gelys wat ons keuses of besluite kan beïnvloed. In die tweede kolom is daar in sekere gevalle Bybelse voorbeelde. Die derde kolom is leeg. Kyk na die faktore en lees die Bybelverwysings waar van toepassing. Kyk of jy Bybelse voorbeelde kan invoeg waar dit ontbreek. Dan die moeilike opdrag: Skryf ’n 1 in die ry langs die faktor wat NORMAALWEG die grootste rol speel in jou besluitneming of keuses. Skryf ’n 2 langs die faktor wat normaalweg die tweede grootste invloed op jou besluite het – en so aan.

Finansiële implikasies bepaal my keuseDie ryk jong man – Matt 19:16-301234567
My behoefte aan mag en gesag bepaal my keuseVersoek van ’n ma – Matt 20:20-281234567
Die verwagte uitkoms of resultaat bepaal my keuse1234567
Die effek wat dit op my gesin gaan hê bepaal my keuse1234567
My posisie in die gemeenskap bepaal my keuseHerodus – Hand 12:20-251234567
Die wil van die Here bepaal my keuse1234567
Omstandighede bepaal my keuse1234567

Kyk na jou prentjie hierbo en praat met die Here daaroor.

Ten slotte. Ons kan bly leef met ’n onvervulde visie tesame met die frustrasie en ontnugtering wat dit meebring en voortgaan om ons eie planne, inisiatiewe en strategieë te fabriseer. Ons kan die mooi belydenisse wat deur die eeue verwoord is, beaam en selfs uitspreek. MAAR dit alles klink ontstellend baie soos die prentjie wat die Bybel van die Fariseërs in Jesus se tyd skets. Nee, ons moet outentieke volgelinge van Jesus wees. Mense waarvan woorde, dade en belydenisse in harmonie met mekaar is. Mense wat so intiem met Hom die pad loop dat ons kan hoor, kan glo en kan doen wat sy Gees vir die gemeente sê!

Week 9 Dag 42 Verskilmakers leef wat hulle bely
Week 9 Dag 42 Verskilmakers leef wat hulle bely
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Ons is die Plan handboek, p 173-186
Lees gerus Jak 1:19-27; 2:14-26; 1 Joh 3:5-8

Jak 1:19-27;
19Let op, my geliefde broers, elke mens moet flink wees om te luister, stadig om te praat, stadig om kwaad te word. 20Want die woede van ‘n mens bewerk nie •geregtigheid voor God nie. 21Doen daarom in sagmoedigheid afstand van alle morele besoedeling en die kwaad wat gedy, en ontvang die woord wat in julle geplant is, en daartoe in staat is om julle •siele te verlos. 22Wees doeners van die woord, en nie slegs hoorders wat julleself mislei nie. 23Want wie ‘n hoorder van die woord is en nie ‘n doener nie, is soos iemand wat sy eie gesig in ‘n spieël sien. 24Hy sien homself, gaan weg en vergeet onmiddellik hoe hy gelyk het. 25Maar wie diep in die volmaakte wet van vryheid inkyk en daaraan hou, sal gelukkig wees in wat hy doen, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n doener. 26As iemand dink dat hy godsdienstig is en nie sy tong kan beheer nie, mislei hy homself; so ‘n mens se godsdiens is vergeefs. 27Dít is suiwer en onbesmette godsdiens voor ons God en Vader: om na weeskinders en weduwees om te sien in hulle ellende, en jouself onbesmet van die wêreld te hou.

Jak 2:14-26;

14Wat baat dit, my broers, as iemand sê dat hy geloof het, maar hy het nie dade nie? Dié geloof kan hom tog nie verlos nie? 15As ‘n broer of ‘n suster sonder klere en daaglikse kos is, 16en een van julle sê vir hulle, “Gaan in vrede, word warm en word versadig,” maar julle gee nie vir hulle wat die liggaam nodig het nie, wat help dit? 17So is geloof alleen, as dit nie op dade uitloop nie, dood.

18Maar as iemand sê, “Jy het geloof en ek het dade,” wys dan vir my jou geloof sonder dade, en ek sal jou uit my dade my geloof wys. 19Glo jy dat God Een is? Goed so. Ook die demone glo dit, en hulle bewe. 20Wil jy weet, o nietige mens, dat geloof sonder dade nutteloos is? 21Is Abraham, ons vader, nie op grond van sy dade regverdig verklaar, omdat hy sy seun Isak op die altaar geplaas het nie? 22Kan jy sien dat die geloof meegewerk het met sy dade, en dat vanuit die dade die geloof volkome geword het? 23En die Skrif is vervul wat sê: “Abraham het God geglo, en God het sy geloof vir hom as regverdiging gereken, en hy is ‘n vriend van God genoem.” 24Julle sien dus dat ‘n mens op grond van dade regverdig verklaar word, en nie deur geloof alleen nie. 25Is Ragab, die prostituut, nie ook net so op grond van dade regverdig verklaar, toe sy die boodskappers gasvry ontvang en met ‘n ander pad weggestuur het nie? 26Want net soos die liggaam sonder asem dood is, só is die geloof sonder dade dood.

1 Joh 3:5-8

5Julle weet dat Hy verskyn het om die sondes weg te neem, en in Hom is daar geen sonde nie. 6Elkeen wat in Hom bly, sondig nie meer nie; elkeen wat aanhou sondig, het Hom nie gesien, en Hom nie leer ken nie.

7Kinders, laat niemand julle mislei nie: wie doen wat reg is, is regverdig, soos Hy regverdig is. 8Wie sonde doen, is uit die Duiwel, omdat die Duiwel van die begin af sondig. Hiervoor het die •Seun van God verskyn: om die dade van die Duiwel te vernietig.

Wenk

WENK: Probeer om telkens wanneer jy vandag belangrike keuses moet maak, te let op dít wat die swaarste weeg in die bepaling van jou keuse.

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 9 Dag 41 – Tekkie op die teer… – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 9 Dag 41 Godgegewe strategie Godgegewe visie 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke
Gebed

Begin vandag met lof aan die Here. Jy kan een van die lofpsalms in die Bybel lees en aan die Here lof bring vir sy liefde, sorg en getrouheid. Prys Hom ook vir dit wat jy rondom jou kan hoor, sien, ruik en voel. Gebruik tyd om aan Hom hulde te bring!

Ons het heelwat tyd spandeer aan die gedagte van ’n visie. Ons het ooreengekom dat visie belangrik is, dat dit van God moet kom, dat dit eintlik sy plan met en deur ons is en dat ons dit in woorde moet kan omsit.

Dit is alles goed en wel. Ons kan oortuig wees dat die visie van die Here kom, ons kan dit mooi in woorde beskryf, ons kan selfs getuig hoe ons daarvan oortuig geraak het, maar as dit net by ’n goed geformuleerde visie bly, gaan NIKS verander nie. Die visie moet in vervulling kom, of in die terme van vandag se opskrif, moet die tekkie en die teer tog iewers bymekaarkom. Hoe gebeur dit?

Lees die Skrif

Lees Jos 6

Jos 6

61Jerigo se poorte was egter dig gesluit vanweë die Israeliete; niemand het daar uitgegaan of ingegaan nie. 2Die Here sê toe vir Josua: “Kyk, Ek gee Jerigo, sy koning en sy dapper krygers in jou hand. 3Julle moet om die stad trek, al die krygsmanne. Jy moet een keer om die stad gaan. Ses dae lank moet jy só maak: 4Sewe priesters moet sewe •ramshorings voor die ark dra. Op die sewende dag moet julle sewe keer om die stad trek, terwyl die priesters op die horings blaas. 5En wanneer daar lank op die horing van die ram geblaas word, moet al die manskappe, sodra julle die geluid van die ramshorings hoor, ‘n baie harde oorlogskreet aanhef. Die stadsmuur sal dan ineenstort, en die manskappe moet bo-oor klim, elke man reg voor hom uit.”

6Josua, seun van Nun, het toe die priesters ontbied en vir hulle gesê: “Dra die verbondsark. Sewe priesters moet die horings van sewe ramme voor die ark van die Here dra.” 7Hy sê toe vir die manskappe: “Trek op en gaan om die stad; die gewapende manne moet voor die ark van die Here optrek.”

8Net toe Josua dit vir die manskappe gesê het, het die sewe priesters wat die horings van sewe ramme voor die Here dra, opgetrek en op die ramshorings geblaas, terwyl die verbondsark van die Here hulle volg. 9Die gewapende manne het voor die priesters wat op die ramshorings blaas, geloop, terwyl die agterhoede die ark volg. Daar is aanhoudend op die ramshorings geblaas. 10Aan die manskappe het Josua die opdrag gegee: “Julle mag nie ‘n oorlogskreet aanhef en julle stemme laat hoor nie. Daar mag nie ‘n woord uit julle monde kom nie, tot die dag dat ek vir julle sê, ‘Skreeu!’ dan moet julle die oorlogskreet aanhef.”

11Josua het die ark van die Here om die stad laat trek. Dit het een keer om die stad gegaan. Daarna het hulle na die kamp teruggegaan en in die kamp oornag. 12Josua het vroeg die môre opgestaan. Die priesters het die ark van die Here gedra, 13en die sewe priesters wat die horings van sewe ramme voor die ark van die Here dra, het aanhoudend op die ramshorings geloop en blaas. Die gewapende manne het voor hulle geloop, en die agterhoede het die ark van die Here gevolg. Daar is aanhoudend op die ramshorings geblaas. 14Op die tweede dag het hulle een keer om die stad getrek en na die kamp teruggekeer. So het hulle dit ses dae lank gedoen. 15Op die sewende dag het hulle vroeg, toe die rooidag breek, opgestaan en op dieselfde manier sewe keer om die stad getrek. Net op daardie dag het hulle sewe keer om die stad getrek. 16Die sewende keer het die priesters op die ramshorings geblaas. Josua het vir die manskappe gesê: “Hef die oorlogskreet aan, want die Here gee die stad aan julle! 17Die stad en alles wat daarin is, is onder die ban vir die Here. Net Ragab, die prostituut, mag leef, sy en almal wat by haar in die huis is, omdat sy die boodskappers wat ons gestuur het, versteek het. 18Bly net weg van die bangoed, anders neem julle van die bangoed terwyl julle die stad met die banvloek tref. Julle sal die kamp van Israel onder die ban bring en dit in die ongeluk stort. 19Al die silwer en die goud en al die voorwerpe van brons en yster is heilig vir die Here; na die skatkamer van die Here moet dit gaan.”

20Die manskappe het die oorlogskreet aangehef en die priesters het op die ramshorings geblaas. Ja, net toe die manskappe die geluid van die ramshoring hoor, het hulle ‘n harde oorlogskreet aangehef. Die stadsmuur het ineengestort, en die manskappe het elkeen reg voor hom uit bo-oor geklim, die stad in. Hulle het die stad ingeneem 21en alles wat in die stad was, deur die skerpte van die swaard met die banvloek getref – van man tot vrou, kind tot oumens, ja, selfs die beeste, skape en donkies.

22Vir die twee manne wat die land verken het, het Josua gesê: “Gaan na die huis van die prostituut. Bring die vrou en al haar mense uit, soos julle haar met ‘n eed beloof het.” 23Die jong manne wat die verkenners was, het toe gegaan en Ragab, haar vader en moeder, haar broers en almal wat by haar hoort, na buite gebring. Haar hele familiegroep het hulle na buite gebring en hulle buite die kamp van Israel laat bly.

24Die stad en alles wat daarin was, het hulle afgebrand. Net die silwer, die goud en voorwerpe van brons en yster het hulle oorhandig vir die skatkamer van die huis van die Here. 25Maar vir Ragab, die prostituut, en haar familie – almal wat by haar hoort – het Josua laat leef. Sy het in Israel bly woon tot vandag toe, omdat sy die boodskappers wat Josua gestuur het om Jerigo te verken, versteek het.

26Josua het in daardie tyd ‘n eed afgelê:
“Vervloek voor die Here is die man
wat opstaan en hierdie stad,
Jerigo, herbou:
Ten koste van sy eersgeborene
sal hy die fondamente lê,
en ten koste van sy jongste
sal hy die poortdeure oprig.”
27Die Here was met Josua, en sy roem het deur die hele land versprei.

Skryf / Vul in

Doen die volgende:
Skryf in die eerste blok die visie wat God vir Josua en sy volk gegee het, neer. Soos wat jy verder lees, kyk jy of jy kan identifiseer watter voorskrifte, planne en strategieë die Here vir hulle gegee het om die visie te kan verwesenlik

Visie: (Jos 6:2)


Strategieë: (Jos 6:3-7)


Sien jy wat hier gebeur? ’n Visie bly net ’n droom as daar nie strategieë is wat ons prakties lei om dit tot uitvoering te bring nie. Dit geld vir die gemeente, maar ook vir my as gelowige.

Kom ons gebruik ’n alledaagse voorbeeld en maak dit nog méér prakties. Gestel ’n tennisspeler het ’n droom, ’n visie, om die beste in die wêreld te wees. Die visie kan helder en duidelik wees en hy kan dit selfs goed in woorde uitdruk, maar dit sal ’n droom bly, as hy nie ’n strategie ontwikkel om die beste te word nie. Deel van die strategie sal natuurlik wees om daagliks te oefen. Verstaan jy? Sonder strategie, bly visie net ’n droom. Deur die uitvoering van sinvolle strategieë, kan die visie verwesenlik word.

Die voorbeeld uit Josua maak dit ook duidelik. God gee aan hulle die visie om die beloofde land in te neem. Jerigo is die eerste stad wat oorwin moet word – die visie is duidelik – neem Jerigo in. Maar, dan kom die Here en gee ook die strategieë wat sal lei tot die verwesenliking van die visie.

Dink na / Besin

Ek wil hê jy moet eers aan jou eie lewe dink. Het jy ’n visie? Is daar strategieë wat die visie in vervulling sal laat kom? Baiekeer het ons ’n geldige Godgegewe droom, maar die strategieë om dit waar te maak, ontbreek.

Dink nou aan die gemeente waarvan jy deel is. Is daar ’n visie waarvan julle oortuig is dat dit God se plan met julle is? Is daar strategieë om dit waar te maak? Leef hierdie visie in die hart van al die lidmate? Of staan dit net êrens op ’n kerkmuur geplak?

’n Laaste gedagte. Ons is oortuig dat die Here alleen die Bron en Oorsprong van visie vir die gemeente en individuele gelowiges is. As Hy Hoof van sy Kerk is, dan is visie wat uit enige ander bron ontspring, niks anders as geestelike muitery nie. Dit geld ook vir ons persoonlik, wanneer ons bely dat Hy die Koning van ons lewens is. Nou die vraag: Waarvandaan moet die strategieë vir die vervulling van die visie dan kom? Sekerlik van dieselfde Bron! Kyk weer na Josua 6.

Gebed

Miskien het jy behoefte om teenoor die Here te bely dat jy, soos ek, Hom met die groot goed vertrou, maar dat jy sommer self verantwoordelikheid neem vir die strategieë, planne en die uitvoering daarvan.

Week 9 Dag 41 Godgegewe strategie Godgegewe visie
Week 9 Dag 41 Godgegewe strategie Godgegewe visie
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: handboek, p 173-186
Lees Eks 3-6 (en verder) en kyk hoe die Here in duidelike terme vir Moses strategieë gee.

Sien Figuur 10 van Bylae 2, p 173

Week 9 Dag 41 Figuur 10
Wenk

WENK: Skryf jou lewensvisie neer met die strategieë wat dit moet help waarmaak daaronder. Sit dit vir ’n week lank op ’n strategiese plek, sodat jy dit gereeld raaksien. Praat met die Here daaroor – onthou Hy is die Bron van visie en ook ons strategieë.
(Agter in die gids is ’n bladsy met kaartjies vir hierdie doel wat uitgeskeur kan word.)

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 8 Groepgesprek – Leiers en verhoudings – Ons is die plan: 9 weke van Transformasie

Week 8 Groepgesprek - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

Lofprysing en aanbidding

Skryf / Vul in

Bybelverse wat jou vandag aangespreek het:


Belewenisse en ervarings tydens vandag se Bybelstudie:


Wat het jy geleer of ontdek?


Hoe het vandag se studie jou tot aksie geïnspireer? Hoe het jy geestelik gegroei of is jou lewe verander?


Iets wat jy graag met die groep wil deel of bespreek?


Gebed

Gebedsonderwerpe:


Boublokvrae of -stellings:

  1. Hoe beperkend kan swak leierskap in ’n gemeente wees?
  2. Wat sou gebeur as geestelike leiers nie genoeg tyd in gebed deurbring nie?
  3. Wat sou julle as groep daaraan kan doen indien dit ’n probleem in jul gemeente mag wees?
  4. Is die gemeente waaraan julle behoort ’n voorbeeld van ’n liefdesgemeenskap van gelowiges?
  5. Wat gaan julle as groep daaraan doen indien die liefde nie prakties uitgeleef word tot God se eer en tot opbou van mekaar en ander, nie?
  6. Het julle al beleef dat gebroke verhoudings julle geestelike lewe negatief beïnvloed?
  7. Vertel van verhoudings wat julle al doelbewus herstel het.

Week 8 Leiers en verhoudings
Week 8 Leiers en verhoudings
Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Week 8 Dag 40 – Jy’s jammer… – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 8 Dag 40 God verwag van ons om gebroke verhoudings te herstel - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

Toe ek op skool was, het dit finansieel baie swaar met ons as gesin gegaan. Ons kon nie ’n huishulp bekostig nie. Dus moes ons kinders self uitspring en help – ook in die huis. So het ons ook beurte gemaak om skottelgoed te was.Soms het dit gebeur dat ’n koppie per ongeluk in die proses geval en gebreek het. Wetende dat daar nie geld was om dit te vervang nie, moes ons nogtans vir Ma gaan sê – natuurlik ook dat ons regtig jammer was. Sy het dan gekom, na die gebreekte koppie gekyk en gesê: “Oeps, kyk hoe spring hy weer aanmekaar!” – nie om te sê sy aanvaar nie ons jammer nie, maar om ons daarop te wys dat jammer nie altyd ’n gebreekte ding regmaak of vervang nie! Ons moes ook op ander terreine van die lewe leer om te dink voor jy praat, om ander se gevoelens in ag te neem voor jy iets doen of sê wat dalk kan seermaak en verhoudings onberekenbare skade berokken.

Gebed

In God se hart brand ’n onblusbare liefdesvuur vir jou, vir my en vir elke mens wat Hy ooit geskape het (Hos 11:8-9
8“Hoe kan Ek jou prysgee, Efraim?
Hoe kan Ek jou oorlewer, Israel?
Hoe kan Ek jou prysgee soos Adma,
jou maak soos Sebojim?
My hart is diep ontroer in My,die deernis brand in My.
9Ek sal nie in my brandende toorn
optree nie;
Ek sal nie omdraai en Efraim
vernietig nie;
want Ek is God, nie ‘n mens nie –
die Heilige in jou midde;
Ek sal nie in woede kom nie.”
).
Ons verhouding met Hom en met mekaar is vir God verskriklik belangrik. Raak stil in sy teenwoordigheid en laat Hom toe om deur die Heilige Gees en sy Woord met jou te praat. Vertel Hom ook wat in jou hart aangaan.

Lees die Skrif

God se Woord is deur Homself geïnspireer. Glo jy dit? Lees dan ook met hierdie geloofsoortuiging Matt 5:23-24; Mark11:25-26.

Matt 5:23-24;

23“En wanneer jy jou offergawe na die altaar bring en daar onthou dat jou broer iets teen jou het, 24laat jou offergawe net daar by die altaar en gaan versoen jou eers met jou broer, en gaan gee dan jou offergawe.

Mark 11:25-26

25En wanneer julle staan en bid – as julle iets teen iemand het, vergeef hom, sodat julle Vader in die hemele julle ook julle oortredings kan vergeef.”

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Jes 1:11-16; 43:1-5; 59:1-2.

Jes 1:11-16;

11“Wat baat julle magdom
slagoffers My?”
vra die Here.
“Ek het genoeg gehad
van die •brandoffers van ramme
en die vet van gevoerde diere.
Die bloed van bulle,
lammers en bokramme
staan My nie aan nie.
12Wanneer julle kom
om voor My te verskyn –
wie eis dit van julle
om my voorhowe te vertrap?
13Hou op om waardelose
•graanoffers aan te dra!
Reukwerk – afstootlik is dit vir My.
Nuwemaansfeeste en Sabbatte,
die saamroep van byeenkomste –
Ek kan nie onreg én gewyde rusdae
verdra nie.

14Julle nuwemane en vaste feestye
haat Ek met my hele wese;
dit is vir My ‘n las,
Ek is moeg daarvoor om dit te dra.
15As julle julle hande uitstrek,
sluit Ek my oë vir julle.
Selfs as julle baie bid,
luister Ek nie.
Julle hande is vol bloed.
16Was julle! Reinig julle!
Verwyder julle bose dade voor my oë!
Hou op om kwaad te doen!

Jes 43:1-5;

1“Maar nou,” so sê die Here,
jou Skepper, Jakob,
die Een wat jou gevorm het, Israel,
“moenie bang wees nie,
want Ek het jou losgekoop,
Ek het jou op jou naam geroep –
aan My behoort jy.
2As jy deur water moet gaan –
Ek is by jou,
of deur riviere –

hulle sal jou nie oorspoel nie.
As jy deur vuur moet gaan –
jy sal nie geskroei word nie,
en die vlam sal jou nie brand nie.
3Want Ek is die Here, jou God,
die Heilige van Israel,
jou verlosser.
Ek gee Egipte as jou losprys,
Kus en Seba gee Ek in jou plek.
4Omdat jy kosbaar is in my oë,
geëer is,
omdat Ek die Een is wat jou liefhet,
gee Ek mense in jou plek,
volke in ruil vir jou lewe.
5Moenie bang wees nie,
want Ek is by jou.
Uit die ooste bring Ek jou nageslag,
uit die weste maak Ek jou bymekaar.

Jes 59:1-2.

1Kyk, die hand van die Here
is nie te kort om te verlos nie,
sy oor is nie hardhorend,
sodat Hy nie kan hoor nie.
2Maar julle sondeskuld,dit het skeiding gebring
tussen julle en julle God.
Julle sondes het Hom sy gesig
vir julle laat verberg,
sodat Hy nie luister nie;

Skryf / Vul in

Wat hoor jy by God? Hoe sou jy die kernwaarheid wat in hierdie verse voorkom, beskryf?


Dink jy die Here was ernstig toe Hy hierdie dinge gesê het? Dink mooi en versigtig voordat jy antwoord, want jou antwoord het implikasies vir jou lewe (Henry T Blackaby het gesê: “What you DO next, is what you really believe – the rest is just religious talk!”) Skryf ook sommer hoe jy voel oor wat Blackaby gesê het.


Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook 1 Kor 3:1-4; Gal 5:13-17.

1 Kor 3:1-4;

1Wat my betref, broers, ek kon nie met julle praat soos met geestelike mense nie, maar wel soos met wêreldse mense, soos met klein kindertjies, in •Christus. 2Ek het julle melk gegee om te drink, nie vaste kos nie, omdat julle nog nie daartoe in staat was nie. Selfs nou is julle nog nie daartoe in staat nie, 3want julle is steeds wêrelds. Waar daar onder julle afguns en onenigheid is, is julle dan nie wêrelds, en gedra julle julle dan nie soos wêreldse mense nie? 4Elke keer as een van julle sê, “Ek is van Paulus,” en ‘n ander, “Ek van Apollos,” is julle nie wêreldse mense nie? 

Gal 5:13-17.

13Julle, broers, is tog tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik, sodat dit aanleiding gee vir die vlees nie, maar dien mekaar deur liefde. 14Want die hele wet word in één uitspraak vervul: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” 15As julle mekaar byt en verslind, pas op dat julle nie deur mekaar verorber word nie!

16Maar ek sê: Leef deur die Gees, dan sal julle beslis nie die begeertes van die vlees uitvoer nie. 17Want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees begeer teen die vlees; die twee opponeer mekaar, sodat julle dit wat julle ook al wil, nie kan doen nie. 

Skryf / Vul in

Dink jy jou gebroke verhouding(s) kan regtig maak dat God nie na jou gebede wil luister nie? Sê ook hoekom jy so voel.


Ons offer nie meer soos in die Bybelse tyd nie. Ons staan nie meer, soos die Jode van ouds, daglank in die son om ons bokkie of duif na die altaar te bring nie. Jesus is mos die Lam van God wat die sondes van die wêreld op Hom kom neem het (Joh 1:2929Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: “Kyk, die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem! ). Ons offers van vandag lyk anders, dis dankoffers. Die geld wat ons Sondag in die kollekte-bordjie gooi, is ’n offer van dank vir wie God is in my lewe, asook ’n simboliese oorgawe van my lewe aan sy HEERSKAPpy. Die ou tannie wat ek so gereeld besoek, of die straatkinderprojek waarby ek betrokke is, is dalk iets van ’n offer vir God. Miskien is dit wat ek vir die basaar bydra, my offer. Die Woord sê – voor jy daardie offer gee, moet jy eers seker maak dat jy nie iets teen iemand anders het of iemand dalk iets teen jou het nie. As jy aan iemand kan dink wat ’n wrok teen jou koester moet jy eers versoening tussen julle bewerkstellig voordat jy jou beskuit, melktert of skaap kan bydra. Mense mag dalk beïndruk wees, maar God is geensins beïndruk met bolangse goed nie. Al die dinge wat jy gee en openlik vir God doen, beteken nie veel as jou hart nie reg is nie (Hy beoordeel immers die bedoelinge en motiewe van die hart!) (Heb 4:12).

Heb 4:12
12Want die woord van God
is lewend en kragtig,
en skerper as enige
tweesnydende swaard.
Dit dring deur tot by die raakpunt
tussen siel en gees,
tussen gewrig en murg,
en beoordeel die hart
se voornemens en gedagtes.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus

Heb 10:11-23.

11Elke priester staan wel dag vir dag en diens doen, en bring oor en oor dieselfde offers, wat nooit in staat is om sondes weg te neem nie; 12maar toe Christus vir altyd een offer ter wille van sondes gebring het, het Hy aan die regterhand van God gaan sit. 13Sedertdien wag Hy totdat sy vyande ‘n voetbank vir sy voete gemaak word. 14Want deur een offer het Hy hulle wat geheilig word, vir altyd vervolmaak.

15Ook die Heilige Gees getuig teenoor ons; want nadat Hy gesê het,
16“Dit is dan die verbond
wat Ek ná daardie dae
met hulle sal sluit, sê die Here:
Ek sal my wette in hulle harte gee,
en dit op hulle verstand neerskryf,”sê Hy ook:
17“Aan hulle sondes
en aan hulle wettelose dade
sal Ek glad nie meer dink nie.”

18Waar daar vergifnis hiervoor is, word ‘n offer vir sondes nie meer gebring nie.

19Broers, ons het dus vrymoedigheid deur die bloed van Jesus om in te gaan na die heiligdom, 20langs ‘n nuwe en lewende weg wat Hy vir ons geopen het deur die voorhangsel heen, dit is deur sy liggaam, 21en ons het ‘n groot Priester oor die huis van God. 22Laat ons daarom ingaan met ‘n opregte hart, in volle geloofsekerheid, met ons harte besprinkel, vry van ‘n slegte gewete, en ons liggame gewas met skoon water. 23Laat ons styf vashou aan die belydenis van wat ons hoop, sonder om af te wyk, want Hy wat die belofte gemaak het, is getrou.

Skryf / Vul in

Dit raak nie net ons offers aan God nie. Dit raak ook ons gebedslewe. Wanneer ons God nader in gebed moet ons eers ander vergeef sodat God ons kan vergeef. Ons moet na alle kante toe vrede nastreef – of iemand iets teen jou het en of jy iets teen iemand anders het, vrede moet nagejaag word (Heb 12:14 14Streef na vrede met almal en na die heiligmaking, waarsonder niemand die Here sal sien nie. ).

Skryf nou neer wat jy glo die Here se Woord hieroor van jou in die praktyk vra.


Dit is baie maklik om te sê dat ons in God glo en dat ons sy kinders is. Tog kom sê Hy deur die Evangelie volgens Johannes dat as ons Hom liefhet, ons sy gebooie moet onderhou. So amper asof Hy wil sê: “Don’t talk cream and live skimmed milk“. Moenie jou liefde vir My bely, maar dit afgewater leef nie!”

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus Joh 14:15, 21; 1 Joh 4:20-5:3

Joh 14:15, 21;

15“As julle My liefhet, sal julle my gebooie onderhou.

21Wie my gebooie het en dit onderhou, hy is die een wat My liefhet. En wie My liefhet, my Vader sal hom liefhê, en Ek sal hom liefhê en Myself aan hom bekend maak.”

1 Joh 4:20-5:3

20As iemand sê, “Ek het God lief”, en sy broer haat, is hy ‘n leuenaar. Want wie sy broer, wat hy sien, nie liefhet nie, kan nie God liefhê, wat hy nie sien nie. 21En dit is die gebod wat ons van Hom ontvang het: Wie God liefhet, moet ook sy broer liefhê.

51Elkeen wat glo dat Jesus die •Christus is, is uit God gebore, en elkeen wat die Vader liefhet, het ook almal lief wat uit Hom gebore is. 2Hieraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet, en sy gebooie nakom. 3Want dit is die liefde vir God, dat ons sy gebooie onderhou, en sy opdragte is nie ‘n swaar las nie; 

Skryf / Vul in

Skryf neer wat dit vir jou prakties beteken in terme van die verhoudings waarbinne jy elke dag funksioneer.


In my agterplaas groei ’n boom wat beide suur, geelgroen lemmetjies en heerlike soet, oranje nartjies dra. Volg jy egter die takke wat die nartjies dra, kom jy op die plek af waar die tak ingeënt is in die lemmetjieboom. Die evangelie werk nie so nie. Ons kan nie ingeënt word in God, maar dan steeds die vrugte bly dra waaraan ons gewoond was nie. As ons ingeënt word in God, dan impliseer dit ons word soos Hy. Ons dra die vrug van sy Gees. Ons dra nie meer die nartjies van ons eie tak nie, maar die lemmetjies van die boom. Ons dink, droom en doen, proe en lyk soos lemmetjies. Ons dra liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Al hierdie skyfies van die vrug impliseer iets van hoe ons teenoor mense moet optree. Dit wat ons na mense uitleef, moet ’n spieël wees van wat in ons harte is, nie ’n masker nie.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Gal 5:10-26.

Gal 5:10-26.

10Wat julle betref: Ek is in die Here daarvan oortuig dat julle nie anders as ek sal dink nie; maar die een wat julle in verwarring bring, sal die straf dra, wie hy ook al mag wees.

11En ek, broers, as ek steeds die besnydenis verkondig, waarom word ek dan nog vervolg? Dan is die struikelblok van die kruis immers uit die weg geruim. 12Ek wens diegene wat julle so opstandig maak, wil hulleself heeltemal ontman!

‘N LEWE DEUR DIE GEES

13Julle, broers, is tog tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik, sodat dit aanleiding gee vir die vlees nie, maar dien mekaar deur liefde. 14Want die hele wet word in één uitspraak vervul: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” 15As julle mekaar byt en verslind, pas op dat julle nie deur mekaar verorber word nie!

16Maar ek sê: Leef deur die Gees, dan sal julle beslis nie die begeertes van die vlees uitvoer nie. 17Want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees begeer teen die vlees; die twee opponeer mekaar, sodat julle dit wat julle ook al wil, nie kan doen nie. 18As julle egter deur die Gees gelei word, staan julle nie onder die wet nie.

19Die praktyke van die vlees is goed bekend, naamlik onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, 20afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloesie, woede, selfsug, tweespalt, skeuring, 21afguns, dronkenskap, gefuif, en hierdie soort dinge – waarteen ek julle nou weer waarsku, soos ek julle vroeër gewaarsku het, naamlik dat diegene wat sulke dinge doen, die •koninkryk van God nie sal beërf nie.

22Maar die vrug van die Gees is: liefde, blydskap, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, 23sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen hierdie soort dinge is daar nie ‘n wet nie.

24Almal wat aan •Christus Jesus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeertes gekruisig. 25Aangesien ons deur die Gees leef, laat ons ook met die Gees in pas bly. 26Laat ons nie verwaand wees, mekaar uittart of op mekaar jaloers wees nie.

Skryf / Vul in

Dink jy as ons ingeënt is in God, dit sou beteken dat ons erns sal maak met gebroke verhoudings en alles in ons vermoë sou doen om dit te herstel? Hoekom sê jy so? Wat gaan jy vandag daaraan doen?


Gebed

As jy voel die Here het met jou gepraat deur sy Woord en Gees – praat dan nou met Hom en loof en aanbid Hom. Erken en bely wat die Gees ook al op jou hart lê (Jes 30:21; Joh 16:8). Hy nooi ons immers om ons hart voor Hom uit te stort en op Hom te vertrou (Ps 62:9).

Jes 30:21;

21Met julle ore sal julle
‘n woord agter julle hoor:
“Hier is die pad, gaan daarop,
wanneer julle regs of links wil hou!”

Joh 16:8
8En wanneer Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van •geregtigheid en van oordeel:

Ps 62:9

9Vertrou te alle tye op Hom, o volk,
stort julle hart voor Hom uit.
God is vir ons ‘n skuilplek. Sela

Week 8 Dag 40 God verwag van ons om gebroke verhoudings te herstel
Week 8 Dag 40 God verwag van ons om gebroke verhoudings te herstel
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Ons is die Plan handboek, p 165-172
Lees gerus Ps 97:10; Kol 3:12-17; 1 Tess 4:9; Tit 3:3-8; 1 Joh 4:7-21.

Ps 97:10;

10Julle wat die Here liefhet,
moet die kwaad haat.
Hy beskerm die lewe
van sy troue volgelinge;
uit die hand van goddeloses
red Hy hulle.

Kol 3:12-17;

12Daarom, omdat julle God se uitverkore •heiliges en geliefdes is, beklee julleself met innige meelewing, goedheid, nederigheid, sagmoedigheid en geduld. 13Verdra mekaar en, as enigiemand ‘n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Soos die Here julle vergewe het, so moet julle ook vergewe. 14Maar beklee julle, bo en behalwe al hierdie dinge, met die liefde, wat die band is wat alles volmaak saambind. 15Verder, laat die vrede van Christus in julle harte regeer. As lede van een liggaam, is julle juis daartoe geroep. En wees dankbaar. 16Laat die woord van Christus in sy volle rykdom in julle woon. Leer en vermaan mekaar, in alle wysheid, deur met dankbare harte psalms, lofgesange en geestelike liedere tot eer van God te sing. 17En wat julle ook al doen, in woord of daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus, terwyl julle God die Vader deur Hom dank.

1 Tess 4:9;

9Oor die broederliefde is dit nie nodig dat ek vir julle skryf nie, want julle is self deur God geleer om mekaar lief te hê.

Tit 3:3-8;

3Want ons was ook voorheen onverstandig, ongehoorsaam, verdwaal, verslaaf aan allerlei begeertes en luste. Ons het in kwaadwilligheid en naywer geleef, ons was haatlik en het mekaar gehaat.

4Maar toe die goedheid
en menseliefde van God,
ons Verlosser, verskyn,
5het Hy ons verlos –
nie op grond van werke
wat ons uit •geregtigheid gedoen het nie,
maar op grond van sy ontferming –
by wyse van die afwassing
deur die weergeboorte
en vernuwing deur die Heilige Gees,
6wat Hy ryklik oor ons uitgegiet het
deur Jesus •Christus, ons Verlosser.
7So het ons,
geregverdig deur sy genade,
erfgename geword
van die ewige lewe
waarop ons hoop.

8Dié uitspraak is betroubaar. Ek wil hê dat jy hierdie dinge moet benadruk, sodat hulle wat in God glo, daarop bedag sal wees om hulle aan goeie werke toe te wy. Hierdie dinge is goed en voordelig vir die mense.

1 Joh 4:7-21.

7Geliefdes, laat ons mekaar liefhê,
want die liefde is uit God,
en elkeen wat liefhet,
is uit God gebore
en ken God.
8Wie nie liefhet nie,
het God nie leer ken nie,
want God is liefde.
9Hierin is die liefde van God
aan ons geopenbaar:
dat God sy unieke Seun
na die wêreld gestuur het,
sodat ons deur Hom kan leef.
10Hierin bestaan die liefde:
nie dat ons God liefgehad het nie,
maar dat Hy ons liefgehad het,
en sy Seun gestuur het
as versoening vir ons sondes.

11Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ook óns mekaar lief te hê. 12Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons, en het sy liefde in ons tot vervulling gekom. 13Hieraan weet ons dat ons in Hom bly, en Hy in ons: Hy het ons aan sy Gees laat deel kry. 14En ons het dit aanskou, en ons getuig daarvan, dat die Vader die Seun as Verlosser van die wêreld gestuur het. 15Wie ook al bely dat Jesus die •Seun van God is, God bly in hom, en hy in God. 16Ons ken en vertrou die liefde wat God vir ons het.

God is liefde. En wie in die liefde bly, bly in God, en God bly in hom. 17Hierin het die liefde onder ons tot vervulling gekom: Ons sal op die oordeelsdag vrymoedigheid hê, omdat ons in hierdie wêreld ook soos Jesus is. 18In die liefde is daar geen vrees nie. Inteendeel, volmaakte liefde dryf die vrees na buite; want vrees het te doen met straf, en wie vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie. 19Ons het lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het. 20As iemand sê, “Ek het God lief”, en sy broer haat, is hy ‘n leuenaar. Want wie sy broer, wat hy sien, nie liefhet nie, kan nie God liefhê, wat hy nie sien nie. 21En dit is die gebod wat ons van Hom ontvang het: Wie God liefhet, moet ook sy broer liefhê.

Wenk

WENK: Bid en vra die Heilige Gees of daar iemand is met wie jy moet gaan vrede maak. Dan gaan doen jy dit in afhanklikheid van Hom tot sy eer.

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 8 Dag 39 – As jy dit nie het nie… – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 8 Dag 39 Gebroke verhoudings - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

Jy ken seker die Onse Vader-gebed wat Jesus in Matt 6:9-13 vir sy dissipels geleer het uit jou kop? Miskien kan jy nog soos in jou Sondagskooldae jou oë toeknyp, die gebed aframmel en uitasem by die Amen uitkom. Maar pasop Iemand het by geleentheid gesê jy moet weet dat wanneer jy met God in gebed praat, Hy jou SAL antwoord…

Gebed

Verwag daarom dat God jou sal antwoord – ook wanneer jy nou jouself voor Hom gaan blootstel om as klei in die Pottebakker se hande, gevorm te word. Deel met Hom jou vrae (vrese?), pyne en seerkry wanneer dit kom by die verhoudings in jou lewe – met God, maar ook met jou huweliksmaat, kollegas, familie, vriende of jou naaste met wie jy te doen kry. Vra dan ook vir die leiding van sy Heilige Gees deur sy Woord.

Lees die Skrif

Lees Matt 18:21-35 en Luk 6:37 biddend in ’n gees van afhanklikheid.

Matt 18:21-35

21Toe het •Petrus nader gekom en Hom gevra: “Here, hoeveel keer sal my broer teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe keer toe?” 22Jesus antwoord hom: “Ek sê vir jou, nie tot sewe keer nie, maar tot sewentig maal sewe keer.

23“Daarom is die •koninkryk van die hemele soos ‘n koning wat rekenskap van sy slawe wou eis. 24Toe hy hulle skuld begin nagaan, is een wat tienduisend talent verskuldig was, na hom gebring. 25Omdat hy nie kon terugbetaal nie, het die heer beveel dat hy, asook sy vrou en kinders en alles wat hy besit, verkoop word en dat die skuld so terugbetaal moes word. 26Die slaaf het toe voor hom op die grond neergeval, laag voor hom gebuig en gesê, ‘Wees geduldig met my, en ek sal u alles terugbetaal.’ 27Die heer van daardie slaaf het hom innig jammer gekry, hom vrygelaat en sy skuld vir hom kwytgeskeld. 28Maar toe daardie slaaf uitgaan, het hy een van sy medeslawe gekry wat hom honderd denarius geskuld het. Hy het hom aan die keel gegryp, gewurg en gesê, ‘Betaal terug wat jy skuld!’ 29Sy medeslaaf val toe neer en smeek hom, ‘Wees geduldig met my, en ek sal jou terugbetaal.’ 30Maar hy wou nie – inteendeel, hy het weggegaan en hom in die tronk laat gooi, totdat hy die verskuldigde bedrag sou terugbetaal.

31“Toe sy medeslawe sien wat gebeur het, was hulle baie ontsteld en het vir hulle heer alles gaan vertel wat gebeur het. 32Daarop ontbied sy heer hom en sê vir hom, ‘Jou slegte slaaf! Al daardie skuld het ek jou kwytgeskeld omdat jy my gesmeek het. 33Moes jy nie ook jou medeslaaf begenadig soos ek jou begenadig het nie?’ 34En sy heer het kwaad geword en hom aan die folteraars oorgegee totdat hy al die skuld sou terugbetaal. 35So sal my hemelse Vader ook met julle maak as julle nie elkeen sy broer van harte vergewe nie.”

Luk 6:37

37“Moenie oordeel nie, dan sal ook julle beslis nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, dan sal julle ook nie veroordeel word nie. Vergeef, dan sal julle ook vergewe word.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Kol 3:12-15.

Kol 3:12-15

12Daarom, omdat julle God se uitverkore •heiliges en geliefdes is, beklee julleself met innige meelewing, goedheid, nederigheid, sagmoedigheid en geduld. 13Verdra mekaar en, as enigiemand ‘n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Soos die Here julle vergewe het, so moet julle ook vergewe. 14Maar beklee julle, bo en behalwe al hierdie dinge, met die liefde, wat die band is wat alles volmaak saambind. 15Verder, laat die vrede van Christus in julle harte regeer. As lede van een liggaam, is julle juis daartoe geroep. En wees dankbaar.

Skryf / Vul in

Wat hoor jy by God? Wat verstaan jy uit die gedeelte wat jy gelees het?


Lees die Skrif

Lees nou ook Matt 6:9-15.

Matt 6:9-15

9“Só moet julle dan bid:
“Ons Vader wat in die •hemele is,
laat u Naam geheilig word.
10Laat u koninkryk kom.
Laat u wil geskied,
soos in die hemel, so ook op die aarde.
11Gee ons vandag ons daaglikse brood.
12En vergeef ons ons skulde,
soos ook ons hulle vergeef
wat teenoor ons skuldig staan.
13En bring ons nie in versoeking nie,
maar verlos ons van die Bose.
Want aan U behoort die koninkryk
en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. •Amen.

14“Want as julle die mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. 15Maar as julle die mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.”

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Spr 19:11; Jes 58:1-14; 59:1-2.

Spr 19:11;

11Die skranderheid van ‘n mens
maak hom geduldig,
en dit is vir hom ‘n eer
om ‘n oortreding oor te sien.

Jes 58:1-14

581“Roep hard uit!
Moenie terughou nie!
Verhef jou stem soos ‘n •ramshoring!
Maak aan my volk
hulle oortredings bekend,
aan die huis van Jakob
hulle sonde!
2Vir My raadpleeg hulle dag ná dag;
kennis van My weë begeer hulle.
Soos ‘n nasie wat geregtigheid uitleef
en nie afwyk van sy God
se beslissings nie,
vra hulle My oor
regverdige beslissings;
die nabyheid van God begeer hulle.
3‘Waarom vas ons,
maar U sien dit nie raak nie,
verootmoedig ons ons,
maar U merk dit nie op nie?’
Kyk, op julle vasdag
kry julle kans vir besigheid,
en jaag julle al julle werknemers aan.
4Kyk, net om te twis
en rusie te maak, vas julle,
en om genadeloos
met die vuis te slaan.
Julle vas nie vandag om julle stem
in die hoogte te laat hoor nie.
5Is die vas wat Ek verkies dan so,
‘n dag van verootmoediging
vir ‘n mens?
Is dit om die hoof te buig soos ‘n biesie,
en in sak en as te lê?
Is dit wat julle vas noem?
is dit ‘n dag wat die Here
se goedkeuring wegdra?
6Is dit nie hierdie vas
wat Ek verkies nie,
dat julle die boeie
van goddeloosheid losmaak,
die stroppe van die juk
stukkend ruk,
verdruktes vry wegstuur
en elke juk breek?
7Is dit nie bedoel om vir
hongeriges jou brood te breek,
om aan magteloses
en haweloses onderdak te bied nie?
Wanneer jy iemand sien
wat kaal is, moet jy hom bedek,
en jou nie afsydig hou van jou
eie vlees en bloed nie.”

8Dan sal jou lig deurbreek
soos die oggendskemering;
en jou herstel
sal spoedig aanbreek.
Jou geregtigheid sal jou vooruitloop;
die heerlikheid van die Here
sal jou agterhoede dek.
9Dan sal jy roep en die Here
sal antwoord.
Jy sal om hulp roep,
en Hy sal sê: “Hier is Ek!”
As jy die juk uit jou midde verwyder,
die vingerwysery
en verderflike gepraat,
10as jy hulle wat honger is,
jou empatie laat ervaar,
die mens wat verdruk word,
versadig laat word,
sal jou lig in die duisternis skyn;
jou donkerte sal soos helder dag wees.
11Die Here sal jou voortdurend lei;
in dor plekke sal Hy jou keel verkwik,
jou gebeente sal Hy sterk maak.
Jy sal soos ‘n natgeleide tuin wees,
soos ‘n waterbron waarvan
die water nie teleurstel nie.
12Sommige uit jou sal die oeroue
puinhope herbou,
die fondamente van geslagte gelede
sal jy weer oprig.
Jy sal genoem word:
die een wat bresse toebou,
die een wat paaie herstel,
sodat mense daar kan woon.
13As jy jou voet terughou
van die Sabbat,
jou daarvan weerhou
om te doen wat jy wil
op my heilige dag,
en die Sabbat ‘n vreugde noem,
eerbied toon vir dit wat heilig is
vir die Here,
die dag eer deur nie te doen
wat jy gewoonlik doen nie,
deur nie geleentheid te vind
om jou besigheid te doen
en ‘n saketransaksie
te bespreek nie,

14dan sal jy jou vreugde vind
by die Here.
“Ek sal jou laat ry op die hoogtes
van die aarde.
Ek sal jou die erfenis van jou vader
Jakob laat geniet.”
Ja, die mond van die Here
het gespreek.

Jes 59:1-2.

591Kyk, die hand van die Here
is nie te kort om te verlos nie,
sy oor is nie hardhorend,
sodat Hy nie kan hoor nie.
2Maar julle sondeskuld,
dit het skeiding gebring
tussen julle en julle God.
Julle sondes het Hom sy gesig
vir julle laat verberg,
sodat Hy nie luister nie;

Skryf / Vul in

Lees Matt 6:11-15(sien bo) weer stadig deur. Hoe verstaan jy dit? Wat sê Jesus hier?(Miskien selfs méér as wat sommige teoloë wil aanvaar.)


Dink na / Besin

Vers 12 sê iets wat jy nie ondeurdag vir God moet vra nie: “ …vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe.” Dink ʼn bietjie. Kan jy, met ’n skoon gewete, deur al die herinneringe van mense wat jy ken (of dalk ooit geken het), blaai en sê dat jy dié wat jou seergemaak of te na gekom het, onvoorwaardelik vergewe het? Kan jy aan jou medegelowiges by die gemeente of kleingroep dink en eerlik sê dat jy geen kwade gevoelens koester nie? Want as jy nie kan nie, verstaan ek uit hierdie gedeelte, dat God jou oortredinge dan ook nie vergewe nie (Matt 6:14-15). Dit is soos ’n handgranaat – as jy dit nie van jou weggooi nie (verkieslik so vêr as moontlik), ontplof dit in jou eie hand. Die ander persoon kom niks oor nie, maar jy sit met bitter gevolge. Die wyse Salomo sê ’n verstandige mens stel sy eer daarin om vergewensgesind te wees. Hy het toe reeds geweet dat dit dom is om nie te vergeef nie.

Miskien het jy lank reeds vir God gevra om jou sondes te vergewe, maar ontdek dit dan steeds op jou eie skouers. Dalk ervaar jy steeds die las, want jy weier om jou broer sy oortreding te vergeef? In Jes 58:1-3; 59:2 blyk dit verder dat God soms nie luister na ons pleidooie nie – oor ons eie oortredings!

Skynbaar het die rabbi’s in die tyd van Jesus, na aanleiding van Amos 2:6(
6So sê die Here:
“Oor drie oortredings van Israel,
ja, oor vier, sal Ek dit nie herroep nie;
omdat hulle regverdiges
vir geld verkoop
en behoeftiges
vir ‘n paar sandale.
)

, aangevoer dat dit billik is om drie tot vier keer te vergewe. Petrus neem dit ’n bietjie verder en vra vir die Here of sewe maal genoeg sou wees – amper twee keer soveel soos die samelewing vereis. Ek vermoed dat Jesus se antwoord hom bietjie onkant betrap het. Sewentig maal sewe keer! En moenie dink Jesus bedoel 490 keer nie! Nee, sy antwoord beteken jy moet onophoudelik, elke keer, oneindig baie kere vergewe.

Lees die Skrif

Lees Ps 25:6-11; 79:9

Ps 25:6-11;

ז ZAJIN

6Dink aan u barmhartigheid
en u troue liefde, Here,
want dit is van altyd af daar.

ח GET

7Aan die sondes van my jeug
en my oortredings
moet U nie dink nie;
dink aan my in u troue liefde,
omdat U goed is, Here.

ט TET

8Die Here is goed en reg,
daarom leer Hy sondaars die pad.

י JOD

9Mag Hy verdruktes lei in wat reg is;
mag Hy hulle sy pad leer.

כ KAF

10Al die paaie van die Here
is troue liefde en waarheid
vir hulle wat hou by sy verbond
en sy bepalings.

ל LAMED

11Ter wille van u Naam, Here,
vergewe my sondeskuld,
want dit is groot.

Ps 79:9

9Help ons, o God wat ons verlos,
ter wille van die eer van u Naam.
Red ons en bedek ons sondes,
ter wille van u Naam.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Ps 103; Miga 7:18-19.

Ps 103;

1031Van Dawid.
Loof die Here, o my siel,
ja, alles wat in my is,
sy heilige Naam!
2Loof die Here, o my siel,
en moenie enige van sy weldade
vergeet nie –
3Hy wat al jou sondeskuld vergewe,
wat al jou siektes genees,
4wat jou lewe vrykoop van die graf,
jou kroon met troue liefde
en ontferming,
5wat jou begeerte
met die goeie versadig.
Soos ‘n arend word jou jeug
dan weer nuut.
6Die Here handhaaf geregtigheid,
die regte van almal wat verdruk word.
7Hy het sy weë aan Moses geopenbaar,
aan die Israeliete sy dade.
8Barmhartig en genadig is die Here,
geduldig en oorvloedig
in troue liefde;
9Hy beskuldig nie vir ewig nie,
en bly nie vir altyd toornig nie.
10Hy behandel ons nie ooreenkomstig
ons sonde nie
en vergeld ons nie ooreenkomstig
ons sondeskuld nie;
11want so hoog as wat die hemel
bo die aarde is,
so troon sy troue liefde uit bo dié
wat vir Hom ontsag het.
12So ver as wat die ooste verwyder
is van die weste,
so ver verwyder Hy ons oortredings
van ons.
13Soos ‘n vader hom ontferm
oor kinders,
so ontferm die Here Hom
oor dié wat vir Hom ontsag het;
14want Hy, Hy weet waarvan
ons gemaak is,
Hy hou in gedagte dat ons
maar stof is.
15‘n Mens, soos gras is sy lewensdae,
soos ‘n veldblom, so bloei hy.
16As die wind oor hom waai,
is hy nie meer daar nie
en sy plek ken hom nie meer nie.
17Maar die troue liefde van die Here
is van altyd af en vir ewig oor hulle
wat vir Hom ontsag het,
en sy geregtigheid geld
vir die kinders se kinders,
18vir hulle wat sy verbond hou,
en vir hulle wat sy opdragte
in gedagte hou, om dit uit te voer.
19Die Here het in die hemel
sy troon gevestig,
en sy heerskappy strek oor alles.
20Prys die Here,
julle wat sy boodskappers is,
sterk helde wat sy woord uitvoer
deur sy bevel te gehoorsaam.
21Loof die Here, al sy hemelse magte,
sy dienaars wat sy wil volbring.
22Loof die Here,
alles wat Hy gemaak het,
op al die plekke waar Hy heers!
Loof die Here, o my siel!

Miga 7:18-19

18Wie is ‘n God soos U?
U is ‘n God wat skuld vergewe,
wat by die oortreding verbygaan
tot voordeel van die oorblyfsel
van sy eiendom,
wat nie vir altyd vasklem
aan sy toorn nie,
maar wat vreugde vind in troue liefde,
19wat ons weer genadig sal wees,
ons skuld sal vertrap.
U sal al ons sondes in die dieptes
van die see gooi.

Skryf / Vul in

Let veral op die REDE wat Dawid aanvoer vir vergifnis. Skryf neer watter leiding jy in hierdie verband by die Gees kry.


In Ps 25:11 vra Dawid vir God om sy sondes te vergewe – om sy Naam ontwil. Asaf vra in Ps 79:9 vergifnis van sonde ter wille van God se Naam. (Vgl ook Eseg 20:9.9Maar Ek het toe ter wille van my Naam opgetree, sodat dit nie ontheilig sou word in die oë van die nasies tussen wie hulle was nie – die nasies voor wie se oë Ek My aan Israel bekend gemaak het met die belofte om hulle uit Egipteland uit te lei.) God se Naam is hier ter sprake – nie in die eerste plek die mens se behoefte (selfs aan vergifnis) nie! Impliseer sy Naam dan vergifnis? God se vergifnis is so volmaak en volledig dat dit selfs herinneringe aan die oortredings uitwis. Hy verwyder ons oortredinge so ver van ons as die ooste verwyderd is van die weste (Ps 103:12). Noord en Suid is identifiseerbare plekke op die aarde, maar by Wes en Oos sal jy nooit uitkom nie. Net so sal jy en jou sondes nie weer bymekaar uitkom, as God dit vergewe het nie. God verwag van ons om, soos Hy, Oos-Wes te vergewe en nie Noord-Suid nie. Jou voortdurende behoefte aan God se genade moet jou juis ’n draer van genade aan ander maak . (Afgelei van anonieme aanhaling.)

Dink na / Besin

Dink ’n bietjie na: God se mense is God se beelddraers. Niemand gaan jou glo dat God skarlakenrooi sonde wit maak soos sneeu en sonde van purperrooi, wit soos wol (Jes 1:18) as jy dit self nie leef nie.

Jes 1:18
18“Kom tog,
laat ons die saak uitpraat!”
sê die Here.
“Al is julle sondes rooi soos karmosyn,
dit sal wit word soos sneeu;
al is dit rooi soos skarlaken,
soos wol sal dit word.

Miskien pas die bekende Engelse spreekwoord “Walk the Talk” baie goed hierby.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Fil 3:1-17

Fil 3:1-17

31Verder, my broers, wees bly in die Here. Om dieselfde dinge aan julle te skryf, is nie vir my moeite nie, en aan julle gee dit vastigheid. 2Waak teen die honde! Waak teen die kwaadstokers! Waak teen die afsnyding!
3Want ons is die besnydenis, ons wat God deur sy Gees dien, ons wat ons op •Christus Jesus beroem, en nie op die liggaamlike dinge vertrou nie, 4al het ek self rede om op menslike dinge te vertrou. As iemand anders dink dat hy op menslike dinge kan vertrou, ek nog meer –
5Ek is besny op die agtste dag,
afkomstig uit die volk Israel,
uit die stam van Benjamin,
‘n Hebreër uit die Hebreërs;
wat die wet betref, ‘n •Fariseër,
6wat ywer betref,
‘n vervolger van die •kerk,
wat •geregtigheid op grond van
wetsbeoefening betref,
onberispelik.
7Maar alles wat vir my wins was,
reken ek nou as verlies,
ter wille van Christus.
8Inderdaad reken ek alles as verlies,
ter wille van die uitnemendheid
daarvan om Christus Jesus,
my Here, te ken.
Ter wille van Hom,
het alles vir my ‘n verlies geword,
en beskou ek dit as vullis,
sodat ek Christus as wins kan verkry,
9en in Hom bevind kan word –
nie met my eie geregtigheid
op grond van die wet nie,
maar met die geregtigheid
deur geloof in Christus,
die regverdiging wat van God kom,
deur die geloof –
10en sodat ek Christus kan ken,
die krag van sy opstanding,
en die verbondenheid met sy lyding,
deur aan sy dood gelykvormig te word,
11en ek so, hoe dan ook,
die opstanding uit die dood kan bereik.

12Nie dat ek dit al verkry het of reeds volmaak is nie, maar ek streef daarna om dit my eie te maak, omdat Christus Jesus my reeds sy eie gemaak het. 13Broers, ek reken nie dat ek dit self reeds my eie gemaak het nie, maar een ding doen ek: Ek vergeet die dinge wat agter is, en strek my uit na wat voorlê. 14Ek beur voort na die wenstreep, om in Christus Jesus die prys van God se roeping van omhoog te bekom. 15Laat ons, wat geestelik volwasse is, so hieroor dink; maar as julle anders hieroor dink, sal God dit wel aan julle bekend maak. 16In elk geval, laat ons die pas volhou in ooreenstemming met dit wat ons bereik het.

17Broers, volg dan my voorbeeld, en let op hulle wat so leef volgens die voorbeeld wat ons aan julle gestel het, 

Gebed

Die Here het met jou gepraat deur sy Woord en Gees. Nou kan jy met Hom in gebed praat en dit prakties toepas en uitleef tot eer van sy Naam. Vertel Hom wat op jou hart is,,,

Week 8 Dag 39 Gebroke verhoudings
Week 8 Dag 39 Gebroke verhoudings
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: handboek, p 165-172
Lees gerus Ps 25; Jes 58; 59; Matt 5:23-24; 18:15-35; Mark 11:25; Luk 17:3-4 ; Rom 2:1-11; 1 Kor 13:4-7; 2 Kor 5:14-6:1; Kol 3:13, 18- 21.

Ps 25;

251Van Dawid.

א ALEF

Na U, Here, hunker ek.

ב BET

2My God, op U vertrou ek;
laat my tog nie beskaamd staan nie;
laat my vyande nie oor my jubel nie.

ג GIMEL

3Ja, niemand wat op U wag,
sal beskaamd staan nie;
maar hulle wat sonder rede
ontrou is, sal beskaamd staan.

ד DALET

4Here, maak u paaie aan my bekend;
leer my u weë.

ה HE

5Lei my deur u waarheid

ו WAW

en leer my,
want U is die God wat my red;
op U wag ek die hele dag.

ז ZAJIN

6Dink aan u barmhartigheid
en u troue liefde, Here,
want dit is van altyd af daar.

ח GET

7Aan die sondes van my jeug
en my oortredings
moet U nie dink nie;
dink aan my in u troue liefde,
omdat U goed is, Here.

ט TET

8Die Here is goed en reg,
daarom leer Hy sondaars die pad.

י JOD

9Mag Hy verdruktes lei in wat reg is;
mag Hy hulle sy pad leer.

כ KAF

10Al die paaie van die Here
is troue liefde en waarheid
vir hulle wat hou by sy verbond
en sy bepalings.

ל LAMED

11Ter wille van u Naam, Here,
vergewe my sondeskuld,
want dit is groot.

מ MEM

12Wie is die mens
wat vir die Here ontsag het?
Die Here leer hom die pad
wat hy moet kies.

נ NUN

13Sy lewe verloop voorspoedig
en sy nageslag sal die land besit.

ס SAMEK

14Die Here neem
hulle wat vir Hom ontsag het,
in sy vertroue,
en sy verbond is daar
om hulle te onderrig.

ע AJIN

15My oë bly altyd op die Here,
want dit is Hy wat my voete
uit die vangnet bevry.

פ PE

16Draai U na my en wees my genadig,
want ek is eensaam en magteloos.

צ TSADE

17Die benoudheid van my hart
is oorweldigend;
lei my uit my kwellinge.

ר RESJ

18Sien tog my ellende
en my swaarkry raak
en vergewe al my sonde.
19Kyk na my vyande,
hoe baie hulle geword het;
en hoe fel hulle my haat.

שׁ SJIN

20Beskerm tog my lewe en red my;
laat my nie beskaamd staan nie,
want ek skuil by U.

ת TAW

21Mag onskuld en opregtheid
oor my wag hou,
want ek wag op U.
22Bevry Israel, o God,
van al sy benoudheid.

Jes 58;

581“Roep hard uit!
Moenie terughou nie!
Verhef jou stem soos ‘n •ramshoring!
Maak aan my volk
hulle oortredings bekend,
aan die huis van Jakob
hulle sonde!
2Vir My raadpleeg hulle dag ná dag;
kennis van My weë begeer hulle.
Soos ‘n nasie wat geregtigheid uitleef
en nie afwyk van sy God
se beslissings nie,
vra hulle My oor
regverdige beslissings;
die nabyheid van God begeer hulle.
3‘Waarom vas ons,
maar U sien dit nie raak nie,
verootmoedig ons ons,
maar U merk dit nie op nie?’
Kyk, op julle vasdag
kry julle kans vir besigheid,
en jaag julle al julle werknemers aan.
4Kyk, net om te twis
en rusie te maak, vas julle,
en om genadeloos
met die vuis te slaan.
Julle vas nie vandag om julle stem
in die hoogte te laat hoor nie.
5Is die vas wat Ek verkies dan so,
‘n dag van verootmoediging
vir ‘n mens?
Is dit om die hoof te buig soos ‘n biesie,
en in sak en as te lê?
Is dit wat julle vas noem?
is dit ‘n dag wat die Here
se goedkeuring wegdra?
6Is dit nie hierdie vas
wat Ek verkies nie,
dat julle die boeie
van goddeloosheid losmaak,
die stroppe van die juk
stukkend ruk,
verdruktes vry wegstuur
en elke juk breek?
7Is dit nie bedoel om vir
hongeriges jou brood te breek,
om aan magteloses
en haweloses onderdak te bied nie?
Wanneer jy iemand sien
wat kaal is, moet jy hom bedek,
en jou nie afsydig hou van jou
eie vlees en bloed nie.”
8Dan sal jou lig deurbreek
soos die oggendskemering;
en jou herstel
sal spoedig aanbreek.
Jou geregtigheid sal jou vooruitloop;
die heerlikheid van die Here
sal jou agterhoede dek.
9Dan sal jy roep en die Here
sal antwoord.
Jy sal om hulp roep,
en Hy sal sê: “Hier is Ek!”
As jy die juk uit jou midde verwyder,
die vingerwysery
en verderflike gepraat,
10as jy hulle wat honger is,
jou empatie laat ervaar,
die mens wat verdruk word,
versadig laat word,
sal jou lig in die duisternis skyn;
jou donkerte sal soos helder dag wees.
11Die Here sal jou voortdurend lei;
in dor plekke sal Hy jou keel verkwik,
jou gebeente sal Hy sterk maak.
Jy sal soos ‘n natgeleide tuin wees,
soos ‘n waterbron waarvan
die water nie teleurstel nie.
12Sommige uit jou sal die oeroue
puinhope herbou,
die fondamente van geslagte gelede
sal jy weer oprig.
Jy sal genoem word:
die een wat bresse toebou,
die een wat paaie herstel,
sodat mense daar kan woon.
13As jy jou voet terughou
van die Sabbat,
jou daarvan weerhou
om te doen wat jy wil
op my heilige dag,
en die Sabbat ‘n vreugde noem,
eerbied toon vir dit wat heilig is
vir die Here,
die dag eer deur nie te doen
wat jy gewoonlik doen nie,
deur nie geleentheid te vind
om jou besigheid te doen
en ‘n saketransaksie
te bespreek nie,
14dan sal jy jou vreugde vind
by die Here.
“Ek sal jou laat ry op die hoogtes
van die aarde.
Ek sal jou die erfenis van jou vader
Jakob laat geniet.”
Ja, die mond van die Here
het gespreek.

Jes 59;

591Kyk, die hand van die Here
is nie te kort om te verlos nie,
sy oor is nie hardhorend,
sodat Hy nie kan hoor nie.
2Maar julle sondeskuld,
dit het skeiding gebring
tussen julle en julle God.
Julle sondes het Hom sy gesig
vir julle laat verberg,
sodat Hy nie luister nie;
3want julle handpalms
is deur bloed besoedel,
en julle vingers
deur sondeskuld.
Julle lippe praat leuens,
julle tonge prewel ongeregtigheid.
4Niemand beroep hom
op geregtigheid nie,
en niemand bepleit sy saak
met die waarheid nie.
Hulle vertrou op nietighede,
en maak valse uitsprake.
Hulle raak swanger van moeilikheid,
en gee geboorte aan onheil.
5Hulle broei die eiers van kobras uit,
en weef spinnerakke.
Wie van daardie eiers eet, sterf;
en as dit stukkend gedruk word,
peul daar adders uit.
6Hulle spinnerakdrade deug nie
vir klere nie –
met hulle handewerk kan mense
hulleself nie bedek nie.
Hulle handewerk is onheilswerk –
dade van geweld is in hulle hande.
7Hulle voete hardloop na die kwaad;
hulle haas hulle om onskuldige
bloed te vergiet.
Hulle planne is planne van onheil;
daar is verwoesting en vernietiging
op hulle hoofpaaie.
8Die pad van vrede ken hulle nie.
Daar is geen regverdige optrede
op hulle roetes nie.
Hulle maak self hulle paaie
vol kinkels;
niemand wat daarop loop,
ervaar vrede nie.
9Daarom is regverdigheid
ver van ons,
geregtigheid bereik ons nie.
Ons wag op die lig,
maar kyk, daar is duisternis –
op ‘n ligskynsel,
maar ons dwaal in die donker.
10Ons tas soos blindes aan ‘n muur,
asof sonder oë tas ons rond.
Ons slaan helder oordag neer,
asof dit skemeraand is;
ons slaan tussen gesondes neer,
asof ons dooies is.
11Soos bere grom ons almal,
soos duiwe kla ons aanhoudend.
Ons wag op regverdigheid,
maar daar is niks nie –
op verlossing,
maar dit bly ver van ons.
12Want ons oortredings voor U is baie,
ons sonde getuig teen ons.
Ja, ons oortredings is met ons,
en ons sondeskuld – ons ken dit:
13Ons oortree teenoor,
en verloën die Here;
ons draai weg van ons God af
deur te praat oor afpersing
en wat vals is.
Ons het swanger geraak
van leuentaal,
en prewel dit uit die hart.
14So is regverdigheid teruggedwing,
en bly geregtigheid ver weg staan.
Ja, op die dorpsplein
struikel die waarheid,
en openhartigheid
kan nie daar kom nie.
15So gebeur dit dat trou ontbreek.
Wie afwyk van die kwaad,
word beroof.
Die Here sien dit,
en dit is verkeerd in sy oë dat daar
geen regverdigheid is nie.
16Hy het gesien dat daar niemand is nie,
en was verbaas dat niemand tussenbeide tree nie.
Sy voorarm het Hom bygestaan,
en sy geregtigheid,
dit het Hom ondersteun.17Hy het geregtigheid aangetrek

as ‘n harnas,
met die helm van verlossing
op sy hoof.
Hy trek klere van wraak
as sy uitrusting aan;
Hy draai Hom toe in ywer
soos in ‘n mantel.
18Volgens verdienste vergeld Hy:
woede vir sy teenstanders,
en wat hulle verdien, vir sy vyande.
Die eilande vergeld Hy
volgens verdienste.
19In die weste sal hulle ontsag hê
vir die Naam van die Here,
in die ooste vir sy heerlikheid.
Want Hy sal kom soos ‘n rivier
in ‘n vernouing,
wat deur die wind van die Here
voortgedryf word.
20“’n Losser sal na Sion kom;
Hy sal na dié in Jakob kom
wat hulle bekeer van oortredings,”
is die uitspraak van die Here.
21“Wat My betref,
dit is my verbond met hulle,”
sê die Here:
“My Gees wat op jou rus
en my woorde wat Ek
in jou mond gelê het,
sal nie uit jou mond wyk,
of uit die mond
van jou nageslag,
of uit die mond
van jou nageslag se nageslagte nie,
van nou af en vir altyd,” sê die Here.

Matt 5:23-24;
23“En wanneer jy jou offergawe na die altaar bring en daar onthou dat jou broer iets teen jou het, 24laat jou offergawe net daar by die altaar en gaan versoen jou eers met jou broer, en gaan gee dan jou offergawe.

Matt 18:15-35;

15“As jou broer teen jou sondig, moet jy hom teregwys waar julle twee alleen is. As hy na jou luister, het jy jou broer teruggewen. 16As hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat in die mond van twee of drie getuies elke saak bevestig mag word. 17As hy weier om na hulle te luister, sê dit vir die •gemeente. En as hy ook weier om na die gemeente te luister, laat hy vir jou wees soos die heiden en die •tollenaar.

18“•Amen, Ek sê vir julle: Wat julle ook al op aarde bind, sal in die hemel gebind wees, en wat julle ook al op aarde ontbind, sal in die hemel ontbind wees. 19Verder, amen, Ek sê vir julle: As twee van julle op aarde saamstem oor enigiets wat julle vra, sal my Vader in die hemele dit aan julle toestaan. 20Want waar twee of drie in my Naam byeen is, daar is Ek in hulle midde.”

HERHAALDELIKE VERGIFNIS

21Toe het •Petrus nader gekom en Hom gevra: “Here, hoeveel keer sal my broer teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe keer toe?” 22Jesus antwoord hom: “Ek sê vir jou, nie tot sewe keer nie, maar tot sewentig maal sewe keer.

23“Daarom is die •koninkryk van die hemele soos ‘n koning wat rekenskap van sy slawe wou eis. 24Toe hy hulle skuld begin nagaan, is een wat tienduisend talent verskuldig was, na hom gebring. 25Omdat hy nie kon terugbetaal nie, het die heer beveel dat hy, asook sy vrou en kinders en alles wat hy besit, verkoop word en dat die skuld so terugbetaal moes word. 26Die slaaf het toe voor hom op die grond neergeval, laag voor hom gebuig en gesê, ‘Wees geduldig met my, en ek sal u alles terugbetaal.’ 27Die heer van daardie slaaf het hom innig jammer gekry, hom vrygelaat en sy skuld vir hom kwytgeskeld. 28Maar toe daardie slaaf uitgaan, het hy een van sy medeslawe gekry wat hom honderd denarius geskuld het. Hy het hom aan die keel gegryp, gewurg en gesê, ‘Betaal terug wat jy skuld!’ 29Sy medeslaaf val toe neer en smeek hom, ‘Wees geduldig met my, en ek sal jou terugbetaal.’ 30Maar hy wou nie – inteendeel, hy het weggegaan en hom in die tronk laat gooi, totdat hy die verskuldigde bedrag sou terugbetaal.

31“Toe sy medeslawe sien wat gebeur het, was hulle baie ontsteld en het vir hulle heer alles gaan vertel wat gebeur het. 32Daarop ontbied sy heer hom en sê vir hom, ‘Jou slegte slaaf! Al daardie skuld het ek jou kwytgeskeld omdat jy my gesmeek het. 33Moes jy nie ook jou medeslaaf begenadig soos ek jou begenadig het nie?’ 34En sy heer het kwaad geword en hom aan die folteraars oorgegee totdat hy al die skuld sou terugbetaal. 35So sal my hemelse Vader ook met julle maak as julle nie elkeen sy broer van harte vergewe nie.”

Mark 11:25;
25En wanneer julle staan en bid – as julle iets teen iemand het, vergeef hom, sodat julle Vader in die hemele julle ook julle oortredings kan vergeef.”

Luk 17:3-4 ;
 3Wees dus op julle hoede. As jou broer sondig, wys hom tereg, en as hy berou het, vergewe hom. 4En as hy sewe maal op een dag teen jou sondig, en sewe maal na jou terugkom en sê, ‘Ek het berou’, moet jy hom vergewe.”

Rom 2:1-11;
21Daarom is daar vir jou, o mens, wat oordeel, wie jy ook al is, geen verontskuldiging nie. Met die oordeel wat jy oor die ander persoon uitspreek, veroordeel jy immers jouself, omdat jy wat oordeel, dieselfde doen. 2Ons weet dat God se oordeel na waarheid oor mense kom wat sulke dinge doen. 3Dink jy, o mens, wat ander veroordeel wat sulke dinge doen terwyl jy dieselfde dinge doen, dat jy God se oordeel sal vryspring? 4Of verag jy die rykdom van sy goedheid, verdraagsaamheid en geduld, en besef jy nie dat God se goedheid jou tot bekering wil bring nie? 5Deur jou hardkoppigheid en onbekeerlike hart is jy besig om toorn teen jouself op te stapel op die dag van toorn, wanneer die regverdige oordeel van God geopenbaar sal word. 6“Hy sal elkeen beloon volgens sy dade:” 7die ewige lewe aan diegene wat deur volgehoue goeie werke streef na heerlikheid, eer en onsterflikheid, 8maar toorn en gramskap aan diegene wat uit eiesinnigheid ongehoorsaam is aan die waarheid en gehoorsaam aan die ongeregtigheid. 9Verdrukking en benoudheid wag vir elke mens wat aanhou kwaad doen, eerstens vir die Jood, maar ook vir die Griek. 10Maar heerlikheid, eer en vrede wag vir elkeen wat die goeie doen, eerstens vir die Jood, maar ook vir die Griek. 11Want God beoordeel niemand volgens sy uiterlike nie.

1 Kor 13:4-7;

4Liefde bly geduldig,
liefde gee om,
liefde is nie jaloers nie,
spog nie,
en is nie verwaand nie.
5Liefde tree nie onbehoorlik op nie,
jaag nie eiebelang na nie,is nie liggeraak nie.

Dit hou nie boek van die kwaad nie,
6is nie bly oor onreg nie,
maar is saam bly oor die waarheid.
7Dit bedek alles,
glo alles,
hoop alles,
verduur alles.

2 Kor 5:14-6:1;

14Die liefde van •Christus dryf ons, omdat ons tot dié insig gekom het dat, indien Een vir almal gesterf het, almal dan gesterf het; 15en Hy het ter wille van almal gesterf, sodat dié wat leef, nie meer vir hulleself sal leef nie, maar vir Hom wat ter wille van hulle gesterf het en opgewek is.

16Gevolglik ken ons van nou af niemand meer na sy uiterlike nie. Selfs al het ons Christus eens na die uiterlike leer ken, ken ons Hom nou nie meer so nie. 17Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepping. Die ou dinge het verbygegaan – kyk, hulle het nuut geword. 18En dit alles kom van God af, wat ons deur Christus met Homself versoen het, en aan ons die bediening van die versoening gegee het. 19Dit bestaan daarin dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle nie hulle oortredings toe te reken nie; en Hy het aan ons die boodskap van versoening toevertrou. 20Ons tree dan op as gesante ter wille van Christus, asof God self deur ons ‘n beroep op julle doen. Ons pleit by julle, om Christus ontwil: Laat julle met God versoen! 21Hy wat nie sonde geken het nie, Hom het God ter wille van ons tot sonde gemaak, sodat ons in Hom voor God geregverdig kon word.
61As medewerkers van God doen ons ‘n ernstige beroep op julle om nie die genade van God tevergeefs te ontvang nie!

Kol 3:13, 18- 21.
13Verdra mekaar en, as enigiemand ‘n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Soos die Here julle vergewe het, so moet julle ook vergewe.
18Vroue, julle moet onderdanig wees aan julle mans, soos dit gepas is vir mense in die Here. 19Mans, julle moet julle vroue liefhê, en nie verbitterd teenoor hulle raak nie. 20Kinders, julle moet julle ouers in alle opsigte gehoorsaam, omdat dit vir die Here aanneemlik is. 21Vaders, julle moenie julle kinders treiter, sodat hulle moedeloos word nie. 

Wenk

WENK: Jy weet wat die Here vandag van jou vra. (Om jou geheue te verfris: lees weer die boublok hierbo.) Werk vandag aan jou
verhoudings!

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 8 Dag 38 – Soos Alexander – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 8 Dag 38 Dit word nie toevallig die evangelie van liefde genoem nie - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

Daar word vertel dat Alexander die Grote ’n gedrewe en gemotiveerde leier was, wat nie met mislukkings tevrede was nie. Hy was uiters streng en self ’n dapper kryger. Die verhaal lui dat een van die jong wagte op ’n nagwaak uitgevang is, waar hy op sy wagpos aan die slaap geraak het. Hy is voor Alexander gebring. Op die vraag van sy keiser: “Seun, wat is jou naam?”, het die vreesbevange jongman geantwoord: “ Alexander, my keiser.” “Wat sê jy is jou naam?!”, skree die woedende keiser vir die jongman. “My naam is Alexander, my heer”, sê die jongman skaam, vreesbevange en verleë. Die verhaal lui dat Alexander se reaksie almal verstom het, aangesien hulle verwag het dat hy die jongman met die dood sou straf. Alexander het egter die jongman aangekyk en gesê: “As jou naam Alexander is – gaan leef dan soos ALEXANDER!”

Gebed

Hierdie woorde eggo appellerend in ’n mens se ore. Raak daarom eers ’n paar minute emosioneel en geestelik stil in God se teenwoordigheid. Vertel Hom van jou verwagting om ’n besondere ontmoeting met Hom te hê. Moenie gejaagd wees nie. Wees ontvanklik om te hoor wat Hy deur sy Gees vir jou wil sê.

Lees die Skrif

God se Gees praat primêr met ons deur sy Woord. Lees die volgende Skrifgedeeltes met die wete dat Hy daardeur met jou persoonlik wil praat: Fil 2:1-5; Rom 15:1-7.

Fil 2:1-5;

21Daarom, as daar enige aansporing in •Christus is, as daar enige troos uit die liefde is, as daar enige gemeenskap van die Gees is, as daar enige innige meelewing en ontferming is, 2maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees – een in liefde, een van gees, een in denke; 3deur nie iets uit selfsug of ydelheid te doen nie, maar in nederigheid die een die ander hoër te ag as homself; 4deur elkeen nie net na sy eie belange om te sien nie, maar ook na dié van ander.

5Laat dan die gesindheid wat daar in Christus Jesus was, ook in julle wees:

Rom 15:1-7

1Ons wat sterk is in die geloof, is verplig om die swakhede te dra van diegene wat nie sterk is nie, en nie onsself te behaag nie. 2Laat elkeen van ons sy medemens behaag met die oog op wat vir hom goed is en hom kan opbou. 3•Christus het tog ook nie Homself behaag nie, maar, soos daar geskryf staan:
“Die beledigings van hulle
wat U beledig,
het My getref.”
4Alles wat vroeër opgeteken is, is tog vir ons tot lering opgeteken, sodat ons hoop kan hê deur die volharding en die bemoediging wat ons uit die Skrif ontvang. 5En mag die God wat volharding en bemoediging bewerk, gee dat julle onder mekaar eensgesind sal wees, ooreenkomstig die wil van Christus Jesus, 6sodat julle eenparig, ja, uit een mond, aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, die lof sal bring.

7Daarom, aanvaar mekaar, soos •Christus julle ook aanvaar het, tot eer van God.

Jy kon sekerlik agterkom dat hierdie gedeeltes in die eerste plek iets te sê het oor die verhouding tussen God en sy kinders.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Fil 1:27; 4:2-5.

Fil 1:27;

27Nog net dit: Tree so op dat dit die evangelie van •Christus waardig is, sodat, of ek kom en julle sien, of nie teenwoordig is nie, ek aangaande julle omstandighede mag hoor dat julle in één gees vasstaan, en een van hart en siel saam stry vir die geloof in die evangelie,

Fil 4:2-5

2Ek vermaan Euodia en ek vermaan Sintige om in die Here eensgesind te wees. 3Ja, ek vra jou ook, getroue medewerker, help hierdie vroue. Hulle het saam met my vir die saak van die evangelie gestry, ook saam met Klemens en my ander medewerkers wie se name in die boekrol van die lewe staan. 4Verbly julle altyd in die Here! Ek herhaal: Verbly julle! 5Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.

Skryf / Vul in

Hoe sou jy die kernwaarheid wat in hierdie verse voorkom beskryf?


Watter praktiese implikasie(s) het my verhouding as kind met God, my Vader, vir my verhouding(s) met God se ander kinders? Kyk weer na die teksgedeeltes hierbo en beantwoord dan die vraag so prakties as moontlik.


Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook 1 Joh 5:1-2.

1 Joh 5:1-2.

1Elkeen wat glo dat Jesus die •Christus is, is uit God gebore, en elkeen wat die Vader liefhet, het ook almal lief wat uit Hom gebore is. 2Hieraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet, en sy gebooie nakom.

Lees die Skrif

Lees Joh 13:34-35; Rom 13:8; Gal 5:13-17.

Joh 13:34-35;

34Ek gee julle ‘n nuwe gebod: Julle moet mekaar liefhê. Net soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. 35Dit is hoe almal sal weet dat julle my dissipels is – as julle liefde teenoor mekaar het.”

Rom 13:8;

8Wees aan niemand iets verskuldig nie, behalwe die verpligting om mekaar lief te hê. Wie sy medemens liefhet, het die wet vervul.

Gal 5:13-17

13Julle, broers, is tog tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik, sodat dit aanleiding gee vir die vlees nie, maar dien mekaar deur liefde. 14Want die hele wet word in één uitspraak vervul: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” 15As julle mekaar byt en verslind, pas op dat julle nie deur mekaar verorber word nie!

16Maar ek sê: Leef deur die Gees, dan sal julle beslis nie die begeertes van die vlees uitvoer nie. 17Want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees begeer teen die vlees; die twee opponeer mekaar, sodat julle dit wat julle ook al wil, nie kan doen nie.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Matt 25:30-46; Fil 2:5-11; 1 Pet 1:22

Matt 25:30-46;

30En gooi die nuttelose slaaf uit in die duisternis daarbuite. Daar sal ‘n geween wees en ‘n gekners van tande.’ ”

31“Wanneer die •Seun van die Mens in sy heerlikheid kom, en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy glansryke troon gaan sit. 32Al die nasies sal voor Hom byeengebring word, en Hy sal hulle van mekaar skei soos ‘n herder die skape van die bokke skei. 33Die skape sal Hy aan sy regterhand laat staan en die bokke aan sy linkerhand. 34Dan sal die Koning vir dié aan sy regterhand sê, ‘Julle, geseëndes van my Vader, kom beërf die koninkryk, wat vir julle gereedgemaak is van die grondlegging van die wêreld af. 35Want Ek was honger, en julle het vir My iets te ete gegee; Ek was dors, en julle het vir My iets te drinke gegee; Ek was ‘n •vreemdeling, en julle het My as ‘n gas verwelkom; 36Ek was nakend, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My versorg; Ek was in die tronk, en julle het My besoek.’ 37Dan sal die •regverdiges Hom antwoord, ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed, of dors en iets te drinke gegee? 38En wanneer het ons U as ‘n vreemdeling gesien, en as gas verwelkom, of nakend, en U geklee? 39En wanneer het ons U siek of in die tronk gesien, en U besoek?’ 40Maar die Koning sal vir hulle sê, ‘•Amen, Ek sê vir julle: Wat julle ook al vir een van hierdie geringste broers van My gedoen het, het julle vir My gedoen.’

41“Dan sal Hy vir dié aan sy linkerhand sê, ‘Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur, wat gereedgemaak is vir die Duiwel en sy engele. 42Want Ek was honger, en julle het My nie iets te ete gegee nie, dors, en julle het My nie iets te drinke gegee nie. 43Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My nie as gas verwelkom nie, nakend, en julle het My nie geklee nie, siek en in die tronk, en julle het My nie besoek nie.’ 44Dan sal hulle antwoord, ‘Here, wanneer het ons U honger gesien, of dors, of as ‘n vreemdeling, of nakend, of siek, of in die tronk, en U nie versorg nie?’ 45Dan sal Hy hulle antwoord, ‘Amen, Ek sê vir julle: Wat julle vir een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle ook nie vir My gedoen nie.’ 46Hierdie mense sal weggaan na die ewige straf, maar die regverdiges na die ewige lewe.”

Fil 2:5-11;

5Laat dan die gesindheid wat daar in Christus Jesus was, ook in julle wees:
6Hoewel Hy in die gestalte van God was,
het Hy gelykheid aan God nie beskou as iets om aan vas te klem nie,
7maar Hy het Homself daarvan leeggemaak,
deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem
en aan mense gelyk te word.
En toe Hy in die vorm van ‘n mens verskyn het,
8het Hy Homself verneder,
deurdat Hy gehoorsaam
geword het tot die dood toe,
ja, die dood aan die kruis.
9Daarom het God Hom
ook uitermate verhoog
en aan Hom die Naam geskenk
wat bo elke naam is,
10sodat in die Naam van Jesus
elke knie sal buig –
van diegene in die hemel
en op die aarde
en onder die aarde –
11en elke tong sal bely,
“Jesus Christus is die Here!”
tot eer van God die Vader.

1 Pet 1:22

22Omdat julle julle innerlike, in gehoorsaamheid aan die waarheid, tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar innig met rein harte liefhê. 

Skryf / Vul in

Wat sou ’n verskil maak in ons getuienis en aan die eer wat God
toekom?


Teen hierdie agtergrond – hoe sou jy jou eie verhouding met ander beoordeel? Sê nou maar jy moes jouself ’n punt uit 10 gee vir hoe jou verhouding met ander mense, bydra tot God se eer – hoeveel sou jy jouself gee?


Twee stellings:

  • “The church is a people, a community of people, who owe their existence, their solidarity and their corporate distinctness from other communities to one thing only – the call of God. Such is the church, God’s people, called out of the world to Himself, called to holiness, called to mission, called to suffering, and called through suffering to glory. And this calling of the church is the calling of the whole church and of every member of the church, without any distinction or partiality.”–John Stott
  • “Dis nie moontlik om die boodskap van versoening (2 Kor 5:14-21) te verkondig as ons self met gekoesterde gebroke verhoudings saamleef nie. Ons verkondig die evangelie van liefde – ons kan nie iets met geloofwaardigheid verkondig wat ons self nie uitleef nie!”

2 Kor 5:14-21

14Die liefde van •Christus dryf ons, omdat ons tot dié insig gekom het dat, indien Een vir almal gesterf het, almal dan gesterf het; 15en Hy het ter wille van almal gesterf, sodat dié wat leef, nie meer vir hulleself sal leef nie, maar vir Hom wat ter wille van hulle gesterf het en opgewek is.

16Gevolglik ken ons van nou af niemand meer na sy uiterlike nie. Selfs al het ons Christus eens na die uiterlike leer ken, ken ons Hom nou nie meer so nie. 17Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepping. Die ou dinge het verbygegaan – kyk, hulle het nuut geword. 18En dit alles kom van God af, wat ons deur Christus met Homself versoen het, en aan ons die bediening van die versoening gegee het. 19Dit bestaan daarin dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle nie hulle oortredings toe te reken nie; en Hy het aan ons die boodskap van versoening toevertrou. 20Ons tree dan op as gesante ter wille van Christus, asof God self deur ons ‘n beroep op julle doen. Ons pleit by julle, om Christus ontwil: Laat julle met God versoen! 21Hy wat nie sonde geken het nie, Hom het God ter wille van ons tot sonde gemaak, sodat ons in Hom voor God geregverdig kon word.

Skryf / Vul in

Hoe voel jy oor hierdie (skerp) woorde? Skryf neer wat dit prakties vir jou beteken.


Dit bring ons by ’n laaste, maar uiters belangrike vraag: Hoe sien jou verhouding met die Here op hierdie oomblik daaruit? (Eerlik, want dit beïnvloed elke ander verhouding!) En: hoe lyk (die) God wat jy en jou gemeente vir die wêreld wys? (Dink sommer ook aan die gesigte en gesindheid van jou mede-kerkgangers Trek dit mense nader aan Christus?)


(Kyk weer terug na Week 1 Dag 1 en dit wat jy toe daar geskryf het – het daar al verandering, vernuwing en groei plaasgevind?)

Gebed

Miskien het jy behoefte om hieroor met die Here te praat….
Maak dan die beste gebruik van hierdie geleentheid (Ef 5:16 16Koop die tyd uit, omdat die dae vol boosheid is) en moenie in die slaggat val van uitstel nie …

Luister na lied

Luister na snit 11 (DIS ALWAT EK VRA: 1 KOR:13) op die ingeslote CD.

DIS ALWAT EK VRA: 1 KOR:13 – Johann Botes

Dis al wat ek vra – 1 Kor 13: Johann Botes


DIS ALWAT EK VRA: 1 KOR:13 – Johann Botes

Net een ding wil ek vra o Heer
Dis al wat ek van U begeer
’n Liefde in my hart, ’n liefde van U, slegs van U
Dis al wat ek vra van U Heer

Al is daar geloof, ’n vreemde taal
Al sou ek aan ander alles gee
Dan baat dit my niks, sonder liefde is ek niks
Dis al wat ek vra van U Heer

Geloof, hoop en liefde, hierdie drie o Heer
Maar ek vra van U die grootste, die liefde my Heer
Dit bedek, hoop, glo, verdra en sal nooit kan vergaan
Ek vra die allerbeste, die liefde van U o Heer

Die liefde is geduldig, nooit verwaand
Dit soek nie sy eie belang
Dis nooit nie jaloers en reken die kwaad nie toe
Ja dis al wat ek vra van U Heer

Geloof, hoop en liefde, hierdie drie o Heer
Maar ek vra van U die grootste, die liefde my Heer
Dit bedek, hoop, glo, verdra en sal nooit kan vergaan
Ek vra die allerbeste, die liefde van U Heer

Week 8 Dag 38 Dit word nie toevallig die evangelie van liefde genoem nie
Week 8 Dag 38 Dit word nie toevallig die evangelie van liefde genoem nie
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: handboek, p 165-172
Lees gerus Sag 7:1-14; Matt 22:37-40; Joh 15:17; 1 Tess 3:12; 4:9; 1 Joh 4:7-21.

Sag 7:1-14;

71In die vierde regeringsjaar van koning Darius, op die vierde dag van die negende maand, Kislef, was dít die woord van die Here aan Sagaria. 2Bet-El het Sar-Eser en Regem-Meleg met sy manne gestuur om die Here se guns te soek. 3 Hulle moes vir die priesters van die huis van die Here, Heerser oor alle magte, en vir die profete vra: “Moet ek nog in die vyfde maand huil terwyl ek my van baie dinge onthou, soos ek so baie jare lank gedoen het?”

4Toe was dít die woord van die Here, Heerser oor alle magte, aan my: 5“Sê vir die hele volk van die land en vir die priesters, ‘Toe julle in hierdie sewentig jaar in die vyfde en sewende maand gevas en gerou het, het julle werklik om my ontwil gevas? 6En wanneer julle eet en wanneer julle drink, eet en drink julle nie net soos gewoonlik nie?’ 7Is dit nie die woorde wat die Here by monde van vroeëre profete verkondig het nie, toe Jerusalem en sy omliggende dorpe nog rustig en bewoon was, en ook die Negev en die Sjefela nog bewoon was?”

8Daarna was die woord van die Here aan Sagaria: 9“So sê die Here, Heerser oor alle magte, ‘Laat die waarheid seëvier in julle regspraak; betoon troue liefde en barmhartigheid aan mekaar. 10Moenie weduwees, weeskinders, •vreemdelinge en armes verdruk nie; moenie bose planne in julle harte teenoor mekaar bedink nie.’ ”11Maar hulle het geweier om te luister; hulle was halsstarrig. Hulle het hulle ore toegestop sodat hulle nie kon hoor nie. 12Hulle het hulle harte verhard, so hard soos ‘n diamant, sodat hulle nie die wet en die woorde gehoor het wat die Here, Heerser oor alle magte, deur sy Gees en deur die vroeëre profete gestuur het nie. Daarom was daar van die kant van die Here, Heerser oor alle magte, ‘n baie groot oordeel uit toorn.

13“ ‘Soos hulle nie geluister het toe daar geroep is nie, so roep hierdie mense en luister Ek nie,’ sê die Here, Heerser oor alle magte. 14‘Ek gaan hulle wegwaai tot tussen al die nasies wat hulle nie geken het nie. Agter hulle sal die land verlate wees; niemand sal daardeur trek of daarheen terugkeer nie. Hulle het van ‘n pragtige land ‘n verlate plek gemaak.’ ”

Matt 22:37-40;

37Hy het vir hom gesê: “ ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.’ 38Dit is die belangrikste en die eerste gebod. 39En die tweede wat hieraan gelyk staan, is, ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ 40Op hierdie twee gebooie berus die hele Wet en die Profete.”

Joh 15:17;

17Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê

1 Tess 3:12;

12mag die Here julle liefde vir mekaar en vir almal laat toeneem en oorvloedig maak, soos ons liefde vir julle ook is. 

1 Tess 4:9;

9Oor die broederliefde is dit nie nodig dat ek vir julle skryf nie, want julle is self deur God geleer om mekaar lief te hê.

1 Joh 4:7-21

7Geliefdes, laat ons mekaar liefhê,
want die liefde is uit God,
en elkeen wat liefhet,
is uit God gebore
en ken God.
8Wie nie liefhet nie,
het God nie leer ken nie,
want God is liefde.
9Hierin is die liefde van God
aan ons geopenbaar:
dat God sy unieke Seun
na die wêreld gestuur het,
sodat ons deur Hom kan leef.
10Hierin bestaan die liefde:
nie dat ons God liefgehad het nie,
maar dat Hy ons liefgehad het,
en sy Seun gestuur het
as versoening vir ons sondes.

11Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ook óns mekaar lief te hê. 12Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons, en het sy liefde in ons tot vervulling gekom. 13Hieraan weet ons dat ons in Hom bly, en Hy in ons: Hy het ons aan sy Gees laat deel kry. 14En ons het dit aanskou, en ons getuig daarvan, dat die Vader die Seun as Verlosser van die wêreld gestuur het. 15Wie ook al bely dat Jesus die •Seun van God is, God bly in hom, en hy in God. 16Ons ken en vertrou die liefde wat God vir ons het.

God is liefde. En wie in die liefde bly, bly in God, en God bly in hom. 17Hierin het die liefde onder ons tot vervulling gekom: Ons sal op die oordeelsdag vrymoedigheid hê, omdat ons in hierdie wêreld ook soos Jesus is. 18In die liefde is daar geen vrees nie. Inteendeel, volmaakte liefde dryf die vrees na buite; want vrees het te doen met straf, en wie vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie. 19Ons het lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het. 20As iemand sê, “Ek het God lief”, en sy broer haat, is hy ‘n leuenaar. Want wie sy broer, wat hy sien, nie liefhet nie, kan nie God liefhê, wat hy nie sien nie. 21En dit is die gebod wat ons van Hom ontvang het: Wie God liefhet, moet ook sy broer liefhê.


Sien Figuur 9 van Bylae 2, p 173

Week 8 Dag 38 Figuur 9
Wenk

WENK: Oordink vandag hierdie twee gedagtes:

  • As jy ’n Christen is – gaan leef dan soos CHRISTUS!
  • The beauty of life does not depend on how happy you are, but on how happy others can be… because of God’s love through you!
Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 8 Dag 37 – Soos ek sê nie soos ek maak nie – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 8 Dag 37 Geestelike leiers hoor doen dien en bemagtig - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke
Gebed

Probeer vandag ontvanklik-stil wees in God se teenwoordigheid. Fokus jou gedagtes op sy sorg en liefde. Luister wat Hy deur sy Gees vir jou sê.

Lees die Skrif

Lees 1 Kor 13 en hou in gedagte dat hierdie bekende hoofstuk ook maar net ’n ten dele -prentjie van liefde kan skilder. God se liefde is nie in woorde of gedagtes vertaalbaar of uitdrukbaar nie!

1 Kor 13
LIED VAN DIE LIEFDE

131Al praat ek die tale
van mense en engele,
maar ek het nie liefde nie,
dan het ek ‘n weergalmende ghong
of ‘n kletterende simbaal geword.
2En al profeteer ek,
en begryp ek alle geheime,
en besit ek alle kennis,
en al het ek al die geloof
om berge te versit,
maar ek het nie liefde nie,
is ek niks!
3Al deel ek al my besittings uit,
en gee ek my liggaam oor,
sodat ek my daarop kan beroem,
maar ek het nie liefde nie,
baat dit my niks.

4Liefde bly geduldig,
liefde gee om,
liefde is nie jaloers nie,
spog nie,
en is nie verwaand nie.
5Liefde tree nie onbehoorlik op nie,
jaag nie eiebelang na nie,
is nie liggeraak nie.
Dit hou nie boek van die kwaad nie,
6is nie bly oor onreg nie,
maar is saam bly oor die waarheid.
7Dit bedek alles,
glo alles,
hoop alles,
verduur alles.

8Liefde faal nooit nie.
Maar profesieë,
dit sal tot ‘n einde kom;
of tale, dit sal ophou;
of kennis, dit sal tot niet gaan.
9Want ons ken gedeeltelik,
en ons profeteer gedeeltelik,
10maar wanneer die volmaakte gekom het,
sal wat gedeeltelik is, ophou bestaan.
11Toe ek nog ‘n kind was,
het ek gepraat soos ‘n kind,
gedink soos ‘n kind,
geredeneer soos ‘n kind.
Noudat ek volwasse is,
het ek die dinge van ‘n kind agtergelaat.
12Nou sien ons wel ‘n geheimnisvolle beeld,
soos in ‘n spieël,
maar eendag van aangesig tot aangesig.
Nou ken ek slegs gedeeltelik,
maar eendag sal ek ten volle ken,
soos ek ten volle geken is.

13En nou bly geloof, hoop en liefde,
hierdie drie –
maar die grootste hiervan is die liefde

Gister het ons agtergekom dat leierskap in God se Koninkryk ’n uiters belangrike funksie vervul. Inteendeel, die Bybelse getuienis bevestig dat die Here byna sonder uitsondering deur leiers werk. Voordat ons met vandag se studie begin, moet ons van ’n ander belangrike vertrekpunt sekermaak. Leiers word nie deur hulself aangestel nie. Waar mense leiersrolle beklee as gevolg van eie ambisie of agendas, stuur dit op ’n katastrofe af – en daarvan getuig die kerkgeskiedenis. Ware, outentieke geestelike leiers se mandaat kom van Jesus, die Hoof van sy Kerk!

Skryf / Vul in

Nou wil ek hê jy moet skryf. As ek sou sê: “Leiers moet kan … ”, dan sal jy die sin natuurlik op verskillende maniere kan voltooi. Ek wil hê jy moet dit hier doen.


Daar is seker eindelose antwoorde moontlik, maar ek wil graag hê dat ons vier sleutelaspekte van geestelike leierskap vandag uit die Bybel sal ontdek.

Lees die Skrif

Lees Joh 10:3-4, 27; 14:6-14.

Joh 10:3-4, 27;

3vir hom maak die hekwagter oop, en die skape luister na sy stem. Hy roep sy eie skape op hulle naam en lei hulle uit. 4Wanneer hy al sy eie skape uitgelei het, gaan hy voor hulle uit, en hulle volg hom, omdat hulle sy stem ken.

27My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My. 

Joh 14:6-14.

6Jesus sê vir hom: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. 7As julle My leer ken het, sal julle ook my Vader ken. En van nou af ken julle Hom, en het Hom reeds gesien.” 8Filippus sê toe vir Hom: “Here, wys ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.” 9Jesus sê vir hom: “Ek is al so ‘n lang tyd by julle, en het jy My nie leer ken nie, Filippus? Wie My gesien het, het die Vader gesien. Waarom sê jy dan, ‘Wys ons die Vader?’ 10Glo jy dan nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek vir julle sê, sê Ek nie uit Myself nie, maar dit is die Vader wat in My bly en sy werke doen. 11Glo My dat Ek in die Vader en die Vader in My is; of glo dan op grond van die werke self. 12Amen, amen, Ek sê vir julle: Wie in My glo, hy sal ook die werke doen wat Ek doen, en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader gaan. 13En wat julle in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik mag word. 14As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.”

  • Wat sou jy dink is die kernbegrip wat hier na vore kom?

Geestelike leiers moet kan HOOR

Jesus is telkens die voorbeeld van wat ware geestelike leierskap beteken. In Johannes 14 kom die belangrikheid van sy verhouding en kommunikasie met die Vader na vore. Hy tree nie sommer net op nie. Hy doen dit wat Hy van die Vader hoor en sien. Geestelike leiers moet die vermoë hê om God se stem te hoor. Hulle moet so intiem met Hom verkeer dat hulle nie hul eie ding sal doen nie! Geestelike leiers kan die kerk net lei as hulle van die Hoof van die kerk hoor.

Lees die Skrif

Lees 1 Kor 11:1; Heb 13:7.

1 Kor 11:1;

111Volg my voorbeeld, soos ek die voorbeeld van •Christus volg.

Heb 13:7.

7Hou altyd julle leiers in gedagte, dié wat die woord van God aan julle verkondig het; gee ag op die uiteinde van hulle lewensloop, en neem hulle geloof as voorbeeld. 

  • Wat dink jy is die kernbegrip wat hier na vore kom?

Geestelike leiers moet kan DOEN

Het jy al gewonder waar kom vandag se opskrif vandaan? Ek het grootgeword met hierdie tong-in-die-kies gesegde – maak soos ek sê en nie soos ek maak nie. Die skrywer aan die Hebreërs is uitgesproke daaroor dat leiers die verantwoordelikheid het om die voorbeeld te stel. Hulle moet dit wat hulle leer self toepas. Ons sou sê hulle moet dit kan modelleer. Dit beteken dat leiers ’n besondere verantwoordelikheid het om self reg te lewe. Mattheus wys gereeld daarop (veral in die bergpredikasie) hoe Jesus beklemtoon dat die evangelie nie ’n saak van praatjies is nie. Geleerdes sê dit gaan nie net oor ortodoksie (die regte leerstellings) nie, maar ook oor ortopraksie (die regte manier om dit uit te leef)!

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus Matt 3:8; 5:16; 7:21-23; 23:1-39; Joh 4:34; Jak 1:22.

Matt 3:8;

8Dra liewer vrugte wat by die bekering pas. 

Matt 5:16;

16“Laat julle lig só voor die mense skyn, sodat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, kan verheerlik.”

Matt 7:21-23;

21“Nie elkeen wat vir My sê, ‘Here, Here,’ sal ingaan in die •koninkryk van die hemele nie, maar net diegene wat die wil doen van my Vader in die hemele. 22Baie sal op daardie dag vir My sê, ‘Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam demone uitgedryf en in u Naam baie kragtige dade verrig nie?’ 23Dan sal Ek openlik vir hulle sê, ‘Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat wetteloosheid bedryf!’ ”

Matt 23:1-39;

231Toe het Jesus vir die skare en vir sy dissipels gesê: 2“Die skrifkenners en •Fariseërs sit op die stoel van Moses. 3Doen en onderhou dan alles wat hulle vir julle sê. Maar moenie doen wat hulle doen nie, want hulle praat net en doen nie. 4Hulle bind swaar vragte saam, ja, moeilik om te dra, en lê dit op die mense se skouers, maar self is hulle nie bereid om met ‘n vinger aan die vrag te raak nie. 5Al hulle dade is bedoel om deur die mense gesien te word. Hulle maak immers hulle gebedsrieme breër en die tossels langer. 6Hulle hou van die ereplek by feesmaaltye en die voorste sitplekke in die •sinagoges, 7om op die markpleine begroet en om deur die mense as ‘rabbi’ aangespreek te word. 8Maar julle, julle moet julle nie as ‘rabbi’ laat aanspreek nie; want net Een is julle Leermeester, en julle is almal broers. 9En moet niemand op aarde as julle ‘vader’ aanspreek nie; want julle het net een Vader, Hy wat in die hemel is. 10Julle moet julle ook nie as leraars laat aanspreek nie, omdat net Een julle Leraar is, naamlik die •Christus. 11Die belangrikste onder julle moet julle dienaar wees. 12Wie homself verhef, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhef word.”

13“Wee julle, skrifkenners en •Fariseërs, skynheiliges! Want julle sluit die mense uit die •koninkryk van die hemele uit. Self gaan julle nie in nie, en boonop laat julle die mense wat probeer ingaan, nie toe om in te gaan nie.

15“Wee julle, skrifkenners en Fariseërs, skynheiliges! Want julle deurkruis land en see om ‘n enkele proseliet te werf, en wanneer dit gebeur, maak julle hom ‘n kind van Gehenna, dubbel so erg as julleself.

16“Wee julle, blinde leiers! Julle sê, ‘Wie by die heiligdom van die •tempel sweer – dit beteken niks nie; maar wie sweer by die goud van die heiligdom, is gebonde.’ 17Dwase en blindes! Wat is belangriker, die goud of die heiligdom wat die goud heilig? 18Verder sê julle, ‘Wie by die altaar sweer – dit beteken niks nie; maar wie sweer by die offergawe daarop, is gebonde.’ 19Blindes! Wat is belangriker, die offergawe of die altaar wat die offergawe heilig? 20Wie dan sweer by die altaar, sweer daarby en by alles daarop. 21Wie sweer by die heiligdom, sweer daarby en by Hom wat dit bewoon. 22En wie by die hemel sweer, sweer by die troon van God en by Hom wat daarop sit.

23“Wee julle, skrifkenners en Fariseërs, skynheiliges! Want julle gee tiendes van kruisement en vinkel en komyn, maar julle het die gewigtigste van die wet nagelaat – die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge moes julle gedoen het sonder om die ander na te laat. 24Blinde leiers! Julle sif die muggie uit, maar sluk die kameel in.

25“Wee julle, skrifkenners en Fariseërs, skynheiliges! Want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roofsug en onbeheersdheid. 26Blinde Fariseër! Maak eers die binnekant van die beker skoon, dan sal ook die buitekant skoon wees.

27“Wee julle, skrifkenners en Fariseërs, skynheiliges! Want julle is soos witgekalkte grafte wat van buite pragtig lyk, maar van binne is julle vol doodsbeendere en elke vorm van •onreinheid. 28So lyk julle inderdaad ook van buite vir die mense regverdig, maar van binne is julle vol skynheiligheid en wetteloosheid.

29“Wee julle, skrifkenners en Fariseërs, skynheiliges! Want julle bou die grafte vir die profete en versier die grafmonumente van die •regverdiges. 30En julle sê, ‘As ons in die dae van ons vaders geleef het, sou ons nie saam met hulle deel gehad het aan die bloed van die profete nie.’ 31Daarmee getuig julle teen julleself dat julle kinders is van hulle wat die profete vermoor het. 32Maak julle dan maar die maat van julle vaders vol. 33Slange, addergeslag! Hoe sal julle die oordeel van die Gehenna ontvlug? 34Daarom, kyk, Ek stuur vir julle profete en wyses en skrifkenners. Julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig, en julle sal sommige van hulle in julle •sinagoges gesel en hulle van dorp tot dorp vervolg. 35So sal alle regverdige bloed wat op aarde vergiet is, vir julle toegereken word, van die bloed van Abel, die regverdige, tot by die bloed van Sagaria, die seun van Beregja, wat julle tussen die heiligdom en die altaar vermoor het. 36•Amen, Ek sê vir julle: Al hierdie dinge sal op hierdie geslag neerkom.”

37“Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en dié stenig wat na jou gestuur is! Hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak soos ‘n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak, maar julle wou nie. 38Kyk, julle huis word vir julle verwoes agtergelaat. 39Want Ek sê vir julle, van nou af sal julle My beslis nie weer sien nie, totdat julle sal sê,
‘Geseënd is Hy wat kom
in die Naam van die Here.’ ”

Joh 4:34;

34En Jesus sê vir hulle: “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi.

Jak 1:22.

22Wees doeners van die woord, en nie slegs hoorders wat julleself mislei nie.

Lees die Skrif

Lees Matt 20:25-28; Fil 2:5-11.

Matt 20:25-28;

25Maar Jesus het hulle nader geroep en gesê: “Julle weet dat die heersers van die nasies oor hulle baasspeel, en die maghebbers oor hulle gesag uitoefen. 26So mag dit nie by julle wees nie; maar wie belangrik onder julle wil wees, moet julle dienaar wees, 27en wie eerste onder julle wil wees, moet julle slaaf wees. 28Net so het die •Seun van die Mens nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe as losprys vir baie te gee.”

Fil 2:5-11

5Laat dan die gesindheid wat daar in Christus Jesus was, ook in julle wees:
6Hoewel Hy in die gestalte van God was,
het Hy gelykheid aan God nie beskou as iets om aan vas te klem nie,
7maar Hy het Homself daarvan leeggemaak,
deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem
en aan mense gelyk te word.
En toe Hy in die vorm van ‘n mens verskyn het,
8het Hy Homself verneder,
deurdat Hy gehoorsaam
geword het tot die dood toe,
ja, die dood aan die kruis.
9Daarom het God Hom
ook uitermate verhoog
en aan Hom die Naam geskenk
wat bo elke naam is,
10sodat in die Naam van Jesus
elke knie sal buig –
van diegene in die hemel
en op die aarde
en onder die aarde –
11en elke tong sal bely,
“Jesus Christus is die Here!”
tot eer van God die Vader.

Wat sou jy dink is die kernbegrip wat hier na vore kom?

Geestelike leiers moet kan DIEN

Van die redes waarom mense baiekeer streef om leiers te word, lê opgesluit in die mag en die voorregte wat dit meebring. Meermale is die feit dat die leier gedien word deur die volgelinge van die byvoordele waarna mense hunker.
Dit is presies daar waar geestelike leierskap fundamenteel van die tradisionele siening verskil – geestelike leiers is diensknegte by uitnemendheid!
(Vergelyk die spreekwoord “to lead by example” .)

Jesus maak baie seker dat daar geen verwarring oor hierdie saak kan wees nie. Hy sê dit self in duidelike taal, deur sy Gees laat Hy Paulus daaroor skryf en om dit bo alle twyfel te bevestig, demonstreer Hy dit self. Daar kan geen twyfel wees nie – geestelike leiers moet kan dien.

Lees die Skrif

Lees Ef 4:7,11-16; 1 Pet 4:11.

Ef 4:7,11-16;

7Maar aan elkeen van ons is ‘n genadegawe geskenk, soos •Christus dit uitgedeel het. 

11En Hy het sommige as •apostels, ander as profete, ander as evangeliste, en ander as herders en leraars gegee, 12om die •heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, om die liggaam van Christus op te bou, 13totdat ons almal kom tot eenheid in geloof en in kennis van die •Seun van God, en tot ‘n volwassenheid wat in ooreenstemming is met die volgroeide gestalte van die volheid van Christus. 14Die doel hiervan is dat ons nie meer klein kindertjies sal wees nie, wat deur onstuimige golwe rondgeslinger word en rondgewaai word deur elke wind van lering, deur mense se slinksheid en die gekonkel waardeur hulle dwaling beplan; 15maar dat ons eerder, terwyl ons in liefde aan die waarheid vashou, in alle opsigte na Hom toe sal groei. Hy, Christus, is die Hoof 16uit wie die hele liggaam, harmonieus saamgevoeg en saamgebind, deur die ondersteuning van elke gewrig, volgens die werking van elke deel afsonderlik, die groei van die liggaam bewerk tot sy eie opbou in liefde.

1 Pet 4:11

11As iemand aan die woord is, laat dit soos woorde van God wees; as iemand dien, laat dit wees vanuit die krag wat God voorsien, sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus •Christus, aan wie die heerlikheid en die krag behoort, vir ewig en ewig. •Amen.

Wat dink jy is die kernbegrip wat hier na vore kom?

Geestelike leiers moet kan BEMAGTIG

Paulus is uitgesproke daaroor: Die Here gee aan mense verskillende gawes. Hy is ook die een wat leiers aanstel in sy diens. Die rol van leiers is op hulle beurt om gelowiges toe te rus, te bekwaam en te bemagtig sodat hulle die gawes wat die Here aan hulle gegee het in sy diens tot sy eer kan gebruik.

Soos gister, wil ek hê jy moet afsluit deur:

Gebed

As jy self enige leiersrol in die kerk vervul
Dink en beoordeel jouself na aanleiding van dit wat ons vandag oor geestelike leierskap gesê het. Gebruik tyd om met Hom daaroor in gebed te praat.

As jy nie ’n leiersrol vervul nie –
Hoe dink jy vaar die gemeente waaraan jy behoort, se leiers na aanleiding van wat ons vandag bespreek het? Gebruik die tyd om vir jou leiers te bid.

Wenk
Week 8 Dag 37 Spreuke
Week 8 Dag 37 Spreuke
Week 8 Dag 37 Geestelike leiers hoor doen dien en bemagtig
Week 8 Dag 37 Geestelike leiers hoor doen dien en bemagtig
Delf dieper
Delf dieper