Augustus — Psalms
16 Augustus
Liewe Vriend
Mag daar vandag ’n lied in jou hart wees wat niemand kan stilmaak nie. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Tema: Sing vir die Here
Teks: “Jubel in die Here, regverdiges, sing ’n loflied, opregtes!” (Ps. 33:1)
- Sing ’n nuwe lied vir die Here — Hy doen elke dag nuwe dinge in jou lewe. (Ps. 96:1)
- Erkenning oor Sy goedheid en grootheid, pas by God se kinders — dit is die mooiste “klere” wat jy kan aantrek.
- Jy hoef nie mooi te kan sing nie; God luister na jou hart, nie na jou stem nie.
- Begin jou dag met musiek wat God eer, en kyk hoe dit jou hele dag verander.
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat ek U mag prys — U verdien elke lied.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


